NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe dikwels loop mense en spog met hulle eie prestasies terwyl dit alles leuens is wat hulle opdis om aandag te kry. Mense wat werklik presteer verkondig dit gewoonlik nie aan die hele wêreld nie. Laat ons dan nederig word voor God want Hy weet altyd wat ons doen en sê, en of dit die waarheid is of grootpraat.

LANGENHOVEN SE GEBOORTE

Met die herdenking van CJ Langenhoven se geboortedag 138 jaar gelede plaas ons graag hier ook sy eie kort skets oor sy geboorte en die tragiese omstandighede daaromheen toe sy moeder, Rachel, net na sy geboorte gesterf het. Hierdie feite is deur sy aangenome pa vir wie hy Pappie genoem het, aan hom meegedeel. Dié skets het Langenhoven in 1932 geskryf.

"In die nag tussen 12 en 13 Augustus 1873 is ek gebore, 'n ou dingetjie wat so swak en tengerig was dat hy nooit kon lewe nie en tog geleef het. Vyf dae ná my geboorte is my moeder Rachel dood. Ek het geen portret of skets of handskrif van haar nie; maar tog darem, vandag nog, 'n lokkie goue hare wat Mammie afgeknip en vir my bewaar het."

Toe Pappie met Mammie getroud is (hulle het nooit eie kinders gehad nie) had sy by haar in die huis haar baie jonger suster Rachel. Anderpa (dis nou Langenhoven se eie pa en ook die broer van "Pappie") het van Hamelkop af by hulle kom kuier op Hoeko, somtyds maande lank daar gebly en gehelp met die boerdery. En hy was op Rachel verlief en sy op hom, en so is hulle getroud ( die twee broers met die twee susters getroud).  Anderpa het met sy bruid na die ou plaas Hamelkop teruggegaan en 'n woning aangelê oorkant die diep rivier, net so 'n steilte uit en 'n entjie anderkant af by 'n skilderagtige bekie tussen die houtbosse.  En daar is hulle eerste kind gebore, my oudste broer Philip en die enigste volbroer wat nog leef (in 1932). Hy woon en boer nog daar in die diep rivier; ons paaie het ook maar nooit saamgeloop nie en selde mekaar gekruis. 'n Beter man as sy jonger broer, wat nou hier skryf...

En daar, terwyl daardie eerste kind nog 'n suigeling was, het die groot brand van êrens in die sestigs hulle oorval.  By die ou opstal op Hamelkop was die heuwels en vlaktes met groot gras dik begroei maar sonder bome. Onder die berg langs, by George verby en tot by Knysna, was dit een houtbos aanmekaar van reusebome, geelhout en stinkhout en assegaaihout en olienhout en al die ander wat nog in Knysna te sien is. Maar daardie jaar, dit was seker uitsonderlik droog, het die ontsaglike brand in een dag die hele woud tot by George vernietig. Anderpa het my 'n beskrywing van die vuur gegee; ek wens ek het sy woorde aangeteken. Daar was 'n gedreun soos van 'n geweldige storm en 'n gebreek en gekraak deur die digte houtbos van wilde diere en mak diere wat wanhopig vlug – om tog maar om te kom. Geen perd kon die  voortjagende vuur voorbly nie; waar hy oor 'n rant kom, brand hy nie duskant af tot in die kloof en oorkant uit nie; vuurhope word met die orkaan van wind deur die lug geslinger om 'n nuwe vatplek te kry teen die volgende helling. Anderpa was opsy by sy werk; hy hardloop huistoe toe die vuur die bult oor kom; voor hy daar was staan die dak in volle vlam. En die moeder en die suigeling was nêrens te sien nie. Sy het die riviertjie ingevlug, en daar, soekende deur die rook en die as en die kole, het hy haar gekry. Al sy boerdery-gereedskap en al wat hulle in die huis gehad het, is vernietig – net sy groen wakis het hy op die wa gesit en die wa op die afdraande werf aan die loop gesit tot in 'n groen mielieland waar dit behoue geby het. Daarvandaan te voet deur die verbrande wêreld, kom die twee die aand by die oumense op Hamelkop aan met die suigeling en die klere wat hulle aan hulle lywe gehad het, hy in sy onderbaadjie. En dit was nie die laaste vuurramp wat hulle getref het.

Daarná het hulle teruggetrek Hoeko toe en op 'n stuk van 'n plaas wat Pappie intussen bygekoop het aan die westekant van die rivier onder die bronsloot gewoon, waar Anderpa van voor af opnuut begin te boer het. Pappie het toe regoor aan die oorkant van die rivier gewoon, in een van die oorspronklike groot opstalle van die plaas.

Op Hoeko het my Anderpa, dis nou my eie vader, en my moeder, behalwe die genoemde oudste, twee kinders bygekry, 'n dogter en 'n seun. Die dogter is dood ná die ramp wat nou hier beskryf sal word:

Die seuntjie was 'n paar jaar oud sodat hy met 'n klonkie vir 'n maat kon rondloop en speel. Bokant die opstal was die klonkie se ouers se strooihuis. Speel-speel, hier snuffel en daar kwaaddoen, het die twee opgeloop tot by die strooihuis waar daar nog brandende kole van die oggend se vuur oorgebly het, en wie weet, het hulle probeer om die vuur weer aan die gang te kry. Daar was niemand daar nie; die aia was by die nooi in die kombuis behulpsaam; die jong en Anderpa was besig om te ploeg op land na die rivier se kant toe, 'n hele ent daarvandaan.

Meteens skree die jong daar op die ploegland:  "Baas, baas, daar brand die huis af!"

Uit die blote voorgevoel sonder om te weet wat daar gebeur het, hardloop Anderpa na die brand toe. Toe hy daar kom, staan die kleinjong buite, en die strooihuis het inmekaar gestort. Van mense wat nader was as hy, was daar al 'n klompie om die rokende puin versamel; 'n paar vroue was besig om vir Rachel te lawe. Anderpa stap in die vuur in,  gooi die brandende sparre opsy sodat sy hande en arms gaar verbrand, en haal die onherkenbare lykie onder die vuur uit.

Die moeder het van die een floute in die ander geval. Die vader was rasend. Eenmaal het hy my iets vertel – hy het nie maklik van daardie dae gepraat nie. Voor die deur van die woonhuis was daar 'n afdraande-kweekwerf met 'n ry aalwynbome op die onderend en die groot bronsloot net agter die heining. (Hoe onthou ek dit nie alles nie – ek het later daar grootgeword!) En daardie een slag het die oukêrel my dan vertel hoe hy voor die deur op die stoep staan, en hy kyk op die werf af, en dan sien hy deur die onderste droë blare van die aalwynbome die wit krulkoppie onderkant die sloot loop.  Dan stap hy daarheen om hom te gaan haal – dit kan nie wees nie, hy is mos nie dood nie! En hy kry hom nie en hy kom maar weer huistoe. En aanstons loop hy weer. En al die tyd lê die afsigtelike oorblyfsel van 'n witkoppie binne in 'n kamer in 'n kissie wat die vader self gemaak het, wagtende op die begrafnis...

Die moeder se verdriet het nie lank geduur nie. Onder die skok van die treurspel half besweke, het sy die orige van haar lewe gegee om, voor die tyd, 'n ander lewe in die wêreld te bring, 'n ander kindjie om net te sien en met laaste sien te groet. In die nag tussen 12 en 13 Augustus 1873 is ek gebore, 'n ou dingetjie wat so swak en tengerig was dat hy nooit kon lewe nie en tog geleef het. Vyf dae ná my geboorte is my moeder Rachel dood. Ek het geen portret of skets of handskrif van haar nie; maar tog darem, vandag nog, 'n lokkie goue hare wat Mammie afgeknip en vir my bewaar het.

So het die kinderlose Pappie en Mammie my dan uit die sterwende moeder se arms geneem om 'n kind vir hulle te wees. En nader, sonder om 'n wesentlike kind te wees, kon ek ook met bloedverwantskap sekerlik nie gewees het nie – ek was Pappie se broerskind en Mammie se susterskind...

Ui Anderpa se huis waar ek gebore is, is ek dan na Pappie en Mammie se woning geneem, die ou opstal aan die oorkant van die rivier, 'n groot drievlerk-huis met ontsaglike dik mure en klein vensterruitjies onder 'n rietdak. Daar het ek die eerste sewe, agt jaar van my lewe deurgebring.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1923 gaste aanlyn