NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Onverantwoordelike leier staan nie net onverskillig teenoor sy eie lewe nie, maar benadeel ook dié van sy volksgenote.   Daarom word hy baie maklik deur die stormwind van sy eie onverskilligheid weggewaai.  Pligsbesef is soos ‘n boom wat goeie vrugte dra.

DIE VOLGENDE VIRUS-PANDEMIE OPPAD (1)

VENNOTE WEF EN WGO WIL DIE WÊRELD BANG MAAK

Van 15 tot 19 Januarie 2024, het “wêreldleiers” by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se Davos-beraad vergader. Dáár was die sleutelonderwerp van bespreking "Voorbereiding vir Siekte X," 'n hipotetiese nuwe pandemie wat voorspel word om in 2025 te ontstaan en 20 keer meer mense te laat sterf as wat dié spul geldmagnate met COVID-19 reggekry het.

Openbare sprekers by die Davos-beraad het onder andere ingesluit Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO en Michel Demaré, voorsitter van die direksie by AstraZeneca.

In hul eerste post-pandemiese vergadering wat in November 2022 gehou is, het die WGO sowat 300 wetenskaplikes gebring om te oorweeg watter van meer as 25 virusfamilies en bakterieë moontlik nog 'n pandemie kan skep. Die eerstes op die lys waarmee die span vorendag gekom het, sluit in: die Ebola-virus, die Marburg-virussiekte, weer Covid-19, SARS en die Midde-Ooste respiratoriese sindroom-koronavirus (MERS-CoV). Ander sluit in lassa-koors, nipah- en henipavirale siektes, ziftvalleikoors en zika.

Daar was ook ‘n algemene gevoel om die AstraZeneca COVID-skoot op die ontwikkelende wêreld neer te laat (hoofsaaklik Indië en Brasilië) nadat ryk lande dit verwerp het weens die erkende bloedstollingsrisiko.

In 'n twiet op 11 Januarie 2024 skryf Fox News-ontleder en voormalige assistent-sekretaris vir openbare aangeleenthede vir die Amerikaanse tesourie-departement, Monica Crowley:

"Van dieselfde mense wat vir jou COVID-19 gebring het, kom siekte X: Volgende week in Davos sal die onverkiesde globaliste by die Wêreld Ekonomiese Forum 'n paneel hou oor 'n toekomstige pandemie 20 keer dodeliker as COVID ...Net betyds vir die verkiesing, 'n nuwe besmetting om hulle in staat te stel om 'n nuwe WGO-verdrag te implementeer, weer toe te sluit, vrye spraak te beperk en meer vryhede te vernietig. Klink vergesog? Net soos wat gebeur het in 2020. En wanneer jou vyande vir jou sê wat hulle beplan en waarvoor hulle beplan, glo hulle. En maak gereed.”

Maar hoor wat dr. Stuart Ray, ondervoorsitter van medisyne vir data-integriteit en -analise by Johns Hopkins se Departement van Geneeskunde, van hierdie waarskuwing sê: "Koördinering van openbare gesondheidsreaksie is nie sameswering nie, dit is bloot verantwoordelike beplanning."

Maar ‘n voor die handliggende neiging is: wat ook al die globaliste beweer sal gebeur, gebeur eintlik met 'n merkwaardige frekwensie, en hul prognostiese vermoëns word makliker om te verduidelik as mens in ag neem dat die meeste dodelike pandemies veroorsaak is deur mensgemaakte virusse. Dit is redelik maklik om 'n nuwe virale uitbraak te voorspel as jy gesê het dat “die virus in die vlerke wag”.

Met dit in gedagte, wek onlangse navorsing uit China beslis kommer. Volgens 'n voordruk van 3 Januarie 2024, is gevind dat 'n SARS-CoV-2-verwante pangoline-koronavirus, (beskryf as 'n "selkultuur-aangepaste mutant" genaamd GX_P2V wat vir die eerste keer in 2017 gekweek is) 100% van die gehumaniseerde doodmaak (ACE2-transgeniese muise) wat daarmee besmet is. Die primêre oorsaak van dood was breinontsteking. Volgens die skrywers, "is dit die eerste verslag wat toon dat 'n SARS-CoV-2-verwante pangoline-koronavirus 100% mortaliteit in ACE2-muise kan veroorsaak, wat daarop dui dat die risiko vir GX_P2V na mense kan oorspoel."

In 2017 het die Johns Hopkins-sentrum vir gesondheidsekuriteit, 'n koronavirus-pandemie-simulasie genaamd die SPARS Pandemic 2025-2028-scenario gehou. Wat belangrik is: die oefening het "kommunikasie-dilemmas rakende mediese teenmaatreëls wat waarskynlik in 'n pandemie kan ontstaan”, uitgewys.

Toe, in Oktober 2019, minder as drie maande voor die COVID-19-uitbraak, het die Bill & Melinda Gates-stigting in samewerking met Johns Hopkins en die Wêreld Ekonomiese Forum, Event 201 aangebied. Die naam self dui daarop dat dit 'n voortsetting van die SPARS-pandemie-oefening was. Kollege-kursusse word genommer op grond van hul voorvereistes. 'n 101-kursus vereis geen voorkennis nie, terwyl 201-kursusse vooraf vertroudheid met die onderwerp vereis.

Soos in die SPARS-pandemie-scenario, het Event 201 'n uitbreking van 'n hoogs aansteeklike koronavirus behels, en die primêre fokus van die oefening was weer eens hoe om inligting te beheer en "verkeerde inligting" in toom te hou.

Sosiale media-sensuur het 'n prominente rol gespeel in die Event 201-plan, en in die werklike gebeure van 2020 tot nou, is akkurate inligting oor entstofontwikkeling, produksie en beserings inderdaad effektief oor die hele wêreld onderdruk, danksy sosiale media-maatskappye en Google se sensuur van opponerende standpunte.

In Maart 2021 is 'n uitbreking van "'n ongewone stam van ape-pokkevirus" gesimuleer. Aan die einde van Julie die volgende jaar het die WGO se direkteur-generaal aangekondig dat daar in vele lande uitbreking van ape-pokke is en 'n openbare gesondheidsnood van internasionale kommer uitmaak.

Met inagneming van beide hierdie simulasies, SPARS ("Gebeurtenis 101"?) en Gebeurtenis 201, het dit voorspel wat uiteindelik in die werklike lewe tydens COVID plaasgevind het.

Op 23 Oktober 2022 het Gates, Johns Hopkins en die WGO saam "'n wêreldwye uitdagingsoefening" genaamd "Katastrofiese besmetting" aangebied wat 'n fiktiewe patogeen genaamd "ernstige epidemiese enterovirus respiratoriese sindroom 2025" (SEERS-25) behels.

Enterovirus D6813 word tipies geassosieer met verkoue en griepagtige siektes by babas, kinders en tieners. In seldsame gevalle is dit ook bekend dat dit virale meningitis en akute myelitis veroorsaak, 'n neurologiese toestand wat lei tot spierswakheid en verlies van reflekse in een of meer ledemate.

Dit is bekend dat enterovirusse A71 en A6, hand-, bek- en mondsiekte veroorsaak, terwyl die poliovirus, ‘n prototipiese enterovirus, polio (poliomilitis) veroorsaak, 'n potensieel lewensgevaarlike tipe verlamming wat hoofsaaklik kinders onder die ouderdom van 5 affekteer. Dus, die virus wat hulle in hierdie simulasie gemodelleer het, blyk iets soortgelyk aan enterovirus D68 te wees, net dodeliker.

Die dodelike Nipah-virus - vervolg...

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 430 gaste aanlyn