Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja! – Ps 104:44-45
HOSPITALE VOL INGESPUITE MENSE
Terwyl duisende mense wêreldwyd van die covid-inspuitings sterf, hou amptenare van openbare gesondheid vol met die gruwelikste leuens daaroor. Hulle probeer hul bes om die publiek te laat glo dat 97% van gehospitaliseerdes nie “ingeënt” is nie terwyl die hospitale in werklikheid vol is van ingespuite mense.
Maar toe vang slim sy baas toe dieselfde dokter wat die leuen oor 97% kwytgeraak het, Rochelle Walensky van ‘n Amerikaanse sentrum vir Siektebeheer, haar mond ‘n paar weke later in ‘n verklaring verby praat. Hier volg wat sy erken het:
Die CDC het beveel dat elke pasiënt wat in 'n hospitaal opgeneem word en nie “volledig geënt” is nie, as “ongeënt” gelys moetword. Dit geld ook vir die duisende sterftes van persone wat een of twee inspuitings gehad het en as gevolg daarvan oorlede is. Hulle name is op die lys van “ongeëntes”. So is die syfer van 97% bereken.
In werklikheid is 80% van gehospitaliseerde persone ingespuit en is as gevolg daarvan siek en in 'n hospitaal opgeneem.
Die gesondheidorganisasies vertel nie net ‘n leuen oor die nie-ingespuite persone nie, maar verberg asook die feit dat die inspuitings die oorsaak is dat mense weer en weer virus-besmetting opdoen.
Ons weet reeds dat die gifinspuitings die liggaam se natuurlike teenliggaampies vernietig. Hoe meer spuite, hoe meer natuurlike liggaampies sterf. Daarom kry ingespuite mense al hoe meer virus-simptome en word ernstig siek by gebrek aan teenliggaampies.
Die CDC het voorgeskryf dat as u een dosis Pfizer of Moderna ontvang en simptomatiese covid ontwikkel het, in die hospitaal opgeneem is en/of sterf as gevolg daarvan, word u as 'n “oningeënte” geval getel. As u binne 14 dae twee dosisse ontvang het en u siek word, word u steeds as 'n “oningeënte” geval bekou.
Die probleem hiermee is dat meer as 80% van hospitalisasies en sterftes voor kom onder diegene wat die inspuitings ontvang het, maar hierdie werklikheid word verberg deur die manier waarop gevalle gedefinieer en getel word. 'n Baie slim en algemene strategie van die CDC is steeds om die definisies, syfers en doelpale te verander sodat dit hul onheilspellende leuenverhaal ondersteun.
Die CDC het byvoorbeeld die definisie van 'entstof' stilweg verander. In 'n geargiveerde weergawe van die spuitstof op 26 Augustus 2021, definieer die CDC dit as 'n “produk wat 'n persoon se immuunstelsel stimuleer om immuniteit teen 'n spesifieke siekte te produseer, wat die persoon teen die siekte beskerm.”
Maar 'n paar dae later verskyn 'n nuwe definisie op die CDC se webwerf, wat nou sê 'n “entstof is 'n middel wat gebruik word om die liggaam se immuunrespons teen siektes te stimuleer." Die verskille in die definisies is subtiel, maar duidelik: die eerste een het 'n entstof gedefinieer as iets wat 'immuniteit' kan veroorsaak en noudat dit nie gebeur nie word daar rondgetrap.
Kom ons neem Israel as voorbeeld, die eerste land wat 'n meerderheid van sy burgers ten volle teen die virus “ingeënt” het. Dié land het nou een van die hoogste daaglikse besmettingsyfers, en die meerderheid mense wat die virus opdoen (83 persent) is reeds volledig “ingeënt”, volgens data wat deur die Israeliese regering versamel is.
‘n Verpleegster by die covid-afdeling in ‘n Israeliese hospitaal het erken: “Twee derdes van my pasiënte is ten volle ingeënt”. Hoe kan daar so 'n teenstelling wees tussen wat die verpleegster van die covid-afdeling gesê het en die algemene mediaberigte?
Dan hou die leuens ook nêrens op nie. 'n Exposé van The Epoch Times het op 30 Augustus 2021 bevestig wat werklik in die voorste linies gebeur:
“Na 'n reeks toetse is by my vriend pankreatitis gediagnoseer. Maar dit was makliker vir die hospitaalburokrasie om die opname as 'n COVID-saak te registreer ... Die hoofstroommedia berig dat ernstige COVID-gevalle hoofsaaklik onder ongevaksineerde mense voor kom ... Is dit regtig wat aan die gang is?”
Soos ook berig deur The Epoch Times:
“Gesondheidsowerhede regoor die wêreld rapporteer ander siektes as covid-gevalle sedert die begin van die covid-krisis. Byvoorbeeld, 'n jong man in Orange County, Florida wat verlede somer in 'n motorfietsongeluk gesterf het, is oorspronklik deur die mediese ondersoeker aan die familie gesê dat 'n lykskouing nie nodig is nie, en sy dood word gelys as 'n koronavirusgeval. Dit het die Oregon Health Authority twee en 'n half maande geneem om die fout reg te stel.
“In 'n nog meer treffende voorbeeld is kwaadwillig berig dat 'n ouetehuis in New Jersey met slegs 90 beddens, 753 sterftes as gevolg van covid het maar volgens 'n woordvoerder het hulle minder as twintig sterftes gehad. Met ander woorde, die aantal sterftes is met 3,700 persent te veel gerapporteer.”
As al hierdie inligting en bewyse van gemenespel met die verskuilde agenda om die mensdom so te sê uit te wis, u nog nie oortuig het om nié die gifinspuiting te ontvang nie, dan wil mens glo dit is die Here se wil om u oë gesluit te hou en kan geen mens dit vir u open nie!