NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elke dag hoor ons hoe mense God se heilige Naam ydellik gebruik. In films en stories word daar moeite gedoen om die HERE se Naam te probeer ontheilig; ander weer dink nie eers daaroor terwyl hulle sy Naam misbruik nie. Die Bybel vertel ons wat met mense gebeur wat neerhalend van die HERE gepraat het – soos Góliat, en soos Sánherib in 2 Konings 19. Dink goed vóór u praat soos die meeste mense deesdae doen...

AMAJOEBA 27 FEBRUARIE 1881

 DIE "DUTCH COLONISTS" SE GLORIERYKE OORWINNING

Dr JP Botha

Dit is weer tyd om een van die oortuigendste oorwinnings van ons Boerevolk oor die Engelse te herdenk en hierdie naweek sal daar weer duisende Afrikaners aan die voet van Amajoeba uitkamp en in strome die piek bestyg waar daar gesing en vlae geswaai word om ons oorwinning van 130 jaar gelede te vier. Daarom gesels ons vandag weer oor Die Slag van Majoeba wat op 27 Februarie 1881 die gevegte van die Boere se Eerste Vryheidsoorlog afgesluit het. Dit was  'n unieke gebeurtenis wat vérreikende gevolge gehad het.  Indien dit vergelyk word met groot veldslae in die geskiedenis, was dit maar 'n onbeduidende geveggie waar 200 Boere die 600 Engelse van die kruin van die berg af verdryf het.  Hierdie oorwinning het vir die Boere weer die onafhanklikheid van hul republiek besorg en die dunk wat hulle van die Engelse gehad het, drasties gewysig.

  Daarteenoor is die Engelse met 'n skok ontnugter om te ontdek dat die Boere nie die onkundige, primitiewe lafaards was wat hulle dikwels voor aangesien is nie.  Die Engelse se begeerte om hul neerlaag by Majoeba te wreek, het hulle tot in die Tweede Vryheidsoorlog bygebly.

Reeds vanaf die begin van die vestiging van die Engelse in Suid-Afrika by die aanvang van die 19e eeu, het hulle met groot meerderwaardigheid opgetree teenoor hierdie "Dutch Colonists" wat vir die Britse verowerings- en uitbreidingsideale 'n struikelblok was.  Daar is verkleinerend neergesien op die leefwyse van die vryburgers, die oosgrensboere en later op die Voortrekkers en die Boere.  Die Britse owerheid het hierdie wordende Afrikanernasie altyd bejeën as afstammelinge van 'n volksgroep wat alleenlik oor minderwaardige kwaliteite en eienskappe beskik, in vergelyking met hul trotse Britse meerderwaardigheid, wat hulle wou aanwend om hier vanaf die suidpunt van Afrika na die binneland toe die wêreld om te tower in 'n Britse paradys, waarin daar geen plek sou wees vir hierdie minderwaardige Afrikaners nie, maar wel vir die vinnig vermeerderende swart natuurkinders wat nuttig aangewend kon word om as ongeskoolde arbeiders te help om Britse projekte tot stand te bring.

Waar Britse en Afrikanerbelange gebots het, soos met die anneksasie van die Republiek van Natal, het die sterk militêre hand eenvoudig vir Pretorius en die Trekkers in 1843 uit die pad gevee.  Toe die Engelse belange in die Vrystaat deur die Trekkers bedreig word en Andries Pretorius hulle weer militêr te hulp snel, word hy by die slag van Boomplaas in 1848 weer uit die pad gevee.

Hierdie suksesse het by die Engelse die wanopvatting laat groei dat die Boere as lastige struikelblok in die pad van Britse uitbreiding in Suid-Afrika, elke keer maklik uit die weg geruim kon word en daarom het Shepstone in 1877 Transvaal sommer doodluiters gaan annekseer, onder die wanindruk dat die saak nou afgehandel was.  Die lydelike verset en agitasies daarna, wat veral deur Paul Kruger gelei is, het die Britse owerheid ontgogel en laat besef dat hierdie minderwaardig gewaande Boere nie maklik in hul lot gaan berus nie, maar hulle het wel geglo dat in geval van oorlog die opgeleide Britse soldate sommer gou sal klaarspeel met die handjievol wat dit durf waag om teen Britse gesag in opstand te kom.

Toe die oorlog dus uitbreek en by die slag van Bronkhorstspruit binne tien minute 75 Engelse soldate sneuwel en kolonel Anstruther self aan sy wonde beswyk, het die gebeurtenis skokgolwe deur Suid-Afrika gestuur wat tot in Londen weerklink het. 

Die Engelse het ontdek dat die Afrikaners ernstig was om hul land te verdedig en dat daar by hulle geen teken van lafhartigheid was om by die eerste tromslag om te spring en weg te hardloop soos voorspel is nie.  Daarom het die Engelse leërleiding dit gerade geag om groter erns te maak om hierdie vermetele Boereweerstand soos by alle vorige kere uit die pad te vee.  Die man wat geskik geag is om hierdie nietige, maar lastige takie uit te voer, was 'n volbloed Brit, goed opgelei en 'n puik militaris.  Hy was die Britse Hoë-Kommissaris en bevelvoerder in Natal, generaal sir Pomeroy Colley, wat ewe rustig en op sy tyd met sy 1400 troepe uit Natal van plan was om Pretoria toe te trek om die Boereopstand te gaan beëindig.  Maar tot sy verbasing het die Boere sy deurtog te Laiingsnek gestuit en die Engelse hul tweede swaar neerlaag besorg met verlies van 74 gesneuweldes en 111 gewondes.

Toe Colley in die verdere gevegte by Schuinshoogte en die Ingogorivier nog 'n verdere verlies inboet van 76 gesneuweldes en 67 gewondes, het sy mening aangaande die Boere se aard, inbors en bekwaamheid 'n drastiese ommekeer ondergaan.  Sy meerderwaardigheid het 'n knou gekry en hy het skielik besef dat sy hele loopbaan op die spel was en dat hy voortaan as 'n grap in die Britse militêre establishment beskou sou word en dat hulle hom dit nooit sou vergewe dat hy die Britse prestige so 'n slag toedien deur nie in staat te wees om hierdie handjievol Boere uit sy pad te vee nie.  Om darem so oortref te word deur 'n klomp onopgeleide Boere, was nou eenmaal te erg en hy was vas van plan om hierdie Transvalers 'n oortuigende neerlaag toe te dien.

Colley het gereken dat sy ongewone plan om sy troepe gedurende die nag van 26 Februarie 1881 die 2000 meter hoë Amajoebaberg te laat bestyg, 'n briljante ingewing was wat hom in besit sou stel van absolute oninneembare stellings.  Daarom het hy hom aanvanklik nie eers daaraan gesteur toe hy boodskappe ontvang dat daar op sy troepe geskiet word nie en het hy vol selfvertroue en onbekommerd na sy tent gestap om 'n middagslapie te gaan geniet, juis op die oomblik toe die burgers die berg al klaar bestyg het en gereed gemaak het vir hul finale aanslag op die kruin.

Toe Colley 'n ruk later wakkerskrik, het hy besef dat die onmoontlike gebeur het en dat die Boere besig was om sy onoorwinlike stelling in te neem.  Dit het vir die 200 Boere wat in die helder daglig die berg bestyg het, skaars 'n halfuur op die kruin geneem om die 600 Engelse soldate te verdryf.  Drie offisiere - Colley inkluis - en 93 manskappe het gesneuwel, 8 offisiere en 109 manskappe is gewond en 7 offisiere en 49 manskappe is gevange geneem. Een Boer het gesneuwel en 5 is gewond.

Dit was die eerste keer in die geskiedenis dat die onoorwinlike Engelse uiteindelik op hul baadjie gekry het en dit nogal aan die hand van 'n klompie ongeskoolde Boere.  Maar die Britse Leeu kon mos maklik 20,000 troepe teen hierdie astrante Transvalers in die veld stoot en oor hulle loop.  Trouens, 'n deel van hierdie mag was alreeds op see, verskeep vanaf Gilbraltar.  Paul Kruger en die ander lede van die driemanskap was daarvan bewus en het die Engelse outoriteite beweeg om 'n wapenstilstand te sluit voordat hulle behoorlik van hul verbasing oor hul neerlae kon herstel.

Later het Engeland besef dat hy 'n fout begaan het om aan die Boere van Transvaal hul onafhanklikheid terug te gee, al het dit onder Britse susereiniteit geskied. Maar die teruggawe van die republiek aan die Boere was die eerste geleentheid na die Amerikaanse Vryheidsoorlog waar Groot Brittanje verplig was om 'n gebied wat hulle voorheen beheer het, weer prys te gee.  Die Britte wat so gewoond was om slae uit te deel, het nou hul eie medisyne baie bitter gevind.  Hulle het daarna dikwels beweer dat Transvaal sy onafhanklikheid teruggekry het weens Britse "groothartigheid".  Die waarheid is egter dat die Engelse in alle opsigte deur die Boere getroef is.  Op die slagveld het generaal Piet Joubert die beste Britse veldheer 'n les of twee geleer en om die onderhandelingstafel het Paul Kruger dieselfde met die befaamde Engelse diplomate gedoen.

Na die Engelse neerlaag by Amajoeba op 27 Februarie 1881 het hulle die Boere nie meer onnosel en lafhartig genoem nie, maar hulle sou nooit erken dat hierdie dapper volkie enigsins hul gelyke op militêre en diplomatieke gebied was nie.  Die herinnering aan hul neerlae gedurende die Transvaalse Eerste Vryheidsoorlog het hulle vasberade gemaak om hierdie swart kol op die Britse prestige weer uit te wis en om veral die neerlaag wat hulle by Amajoeba gely het, te wreek.  By al die uitlandergriewe teen die republikeinse regering, wat na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand ontwikkel het, en wat deur Chamberlain en Milner as casus belli aangegryp is om oorlog teen die republiek te stook, het die noodsaaklikheid om die neerlaag by Amajoeba te wreek, nog steeds in die Britse onderbewussyn gelê.

Vir die Boere was hul skitterende oorwinning by Majoebaberg oor generaal Colley se uitgelese troepemag 'n geweldige aansporing.  Dit het die noodwendige minderwaardigheidsgevoel wat by hulle mettertyd ontwikkel het as gevolg van die feit dat hulle jare lank maar altyd net moes wyk voor die getalsterkere Britte wat klokslag gereeld en meedoënloos hulle na die binneland agtervolg het en gewetenloos hulle grondgebied wat met groot opoffering bekom is, weer met geweld van hulle afgeneem het, vervang met geloof en vertroue in hulself en met die wete dat hulle in geen opsig hoef terug te staan voor Britse effektiwiteit nie.

Gedurende die volgende jare wat as die aanloop tot die Tweede Vryheidsoorlog beskou kan word, het hul oorwinning oor die Britte by Majoeba 'n aangename herinnering in die bewussyn gebly en hulle vasberade gemaak om die nuwe aanslag wat die Britte besig was om teen hulle duurgekoopte vryheid te maak, met moed en vertroue die hoof te bied.  Daarom kon hulle ook met die aanvang van die Tweede Vryheidsoorlog verskeie groot oorwinnings oor die Engelse behaal, omdat hulle geweet het hulle is nie net in elke opsig die vyand se gelyke nie, maar ook hul meerdere.

Die geweldige getalsoorwig van die vyand wat die Boere uiteindelik oorrompel het en generaal Piet Cronjé met 4 000 man by Paardenberg op 27 Februarie 1900 aan die vyand laat oorgee het, was vir die Boere 'n bitter beker om te drink omdat hierdie ramp op Majoebadag plaasgevind het.  Hulle het gevra waarom Cronjé tog nie maar net nog 'n dag langer teen die oormag kon uithou nie, in plaas van om dit spesifiek op 27 Februarie te doen en daarmee die besieling van Majoebadag te vernietig.  Dit toon aan hoe sterk die herinnering aan die glorieryke oorwinning wat tevore by Majoeba plaasgevind het die Boere motiveer het om in die Tweede Vryheidsoorlog die Engelse met selfvertroue en durf aan te pak, maar hierdie selfvertroue is in 'n groot mate afgetakel deur die ramp wat hulle op Majoebadag 1900 getref het.  Die Engelse daarenteen, se juigkrete by Cronjé se oorgawe op 27 Februarie 1900, het beteken dat hulle net soos die Boere hierdie gebeurtenis aan Majoebadag verbind het en gevoel het dat hul neerlaag van 1881 uiteindelik in 1900 en daarna voldoende gewreek is.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4118 gaste aanlyn