NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Welgestelde mense word dikwels deur ander beny en bewonder. Rykdom besit egter die gevaar om jou afgod te word en dan is daar nie ruimte vir God in jou lewe nie. As iets vir jou te belangrik geword het, vertrou die Here om jou daarvan te verlos. God kan 'n kameel deur 'n naald se oog kry – Hy kan 'n ryke laat afsien van sy verknogtheid aan sy aardse goedere en hom red.

GOD OF MAMMON?

Hannes Ollewagen

Matt. 6:19-34

“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (:22-24).

Hier het ons te make met een van daardie baie reguit stellings wat God maak. Hy praat nie hier deur gelykenisse of beeldspraak nie, maar onomwonde stel Hy dit – “Julle kan nie God én Mammon dien nie!”. En hoe nodig is dit nie dat hierdie boodskap hard en duidelik in ’n sekulêre en materialistiese wêreld verkondig word nie. Ja, ook onder ons volk waar hierdie materialisme aan ons kom kleef het, is dit nodig om hierdie boodskap duidelik aan te hoor.

Kom ons begin by die voor-die-hand-liggende vraag – “Is dit sonde om rykdom te besit.” Nee. Die antwoord is eenvoudig. Rykdom is ’n gawe van God net soos wat ’n vrou, kinders, gesondheid, verstand en ander talente en vermoëns gawes uit sy Hand is. En net soos wat dit nie ’n sonde is om intellektueel begaafd te wees nie is dit nie ’n sonde om rykdom te besit nie. Ek verwys na ’n paar voorbeelde uit die Woord van God ter bevestiging hiervan. Luister na die woorde van God uit 1 Sam. 2:7. “Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.” Ons kan ook luister na die getuienis van die wyse koning Salomo wat ’n ongekende hoeveelheid rykdom besit het. “Die seën van die HERE — dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.” (Spr. 10:22). Die seun van Abraham, Isak, het ook hierdie ryke seën van God ontvang. “Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die Here het hom geseën.” (Gén. 26:12). Een van die dissipels van Christus, Josef van Arimatheá, was ook ’n ryk man. “EN toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was.” (Matt. 27:57). En ons kan beslis nie nalaat om die voorbeeld uit die lewe van Job na vore te bring nie. “Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.” (Job 1:3).

Hoe staan die saak dan as ons soveel voorbeelde van Godvresende mense het wat groot rykdom besit het en tog is Christus só uitgesproke hierteen? Julle kan nie God en Mammon dien nie. Kies vir julle die een of die ander. En daarbenewens die stelling van Christus waarvan ons in Lukas 18:24&25 lees. “En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.” Ons kan aan die hand van twee voorbeelde hierdie saak beter verstaan. Die eerste voorbeeld is die van die ryk jongman waarvan ons in Matt. 19, Markus 10 en Lukas 18 lees. Hierdie jongman was vroom en hy het die Gebooie van God getrou nagekom. Maar Christus wys hom op die één groot tekortkoming in sy lewe. “Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.” (Matt. 19:21). Daar is één ding wat tussen hom en volmaaktheid staan. Hierdie één tekortkoming wat hy het, nl. dat die liefde vir sy rykdom groter is as sy liefde vir God. En hierdeur oortree hy die eerste en groot gebod wat ’n allesoortreffende liefde vir God van ons eis. “En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.” (Matt. 22:37&38). Hierdie ryk jongman se liefde vir die gawe het sy liefde vir die Gewer oortref. Job was ook ’n vroom man wat God se gebooie getrou onderhou het en ook ‘n ontsettende ryk man – ryker as al die kinders van die Ooste. Maar Job se liefde vir sy besittings het nie groter geraak as sy liefde vir God nie. Luister na sy kosbare getuienis en die bestraffing van sy vrou uit Job 2:9&10 wat hy uitspreek nadat hy al sy rykdom, kinders en selfs sy gesondheid verloor het. Hy het m.a.w. omtrent al die gawes uit God se Hand verloor met uitsondering van sy eie lewe en sy vrou. “Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf! Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.” Job het verstaan dat sy rykdom en al die ander gawes uit God se Hand as gawe ontvang is. En dat Hy daarmee na sy welbehae kan handel.

Die kontras in hierdie twee mense se lewens laat ons die saak beter verstaan dat die sonde van rykdom nie in die besit daarvan lê nie, maar daarin dat ons liefde vir hierdie gawe nimmer die liefde vir die Gewer daarvan moet oorskry. Dink maar aan die voorbeelde van Abraham, Jakob, Isak, Job, Dawid en Josef van Arimatheá wat almal manne was wat met groot rykdom belaai was, maar wie se harte aan God verkleef gebly het. Hulle liefde vir hierdie gawe het nie groter geword as hul liefde vir Hom nie. Ons hart moet aan God verkleef bly en nie aan die rykdom verkleef raak nie. Ons oog moet op Hom gerig bly en nie op die rykdom gevestig raak nie. Dit is juis wanneer ons harte en oog verkeerd raak wanneer hierdie sonde begin wortel skiet en ons begin om Mammon eerder as God te dien. Dít is wanneer ons die Gebooie van God begin minag omdat ons ons rykdom met alle mag en krag wil beskerm en vermeerder. Ten spyte van die waarskuwing van God in 1 Tim 6:10 sien ons hoedat ons samelewing hierin struikel. “Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.” Ons sien hoedat oumense finansieël kripeer omdat hulle kinders en kleinkinders eenvoudig nie dit oor hul hart kan kry om ’n paar rand elke maand af te knyp om hulle finansieël te ondersteun nie. Die tweede en vyfde Gebooie van God word geminag omdat hul eie finansiële welsyn (gierigheid) vir hul swaarder as God se gebod weeg. Mense steel die een van die ander en minag die sesde Gebod omdat gierigheid die oorhand in hul lewens kry. Families raak verbitterd en haatdraend teenoor mekaar en minag die tweede Gebod omdat gierigheid dikwels met die afsterwe van ’n geliefde die oorhand by erfgename kry. Huwelike ly skipbreuk omdat mense deur begeerlikhede van materiële dinge tot struikel gebring word.

My hoop is dat hierdie vermaning van God elkeen van ons sal beweeg om die verhouding waarin ons teenoor God en die gawes wat Hy ons uit liefde skenk te oorweeg. En mag die gawes wat Hy aan ons skenk ons liefde vir Hom as die Gewer daarvan laat toeneem eerder as wat ons liefde vir die gawe toeneem ten koste van ons liefde vir Hom. Wanneer ons lewens hier op aarde verby is kan ons immers uitsien na ’n ewige lewe saam met Hom, die Gewer van alle goeie gawes, terwyl al hierdie gawes sal agterbly. Daarom is ons liefde vir Hom – die Behouder van ons siele – die hoogste van alle gebooie.

“Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: 'n Ryk man se grond het goed gedra. En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel. En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.” (Luk. 12:16-21).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4792 gaste aanlyn