NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

GOD PRAAT DEUR SIEKTE MET JOU

LUISTER NA SY STEM!

Siekte is 'n manier waarop God met sy kinders praat, sê Job in hoofstuk 33:19: "Hy spreek die mens aan met ernstige siekte."

Dit is nie 'n teken van God se onmag as iemand nie gesond word nie, maar die middel tot God se almagswerke, sodat ons vir Hom getuies kan wees; sodat ons weer kan besef, al word ek elke dag afgetakel, daar is niks wat my van God se liefde vir my kan skei nie.

Daar op jou siekbed kyk jy met nuwe oë na jou eie lewe, veral na die dinge wat jy nog so graag wil bereik; na die mense wat jy liefhet en geen waarborg het dat hulle môre nog by jou sal wees of jy by hulle nie. Dan besef jy elke minuut wat jy nog krag en tyd oorhet, moet maksimaal benut word omdat elke oomblik genadetyd is.

Jy besef ook weer dat jou lewe hier op aarde net 'n klein deeltjie van God se plan is, dat jou eintlike lewe nog voorlê, dié lewe wat vir jou by God wag. En dan word jy dankbaar om te lewe al sien jy uit om na Hom te vertrek.

Hierdie verhoog waar jy tydens siekte verkeer is meermale die podium van waar ons geloof aan die wêreld sigbaar word. Hierdie dinge werk soos die swart fluweel-agtergrond waarteen juweliers so graag hulle goud en diamante juweliersware uitstal – ons geloof behoort só te blink teen die donker agtergrond van siekte. God praat met jou deur jou siekte – luister na sy Stem!

LEEF DOELGERIG

Lees reeks by Pitkos vir die siel

Ds AE van den Berg

" Waarom is ons hier aan die suidpunt van Afrika en nie elders in die wêreld soos baie van ons volksgenote nie?..."    

“In dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom ‘n erfdeel gesoek om in te woon… En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man…gestuur om die land te verken…Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier?  En wat soek jy hier?” (Rigt.18:1-3)

As ons iemand onverwags raakloop, vra ons gewoonlik: “Wat op aarde maak  jy hier?” Op pad na Tarsus vra die matrose vir Jona: “Wat is jou nering?  En waar kom jy vandaan?  Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?”(Jona 1:8).   Wanneer Elia uit vrees vir sy lewe onder ‘n besembos gaan lê en wens om te sterf, vra God hom: “Wat maak jy hier, Elia?” (1 Kon.19:9).   Wanneer Judas nader kom om Jesus te verraai, vra Jesus hom:“Vriend, waarvoor is jy hier?” (Matt.26:50)    Sulke vrae dwing ’n mens tot rekenskap en selfondersoek soos wat dit die jong Leviet in Rigt.18 gedwing het.

By geleentheid het ‘n geselskap uit die stam Dan by die huis van ’n sekere Miga, ’n afgodsdienaar, in die Efraim-berge aangekom en ‘n jong Leviet by hom ontmoet.   Hulle het hom aan sy aksent herken en was verbaas om hom in die huis van ’n afgodsdienaar aan te tref.   Dit was geen plek vir ‘n Leviet nie!

Die vraag waarom hy daar was, is ‘n vraag wat ons onsself moet afvra: “Waarom is ek hier?” Die Bybel sê dat ons bywoners en vreemdelinge op die aarde is en derhalwe nooit so vas aan die lewe raak, dat ons vergeet dat ons reisigers na  ‘n ewigheid is nie.  Ons durf nie so leef asof ons alreeds by ons bestemming aangekom het nie.

Wat maak ons hier aan die suidpunt van Afrika?   Die vreemde wêreld waarin ons onsself tans bevind verskil waarskynlik hemelsbreed van die wêreld waarin ons grootgeword het, amper soos die Efraim-berge van die jong Leviet se land van herkoms verskil het.    Ons vra onsselfdie vraag af: “Is ek nog op die regte pad of is ek soos ‘n eensame skaap in die onherbergsame Efraim-berge van die ou lewe met sy barre sorge?

Daar is verrassend baie ooreenstemming tussen Israel in die Rigterstyd en ons eie volk.  Israel het toe nog geen koning gehad nie en elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.   Die mense van Dan was kwaadwillig en het ‘n onskuldige gemeenskap in Sidon aangeval uitgemoor.   Dit het tot ‘n vlaag van wetteloosheid gelei waar niemand sy lewe seker was nie.

Dit klink modern!   Die beskawingsnorme en ordelikheid wat Suid-Afrika jare lank gekenmerk het, is roekeloos omvergewerp en met die heidendom vervang.    Alles het, soos in die tyd van Rigt.18, van die politiek tot by die kerklike lewe, onseker, onstabiel en oppervlakkig geword.   In hierdie tyd vra die Woord van God vir ons: “Wie het jou hierheen gebring? Wat doen jy hier? Waarom is jy hier?” Is ons soos die Leviet slegs hier ten brode (oorlewing)?

Soos die Leviet hom in ‘n huis van geestelike verval en verdwaalde vroomheid bevind het, bevind ons ons ook  in ‘n ontspoorde land.   Wat moet ons doen?  Miskien is ons teenwoordigheid hier aan die suidpunt van Afrika ‘n goddelike beskikking soos die Joodse meisietjie ‘n heilsame invloed op die huis van Naäman gehad het.   Wie weet, miskien het die jong Leviet op die ou einde iets positiefs vir die goddelose huis van Miga beteken.

Dis net genade om in ’n tyd soos hierdie God se plan met ons lewens raak te sien en te besef dat ons nie toevallig hier is nie, maar dat God ‘n doel met ons het.  Die Bybel sê dat gelowiges ‘n verskil aan die wêreld maak.“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet.2:9).

Toe Josef in die tronk beland, het hy seker ook gewonder wat hom in dié penarie laat beland het.   Dit was mos nie sy skuld nie!   Hy sou dit eers later verstaan, toe die stukke van God se legkaart by mekaar begin pas en hy vir sy broers kon sê: “God het my voor julle uitgestuur om lewens te red” (Gen.45:5).

Daniël het seker ook gewonder waarom hy as krygsgevangene onder ‘n heidense koning moes dien.   Wat het hy as gelowige in Babel, die kookpot van afgodery, gemaak?   God het ’n doel met hom gehad; hy moes teenoor heidene getuig!   Hy sou nooit na Israel terugkeer nie, maar op rype leeftyd in Babel sterf.   En wat ’n heilsame uitwerking het hy nie op die Babiloniërs gehad nie!  Vyf eeue later kom wyse manne uit die Ooste in Betlehem aan op soek na Jesus.   Hoe het hulle van Hom geweet?   Daniël het dit voorspel!

By geleentheid bevind Paulus hom tussen paniekbevange matrose ter see (Hand.27).  Hulle staar die dood in die gesig.  Paulus troos hulle met die boodskap dat God niemand sou laat verdrink nie.   Almal het die ramp oorleef.

Uit die vyfde eeu na Christus kom die verhaal van die 16 jarige Patric wat deur ‘n rowerbende uit sy huis in Engeland ontvoer na die heidense Ierland weggevoer is waar hy ‘n geestelike verdieping ervaar het.  Na sy vrylating het hy na Engeland teruggekeer en hom as leraar bekwaam.   Daarna is hy terug Ierland om met groot sukses die Iere te kersten.

Waarom is ons hier aan die suidpunt van Afrika en nie elders in die wêreld soos baie van ons volksgenote nie?    Beteken ons werklik iets vir ons volk?   Miskien verstaan ons nie wat God se doel met ons is nie.  Weet net een ding: Niemand is toevallig hier nie.  Ons leef nie toevallig saam met ons volksgenote in ‘n heiden-bedeling nie.  God het ’n doel met ons.

Hy het elkeen van ons gebring waar ons vandag is.  Dit maak nie saak hoe goed of beroerd ons lewensomstandighede is nie.  Hy het ‘n doel met ons – om vir die Boerevolk te gaan sê om hul verkeerde paaie te los en na God terug te keer.  Ons moet soos ‘n Johannes die Doper ‘n stem in die woestyn wees wat ons volksgenote oproep om die paaie van die Here reguit te maak.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2112 gaste aanlyn