NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voel jy soms onwaardig om jou mening oor jou geloof te lug omdat jy dink jy is nie geleerd genoeg nie?
Geloof word nie deur boekekennis of geleerdheid verwerf nie – God skenk dit aan elke uitverkorene. Jou geloof is net soveel 'n genadegawe van God as wat die geloofsreus Paulus s'n was.

DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (3)

LEER DEUR BEPROEWING

Ds AE vd Berg

Lees reeks by  Die Gelowige: Pyn en lyding

Skrif: Matt.8:1-17

“…Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra” (:17)

Inleiding
God leer sy kinders deur beproewing.  Hy het een Kind sonder sonde gehad maar geen kinders sonder sorge nie. Daarom kom gelowiges nie sonder beproewing tot geestelike volwassenheid nie.  Net soos wat die koringkorrel nie sonder ‘n deeglike uitskud die dop kan verlaat of mielies sonder ‘n maalproses meel kan word nie, sal ons van weinig waarde wees alvorens ons nie beproef word nie.

Ons sal nooit die musiek van ‘n harp leer ken indien die snare nie gepluk of die sap van ‘n vrug smaak alvorens dit uitgedruk word nie.  Nog minder sal ons die warmte van ‘n winterskaggel kan geniet tensy die hout nie deur vuur verteer word nie.  In die vuur van beproewing kom die voortreflikheid van ons gees werklik na vore!

Ons sal nooit ‘n innige gemeenskap met Jesus beleef indien ons geen beproewing smaak nie.  Alhoewel ons normaalweg nie sterre in die dag kan sien nie, word daar gesê dat indien jy in ‘n put afsak en opkyk, jy dit wel kan sien.  God laat ons soms in die put van die lewe beland alvorens ons opkyk en sy sterbelaaide beloftes raaksien.

God gee nie geloof, vertroue en liefde sonder om dit van tyd tot tyd op die proef te stel nie.  As ‘n ingenieur ‘n brug bou, moet dit voertuie kan dra; sy drakrag kan bewys.  Dis presies wat God met ons doen.  As God ons sterk maak, kan Hy mos elke gram van ons krag beproef, nie waar nie?  Ons lewe moet met die hemelse Bouer se ontwerp ooreenstem!    

Ons leer almal.  Sommige deur beproewing, ander deur sonde.  Soms stuur die Here beproewing om ons van sonde te bewaar.  Dit word vertel van die apostel Petrus se dogter wat nie kon loop nie.  Tydens ‘n sendingreis het ouderlinge vir haar kom bid waarna sy kon loop.  Daarna het sy ‘n prostituut in ‘n nabygeleë Romeinse leërkamp geword.  By sy terugkeer het Petrus haar gaan berispe waarna haar bene weer onder haar ingevou en sy huistoe gekom het.  Beproewing het haar van sonde weerhou.  Laat ons liewer deur beproewing as deur sonde leer.  Dis beter om deur beproewing in die hemel as blakend gesond in die hel te beland!   

Gelowiges is anders as wêreldlinge; beproewings maak hul geloof sterk.  Gelowiges wen deur hul verliese, ontvang krag in hul siekwees, wen vriende in hul beproewing en behaal oorwinning deur hul verliese.  Niks ontsenu ‘n gelowige nie.  Al wat gebeur, is dat die storms van die lewe sy lewensboot al hoe nader huiswaarts dryf.

Beproewings hou gelowiges geestelik aan die gang.  Rome het magtig gebly solank as wat daar vyande was.  Dit het haar gedwing om saam te staan, weerstand te bied en heldedade te verrig. Toe al haar vyande oorwin is, het sy al hoe meer agteruit gegaan en later tot ‘n val gekom.

Die Groot Geneesheer
Wat God se genade so verstommend maak, is dat dit dikwels teen ‘n mens se gesonde verstand indruis. Wanneer ons ‘n lewende verhouding met Christus het, laat Hy die reuse in ons lewe soos sprinkane lyk.  Hy ken elkeen van ons by die naam en weet presies wat ons nodig het.  Ja, die groot Geneesheer ken sy pasiënte so goed dat Hy nooit verkeerde medisyne van die rak sal afhaal nie.  Hy maak selfs ‘n gebroke hart heel indien ons Hom al die stukke daarvan gee.

Die Bybel skryf nie allerlei Boererate vir beproewing voor nie.  Dit skryf God voor.  Nie as ‘n  pynstiller nie, maar as Iemand wat ons in ons beproewing bystaan en help; Iemand wat omgee en ons deur die diep waters van die lewe lei.  En natuurlik ook Iemand wat Hom dikwels as die Groot Geneesheer bewys en ons gesondheid aan ons terugbesorg.  Die wonderlikste medisyne bly nog steeds dat Hy ons van moedeloosheid en verbittering bevry.

Sy genade is genoeg
Liefdesbriewe uit die hemel kom dikwels in swart omraamde koeverte by ons voordeur aan.  Gelukkig is die wolk wat swart met angs is ook vol van God se genade. ‘n Goeie reënbui word dikwels deur swaar donderweer voorafgegaan. 

Beproewing is die verhoog vanwaar ons geloof aan die hele wêreld sigbaar word.  Beproewing is soos die swart fluweelagtergrond waarteen juweliers hul ware uitstal.  Goud en diamante blink altyd die mooiste teen ‘n donker agtergrond.  Net so blink ons geloof die helderste teen die donker agtergrond van beproewing.

Party dinge wat vir ons na rampe lyk, is eintlik genade. Vreugde is goed vir die vlees, maar beproewing beter vir die gees. ‘n Mens wat sonder beproewing leef en sterf, het byvoorbeeld geen geleentheid gehad om sy geetelike staal te wys nie.

Daarom bestaan vreugde nie die afwesigheid van beproewing nie, maar eerder in die teenwoordigheid van God. Al ervaar ons ook ‘n groot verlies of ‘n bittere lyding, bly die heerlike teenwoordigheid van God soos ‘n warm, vertroostende kombers in ‘n winterswêreld waar mense al hoe kouer en onverskilliger teenoor mekaar staan.

Gebed
Gebed verander sake.  Maar dan moet ons dit nie net in tye van nood wil gebruik nie.  Mense wat net in hul nood wil bid en verwag dat dit onmiddellik moet verdwyn, dryf eintlik met God die spot.  Gebed is nie ‘n towerformule wat opgesê word en siedaar dinge verander nie!  

Daar sal nie minder beproewing op my pad kom hoe meer ek bid nie. Gebed verlos ons nie noodwendig uit angswekkende situasies nie, maar gee ons eerder die krag om sulke gevalle te hanteer. Niemand het bv.ernstiger as ons Here Jesus gebid nie.  In Getsemane was sy gebede so intens dat Hy bloeddruppels gesweet het. Desondanks het dit nie sy dood verhoed nie.

Dit beteken darem nie dat ons in tye van beproewing tevergeefs bid nie.  In sulke tye moet ons des te meer bid!  Baie gelowiges is al deur gebed uit die put van neerslagtigheid geruk.  Ja, gebed bly ‘n wonderlike voorreg in tye van beproewing.  Let op die heerlike wisselwerking wat hier ter sprake is. Beproewing dryf die gelowige na gebed en gebed verlig sy beproewing.  In ons beproewing is ons gebede gewoonlik baie dieper omdat daar nie tyd vir oppervlakkighede is nie.

Dis God se wil hê dat ons moet bid.  Binne sy wil is daar geen mislukkings nie en daarbuite geen suksesse nie.  Daarom moet ons God nie terloops of toevallig soek nie, maar met volle oorgawe.

Die Here Jesus leer ons in die Onse Vader bid: “Laat U wil geskied”.  En daarby moet ons volstaan.  Ongelukkig bid mense soms so verkeerd.   Hulle vra nie dat die Here se wil sal geskied nie, maar eerder dat Hy hulle wil sal goedkeur

Meegevoel
Beproewing leer ons die waarde van opregte meegevoel.  Mense wat nog nooit die beproewing van intense pyn ervaar het nie, kan hulle moeilik diè van ander voorstel.   Jy moet eers self die kruis dra alvorens jy meegevoel met ander kruisdraers kan hê!

In tye van ernstige beproewing ervaar ons hoe afhanklik ons van mekaar is en wat die waarde van opregte meegevoel is.  Alhoewel meegevoel nie vir ons verlies kan vergoed nie, herinner dit ons daaraan dat die liefde darem nie oral dood is nie!

Nog ‘n troos is dat droefheid deelbaar is. ‘n Droefheid wat gedeel word, is ‘n halwe droefheid en gevolglik draagliker.  God deel nie net ons droefheid met ons nie, maar voorsien ook dikwels mense, wat soos ‘n Simon van Cirene van ouds Christus se kruis help dra het, om ook ons kruis te help dra.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2488 gaste aanlyn