Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al opgemerk dat gelukkige mense 'n vreugde vir klein en eenvoudige dingetjies openbaar? En dat daar by hulle gewoonlik geen dwase begeertes bestaan nie? Ook dat hulle met hul goeie sin vir humor nooit 'n drang na selfverheerliking toon nie? Humor dra mense deur die lewe en sorg ook dat hulle nie ten gronde gaan van pyn en lyding nie.
GEMENGDE HUWELIKE – JA OF NEE?
Ds A vd Berg
Omdat Suid-Afrika so ’n wye verskeidenheid van rasse met uiteenlopende lewens- en kulturele verskille huisves, is die erkenning van veelvolkigheid en rasseverskille onontbeerlik vir vreedsame naasbestaan. Ongelukkig het die verwysing na rasseverskille vandag so ’n politieke plofkrag verkry, dat die onderwerp liefs vermy word.
Maar om dit eenvoudiger te stel, ons durf dit nie verontagsaam nie maar moet stil en diep daaroor besin sodat elkeen sy regte uitweg hieruit kan kies.
Toe die eertydse verbod op gemengde huwelike jare gelede geskrap is, het die liberale media rassevermenging begin ophemel. Vandag is feitlik alle TV-sepies en advertensies kunsmatig rasgemeng. Die liberale media laat geen geleentheid verbygaan om rasgemengde huwelike aan die groot klok te hang nie, veral as dit openbare figure en sportlui is.
Dit laat gelowiges met vrae: Is rasgemengde huwelike in God se oë reg? Is rasbewustheid sonde? Wat sê die Bybel?
In die verre verlede was rassevermenging in Suid-Afrika taboe. Mense het by hul eie ras gehou om hul eenselwigheid en kultuurverskille te bewaar. Dis nie deur regerings of kerke op hulle afgedwing nie, maar uit eerbied vir God se skeppings-orde gehuldig. In Gen.1:24 skryf Moses oor God se natuurwet en sê dat God al die diere volgens hulle soort gemaak het. ’n Bok sou nie ’n perd of ’n duif ’n swaeltjie voortbring nie. God het vir elke dier ’n eiesoortigheid beskik wat hulle van meet af aan instinkmatig bewaar.
God het ook mense in soorte verdeel. In Openbaring skryf Johannes telkens van die samekoms van volke, tale en nasies aan die voleinding van die wêreld: “Na hierdie dinge het ek gesien en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale…” (Openb.7:9). Volkere-verskeidenheid sal nooit verdwyn nie, maar wel deur die Satan aangeval word.
God het vroeg in die mensegeskiedenis die mensdom in volke verdeel toe Hy die nageslag van Kain van dié van Set geskei het. Set se nageslag was God se uitverkorenes en is die seuns van God genoem (Gen.6:1). Kain s’n het God nie behaag nie omdat hulle boos was.
Toe Set se nakomelinge later met dié van Kain ondertrou, het dinge begin skeef loop. Hulle versuim om hul nageslag onbesmet te hou, het hulle spoedig so van God vervreem, dat Hy die ganse mensdom, op agt na, in ’n watervloed laat omkom het!
Twee geslagte ná die vloed het God weer skeiding gemaak toe Gam en sy seun Kanaän Hom mishaag en hulle van die geseëndes uitgesluit is. Uit hulle nageslag het die Kanaäniete, Jebusiete, Amoriete en Hewiete gespruit wat in die tyd van Josua teen Israel oorlog gevoer het.
God is ’n Skeiding-maker. Die Bybelskrywers beklemtoon dit selfs in die Nuwe Testament: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Belial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here en raak nie aan wat onrein is nie en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ’n vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige” (2 Kor.6:14-18).
God veroordeel rassevermenging. Die Bybel noem dit verbastering. Let op die sewende gebod (egbreuk) wat nie net oor ongeoorloofde liefdesverhoudings gaan nie, maar ook oor onwettige vermenging. In Hebreeus het die woord egbreuk ook die betekenis van bederf, verlaag en ontwrig - iets wat geskaad word deur ’n vreemde inhoud by te voeg.
Kinders wat uit rassevermenging gebore is, is in die Bybelse tyd prontuit basters genoem en getuig van God se afkeur in rassevermenging. “Geen baster mag op die vergadering van die Here kom nie; selfs sy tiende geslag mag op die vergadering van die Here nie kom nie” (Deut.23:2).
Die mens is ’n kuddedier. Hy vereenselwig hom met sy eie soort en skei hom van andersoortige mense af. Dit word ook in die diereryk waargeneem waar indringers verjaag word. Geen kultuur kan sonder rasse-voorkeur voortbestaan nie. Hy sal hom moet afskei ten einde te bestaan.
Selfs God se verlossingsplan met die mensdom getuig van voorkeur. Toe Sarai moed opgegee het om ’n kind vir Abram te verwek, het sy die probleem probeer regstel deur ’n Egiptiese slavin as plaasvervanger te gebruik. Dit was nie die antwoord nie. Ismael was nie die verbond-erfgenaam nie. Hy was ’n baster; fisies en geestelik. Toe Isak later gebore is, het God met hom en sy nageslag die verbond herbevestig.
Toe die Israeliete die beloofde land in besit geneem het, het God hulle baie duidelik gewaarsku om nie met die Kanaäniete te vermeng nie. Dit sou hulle van God vervreem. Israel moes baie hard teen hulle optree: “…hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand. Want jy is ’n volk heilig aan die Here jou God; jou het die Here jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees” (Deut.7:5,6).
Eeue hierna het God die terugkerende Joodse ballinge gewaarsku om nie met die plaaslike bevolking te vermeng nie (Esra 9). Luister hoe hard praat Nehemia by geleentheid met die Jode wat vermeng en baster-kinders gehad het: “Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of julleself neem nie! Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie?” (Neh.13:25,26).
Gemengde huwelike bevorder nie die saak van die Here nie. Salomo se ongeoorloofde huwelike met heiden-vroue het Israel, die uitverkore volk van God, selfs in twee laat skeur! Gemengde huwelike pas veel eerder in die kraam van die Satan omdat sulke egpare selde of ooit by ’n kerk betrokke raak. Soos wat die vreemde vroue Salomo van God vervreem het, vervreem rasgemengde huwelike mense van die kerk.
Die voorstanders van rasgemengde huwelike haal graag Num.12:1 aan: “ En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ‘n Kusitiese vrou geneem (Num 12:1). Dit lyk op die oog af asof Moses na die dood van Sippóra met ’n Ethiopiese vrou, ’n swarte, getrou het.
Nee, dit was nie die geval nie. Die land Kus het in die tyd van Moses uit die suidelike Egipte, Soedan en noordelike Ethiopië bestaan en was deel van Arabië. Volgens Ex 34:11, 16 was die Kusiete nie deel van die volkere met wie die Israeliete nie mag getrou het nie. Hier is dus nie van ‘n gemengde huwelik in die Bybelse sin van die woord sprake nie.
Sommige geleerdes meen dat Kus en Midian dieselfde land was: ”Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe” (Hab.3:7). Nadat Moses die Egiptenaar doodgeslaan het, het hy na Midian gevlug wat aan die oostelike kus van die Rooi See geleë was. Dis ook moontlik dat die Kusitiese vrou na wie Num.12:1 verwys, na alle waarskynlikheid Sippóra was, met wie Moses volgens Ex 2:21 getrou het, en nie ‘n tweede vrou met wie hy later in die huwelik getree het nie.
Feit bly staan dat die eertydse verbod op rassevermenging nog net so van krag is soos die wet teen afgodery, diefstal en moord. Christus het dit nooit herroep nie. Nog minder is dit in die vroeë Christelike kerk afgeskaf.
Rassevermenging is in stryd met die Skrif en ’n bedreiging vir die Christendom. Die aandrang op die gelykheid van alle rasse asook rasgemengde huwelike moet as deel van die Satan se strategie om ’n mense-eenheid onder die Antichris te vestig, gesien word.
Toe massaproduksie tot die standaardisering van goedere gelei het, het dwase geglo dat die mensdom ook gestandaardiseer kan word. Dis gelykheid genoem. God-geskape rasseverskille is as pigmentasie-verskille afgemaak en chaos gebaar. Dink maar net aan die ontwrigting wat Jean Jaques Rosseauw se ideologie van vryheid, gelykheid en broederskap nie ontketen het nie!
Die wederkoms van Jesus is naby. Satan is besig met sy laaste aanslag op die mens en tas alles wat God goed geskape het aan. Ook die huwelik. Gemengde huwelike is ’n instrument in sy hand. Rassegelykheid is die onderbou vir die Satan se een-wêreld broederskap!
Is alle rasse gelyk soos wat die ontspoorde kerke verkondig? Nee, rasse is so ongelyk as kan kom! Sommige haat mekaar selfs daarvoor. Dis ʼn feit wat nie wegredeneer kan word nie. Mense is slegs in een opsig gelyk – almal word gebore en almal sterf. So ook diere. Gelykheid mag vir sommige mense na ʼn reg lyk. Dis egter nog nooit as ʼn feit bewys nie.
Daarom is dit reg om met goddelike versigtigheid oor jou bloedlyn te waak en jou volks-eenselwigheid te vertroetel. Rasbewustheid is nie per sé rassehaat nie.
Enigeen wat tot bekering kom, is gered maar rasvermenging is onbybels en onprakties. Ons glo absoluut in soewereiniteit in eie kring. “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei en hulle sal na My stem luister en dit sal wees een kudde een herder” (Joh.10:16). Verskillende stalle vir verskillende skape is ons beleid.
’n Volk se rasbewustheid getuig van ʼn hartstog vir die lewe en ’n behoefte aan oorlewing. Dis nie verkeerd nie. Wie eerbied vir homself het, aan sy eie ras voorkeur gee en onder sy eie volksgenote wil woon omdat hulle sy volks-waardes vertolk, moenie van rassehaat beskuldig word nie. Niks gee ʼn volk soveel krag soos die suiwerheid van sy bloed nie.
Onverskilligheid oor godsdiens en rassesuiwerheid het die hele mensegeslag in die tyd van Noag laat omkom. Luister wat sê Jesus hieroor: “Want net soos wat hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag wat Noag in die ark gegaan het en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mt.24:37-39). Ek hoor die ondertoon van verbode huwelike baie duidelik; die vermenging van Set se nageslag met dié van Kain.
Toe Israel Jesus as Messias verwerp het, het Hy ’n nuwe volk geskep om Hom te dien: “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename” (Gal.3:29). Hierdie geestelike Israel het ’n groot verantwoordelikheid - hulle moet anders as die res van die mensdom wees. “Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig…” (1 Pet.2:9).
Rassevermenging bedreig uiteraard hierdie bestemde andersheid. Geen wonder dat die Bybel geen positiewe woord oor ’n reënboog-kultuur soos tans in Suid-Afrika verheerlik word, rep nie. Dis ’n heroprigting van die toring van Babel! God verwag van geen volk om sy eenselwigheid op die altaar van ʼn reënboognasie op te offer nie.
Rassevermenging is ʼn bose aanslag teen God se orde. Die Bybel sowel as die natuur keur dit af. Verbastering kan nooit aanloklik gemaak word nie! Dit is en bly ’n vergryp teen God se orde.
Niks is so heilsaam as rasseskeiding nie. Dit het nog nêrens die wêreldvrede bedreig nie, maar eerder bevorder. Daar was al baie reënboognasie-projekte in die verlede. Almal het misluk omdat mense God nie voor oë gehou het nie. ’n Reënboognasies huisves altyd ʼn reënboog van booshede. Let maar net op die skerp styging in die misdaadsyfer in ons land nadat dié fatale eksperiment geloods is.
God seën diegene wat sy Woord en gebooie hou en straf hulle wat dit verbreek. Let maar net op hoë goed dit met ons eie land gegaan het toe daar ’n wet teen rassevermenging was? Baie beter as nou! Indien rassevermenging in God se oë reg is, sou dit destyds met ons land sleg gegaan het en vandag goed. Net die teenoorgestelde het gebeur. Getuig dit nie van God se straf nie?
Dieselfde ding het in 1986 in die NG Kerk gebeur toe die kerk haar deure vir alle rasse oopgestel en aan ’n rasgemengde kerk, wat strukturele eenheid genoem is, begin werk het. Wyle prof. Johan Heyns het aan die einde van daardie omstrede Sinode gesê dat die Heilige Gees hulle nog nooit so duidelik gelei het nie en dat hulle die seën van God sal ervaar. Net die teenoorgestelde het gebeur! Duisende lidmate het die kerk verlaat, predikante is nie meer beroep nie en baie gemeentes het gesluit. Die logiese afleiding is dat die NG Kerk ’n reuse fout met rassevermenging gemaak het!
Ek sluit af.
Is rasgemengde huwelike Bybels regverdigbaar? Ek kan met ’n rein gewete voor God nee antwoord. Ek sal vir geen oomblik aanvaar dat God my volk in ʼn smeltpot van rassevermenging wil laat verdwyn nie. Suid-Afrika moet eerder ʼn mosaïek van verskillende volke met verskillende kulture wees wat God op ’n eiesoortige wyse verheerlik.