Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In die Bybelboek Sefánja is die volk met net een uitweg gelaat: hulle moes besef dat hul eie heldedade nooit die uitkoms vir hulle sou bied teen hulle vyande nie, dat hulle nie hulle eie krag kon vertrou nie. Ons klein Boerevolkie sal vandag weer daardie enigste uitweg moet volg: ons eie krag sal ons nie red uit ons huidige situasie waar ons stelselmatig uitgemoor word nie; ons sal as volk weer ons hoop en volle geloof in God moet stel om vir ons die oorwinningsmaal te berei.
EINDELIK BETEKEN SA GRONDWET IETS!
“Ek oefen my nie-afwykbare reg uit ingevolge Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, soos Gewysig. Ek kies om nie 'n Covid-19-entstof te ontvang nie. Verder oefen ek my regte as 'n werknemer uit en herinner u aan Artikel 192 (2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995, soos Gewysig, saamgelees met Bylae 8 van die Wet. As ek onregverdig afgedank word, sal ek die saak na die KVBA, Bedingingsraad indien van toepassing of die Arbeidshof verwys”.
The Sunday Independent het gewaag om in ‘n berig sake aangaande die Covid-inspuiting aan te bespreek – iets wat deur die hoofstroommedia soos die Groot Pes vermy word. Ons kyk in hierdie artikel na 'n paar punte daarin.
Covid-19-inspuitings is nie verpligtend in Suid-Afrika nie want dit is volgens die grondwet onwettig. Tog het sommige werkgewers begin om werknemers wat nie ingespuit is nie af te dank. Cameron Morajane, direkteur van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), het bevestig dat hulle verwysings ontvang het wat hulle gemerk het as sake van nasionale belang.
Verlede maand het die Arbeidsdepartement beslis dat maatskappye wat Covid-19-inspuitings verpligtend maak hul personeel en hul werkers sal moet vergoed indien hulle newe-effekte, siekte of dood weens die inspuiting ly. Hieruit gaan groot en baie hofsake spruit wat hopelik ander werknemers se oë sal oopmaak.
Cyril Ramaphosa het in een van sy "familievergaderings" verklaar dat Covid-inspuitings nie verpligtend is nie. Maar hy het duidelik die deur oopgelaat vir individuele maatskappye en ondernemings om hul eie beleid te formuleer - waarmee hulle onwetend die wet oortree as hulle vereis dat hulle werknemers ingespuit word. Word dit nie van ‘n president verwag om sy eie grondwet sodanig te ken dat hy nooit die verkeerde aanbevelings maak nie? Dit is natuurlik vir hom baie moeilik om die Wêreld Geldmag sowel as Suid-Afrikaanse burgers gelukkig te hou...
Discovery - een van die grootste mediesefonds-skemas in Suid-Afrika het in September gesê hy sal Covid-inspuitings vanaf 1 Januarie 2022 verpligtend maak vir alle werknemers om “die veiligheid van werknemers te verseker.”
Toe verlede maand, het die myndiensvennoot Fraser Alexander gesê dat hy ook vanaf 1 Januarie 'n verpligte "inentingsbeleid" sal implementeer. Die maatskappy het gesê dat dit bewyse van inenting van sy werknemers, subkontrakteurs en diensverskaffers sal vereis.
Die Universiteit van Kaapstad het soos ‘n stertjie by hierdie maatskappye aangesluit wat 'n verskeidenheid beperkings aangekondig het vir studente wat nie ingespuit is nie, wat ook nie vanaf Januarie 2022 weer op die kampus toegelaat mag word nie.
PSG se uitvoerende hoof, die arrogante en vermetele Piet Mouton, het toe gevra vir die instelling van verpligte inentings en gesê dit is 'n noodsaaklike stap vir die gehawende SA ekonomie om oop te maak. Mouton het in ’n ope brief aan die publiek gesê mense wat verkies om nie ingespuit te word nie, moet toegang tot restourante, openbare parke, winkelsentrums, lughawens, sake- en opvoedkundige instellings geweier word, asof hy die reg het om daaroor te besluit! Net nog ‘n man wat nie sy eie grondwet ken nie.
Ook Sanlam, Sasol, Onderwys en ‘n paar ander het op die wa geklim en hulle werknemers begin dreig. Dan praat mens nie eers van Medi-Kliniek wat gedink het as gesondheidsorganisasie staan hulle nie onder die wette van die land nie – verbeel jou, tot die president moet aan die landswette gehoorsaam wees; wel, hy is veronderstel om te wees!
Menseregte-aktivis en prokureur, Schalk van der Merwe dring egter daarop aan dat werknemers wat gedwonge inenting van hul werkgewers verwerp, hul regte afdwing en deur die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Grondwet beskerm word.
Van der Merwe se raad aan werknemers is dat hulle nie afknouery, dreigemente, omkoopgeld, dwang, dissiplinêre stappe of skorsing moet aanvaar vir die uitoefening van hul menseregte teen gedwonge Covid-19-inspuitings nie. Hy het werkers ten sterkste aanbeveel om te sê: “Ek oefen my nie-afwykbare reg uit ingevolge Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, soos Gewysig. Ek kies om nie 'n Covid-19-entstof te ontvang nie. Verder oefen ek my regte as 'n werknemer uit en herinner u aan Artikel 192 (2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995, soos Gewysig, saamgelees met Bylae 8 van die Wet. As ek onregverdig afgedank word, sal ek die saak na die KVBA, Bedingingsraad indien van toepassing of die Arbeidshof verwys”.
Van der Merwe het reeds meer as 5 000 klagtes van menseregteskendings ontvang teen werkgewers wat hul personeel gedwing het om die inspuiting te ontvang.
“Die kwessie van “inenting” het vir ons baie duidelik geword dat daar, veral in die werkplekke, groot menseregtevergrype aan die gang is. Want dit is die goeie reg van elke burger van Suid-Afrika in terme van ons Grondwet, maar nou vind jy dat die werkgewer inbreuk maak op daardie regte om “inentings” aan die gang te kry.
“Ons het 100 of 200 mense verwag toe die veldtog begin het, maar die sluise het oopgegaan. Ons sit met duisende menseregteskendings. Mense stuur vir my WhatsApp-boodskappe met hul klagtes..
“Ek sit reeds met 5 000+ klagtes van mense wat gedwing word en menseregte wat geskend word. Werknemers word gedreig met afdankings en met allerhande goed.
“Ons het ook klagtes van beserings ontvang waar mense met geweld ingespuit is. Sommige ly nou aan orgaanversaking, beroertes en ander siektes. In Secunda het 'n petrolmaatskappy sy kontrakteurs gedwing om in te spuit en die mense het siek geword.
“Dit lyk of daar sover 4 000 mense is wat deur entstofbeserings geraak is. En daar is nog sowat 3 000 mense wat ek moet deursif en kyk of dit ’n inspuitbesering of iets anders is.
“Dit is ’n grondwetlike aangeleentheid en my regsprokureurs behartig die saak en omdat ek geweldig baie inligting het, gaan ek ’n party in daardie saak wees.”
Sosioterapeut Raynauld Russon het gewaarsku dat “entstowwe” steeds in ‘n proeffase is en het die regering daarvan beskuldig dat hulle eksperimentele “entstowwe” in stryd met die Nuremberg-kode van 1947 se riglyne afforseer.
“Die Pfizer-entstof is geskeduleer om sy laaste proewe in April 2023 te voltooi en J&J doen ook die Sisonke 2-proewe met behulp van ons gesondheidswerkers wat nogal absurd is om die minste te sê.
"Werkgewers loop ook die risiko om die Nuremberg-kode te oortree as hulle verpligte entstowwe instel omdat die kode vrywillige toestemming en uitgebreide openbaarmaking vereis."
Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, het gesê die vakbond het 'n paar klagtes van werkers ontvang wat deur hul werkgewers meegedeel is dat hulle ingespuit of afgedank moet word.
“Ons gryp in daardie gevalle in, insluitend om die werkers te help om hul sake by die KVBA te registreer. Ons betrek ook daardie werkgewers om die afdankings om te keer.”
Jong Verpleegsters Indaba-vakbond se hoofsekretaris, Lerato Mthunzi, het gesê hulle het ook klagtes, navrae en indiening van griewe van hul lede ontvang. Hulle het gekla dat hulle intimidasie en viktimisasie ervaar en gedwing word om inspuitings te kry.
Lwazi Nkolozi, woordvoerder van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu), het gesê Suid-Afrika is 'n grondwetlike demokrasie en die Grondwet is die hoogste wet van die land wat deur niemand, selfs nie die president, geskend mag word nie. Hy het gesê die vakbond ondersteun nie gedwonge en verpligte inenting van werkers ten koste van hul grondwetlike regte nie.
Nkolozi het bygevoeg: “Nehawu sal nooit toelaat dat die regering en werkgewers die diensvoorwaardes van werkers arbitrêr verander en werkers aan so 'n behandeling onderwerp om hulle te dwing om in te ent nie. Ons sal nie ledig staan terwyl hulle werkers mishandel deur hul grondwetlike regte van hulle weg te neem nie.”
Dit wil dus voor kom of daar baie organisasies is wat wel die regte van hulle werkers verstaan en respekteer. Maar diegene wat dit nie doen nie, sal maar moet voel hoe dit voel om miljoene rande vergoeding aan hulle werknemers te betaal, en vir moord aangekla word ingeval van dood. As jy nie wil hoor nie...