NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word?    Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis?    Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie!   Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!

LEER JOU VRESE HANTEER (SLOT)

Adam

Lees volledig by Leer jou vrese hanteer 

Kom ons stel liefde en vrees teenoor mekaar:
Liefde soek na geleenthede om te gee; dit vra: "Wat kan ek vir iemand anders doen?"
Vrees is bang vir die moontlike gevolge wat betrokkenheid by ander mense kan meebring en daarom vra dit: "Wat sal hy aan my doen?"
Liefde dink nie kwaad nie, terwyl vrees omtrent net kwaad bedink.
Die liefde 'glo alles';
vrees is altyd agterdogtig.
Die liefde is so besig met vandag se take dat dit nie tyd het om oor môre te kwel nie.
Omdat vrees op môre konsentreer, versuim dit om vandag se verantwoordelikhede na te kom.
Liefde lei na groter liefde – om verpligtinge na te kom bring vrede, vreugde en bevrediging en groter liefde en toewyding.
Vrees veroorsaak meer vrees, want deur te versuim om verantwoordelikhede na te kom, word ekstra vrees veroorsaak oor die gevolge van onverantwoordelike optrede.

Daar is 'n groot waarheid: Die vrees van God verdryf alle ander vrees.

Dit is interessant dat die liefde van God en die vrees van God feitlik gelykgestel word. Hulle staan nie teenoor mekaar nie maar werk saam. Diegene wat God vrees en sy Woord ernstig opneem, vind dat hierdie vrees in liefde ontwikkel. Die vyand van alle sondige vrees is liefde; liefde vir God en jou naaste. Om van vrees ontslae te raak moet 'n mens dus liefhê.

Daar is geen krag wat vergelyk kan word met die krag van God se liefde wat deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort word nie. Dit beteken dat as jy ontslae wil raak van vrees, jy al daardie take moet doen wat jy netnou neergeskryf het – met 'n liefdevolle gesindheid.

Jy mag nou redeneer dat dit juis die probleem is; elke keer wanneer jy daardie dinge probeer doen, verhinder jou vrees jou om dit uit te voer. Maar kom ons kyk presies wat gebeur elke keer:
Vrees is nie 'n monster wat jou beetkry en waaroor jy geen beheer het nie. Dit is nie die geval nie want jy bewerkstellig self die vrees. Geen mens, geen krag van buite, kan die vrees in jou veroorsaak nie. Daarom is jy altyd self verantwoordelik vir vrees, net soos wat jyself verantwoordelik is vir liefde. God gebied ons om lief te hê en belet ons om te vrees. God beveel ons nie om ons gevoelens te reguleer nie maar Hy wil hê dat ons hierdie dinge doen wat voorkom dat vrees ontstaan. En ons weet wat dit is:
'n Verantwoordelike gesindheid en optrede teenoor God en teenoor ons naaste. Kortom: dit beteken om dié dinge te doen wat jy vroeër op daardie lysie geskryf het.

Dalk redeneer jy nou dat jy al reeds alles probeer het maar dat niks gehelp het nie; dat dit jou nie traak of jyself die vrees laat ontstaan het nie omdat jy glo jy kan nie die dinge doen wat jy neergeskryf het nie – net omdat jy bang is! Daar is 'n oplossing daarvoor:

Die probleem is nie dat jy nie daardie liefdestake kán verrig nie; jy is báng jy kan dit nie verrig nie.  Jy is so vreeslik bang, dat jy dit uit bangheid nie kan verrig nie. Met ander woorde, jy veroorsaak self die vrees wat jou daarvan weerhou om die liefdevolle take te verrig. Let op hoe jou gedagtes kan verander: in plaas daarvan om te sê: "Ek is bang daarvoor", kan jy met reg sê: "Ek is lief daarvoor." Net soos wat jy die woorde kan verander kan jy die ooreenkomstige feite verander. As jy vrees vervang met liefde in jou lewe sowel as in jou taal kan verwoord, sal jy kan doen wat die liefde jou aanspoor om te doen.

Nou tot die kern van die saak:
Jy dink dat jy al alles gedoen het om vrees in jou lewe te keer.
Dit is presies waarom jy sukkel om jou vrese te oorwin. Jy het probeer om dit te keer – dit was jou hoofdoel. Maar jy moet ophou om jou vrese te probeer keer. Dit is die eerste stap.  Dit beteken nie dat jou vrese sal ophou net omdat jy besluit het om nie te vrees nie, nee, jy moet eers al jou besorgdheid wegkeer van jou vrees en van die situasie wat jy vrees. In plaas daarvan moet jy jou besorgdheid volkome daarop toespits om die liefdevolle dinge te doen wat God van jou verlang. Net soos wat jou aandag in beslag geneem is deur te dink aan jou vreeservaring, moet jy nou jou tyd en aandag daaraan gee om te beplan en uit te sien na die uitvoer van jou pligte. Soos jy altyd met vrees wonder wat dalk gaan gebeur om jou in 'n verleentheid of in gevaar te stel, so moet jy nou leer om gretig te wonder wat jy kan doen om God en jou medemens te behaag.

Jy dink dalk nou: maar dit is presies wanneer ek begin vrees – wanneer ek begin dink aan 'n situasie wat vrees veroorsaak.

Nee, self jou taal moet verander (onthou, 'n mens dink eers wat jy later sê). Jy moet nie meer aan die ervaring dink of daarvan praat as 'n vreeswekkende ervaring nie. In plaas daarvan moet jy jou instel op die liefdevolle sy daarvan; fokus jou gedagtes en woorde op die weldaad wat jy aan iemand anders kan verrig. Die liefde kyk nooit na homself nie, of na die gevolge wat 'n handeling vir homself kan bring nie; die liefde het altyd die welsyn van 'n ander persoon ingedagte. Daarom is die liefde gewillig om risiko's te waag.

Dalk het jy 'n sekere vreeservaring in die verlede gehad wat jy nie kan vergeet nie. As voorbeeld: Jy het moontlik beangs geraak tussen 'n skare mense. Die ervaring was so skrikwekkend dat dit jou nou nog bang maak net om daaraan te dink. Jy dink: Ek wil nie hê dit moet ooit weer gebeur nie. Maar terwyl jy daaraan dink, besef jy dat dit moontlik weer kan gebeur en word jy op daardie oomblik so bang dat dit weer sal gebeur. Wat is nou aan die gang? Jy word bang deurdat dievrees jou beetpak dat jy bang sal word. Dus is jy bang vir die bang, nie vir die gebeure nie. Op hierdie manier neem die vrees steeds in intensiteit toe. Sien jy die kringloop? Jy het dalk tevore tussen mense bang geword omdat jy te min geslaap het, dalk was jy besig met eksamen, en toe die angs kom het jy dit verbind met die skares mense.  Nou bly jy weg van skares mense uit vrees dat jy weer 'n vreeservaring gaan hê. Die voorsorg wat jy tref, is dus uit vrees. Hoe meer voorsorg jy tref, hoe meer besorg is jy, en hoe erger word die situasie. En hoe meer jy mense vermy, hoe vreesaanjaender word hulle. Hoe meer besorg jy oor sulke dinge is, hoe meer vrees roep jy op. Dit is nie die skares wat die vrees veroorsaak nie – skares het nie daardie krag nie. Jy is bang vir 'n groot klomp mense omdat jy 'n vreeservaring met betrekking tot skares gehad het. En sedert daardie eerste ervaring was jy telkens beangs tussen mense omdat jy bang was dat jy beangs sou word tussen mense. Sien jy nou dat dit nie die mense is wat die vrees veroorsaak nie? Dit is jou vrees vir vrees wat dit veroorsaak.  'n Groot klomp mense herinner jou aan die vreeservaring wat jy in die verlede gehad het.

Nou kan jy ophou om jou vrees te vrees en kan jy begin om God en jou naaste lief te hê.

As jy besluit en begin om God en jou naaste lief te hê sal jou lewe wat tot dusver deur vrees oorheers is, verander in 'n lewe wat oorheers word deur liefde. Dit is die enigste manier om vrees te bowe te kom. Dit was die weg wat die vroeë Christenmartelare gevolg het. Dit moet ook jou uitweg wees. Jy sien nou dat om te probeer om nie te vrees nie nie, net meer vrees veroorsaak. Die poging is dus heeltemal teenproduktief. Wanneer jy probeer om nie te vrees nie, is jy alreeds bang dat jy bang sal wees, anders sou jy nie so hard probeer om op te hou vrees nie. In plaas daarvan moet jy leer om jouself in gebed te verbind om te doen wat God van jou verlang, of jy op hierdie manier 'n vreeservaring sal hê of nie. Dit is die enigste sleutel tot die pad na vryheid – vryheid van vrees.

Konsentreer nou op die liefdestake wat jy aan diegene wat naby aan jou leef gaan doen. Gaan neem deel aan die bedrywighede van jou kerk, bied jou hulp aan waar dit nodig blyk. En boweal, dank God vir die vordering wat jy maak met jou take. Moenie jouself toelaat om weer aan jou vreeservaring te dink en dit te probeer keer nie, dink aan hoe jy God met jou talente kan dien deur ander te help.  Wanneer jou gedagtes na daardie verbode terrein terugkeer, en dit sal totdat jy geleer het om jouself te dissiplineer en lief te hê, verander dan doelbewus jou gedagtegang. Vra dan vir God met beslistheid om jou te help om jou gedagtes weer te fokus op daardie dinge wat aansluit by Paulus se lys in Fil 4:8,9: "...alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig."

Ontwikkel die gesindheid van: Wat maak dit saak as ek weer 'n vreeservaring kry? Dis onaangenaam, hinderlik, maar ek sal daardeur kom – ek het nog elke keer heel uitgekom. En dit was met die hulp van Christus, of ek dit wou weet of nie.  Hoeveel te meer sal Hy my dan in die toekoms daardeur help wanneer ek my verantwoordelikhede nakom!

Volg die Bybel se riglyne om liefdevolle verpligtinge na te kom, hou op om jou te steur aan u gevoelens van vrees wat daartoe lei dat jy jou verantwoordelikhede ontduik, en jy sal vind dat ou gewoontes mettertyd verander. Gaan doen dit, en ervaar die vredevolle werking van Christus in jou!

SLOT

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2259 gaste aanlyn