NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekerings wat nie hou nie, was nooit bekerings nie, en is emosie en soos die saad van die saaier wat opgekom en gou verwelk het.    Ware bekerings hou stand!

UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG

Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, stukke oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas. Die Huisgenoot kon meehelp om die volk weer met moed en idealisme te besiel, het Vijoen besluit. Hy was van mening dat daar net een middel was: “Ek moes die volk voortdurend herinner aan die mees heroiëse tydperke in sy geskie­denis”.

Die eerste algemene artikels het soveel belangstelling onder lesers in alle kringe gewek dat Die Huisgenoot op 18 September 1936 ’n wedstryd vir oorlogsveterane uitgeskryf het om die belangstelling in die oorlog daadwerklik aan te moedig.

Die Huisgenoot het ’n groot aantal bydraes ontvang en het op 22 Januarie 1937 geskryf dat die heldedade wat aan die lig gekom het, die blad “andermaal onder die diepe indruk gebring” het van die “bykans ongelooflike dapperheid” van die burgers in die ongelyke stryd teen Engeland.

Een van die verhale waar die betrokke persoon self aan die woord was, is die bekende digter Jan FE Celliers.

 

Uit Die Huisgenoot, 7 Desember 1934, die volgende:

Die republikeinse leër waarby Jan F.E. Celliers was, is op 29 Mei 1900 deur die aanrukkende Britse magte na Pretoria teruggedryf. In sy dagboek vertel hy dat hy skriftelik verlof gekry het om tuis te bly "tot nadere orders" - maar die "orders" het "nooit genader of gearriveer" nie. Op 4 Junie, terwyl die Britte die stad gebombardeer het, het 'n kennisgewing verskyn dat die regering uitgewyk het en dat die burgers ook die stad mag verlaat. Celliers was baie neerslagtig en kon nie tot 'n besluit kom nie. Hy het verneem dat die staatsprokureur, J.C. Smuts, die latere generaal, nog tuis was en op vertrek staan. Celliers is na sy huis, maar Smuts het kortaf geweier om hom saam te neem.

In Junie en Julie, skryf Celliers, het hy in die strate rondgestap. Die nuwe bestuur van die stad het besluit dat alle Pretorianers die eed van neutraliteit of trou moes aflê en 'n pas moes dra. "Liewer na Ceylon met my, maar geen van die twee sal ek doen nie." Van toe af het hy hom in sy huis opgesluit en planne beraam om te ontsnap om weer op kommando te kom. Maklik was dit nie, want die hele stad was omring deur doringdrade, wagte en elektriese lampe.

Celliers se "gevangenskap op eie erf" het huisarres begin word, want blykbaar het die Britte vermoed dat hy daar is. Hy het bedags in een van die voorste kamers voor die venster gesit. Die rolgordyn is afgerol totdat daar net 'n skrefie oop was. Daar het hy sit en lees, maar die boek so gehou dat hy kon uitkyk na die tuinhekkie en kon gaan wegkruip as daar 'n Britse soldaat opdaag. Sy verblyf moes vir vriend en vyand geheim gehou word. Soms het hy tog met die geleende pas van 'n vriend die strate ingeloop en by Britse soldate verbygeloop totdat hy weer huis toe kon gaan. Saans het hy partykeer tussen digte sipresbome in die nabyheid gaan loop - en soms vroueklere gedra.

Hy het hom ook as ou vrou vermom toe hulle 'n nuwe swart man as werker in diens geneem het. "Ek moet nou die rol vervul van 'n arme siek vriendin van my vrou, wat hier op besoek is." Maar die misterieuse ou dame het die werker se nuuskierigheid gewek en toe Celliers weer eenkeer agterkom, staan die man buite op sy tone voor die hoë venster en kyk hom in sy gesig aan. "Dit moet vir hom voorwaar nog meer misterieus gewees het om 'n dame met 'n snor te gewaar!"

Dit het onveiliger geraak. Die besetters het talle "neutrale" ingesetenes opgepak en sonder verhoor na die buiteland weggestuur. Celliers vertel verder:

24 Augustus 1900: Soos gewoonlik sit ek agter die gordyn die tuinhekkie en dophou. Die boek in my hand vandag is Scheffel se Ekkehard (’n baie populêre roman, in 1855 gepubliseer), Ek lees juis die hoofstuk waarin staan hoe die held van die verhaal deur ’n vrou uit sy gevangenis verlos word. Onder my gordyn deur sien ek ’n klein, swartgeklede vroutjie by die voorhekkie instap. Ek herken haar dadelik as my niggie, mev. J. Joubert. My vrou ontmoet haar by die voordeur. ’n Oomblik later sien ek haar weer uitstap.

Dit het geskied. Die plan van my ontsnapping is klaar agtermekaar. Dit is die boodskap van daardie vroutjie. Dis kortliks dit: dat ek op ’n dag die plek moet inneem van ’n dame (mej. Malan - later mev. Jan Joubert) wat ’n neutraliteitspas dra en dikwels van hul plaas agter Magaliesberg inkom mark toe met ’n oop trolliewa.

Ek duisel nog van die plan, die plotselinge daarvan ... Sal dit geluk, of sal dit nie? Sal hulle my dalk vang en skiet - soos reeds met ander gebeur het? Enige dae, miskien ’n week, sal ek my nog kan bedink. Daar kom meteens berig dat die wa op die oomblik juis in die stad is en dat ek my dadelik gereed moet maak vir vertrek.

Een oomblik staan ek stil om my te bedink om die moontlike gevolge te oorweeg. Pynlik en hard is die stryd, dog gelukkig kort - ek vergeet dit nooit nie. Die kloeke houding van my vrou gee gou die deurslag.

Die noodlot is wreedgenadig as hy ons dadelik voor ’n beslissing plaas, die pistool op die bors, wat die tyd van wik en weeg tussen vrees en vertrou uitskakel. Nou moet beslis word.

In haastige opwinding geskied alles nou verder. Ek skeer my. My vrou staan langs my. Sy maak haar borok los. Dit val op haar voete. Sy praat nie ’n woord nie. Ek ook nie. Albei se swye sê: dis ’n moet en ’n gebod wat geeneen van ons twee nou nog kan verbreek nie. En tog, duidelik voel ek iets in haar houding en gebare, die feit self dat sy die klere van haar eie liggaam afhaal en dit nie êrens in ‘n kas gaan soek nie, eits in die manier van haar buk om die rok op te tel wat welsprekend die woorde uit:  God, wat vra U van my, arme vrou, op hierdie oomblik?

Ek het ’n rok aan. Oor my skouers hang ’n mantel met hoog opgeslaande kraag, om my kort hare van agter toe te maak. Op my kop ’n reguitrand-strooihoed, met ’n swaar sluier daaraan, van voor oor my gesig. Ek het ’n paar handskoene aan, my voete gewring in ’n paar hoëhak-dameskoene.

Voor die hek staan nie die wa self nie, maar ’n oop keb-rytuig al vir my en wag; die welbekende wit perd van mev. generaal [Hendrina] Joubert daarvoor, twee seuntjies van mev. [Hendrina] Malan daarin, een van hulle hou leisels. Mev. Malan, dogter van mev. Joubert, het self ook met die rytuig saamgekom. Sy staan al op die stoep. Sy kom my haal om my na die trolliewa te bring wat in die dorp wag by die huis van ds. [H.S.] Bosman. Die afskeid van my vrou is verby amper voordat ek dit weet - so heeltemal ondergeskik is dit aan die groot krisis, die groot stryd wat beslis is. My driejarige seuntjie kyk op na my en sê: “Groot pappie.” Hy ken my gemaklik deur my vermomming heen, en ek lyk groter met die rok aan.

Ek stap in die tuinpaadjie hek toe, mev. Malan langs my. Sy deins meteens agteruit, soos van skrik. Ek kyk en sien vlak voor my ’n Kakie verby die oop hek stap. Maar dis net of iets my nou sê: “Geen nood, alles kom reg.” Ek stap vlak by die Kakie verby in die oop rytuig. Met ’n halwe oog neem hy my op en stap deur.

Toe nou maar, die straat op. Nee, draai om, draai om: daar kom ’n hele perdewa met offisiere aan uit die kamp. Ons draai kortom (dit was bepaald nie nodig nie) en ry die ander straat af. By die eerste kruisstraat staan ’n Kakie, hy hou meteens sy hand voor die perd op, asof hy hom wil stop. Mev. Malan maak weer ’n beweging van skrik. Hoe wonderlik, ek voel weer heeltemal gerus, hoewel ek nie dadelik geweet het dat dit ’n polisie-Kakie was nie. Hy waarsku ons maar net vir ’n aankomende rytuig uit ’n ander rigting. Ons glimlag mekaar aan oor sy goeie diens en onergdenkendheid. By die Leeubrug ry my vrou se broer ons te perd verby. Hy haal sy hoed af vir die “dames”: hy weet van die hele komedie niks af nie. Ons ontmoet ook my vrou se suster in ’n oop rytuig. Sy weet van alles en waag dit nie eens om te groet nie.

Dis die middel van die dag en helder sonskyn. Ons ry Kerkstraat op. Kakies van alle soorte en fatsoene kom by ons verby. Alle vrees vir ontdekking is totaal weg by my.

Die trollie was met osse bespan, staan al lankal vir my en wag by die hek van ds. Bosman se huis. Ek gaan op die voorste bankie sit. Daar Is twee wit seuntjies van sowat elf en twaalf jaar op die waentjie en ’n opgeskote swart seun. Hulle weet van die hele geskiedenis en kyk my met ’n breë glimlag aan. “Nee,” sê een van hulle aan my, "my suster sit altyd met haar gesig agtertoe.”

“O,” sê ek, en ... vergeet dat ek ’n “dame” is! Sonder om te dink, swaai ek my bene op en agtertoe oor die yster-handvat langs my van die hankie waarop ek sit. Agter die wa kom ’n Kakie aangestap in die straat. Maar ek dink hy moes nog te ver gewees het om die stewige ferweel-kommandobroek te sien wat, by die opswaai van my bene, gevaarlik sigbaar moes gewees het onder die rok. Straat af gaan die trek nou. Die Kakie loop ’n hele ent langsaan, kyk nou en dan skuins op na my, draai ’n mooimaak-punt aan sy snorretjie, en dit lyk baie of hy in filosofiese beskouings verdiep is oor my onjonkvroulike maniere. Ons ry ds. Bosman verby op straat. Hy weet alles. Ons groet mekaar met ’n handbeweging.

So ’n wind vandag! Ek moet elke keer my rok afdruk, wat te hoog opwaai. En met die ander hand moet ek altyddeur my hoed vashou op my kort hare, waaraan ek dit nie kan vassteek met hoedespelde nie. As die een hand moeg is van vashou, moet die ander hand weer aan die beurt kom. Ek voel die wind maak my sluier onklaar, sodat my kort hare agter sigbaar word. Die twee seuns kan hul lag nie vir my hou nie, en herhaaldelik moet ek hulle waarsku om nie so baie na my te kyk nie. Ek vra aan een van hulle: “Lyk ek nou ’n bietjie soos jul suster?” Dadelik kom die doodeerlike antwoord: “Glad nie.” Nou toe nou. En as een van die wagte van vandag, wat ons netnou moet verbygaan, nou al reeds daar gestaan het toe hulle met hul suster verbygery het?

By Howes-drif ry ons die Apiesrivier deur. Uit ’n groot kamp, net anderkant die drif, kom ’n stuk of vyftig Kakies met hul perde water toe. Aan weerskante gee hulle pad vir die wa, so naby dat ek hulle sou kon aanraak. Nee, maar die Boerenooi moet hulle nog ’n slag goed aankyk. En ’n oomblik voel ek vir die eerste keer ’n bietjie ongemaklik onder die kyk van so baie bewonderaars.

Wat! Sien ek goed? Ja, waarlik. Daar kyk ek vas in die oë van ’n ou kennis ek wil amper sê ’n ou vriend van my wat ek self as een van die wagte in die trein gevange na Pretoria gebring het (Ná die inname van Pretoria deur die vyand is die kêrels uit hul gevangeneskap verlos om weer te dien.) Hy herken my gelukkig nie. En sou hy soms nog dink aan die mandjie vrugte wat ek onderweg in Bloemfontein van ’n vriend gekry en onder hulle uitgedeel het in die trein?

Kakies staan die pad vol wat deur die middel van die kamp voer. Ek is jammer dat ek nie kan hoor wat hulle oor die nooi staan en gesels nie, want ek is duidelik die voorwerp van alle belangstelling.

Daar is Eloff se plantasie [waar die huidige Capitalpark geleë is], by die rant se poort.

“Hier staan die eerste wagte,” waarsku die kinders my, “hier kyk hulle na die pas vir die wa.”

Daar sien ons die wag al staan: ’n Kakie met bajonet op sy geweer. Hy stap na die wa aan my kant. Die seun anderkant my haal die pas uit sy sak. Ek neem dit van hom en oorhandig dit aan die wag. My voet, in dameskoen, plaas ek goed sigbaar vlak onder sy oë op die reling van die wa. Ek begin onbestemdweg te dink hoe ek my stem sal verander en wat ek sal sê as hy my miskien aanspreek. Maar, wonderlik, verder bekommer ek my hoegenaamd oor niks nie. Nie ver van die wa af nie staan twee ander soldate met mekaar en gesels. Ek is weer die onderwerp van gesprek, want elke keer kyk een van hulle na my kant en maak ’n beweging met sy hand oor sy oë om sy maat iets te beduie. (Gelukkig dat ek nie geweet het in watter groot gevaar ek hier verkeer het nie: die dame wat ek moes voorstel, het ’n bril gedra, maar niemand het my dit ooit vertel nie. Hulle het aan mekaar gevra waar die bril dan vandag was of waarom die “dame” dan vandag ’n sluier voor het.)

Die wag hier by die wa het nou die pas gelees, vou dit op en gee dit weer aan my om aan die kind te oorhandig.

“Trek.” Daar gaan ons verder.

Nou nog een ry wagte in Wonderboompoort anderkant die vlakte. Wat is dit nou? Ek voel meteens alle moed uit my wegsink, erger en erger namate ons die poort nader. 0, duidelik sien ek voor my oë hoe ek bars beveel word om van die wa af te klim, hoe ek gevange ge­bring word na Pretoria. Verban? Doodgeskiet? Iedere tree voel ek die oë van die wagte, wat daar voor by die poort is, deur my rug boor -

Ek sit met my rug na die osse toe. O, ek wens dat ek enige plek op die wêreld is as op hierdie wa. So benoud en naar is die gevoel wat my oorrompel. Ek het miskien sonder dat ek dit duidelik besef, my oormatig opgeskroef tot die moed wat ek tot die laaste ontmoeting met die kakies by Eloffsplantasie gevoel het, en is dit nou die  terugwerking?

Die drie myl van die trek oor die vlakte daardie agtermiddag het ‘n merk in my ingebrand wat onuitwisbaar is.

Onder dit alles merk ek egter op dat my jong reisgenote hulle gedra asof hulle gad nie meer aan my dink nie, dit as vanselfsprekend beskou dat alles sal slaag. Hulle maak grappies en lag en praat, haal padkos uit. Ek laat hulle begaan, sê hulle nooit om dit of dat te doen of te laat nie. Dis sowaar ’n geluk vir my dat ek nie deur volwassenes nie dog deur die gedagtelose, onskuldige kinders vergesel word. Hul onverskillige, ongedwonge gedrag is die beste om Kakie alle agterdog te ontneem. Aan dit alles het ek op die oomblik self nie gedink nie. So benoud as ek was, moet iets ook aan my gesê het: “Laat maar loop soos dit wil, alles is in orde.”

“Hooooo... haaaaa.” Daar is ons by die wag in Wonderboompoort.

Ek kyk, in ’n oogknip het ek al my moed en teenwoordigheid van gees terug.

Die soldaat neem die pas aan, vou dit langsaam oop en lees dit op sy dooie gemak van A tot Z (waarskynlik ’n nuwe wag, wat die pas vir die eerste keer sien). Ek kyk kom al die tyd brutaal in sy gesig aan. Dog hy slaan sy oë nie na my op nie. Hy vou die papiertjie weer ewe langsaam toe en gee dit terug. “Trek.” Gelukkig.

’n Oomblik later moet ons weer stilhou: die pad word reggemaak, en daar is ’n hindernis voor wat eers uit die weg geruim moet word. Die wa staan stil. Een van die Kakies sit sy pik solank neer, gaan met sy hande in sy sye staan en kyk die “nooi” brutaal in die gesig aan. Met die een hand nog altyd aan die rand van my hoed - om dit teen die wind vas te hou - kyk ek hom van my kant af net so vas aan. Meer en meer voel ek hoe sy oë oor my rol, my brand en deurboor en bevoel van kop tot voete. Ek besef dat ek bang sou kon word, maar dit gebeur nie. Inteendeel kom die klug my meteens so helder voor die gees, die gedagte: “Ou maat, as jy tog kon weet hoe lekker jy nou gefop word,” dat ek amper in ’n lag uitbars - op my woord - en nog net betyds die geluid in my keel verstik. Maar my gesig vertoon die

lag darem nog genoeg om my te verplig om my oë neer te slaan. Op my onnosele bewonderaar het dit seker die uitwerking van maagdelike bedeesdheid, of anders dink hy dat die nooi hom taamlik  geneë is. Altans, as ek weer opkyk, sien ek dat hy met my lag, ag so liefies.

Ons trek weer. Maar ek merk nou dat ’n offisier of werkopsigter wat ’n entjie buite die pad teen die skuinste staan, uit die verte ’n heftige woordewisseling hou met die soldaat wat die pas gelees het. Elke keer wys hy gebiedend die wa agterna, net of hy die soldaat opdrag gee om noukeuriger ondersoek in te stel. Die soldaat maak ’n gerusstellende en ontkennende beweging met sy kop, net of hy sê: wees gerus, alles is in orde. (Die soldaat het sowaar kort vantevore ’n kissie agter in die wa omgekrap. Daar het hy my stewige kapstewels of ryskoene ontdek en my breërandhoed - sonder my medewete het iemand dit daar geplaas. Dog sonder agterdog, miskien het hy gedink dat dit aan die Boer van die plaas behoort, het hy die sak weer net so daaroor gegooi en niks gesê nie.)

Maar daar neem hy meteens sy geweer op skouer en kom agter die wa aan. Vir ’n oomblik staan my hart stil... dog daar merk ek dat hy nie die wa wil agterhaal nie en net die paadjie weer begin loop waarin hy heen en weer stap om die padmakers (waarskynlik kwaaddoeners) op te pas en aan te spoor.

“Nou is ons deur,” sê een van my klein begeleiers. Bedaard bly ek nog maar so onbeweeglik en sprakeloos sit. Pas op, daar kom ’n “scout” [’n Boer in Britse diens] aangery voor in die pad. As hy verbyry, kan hy dit nie laat om in die saal om te draai en die “nooi” ’n goeie kyk te gee nie.

Ons is nou deur die poort en draai links met die pad wat weswaarts agter Magaliesberg loop. Op die berg aan ons linkerhand staan die Kakiewagte en kyk ons met belangstelling na. Meteens slaan die voorwiele van die wa in ’n slootjie; en ek, wat met my rug na die osse sit, val agteroor van die bankie af - bene in die lug, hoed af! Gelukkig kan ek my betyds nog genoegsaam vasgryp om nie tussen die agterosse te val nie. In ’n oomblik het ek my hoed weer op my kort hare vasgedruk. Die drie kinders bars in ’n skaterlag uit. Waar­skynlik het die Kakies op die berg saam gelag oor die spektakel.

Sononder is ons eindelik veilig en wel op die plaas van die Malans, vlak agter die berg. Ek sit skaars in die woonhuis of die tante wink vir my haastig om my in die slaapkamer te gaan wegsteek.

Sy sluit die luike van die kamer. En daar sit ek in die donker, terwyl ek vrees dat iemand ons agterna gekom het en nou huissoeking kom doen. ’n Rukkie later kan ek weer uit  die kamer kom: daar was maar net iemand wat omtrent my aanwesigheid in die duister gehou moes word. Met die oog op die bediendes hou ek my vroueklere die hele aand nog aan totdat die bediendes weg is. Veel later het ek gehoor hoe, kort na my ontvlugting hierdie dag, my vrou die skrikberig gekry het dat Cordua - wat ook wou uitry en gevang is - daardie selfde môre in die tronk doodgegeskiet is.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2910 gaste aanlyn