NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Vader, ek het al so baie keer probeer om heilig te lewe maar ek kry dit nie reg nie. Soos Paulus moet ek bely dat ek graag die goeie wil doen. Vergewe my dat ek so lief is vir myself en so besig is met my eie dinge dat daar maar min tyd oorbly vir U en die mense wat my nodig het. Help my om heilig te lewe sodat ek sal doen wat U wil hê.

WAAROM SLIM MENSE VIR DIE COVID-LEUENS GEVAL HET

 "As jy nie vir iets staan nie, val jy vir enigiets."

As daar een vraag is wat na 2020 die meeste gevra word, is dit waarom talle van ons slimste familie en vriende nie vroegtydig dwarsdeur die Covid-korrupsie kon sien nie. Die meeste families is hierdeur in twee geskeur en daardeur is nie net bande finaal gebreek nie maar ly talle van die ingespuites tans aan swak immuniteit, long-, hart- en breinsiektes, terwyl deur die wêreld miljoene geliefdes aan die dood afgestaan is as gevolg van die gifinspuitings. Dit noop mens vir ‘n verduideliking want hoogs intelligente mense is veronderstel om dwarsdeur ‘n verneukplan te sien en dit te probeer keer, maar dit het nie gebeur nie!

Deur die geskiedenis heen is erkenning gegee aan die bestaan van verskillende tipes intelligensie, bv. fisiese intelligensie en koördinasie of emosionele intelligensie – daarteenoor aanbid ons samelewing 'n baie spesifieke tipe intellektuele intelligensie...

Daar is opgemerk dat sommige baie slim mense net nie in staat is om korrekte interpretasies te maak nie, of dinge afgehandel te kry of bloot ‘n gelukkige lewe te lei nie. Dus is daar hoogs intelligente mense wat gereeld deur iets redelik en eenvoudig mislei word bloot omdat hulle dit net nie verstaan nie.

Oor die afgelope eeu was daar 'n sistematiese aftakeling van die onderwysstelsel, aangesien die fokus daarvan verskuif het van die skep van 'n bemagtigde kieserskorps na die voortbring van onderdanige burgers wat net bestaan om hul vooraf-aangewese samelewingsrolle te vervul. Die onderwysstelsels is nou ontwerp om 'n baie spesifieke tipe intelligensie op te bou en die ander te vernietig. Hoe meer "opgevoed" kinders is, hoe meer verloor hulle die vermoë om vir hulself te dink en toegang tot die dieper vermoëns van hulle verstand te kry. Onderwysers berispe gewoonlik leerlinge wat ‘n onafhanklike benadering tot ‘n probleem wil bied en wil hê leerlinge moet memoriseer en presies herhaal wat onderwysers aan hulle voorhou. Waar kinders in die fleur van hul lewe moet leer om hul eie identiteit te ontwikkel, word hulle eerder opgesluit in 'n rigiede en steriele omgewing wat hulle van ontwikkeling ontkoppel. So is die opvallende waarneming gemaak dat sodra mense binne 'n rigiede raamwerk "geleer" word, hulle baie van hul inherente vermoë om te "leer", verloor. In plaas daarvan om aangemoedig te word om oplossings vir probleme te kry word daar streng stappe gegee om inligting te memoriseer.

Dit geld ook vir naskoolse opleiding by universiteite en kolleges. Daar is byvoorbeeld vandag duidelik te sien aan hoe dokters hulle pasiënte hanteer – sonder om ‘n probleem as uniek te beskou word die reëls van hulle handboeke streng veralgemeen en toegepas. Maar om die probleem korrek aan te spreek vereis dikwels dat die dokter 'n breë fokus moet aanneem wat hom toelaat om die teenstrydighede binne 'n situasie te sien en te aanvaar sodat hy die raaisel daaragter geleidelik kan ontrafel.

Mense aanvaar meesal dat alles sal "uitwerk" as hulle die pad volg wat die samelewing vir hulle uitlê, terwyl dit in werklikheid dikwels nie gebeur nie. So het talle mense blindelings die COVID-‘entstowwe’ geneem sonder om iets daarvan te bevraagteken. Omdat die mediese stelsel en die regerings van hulle land waarin hulle geglo het, hulle gesê het om dit te doen, ly talle nou elke dag onder daardie besluit.

Gedwonge entstowwe deur baie jare verskaf ook 'n kritieke faset van hierdie prentjie aangesien die mikroberoertes en outo-immuniteit daarvan gereeld neurologiese beserings veroorsaak. Op sy beurt toon onderdrukte data dat inenting die denke van Amerikaners ingrypend verander het byvoorbeeld dat die vrystelling van die besonder gevaarlike DTwP-entstof, opkeer ‘n nuwe vlaag van wangedrag, ontwikkelingsagterstande en geweld deur die land laat spoel soos elke ingeënte generasie grootword.

Daar is ook opgemerk dat die wydverspreide neurologiese skade van massa-inenting diegene wat beseer is, vatbaarder maak vir linkerbreindenke, waar memorisering ‘n belangrike rol speel – memoriseer 'n reeks lyste, hiperfokus op 'n paar reduksionistiese besonderhede, en voer dan 'n ketting van logika of algoritme uit wat daardie lyste gebruik om met 'n oplossing vorendag te kom. Dit is doeltreffend om die nodige dinge gedoen te kry, maar keer dat die gebruiker dikwels nie kritieke besonderhede buite hul raamwerk kan sien nie. Dit terwyl regterbreindenke die kreatiewe vermoëns van die brein betrek, die persoon in staat stel om die breë prentjie te sien, en kan hy dan by 'n innoverende oplossing uitkom vir die probleem waarmee hy te kampe het. Die ideaal bly egter ‘n gesonde balans tussen linker- en regterbreindenke.

Dwarsdeur die COVID-leuentydperk was daar so 'n sterk fokus op die bewys van sy bestaan dat enige argument wat dit ondersteun, aanvaar sou word, ongeag die absurditeit daarvan. Mense in hierdie kategorie se fokus is nie om te onderskei wat waar is nie, maar eerder om 'n manier te vind om te bewys dat hulle "reg" is. Een van die belangrikste dinge omtrent hierdie verskynsel is dat, tipies, hoe meer opgevoed of intellektueel intelligente mense is, hoe meer aggressief en refleksief doen hulle dit.

Volgens Stanovich se "Cognitive Sophistication Does Not Attenuate the Bias Blind Spot”, sluit blindekolle redenasiefoute in waar iemand 'n inherente vooroordeel het wat veroorsaak dat hulle iets mis wat andersins voor die hand liggend is (bv. die hamster wat so gefokus op sy wiel is dat hy nie die hok kan verlaat nie) en dat in baie gevalle die teenwoordigheid van blindekolle 'n gevolg blyk te wees daarvan dat hulle nie die moeite wil doen om 'n probleem deur te dink nie en eerder bloot die eerste ding beweer wat by hulle opkom. Stanovich beklemtoon 'n sleutelfaset van blindekolle – terwyl mense baie goed is om dit in ander te herken, kan hulle gewoonlik nie hul eie blindekolle sien nie.

Die belangrikste om te weet, is dat kognitief gesofistikeerde individue ("intelligente" mense) nie beskerm word teen die prooi van hierdie vooroordele nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die Surgisphere-skandaal waar een van die top 5 mediese joernale 'n artikel gepubliseer het wat "bewys" het dat hidroksichlorokien gevaarlik is, sonder om te besef dat die datastel waarvan dit kom, nooit verkry kon word nie en talle rooi vlae het aangedui dat dit 'n vals verklaring was – wat uiteindelik daartoe gelei het dat Lancet dit terugtrek het. Nog was daar dokters wat so groot aanval hierop bly loods het dat hulle almal en alles wat erken het dat hidroksichlorokien nie gevaarlik is nie en wel lewens gered het, van korrupsie en baie ander lelike dinge beskuldig het.

Stanovich se navorsingsreferaat verskaf 'n goeie verduideliking waarom meer intelligente mense dikwels minder in staat is om die dinge voor hulle te sien wat hul bestaande oortuigings uitdaag. Dit help om te verduidelik waarom hulle gereeld verkeerde logiese uitgangspunte sal aanneem wat hulle dan as basis vir hul argumente gebruik. Wanneer individue baie intelligensie in een domein het, is hulle wederkerig gebrekkig in die ander en word emosioneel uitgedaag om disfunksionele persoonlike lewens te lei.

Tans gaan ons samelewing deur 'n tydperk van geweldige onstabiliteit. Baie daarvan spruit uit hoe ongebalanseerd groot dele van ons kultuur is. Gelukkig het COVID-19 die publiek se oë begin wakker maak vir die verrotting wat agter die skerms bestaan en is daar nou groter entoesiasme vir 'n meer gebalanseerde en uitgebreide manier om na die wêreld rondom ons te kyk, iets wat 'n werklike potensiaal het om baie dinge diep aan ons samelewing te verbeter. Mag daar genoeg hiervan wees vir die volgende aanslag wat binnekort op ons wag – die korrupte Geldmagte is nie klaar met ons nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 872 gaste aanlyn