NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy jou bekommernisse reeds by God afgelaai het, maak tog seker dat jy hulle nie dalk die volgende dag weer gaan oplaai nie – ons doen dit tog so graag, en dit is 'n blyk van liggelowigheid.

VAN VOLKSPLANTING (1652)...

...NA WAARHEEN (2015)?

Hannes Ollewagen

Haggai 1:1-15

“Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas.  Waarom?  spreek die HERE van die leërskare.  Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.”

Dit was op 6 April in die jaar 1652 dat Jan van Riebeeck hier aan die suidpunt van Afrika aangeland het.  Hy het in opdrag van die V.O.C.  (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie) ‘n halfwegstasie hier kom vestig en het probeer om hierdie onderneming van hom so spoedig moontlik af te handel sodat hy verder kon reis na die Ooste.

Sake aan die Kaap het egter alles behalwe voorspoedig verloop vir van Riebeeck.  Hierdie stryd en worsteling met sake het hom genoodsaak om homself die vrae af te vra:

  • Waarmee is ek besig; en
  • Waarheen is ek oppad?

Die feit dat hy eers twee jaar nadat hy in die Kaap aangeland het, ‘n gelofte aan God Drie-enig maak, bevestig vir ons dat daar ‘n verandering in denkwyse by hom ontstaan het.  Daar het bes moontlik ‘n ingryping in sy lewe plaasgevind wat hom laat besef het dat hy na die Kaap gestuur is deur ‘n Hoër Gesag as die V.O.C. met ‘n groter opdrag as die blote vestiging van ‘n halfwegstasie.

Na aflegging van die gelofte in 1654 is van Riebeeck se haas om aan te beweeg na die Ooste vervang met ‘n aanvaarding van sy lotsbestemming.  Ten spyte van die feit dat hy opdrag van die V.O.C. ontvang het om hom nie met kolonisasie te bemoei nie, het hy laasgenoemde begin ondersoek en  spoedig hierna word die eerste grond aan die Vryburgers beskikbaar gestel.  Die Almagtige God van hemel en aarde het tyd en lotgeval dan ook só bestier dat die koms van die Hugenote spoedig hierop gevolg het.  Die koms van die Hugenote was nie net wonderlik omdat hierdie nuut-ontdekte lappie aarde as toevlugsoord gedien het vir gelowiges in Christus nie, maar die toestroming van mense hierheen het kolonisasie onvermydelik gemaak.  In ‘n ommesientjie is ‘n volk hier gesaai wat uit ‘n verskeidenheid Europese volke ontstaan en begin het om na hulself te verwys as Afrikaners as ‘n groepering.

Dit blyk uit die geskiedenis dat hierdie nuutgevonde volkie in relatiewe vrede saamgewoon het totdat die Britte hul heerskappy hier kom vestig het in 1806.  Dit was nie lank na laasgenoemde vestiging dat die eerste volksgenote op vlug geslaan het onder die juk van die Britte uit nie.  Dit is belangrik om daarop te let dat die beweegrede vir die Groot Trek juis was om onder die Britse juk uit te kom en nie omdat daar ‘n skeuring in volksgeledere plaasgevind het nie.  Die aanvanklike groepie Trekkers was maar klein, maar namate die vrae waarmee en waarheen in volsgenote se ore en gemoedere begin opklink het, het die getal trekkers spoedig gegroei na vele trekgroepe.

Grootliks versamel op die Natalse vlaktes, begaan die leiers van die Trekkers ‘n fatale fout – hulle laat die vrae – “Waarmee is ons besig en waarheen is ons oppad?” vir te lank onbeantwoord.  Elke leier en trekgroep wil in eiesinnigheid en hardkoppigheid sy eie koers inslaan en nie een koers was op daardie stadium gerig agter die Vader se leiding aan nie.  Was daar maar iemand wat die waarskuwende woorde van 2 Samuel 15:23 van die kranse af uit kon basuin, was gebeure soos Bloukrans dalk vermy!  “Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. ...”  Hierdie wederstrewigheid en hardnekkigheid is deeglik betug deur ons hemelse Vader by o.a. Vegkop en Bloukrans.  Na afloop van hierdie gebeure dring die besef tot volksleiers deur dat die vrae “Waarmee en waarheen” indringend beantwoord moet word.  Die volk soek opnuut die aangesig van God en op 9 Desember 1838 word hierdie vrae beantwoord met die Gelofte van Desember 1838.

Die Gelofte van Desember 1838 het ons volk onlosmaaklik verbind aan God Drie-enig as sy volk.  Dit het die vrae “waarmee en waarheen” van 1838 beantwoord, maar ook terselfdertyd ‘n onderneming aan God gegee waarmee ons as volk onsself in opkomende geslagte sal bemoei.  Ons het onderneem dat ons “’n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die toekomende geslagte.”

Die geskiedenis leer vir ons myns insiens dat ons inderdaad vir Hom ‘n huis opgerig het waar dit Hom behaag het.  Hierdie huis is ingewy op 31 Mei 1961 toe daar met Republiekwording weereens antwoord gegee is aan die vrae – waarmee en waarheen?  Die antwoord hierop is gegee in die aanheg van die 1961-Grondwet wat dit onomwonde gestel het dat God Drie-enig die Hoogste Gesag van hierdie huis, die Republiek van Suid-Afrika, is.  Hier was ons nie wederstrewig en eiesinnig verdeeld in Vryburger, Hugenoot, Boer, Afrikaner of Boere-Afrikaner besig om elkeen te ywer vir sy eie grondgebied en sy eie siening nie, maar ons was besig om in eensgesindheid saam te bou aan die huis waarvan Hy die Hoogste Gesag was.  Hy het verder vir ons te kenne gegee waar dit Hom behaag om hierdie huis vir Hom op te rig deur self die landsgrense daarvan af te meet en vas te stel.

Hierdie huis wat opgerig is tot eer van sy Naam het egter spoedig onder aanval gekom.  In eiesinnigheid het die bouers en bewakers van hierdie huis verstrooid en verdeeld geraak en is hierdie huis tot in sy fondasie afgebreek.  Ons volk is gestroop van ons staatkundige vryheid, ons kerke, skole, kultuur, taal, identiteit en ons hegte familiebande terwyl ons stoflike ook nou onder skoot kom.  Waarom?

Die antwoord op hierdie waarom sal ons vind met die beantwoording van twee krities-belangrike vrae, nl.

  • Waarmee is ons besig; en
  • Waarheen is ons oppad heen?

Die ware antwoorde op hierdie vrae word vir ons gegee in Haggai 1:2-9, of dit is wat ons wil hoor, al dan nie.  Die duidelike aanklag en antwoord van God in vers 9 van die gelese gedeelte is dat hierdie ellende ons oorgekom het t.w.v. sy huis wat in puin lê.  Dit bring ons by die vraag of die bestemde tyd nie dalk aangebreek het om weer te begin bou aan hierdie huis van Hom nie?  Sal Hy nie ‘n welgevalle aan ons hê wanneer ons ook begin bou verder as net ons eie huise en vir ander volksgenote as net onsself begin omgee en ondersteun nie?  Om ‘n huis en ‘n volk wat in soveel puin lê as die Afrikaner  vandag weer op te rig uit ellende, blyk  menslikerwys ‘n onbegonne taak te wees.  Ons kan egter nie moed verloor alvorens ons begin het nie, want ons moet onthou dat onse God juis die onmoontlike kan verrig.  Dit is die God waarvan ons lees in Job 5:9: ”...aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;” en tot wie ons moet terugkeer met ons hart en siel alvorens ons met ons bouwerk begin, want ons lees in Psalms dat as die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou.  Elkeen wat homself geroepe voel om weer te begin bou aan hierdie huis, moet egter versigtig wees hoe hy/sy daarop bou.  Ons kan nie ‘n ander Hoeksteen lê as wat daar reeds gelê is nie, want hierdie Steen wat reeds gelê is, nl. Jesus Christus, sal die hoeksteen vorm van die herstelde huis wat huidiglik in puin lê.

My indringende vrae aan elkeen wat vandag hierdie boodskap hoor, is dus natuurlik:

  • Waarmee is u besig; en
  • Waarheen is u oppad?

Die eerlike beantwoording van hierdie vrae sal in ‘n groot mate u keuses en lewenswyse beïnvloed wat lotsbepalend is vir elke individu, huisgesin en volk se toekoms.

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2878 gaste aanlyn