Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nêrens word ons verbied om te lag of versadig te wees of nuwe besittings by die ou besittings van ons voorvaders te voeg of om wyn te drink nie. Dit is weliswaar so; maar waar daar 'n oorvloed is waarin jy jou aan plesier oorgee en waarin jy kan verswelg, waarin jy jou verstand en hart met die genietinge van hierdie wêreld beskonke kan maak en altyd na nuwes kan hyg – sulke dinge is ver van die regmatige gebruik van die gawes van God.
LEUENS OOR IVERMEKTIEN
Verlede week is daar berig dat ‘n Oklahoma-hospitaal oorval is met pasiënte wat ‘n oordosis ivermektien ingeneem het. Intussen is die komplot onthul toe die hospitaal laat weet het dat daar nie een so geval is nie en dat die dokter wat hierdie leuen aan die media vertel het reeds twee maande lank nie meer in daardie hospitaal werk nie. Gerugte dat ivermektien lewerversaking veroorsaak het ook die rondte gedoen maar daarvoor was geen bewyse nie. Nou ja, dit sê alles van die vyande van die waarheid. Die Bybel leer ons mos dat die satan van die begin af die vader van die leuen is; daarom weet ons met wie ons te doen het.
‘n Ietsie meer oor die agtergrond van ivermektien: die maatskappy, Merck, wat self die medikasie ivermektien vir menslike gebruik ontwikkel het en in 1987 goedkeuring van die FDA en in 2015 ‘n Nobelprys daarvoor gekry het, het 3.7 miljard dosisse daarvan dwarsdeur die wêreld versprei. Maar nou het Merck ‘n handomkeer daaroor gemaak.
Op 4 Februarie 2021 het Merck ‘n sogenaamde nuwe geneesmiddel vir Covid, molnupiravir, vrygestel. Daartydens het hy ‘n persverklaring uitgereik wat berig oor “die kompetisie van molnupiravir, ene ivermektien, en dat ivermektien se navorsingstudies ‘n groot gebrek aan veiligheidsdata getoon het”. Komende van die onwikkelaar wat skatryk geword het uit die verkope van ivermektien wat miljoene mense wêreldwyd genees het met die minimum newe-effekte, is die slang in die gras duidelik sigbaar.
Ons moet ook onthou van Merck se dodelike middel Vioxx wat in 2004 teruggetrek is uit die mark. Merck het vroeg reeds geweet van die kardiovaskulêre risiko's van Vioxx, wat tot 139,000 hartaanvalle en beroertes gelei het, 30-40% daarvan dodelik. Die FDA was honderd persent ingelig oor hierdie skandaal maar het die farmaseutiese bedryf en nie die Amerikaanse publiek nie, as “sy kliënt wat hy moet beskerm” gesien.
Toe 'n mede -direkteur van die FDA, David Graham, die fluitjie oor Vioxx se dodelike rekord blaas, is hy oorweldig met dreigemente, leuens en selfs mishandeling. Die FDA-kommissaris wat Vioxx goedgekeur het, het bedank en daarna senior advokaat vir Merck se PR-firma geword. Dít vertel ook alles oor wat werklik gebeur het!
Iets oor ivermektien self: ivermektien bind deur middel van ‘n eiesoortige molekulêre biologiese proses aan die SARS-CoV-2-proteïen en belemmer die duplisering van die virus.
Ivermektien word goed verdra, selfs teen tien keer die normale dosis van 200 μg/kg, en veral in hoë dosisse as behandeling vir COVID-19. Navorsing het getoon dat dit tot 180 opeenvolgende dae van gebruik geen ernstige nadelige gevolge gehad nie. Uit die aantal persone wat tot 1000 keer die normale dosis ivermektien of die naverwante abamektien, beide in veeartsenykundige vorm, ingeneem het, het slegs een 72-jarige man gesterf.
Soos opgemerk, is ivermektien deur die FDA goedgekeur vir menslike gebruik maar slegs die menslike vorm van ivermektien kan aanbeveel word vir menslike gebruik. Die ivermektien vir eksterne gebruik bevat gewoonlik bestanddele wat ongeskik is vir menslike gebruik. Die inspuitbare vloeistowwe bevat gewoonlik gliserol, wat 'n nare smaak het, maar nie giftig is nie; daarvan kan wel 'n oordosis ingeneem word as dit nie versigtig gebruik word nie. Die meeste COVID-19-pasiënte wat ernstig siek was het nie toegang tot ivermektien vir menslike gebruik gehad nie en het die vloeistof vir diere in klein hoeveelhede, ongeveer 1 ml soggens en 1 ml saans gebruik met ‘n goeie herstelkoers tot gevolg.
Instansies en individue word aangeraai om die wetenskap te bestudeer en om misleidende en negatiewe berigte oor ivermektien te weerhou en reg te stel.