NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons betaal so duur vir vragte vol bekommernis oor dinge wat meestal nooit gebeur nie. Bekommernis verander niks aan die situasie nie, met aan jou gemoed. Moenie môre so sorge met vandag se genade probeer dra nie. Dit kan geen positiewe bydrae lewer nie. Om te werk, te beplan, ja, dís positief. Wees te besig bedags en te moeg snags om jou onnodig te bekommer, en wat nog oorbly gee jy vir die Here om te dra. En vryf elke oggend dan blink met geloof, dankbaarheid en lewensblyheid.

GOD HEERS OOR ALLES

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Pitkos vir die siel

" Watter boodskap het Jes.7:18 vir die Boerevolk?   Dat ons die vyand van God nie durf vrees nie.   Hulle het, soos Babel, slegs politieke mag en nie almag nie."

“En in dié dag sal die Here vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is...” (Jes.7:18)

Wat ‘n eienaardige vers!  ‘n Mens kan amper nie glo dat daar so iets in die Bybel staan nie!   Ons lees gereeld dat God praat of roep, maar nooit dat Hy fluit nie.  Slegs in Jes.7:18.   Hierdie teks beklemtoon ‘n baie groot waarheid - alles is aan God onderworpe hetsy goed of sleg.  Hy stel selfs aan Satan perke.   Luister hoe sidder die bose geeste voor Christus: “En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie” (Luk.8:31).  God beheer alles, goed en sleg.

In die gelese gedeelte bevind Juda hulle op die vooraand van ‘n nasionale ramp – ballingskap. 

 Hulle het telkens oortree en ten spyte van  herhaaldelike oproepe tot bekering geen berou getoon nie.  Daarom het God die vyand as ‘n tugroede teen hom gebruik.  Hy het nie meer aan haar doel beantwoord om ‘n getuie vir God in die wêreld te wees nie en soos heidene geleef; mense wat God nie ken nie.

Jesaja kla dat Juda slegter as diere is: “’n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.  Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel!  Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai” (Jes.1:3,4).   Wat ‘n ongelooflike verval!

God is ‘n liefdevolle maar ook regverdige God.  Israel was vir Hom soos ‘n kind.  ‘n Vader wat sy kind liefhet, tug hom as hy verkeerd doen.  Tug is nie iets wat jy aan ‘n kind doen nie, maar vir hom doen.

God kon Juda afgeskryf het.  Hulle het dit immers verdien.  Sy vaderlike liefde het dit egter nie toegelaat nie.   Daarom het Hy weereens ernstig met hulle gepraat en daarop aangedring dat hulle na Hom moes terugkeer. Juda was egter soos ‘n stout kind wat nou wou hoor nie en toe maar moes voel.   Gevolglik het God die Babiloniërs as tugroede teen hulle gebruik.

Krygsgevangeneskap was ‘n harde straf.   Sulke mense is met net die klere aan hul liggaam na ‘n vreemde land weggevoer.   Hulle moes alles agterlaat om dit besmoontlik nooit weer te sien nie - huis, familie, land, besittings, ja, alles.

God se liefde het ook in hierdie situasie geskitter.  Terwyl die vyand na Jerusalem opgetrek het, het Hy alreeds vir Juda herstel belowe.  Sy geregtigheid het egter nie toegelaat dat Juda maar straffeloos kon aanhou sondig nie.   Nogtans het Hy herstel belowe.   Hoe onbegryplik is die liefde van God nie!  ‘n Vader troos sy kind gewoonlik na ‘n pak slae.  Hier troos God vir Juda nog voordat Hy slae uitdeel!

Die vyand het Juda dan ook verower.  Jeremia, wat onder die laaste  krygsgevangenes was om Jerusalem te verlaat, beskryf die droewige prentjie: “Ag, hoe verlate sit die stad wat vol mense was!  Sy het soos ‘n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies; die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword” (Klaagl.1:1).

Babel se onderwerping van Jerusalem het opslae in die ou nabye Ooste gemaak.   Die heidennasies het geweet dat Juda ‘n sterk God gehad het.  Hulle het Jerusalem telkens probeer inneem, maar misluk.  Gevolglik het dit ‘n opskudding veroorsaak toe Babel daarin geslaag het.

Koning Agas het van die komende onheil geweet.  God het hom ingelig.  So ook van die herstel: “Eis vir jou ‘n teken van die Here....” (:11).   Dit was nodig sodat hy kon weet dat God se straf nie vir ewig sou duur nie. Konings was daaraan gewoond om tekens van God te eis indien iets goddelik-wonderlik beloof is.

Toe Hiskia byvoorbeeld die boodskap van God ontvang het dat hy van sy dodelike siekte sou genees, het hy ‘n teken gevra - die skaduwee op die sonwyser het 10 grade aangeskuif.   Dit het alle twyfel uit die weg geruim en bewys dat die belofte wel van God was.  Gideon het ‘n velletjie selfs twee maal uitgegooi.   So het Saul ook by geleentheid ‘n wonderteken gesoek, maar nie by God nie, maar wel by ‘n heks.

Juda se volkslewe het donker geword.    Die lig sou egter weer skyn.  God het Agas genooi om ‘n teken van Hom te vra.  Hy het halsstarrig geweier.  Toe gee God dit self: “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immanuel noem” (:14).  Daar gaan ‘n Verlosser kom!

Toe die verharde Agas weier om dit te aanvaar, het hy die basis van die verbond verwerp naamlik dat God sy volk sal verlos.  Agas moes maar net op die geskiedenis let.  Die Bondsvolk was telkens in die nood en dan het God ingetree en hulle gered.   Hy het sy verbondsbelofte nagekom om vir Israel ‘n God te wees.

Die teken van redding was nie net vir Agas se aandag bedoel nie, maar vir die hele volk.  Vers 14 begin met “Kyk,...” Die Hebreeuse woord hinneh wat hier gebruik word, is ‘n woord wat aandag op buitengewone gebeure vestig.  Dis soos ‘n trompet wat geblaas word om aandag te verkry.

Hinneh is ook gebruik om ‘n besondere geboorte aan te kondig.  ”...want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees” (Luk.2:10).   In Jes.7 gaan dit nie om die geboorte van ‘n gewone kind nie, maar om ‘n besondere kind – Jesus Christus.

Al het hierdie geboorte in die toekoms gelê, was redding vir die Bondsvolk in aantog.    Die maagd sal swanger word, ‘n seun baar en Hom Immanuel noem; ‘n veelseggende naam: God met ons. Dit moes Juda troos.  God het hulle gestraf, maar nie afskryf nie.  Ja, in ‘n krisis kan ons nog van mense verlate wees, maar nie van God nie!   God is altyd met sy kinders: “Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my....” (Ps.23:4).

Die heidene se oorloë was ook teen God gemik.  As een volk ‘n ander oorwin het, is dit as ‘n oorwinning van die een afgod oor die ander beskou.   Toe Babel oor Juda loop, het die heidene geglo dat hul god sterker as dié van Israel was.   Min het hulle geweet dat hulle maar net instrumente in sy hand was!   Jes.7:18 trek ‘n streep deur die heidense siening.   Gelowiges weet dat alles aan God onderworpe is, goed en sleg: bye en vlieë!

Waarom het God vir die bye en vlieë gefluit?  Om hulle aandag te trek.  As iemand fluit, soek hy aandag.  Toe God vir die bye en die vlieë fluit, het Hy reaksie gekry: “en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale...” (:19).  God beheer alles; die bye (goeie mense) en die vlieë (slegte mense).   Geen vyand kan sonder God se goedkeuring optree nie.  Hy gebruik hulle òf as tugroede òf stuit hulle in hul ydelheid.

Luister wat sê God later vir dieselfde Babiloniese koning wat Juda verneder het: “Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad!  Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!  Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! “ (Jes.14:12.15).

Watter boodskap het Jes.7:18 vir die Boerevolk?   Dat ons die vyand van God nie durf vrees nie.   Hulle het, soos Babel, slegs politieke mag en nie almag nie.   Die Almagtige kan hulle enige tyd in hul spoor stuit.  Alles is aan Hom onderworpe, - bye en vlieë.

Al lyk dit soms vir die bye asof die vlieë hulle gaan oorweldig, is dit nie so nie.  Hulle is slegs ‘n tugroede in Sy hand waarmee Hy die bye straf.    In Jesus is en bly Hy onder alle omstandighede Immanuel vir Sy kinders!

Die Bondsvolk moes ‘n belangrike ding doen - in berou oor hul sondes na God terugkeer. “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal ek uit die hemel hoor en hul sondes vergewe en hulle land genees” (2 Kron.7:14).

Dis wat die Boerevolk ook moet doen; regmaak wat verkeerd is.   Hy wat mag oor bye en vlieë het, wil vir ons volk nie vullis gee nie maar heuning!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2603 gaste aanlyn