NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soms wonder ons of God nog ag sal slaan op die Afrikanervolk, of het Hy ons finaal verlaat? Weens die ontrou van die volk Israel het God (Ex 33) geweier om verder saam met sy volk te trek. Tog het Hy Hom weer oor hulle ontferm toe Moses in groot berou namens die volk voor God ingetree het en het God weer (Ex 34) sy verbond met hulle hernu. Daarna was sy Teenwoordigheid in die wolk en die vuur sigbaar waarmee Hy die volk gelei het tydens die hele trek. Natuurlik is daar hoop vir die Afrikanervolk vandag, God wag net vir ons om berou te toon oor ons dwalinge en na Hom terug te keer.

‘n GEOPENDE DEUR

Lees reeks by Pitkos vir die siel

Ds AE van den Berg

"So is talle Suid-Afrikaanse kerke mislei om hierdie noodlottige sleutels ter hand te neem en hul vir ‘n reënboognasie te beywer.  Toe die Marxistiese versoeningsvirus kerke beetgepak het, is duisende mense deur die mite van universele broederliefde oorrompel en het hulle ontspoor.  Die Boerevolk is willens en wetens in ‘n noodlottige eksperiment ingelei.  Daarna het ontspoorde kerklui lidmate se gewetens begin tiranniseer en hulle verplig om in ‘n beswyming van berou oor hul kerklike verlede te gaan."

“Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee....”(Openb.3:8)

Dis wonderlik om na baie jare weer met iemand wat jy vroeër geken het te praat.   Dit het met die dissipel Johannes gebeur toe Jesus na meer as 60 jaar weer met hom gepraat het.  Tydens Jesus se aardse bediening het Johannes oral met Hom saamgegaan.   Hy was selfs saam met Hom op die Berg van die Verheerliking (Mt.17) en ook een van die laastes wat die kruis verlaat het.  Die laaste wat Johannes Jesus gesien en hoor praat het, was met sy hemelvaart.

Die meerderheid dissipels het ‘n marteldood gesterf.  Johannes het egter genade ontvang, baie oud geword en tot sy dood in die diens van Jesus gestaan.    Johannes was die leraar van Efese toe hy in 95nC na Patmos verban is (Openb.1:9).   Hy was toe ongeveer 90 jaar oud en het seker maar aanvaar dat hy daar in die vreemde sou sterf.

Kort na sy aankoms op die eiland het daar een Sondag ‘n wonderlike ding met hom gebeur. 

  Jesus het met ‘n stem uit hemel met hom gepraat en daarna aan hom verskyn: “Sy hoof en hare was soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond , en sy stem soos die stem van baie waters” (Openb.1:14,15).

Johannes het hom amper doodgeskrik: “En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete...” (:17).   Om na 60 jaar weer Jesus se stem te hoor, was wonderlik!    Daarna het Hy Johannes opdrag gegee om die laaste boek in die Bybel te skryf.   Johannes het aanvanklik gedink dat dit daar op Patmos klaar met kees was.  Maar dit was nie.  Jesus het nog werk vir hom gehad.  Ja, niemand is te oud is om vir God te werk nie!

Alvorens Jesus hom die openbaring gegee het, het Hy eers sewe briewe gedikteer wat Johannes aan die sewe gemeentes in Klein Asië (Turkye) moes stuur.   Jesus het vir elke gemeente ‘n boodskap gehad.

Die sesde brief is aan die gemeente in Filadelfia (Grieks vir broederliefde) gerig.   Ons weet nie veel van die stad nie, behalwe dat dit nie ‘n beduidende stad soos Efese, Smirna of Laodicea was nie.   Let daarop dat slegs twee van die sewe gemeentes lof van Jesus ontvang het - Smirna en Filadelfia.  Smirna ontvang lof omdat sy in die tyd van verdrukking geestelik vasgestaan het.  Filadelfia se lof het alles met die geopende deur wat sy van Jesus ontvang het, te doen.

Die deur is beeld van die geleentheid wat Jesus vir die gemeente geskep het om die Evangelie uit te dra.  Paulus praat van soortgelyke deure: “’n Groot en kragtige deur het vir my oopgegaan .....(1 Kor.16:9).  “Bid tegelykertyd ook vir ons dat God vir ons die deur van die woord mag open...” (Kol.4:3).    Mense maak nie self hierdie deure oop nie.  Net Jesus.   Gemeentes moet dit egter benut.

Die wêreld waarin die gemeente van Filadelfia haar bevind het, was deurspek van die heidendom.    Die Christene was maar ‘n handjievol - die sout en die lig van die omgewing.   Toe hulle lewens bedreig is en alles om hulle toegegaan het, het Jesus vir hulle ‘n deur oopgemaak en kon die gemeente daarby ingegaan en in die wingerd van God arbei.

Die sleutel van hierdie deur in Filadelfia was in die hand van die hemelse Sleuteldraer wat aan die regterhand van God sit, vanwaar Hy die kerk regeer en bewaar.   Die deur met sy sleutel is ‘n voltooide beeld.   Jesus werk nooit halfpad nie!

Deur die loop van die geskiedenis het die kerk haar telkens voor geopende deure bevind.   Baie van hulle was nie deur God oopgemaak nie, maar deur eiesinnige mense wat deur Satan mislei is.   Daarom wemel die kerkgeskiedenis van flaters - mense wat in hul voortvarendheid nie stilgestaan en seker gemaak het of God die betrokke deur oopgemaak het nie.

Gevolglik is die kerk by baie deure in wat mense oopgemaak het, mense wat gedwaal het omdat hulle die Skrifte nie ken nie.   Daarom het die kerk dikwels voor die versoeking geswig om hul met sake te bemoei wat buite die opdrag van God geval het.   Satan het die verbode vrug goed laat lyk en die kerk mislei om buite haar opdragsveld te beweeg.   In plaas daarvan dat die kerk in wêreld ingegaan het, het die wêreld in kerk ingegaan!   So het die kerk haar grootste taak, om vir die wêreld te sê dat daar verlossing in Christus is, verwaarloos.

Satan het aan die kerk die sleutels van wêreldlike mag aangebied.  “Jy soek mos ‘n koninkryk, nie waar nie?  Ek sal vir jou een gee!   Die koninkryk van die hemel waarvoor jy ywer, is baie ver hiervandaan, ver anderkant die wolke.  My koninkryk is egter baie naby, ja, so naby dat jy letterlik daaraan kan raak.   Dink net aan al die wonderlike dinge wat jy  kan doen indien die sleutels van politieke mag in jou hande beland.   Hoe kan  jy nie die land hervorm nie en hoeveel deure sal daar nie vir jou  oopgaan nie.  Jy kan dit mos alles in diens van die Evangelie stel!”

So is talle Suid-Afrikaanse kerke mislei om hierdie noodlottige sleutels ter hand te neem en hul vir ‘n reënboognasie te beywer.  Toe die Marxistiese versoeningsvirus kerke beetgepak het, is duisende mense deur die mite van universele broederliefde oorrompel en het hulle ontspoor.

Die Boerevolk is willens en wetens in ‘n noodlottige eksperiment ingelei.   Daarna het ontspoorde kerklui lidmate se gewetens begin tiranniseer en hulle verplig om in ‘n beswyming van berou oor hul kerklike verlede te gaan.    As kerkleiers saam met volksvyandiges begin plunder, is die dood in die pot!

Net die teenoorgestelde het gebeur; die kerk het nie mag oor die politiek verkry nie; die politiek het besit van die kerk geneem!   Een en dieselfde ding wat eeue gelede met Eva in die tuin van Eden gebeur het – alles wat op die oog af goed lyk, is nie per sè goed nie.   Pasop vir die musiek van universele broederliefde; dit begin goed, maar eindig altyd in wanklanke!

Soos wat die sonde droewige gevolge vir die mensdom gehad het, het die ontsporing van kerke aan die suidpunt van Afrika droewige gevolge vir ons volk gebaar.   Die Christelike grondwet is met ‘n sekulêre grondwet vervang.   Daarna is die Tien Gebooie opsy geskuif en het die Handves van Menseregte die nuwe evangelie aan die suidpunt van Afrika geword.

Dit gebeur as kerke nie waak nie!

Die gemeente van Filadelfia het gewaak en slegs van die deur wat Jesus vir hulle oopgemaak het, gebruik gemaak.    Jesus het hulle selfs tot geestelike behoudenheid (konserwatisme) opgeroep: “Kyk, Ek kom gou!  Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie” (3:11).    Behoudenheid is soos ‘n kosbare kroon wat vasgehou moet word.  Die Griekse woord daarvoor dui op ‘n krampagtige vashou soos wit kneukels in toutrek.  Satan wil gelowiges die kroon ontneem.  Ons durf dit nie toelaat nie!

Toe die kerklike duister in die tagtiger jare op die Boervolk toegesak het, het bekommrdes gevra: “Waarheen nou?” Volksgenote met ‘n liefde vir hul volk en eerbied vir God se volkereverskeidenheid is aangekyk soos bord kos wat nie bestel is nie!   Was dit ikabod met die kerk?

Nee, Jesus het ingegryp.   Hy wat aan die regterhand van God sit en sy  kerk bewaar, het met die stigting van die AP Kerk op 27 Junie 1987 vir behoudende gelowiges ‘n wonderlike deur oopgemaak  waarna hulle hul kerklike bande sonder gewetensverwyte kon verbreek.

Ons het in die AP Kerk ‘n groot dog heerlike taak; om aan ‘n misleide, verwarde volk te gaan sê dat versoening nie deur onnatuurlike verbroedering of verbastering geskied nie, maar alleenlik deur die bloed van Jesus Christus!

Die Boerevolk is geskaad, maar nie vernietig nie.   Hy is besig om met die genade van God op te staan omdat Christus ook vir ons volk, soos vir ‘n Filadelfia van ouds, ‘n deur oopgemaak wat niemand, nie eers Satan nie, kan sluit!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2462 gaste aanlyn