NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geduld is om 'n moeilike situasie van God te aanvaar sonder om Hom 'n einddatum daarvoor te gee.

STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 11

’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament

Die Evangelie van Matteus

Anita Joubert

Matteus 11 is ’n hoofstuk waarin ons al die tyd vir Jesus hoor praat. Hy praat met verskeie mense oor verskillende dinge. Ons hoor hoedat die beklemtoning in sy stem afwissel en verander.

Matteus 11:1-6 Johannes die Doper se loopbaan het rampspoedig geëindig. Dit was nie sy gewoonte om die waarheid te versag nie en hy was baie uitgesproke oor onreg en sonde. Hy het homself vreesloos daaroor uitgespreek. Herodes Antipas het sy eie broer in Rome besoek. Tydens daardie besoek het hy sy broer se vrou, Herodias, verlei. Toe hy teruggekeer het huis toe, het hy van sy eie vrou ontslae geraak en met haar getrou. Johannes het hom openlik en ernstig daaroor aangespreek. Dit was nie veilig om ’n despoot te bestraf nie, en Herodes het wraak geneem. Hy het Johannes in ’n kelder van ’n bergvesting in die berge naby die Dooie See laat opsluit. Dit was vir Johannes ’n tragiese lot. Hy was gewoond aan die woestyn waar hy sy lewe lank in die oop vlaktes, met die skoon wind wat in sy gesig waai, geleef het. Nou was hy toegesluit in ’n ondergrondse kelder tussen vier koue, klam mure. Dit moes vir Johannes ’n verskrikking gewees het. Vrae het in sy gemoed ontstaan. Hy was dan so seker dat Jesus die een was wat moes kom. Iemand wat die dood in die gesig staar, kan nie bekostig om te twyfel nie. Daarom stuur Johannes sy dissipels na Jesus met die vraag: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?” (Matt 11:3).

Daar is drie moontlike redes waarom Johannes hierdie vraag gevra het:

  1. Miskien het hy sy dissipels gestuur om die vraag te vra, nie ter wille van homself nie, maar ter wille van hulle. Hulle het dalk begin wonder of Jesus werklik dié Een was wat moes kom, en Johannes stuur hulle om te gaan vra. Die beste manier om iemand van Jesus se outoriteit te oortuig, is om hom dit self te laat ervaar.
  2. Miskien was Johannes se vraag ’n vraag van ongeduld. Hy mag dalk gewonder het wanneer Jesus dan gaan optree en sy vyande vernietig. Hy het dalk gewonder wanneer die dag van God se heilige oordeel gaan begin. Hy was dalk ongeduldig met Jesus omdat Hy nie gedoen het wat hy verwag het dat Hy sou doen nie.
  3. Miskien was Johannes se vraag niks anders as ’n vraag van opflikkerende geloof en hoop nie. Hy het vir Jesus tydens sy doop gesien, en terwyl hy in die tronk was, het hy baie tyd gehad om te dink. Hy het alhoe meer oortuig geraak daarvan dat Jesus dié Een was wat moes kom, en hy wou net bevestiging hê vir die hoop wat in sy hart gegroei het.

Jesus se antwoord was nie dat Johannes se dissipels vir hom moes gaan vertel wat Hy sê nie. Hulle moes aan Johannes gaan vertel wat Hy doen. Jesus se uitdaging aan ons is tot vandag toe nog presies dieselfde. Hy vra nie dat ons net moet luister wat Hy sê nie. Hy vra dat ons moet kyk wat Hy vir ons kan doen en vir ander mense gedoen het. Net soos in die tyd van Galilea, maak Hy nog steeds mense se oë oop vir die waarheid, Hy reinig mense nog steeds van sonde, en diegene wat doof is vir die stem van God, laat Hy hoor.

Dan kom die waarskuwing: “En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie” (Matt 11:6). Hierdie waarskuwing is aan Johannes die Doper gerig, maar ook aan elkeen van ons. Johannes het ’n evangelie van goddelike heiligheid met goddelike vernietiging en oordeel verkondig. Jesus het ’n evangelie van goddelike heiligheid met goddelike liefde verkondig. Hy het dalk nie gedoen wat Johennes verwag het nie, maar die magte van die duisternis word nie oorweldig deur onweerstaanbare krag nie, maar deur goddelike liefde vir ons.

Matteus 11:7-11 Jesus het aan geen ander mens so ’n mooi huldeblyk gebring as aan Johannes die Doper nie (Matt 11:7). Hy begin in vers 7 om vir die mense te vra waarna hulle gaan kyk het in die woestyn, toe hulle agter Johannes aangestroom het.

  1. “Na ’n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?” (Matt 11:7). ’n Wuiwende riet kan op ’n persoon dui wat twyfel en nie regop kan staan wanneer die wind waai nie. Die mense wat na die woestyn gestroom het, het verseker nie ’n gewone mens of ’n swak, besluitelose persoon gesien nie. Die blote feit dat hulle so agter Johannes die Doper aangestroom het, is ’n bewys dat hy baie buitengewoon was.
  2. “’n Man met deftige klere aan?” So ’n deftige persoon sou ‘n amptenaar van die keiser gewees het. Johannes was dit beslis nie. Hy was ’n ambassadeur van God.
  3. “Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ’n Profeet?” Profete kondig die boodskap van God aan. Hulle is God se vertrouelinge. Die profeet Amos sê: “Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie” (Amos 3:7). Profete is mense met ’n boodskap van God, met die moed om daardie boodskap oor te dra. Hulle het God se wysheid in hulle verstand, sy waarheid op hulle lippe en sy moed in hulle harte. Johannes het verseker oor al hierdie eienskappe beskik.
  4. Johannes was egter nog meer as net ’n profeet. Die Jode het geglo, en hulle glo dit vandag nog, dat net voor die Messias sou kom, Elia sou terugkeer om sy koms aan te kondig. Tot vandag toe nog, wanneer die Jode die Pasga-fees vier, dan word daar ’n vakante stoel aan die tafel vir Elia gelos. Jesus verklaar hier in vers 10 dat Johannes die goddelike aankondiger is, wie se plig en voorreg dit is om die koms van die Messias aan te kondig. Geen mens kon ’n groter taak as hy gehad het nie.
  5. Tog sê Jesus in vers 11 dat die geringste in die koninkryk van die hemel, groter is as Johannes. Wat is dit dan wat Christene het wat Johannes nie het nie, en nooit sal kan hê nie? Die antwoord hierop is eenvoudig. Johannes het nooit die kruis van Jesus gesien nie. Daarom is daar een ding wat Johannes nooit kon ken nie, en dit is die volle openbaring van die liefde van God. Hy het God se heiligheid geken; hy kon God se regverdigheid verkondig, maar die liefde van God in al sy volheid, het hy nooit geken nie. Ons kan maar net na die boodskap van Johannes die Doper en die boodskap van Jesus Christus luister, om dit raak te sien. Niemand kon ooit Johannes se boodskap ’n evangelie, of goeie nuus, noem nie. Sy boodskap was basies ’n dreigement van vernietiging. Dit het die kruis van Jesus gekos om aan die mense die lengte, breedte, diepte en hoogte van die liefde van God te wys. Dit is ’n asemrowende gedagte om te dink dat die nederigste Christen, meer van God weet as die grootste van die Ou Testamentiese profete. Elkeen wat die kruis gesien het, het die hart van God gesien op ’n manier wat geeneen wat voor die kruis geleef het, dit ooit kon sien nie. Johannes het dus die taak gehad om mense na ’n grootheid van God te wys, waarin hyself nooit kon ingaan nie. Dit gebeur soms dat mense rigtingaanwysers is na ’n heerlikheid van God, wat hulself nooit kan bereik of beleef nie.

Matteus 11:12-15 Jesus se woorde in vers 12 is nie maklik verstaanbaar nie. In die Evangelie van Lukas sien ons dat Hy iets soortgelyk gesê het (Luk 16:16). Wanneer ons die twee Skrifgedeeltes saam lees, dan lyk dit asof Jesus daarmee bedoel het dat sy koninkryk altyd teenstand gaan kry; dat daar altyd antagonisme daarteen gaan wees; dat mense altyd gaan probeer om sy koninkryk te vernietig. Daarom sal dit net diegene wees wat bereid sal wees om met toewyding en erns die vervolging en teenstand sal weerstaan, wat aan die einde daar sal mag binnegaan.

Dit klink vreemd dat Jesus in vers 13 sê dat die wet “geprofeteer” het, maar dit was die wet self wat verkondig het dat ’n profeet na vore sal kom (Deut 18:15). Jesus vertel weereens hier vir die mense dat Johannes die aankondiger is vir wie hulle so lank gewag het;dat hulle dit net moet raaksien. Daar is ’n bekende spreukwoord wat sê dat ’n mens ’n perd tot by die water kan bring, maar jy kan hom nie laat drink nie. God kan sy boodskapper stuur, maar mense kan weier om hom te herken. God se openbaring is kragteloos sonder enige antwoord. Dit is waarom Jesus in vers 15 sê: “Wie ore het, moet luister.”

Matteus 11:16-19 Ons sien hier Jesus se hartseer oor die onverskilligheid en oppervlakkigheid van die menslike natuur. Hulle is soos kinders wat op ’n markplein sit en speel. Dit maak nie saak wat vir hulle voorgestel word om te doen nie, hulle is nie lus daarvoor nie. Wat ookal vir hulle aangebied word, daarmee vind hulle fout. Johannes het in die woestyn in afsondering gewoon en dikwels gevas, maar van hom het hulle gesê dat hy van die duiwel besete is. Jesus het in die hartseer en vreugde van die mense met wie Hy in aanraking was, gedeel, maar van Hom het hulle gesê dat Hy ’n vraat en ’n wynsuiper is. Johannes se nederigheid en selfverloëning, was vir hulle malligheid. Jesus se gemaklike sosiale omgang met mense, was vir hulle ’n gebrek aan morele waardes. Hulle het kritiek gelewer, maak nie saak na watter kant toe nie.

Die eenvoudige feit is dat as mense nie na die waarheid wil luister nie, dan sal hulle maklik ’n verskoning vind om dit nie te doen nie. Mense probeer nie eers om konsekwent in hulle kritiek te wees nie, want wanneer dit nie om beginsels gaan nie, maar om die persoon wat kritiek lewer se gemoedstoestand, dan tree hulle op soos bedorwe kinders.

In die laaste deel van vers 19 sê Jesus dat ons uit die resultaat van God se werk kan sien dat Hy met wysheid optree. Dit is nie kritiek van mense wat die uitspraak bepaal nie, maar die resultaat. Die Jode het vir Johannes oor sy lewenswyse gekritiseer, maar hy het mense na God toe getrek soos wat niemand dit in eeue kon doen nie. Hulle het vir Jesus oor sy sosiale omgang met diesondaars gekritiseer, maar Hy het aan mense ’n nuwe lewe kom gee; ’n nuwe goedheid en krag om te lewe soos God dit wil hê en ’n nuwe toegang tot God se teenwoordigheid.

Dit is dalk ’n goeie idee om op te hou om mense en kerke en predikers te kritiseer, maar om God te eer en te dank vir elke persoon wat nader aan Hom kom deur die werk van hierdie mense.

Matteus 11:20-24 Die apostel Johannes het sy Evangelie met die volgende woorde afgesluit: “Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie” (Joh 21:25). Hierdie gedeelte in Matteus is een van die bewyse van wat Johannes gesê het. Gorasin was ’n dorpie ongeveer ’n uur se reis, noord van Kapernaum. Betsaida was ’n vissersdorpie op die wesbank van die Jordaanrivier. Daar moes wonderbaarlike dinge in daardie twee dorpie gebeur het, maar ons besit geen verslag hoegenaamd van wat daar gebeur het nie. Geeneen van die Evangelies maak melding van enige iets wat daar gebeur het nie. Tog moes dit van Jesus se grootste wonderwerke gewees het. ’n Gedeelte soos hierdie wys net vir ons hoe min ons regtig van Jesus se werk weet.

Dit is baie belangrik om daarop ag te slaan dat die oorspronklike Griekse woord wat Matteus gebruik het, en wat deur die Bybelvertalers met “Ellende wag vir jou ...” (Matt 11:21) vertaal is, is eerder ’n uitdrukking van hartseer weemoedigheid, in plaas van woede en oordeel. Dit is nie ’n uitdrukking wat iemand sou gebruik wanneer sy eie-ek gekrenk of seergemaak is nie. Dit is ’n uitdrukking van die ontsettendste hartseer van iemand wat die kosbaarste besitting in die hele wêreld, vir mense aangebied het, en hulle het dit geminag en verontagsaam. Jesus se toorn is ’n heilige toorn, maar dit kom nie vanuit gekrenkte trots nie, maar vanuit ’n gebroke hart.

Tirus en Sidon was stede waarna telkens in die Ou Testament verwys word as stede wat hulle koppe in skaamte moes laat sak vanweë die sonde wat daar plaasgevind het (Jes 23; Jer 25:22; 47:4; Eseg 26:3-7). Sodom en Gomorra het ’n bywoord geword wanneer boosheid en sonde beskryf moes word. ’n Mens kan dan net wonder wat die sonde van Gorasin en Betsaida kon wees, dat hulle oordeel veel erger was. Barclay noem drie dinge waarna ons kan oplet:

  1. Dit was die sonde van mense wat vergeet het dat voorregte ook verantwoordelikhede meebring. Die stede van Galilea het die voorreg gehad om vir Jesus te sien en te hoor. Ons kan nie iemand veroordeel wat nie die geleentheid gehad het om van beter te weet nie. Hoe groter die voorregte wat ons geniet, hoe groter is ons verantwoordelikhede en ook die oordeel wanneer ons dit verontagsaam.
  2. Dit was ook die sonde van onverskilligheid. Hierdie stede se mense het nie vir Jesus aangeval, Hom weggejaag of probeer kruisig nie. Hulle het Hom bloot geïgnoreer. Verwaarlosing kan net soveel skade doen as wat vervolging dit kan doen. Dit is presies wat in ons moderne samelewing gebeur. Daar is nie juis vyandigheid teenoor Christenskap nie, daar is ook nie so ’n groot begeerte om dit te vernietig nie, dit word net blatant geïgnoreer. Minagting brand nie ’n geloof dood nie, dit vries dit tot dit dood is. Dit wurg net stadig die lewe daaruit.
  3. Die sonde van Gorasin, Betsaida en Kapernaum, was ook dat hulle net mooi niks gedoen het nie. Lees gerus die gelykenis wat Jesus vertel het van die man wat op reis gegaan het en vir sy slawe muntstukke gegee het om mee te woeker (Matt 25:14-30).

Matteus 11:25-27 Hier praat Jesus uit persoonlike ervaring. Die rabbi’s het Hom verwerp, maar die eenvoudige mense het Hom verwelkom en aanvaar. Ons moet versigtig wees sodat ons duidelik kan sienpresies wát Jesus hier veroordeel. Dit is nie intellektuele krag wat Jesus hier veroordeel nie, maar intellektuele hoogmoed. Dit is nie intelligensie, of ’n gebrek daaraan, wat ons toesluit vir die werking van God se Gees in ons lewens nie; dit is hoogmoed en verwaandheid. Wanneer ons nie die eenvoud, die vertroue of die onskuld van ’n kinderhart het nie, dan sluit ons onsself uit. Dit is die eenvoudige dade van menslike liefde wat die goedkeuring van God wegdra.

In vers 27 maak Jesus die grootste aanspraak ooit. Dit is die kern van die Christelike geloof. Hy is die enigste Persoon wat God aan mense kan openbaar. Johannes sê in Johannes 14:9: “Wie My sien, sien die Vader.” Die Christelike oortuiging is dat in Jesus Christus alleen, kan ons sien hoe God is. Jesus kan daardie kennis ook net gee aan mense wat nederig en betroubaar genoeg is om dit te ontvang.

Matteus 11:28-30 Die mense met wie Jesus hier praat, is desperaat besig om na God te soek en goeie lewens te probeer lei. Hulle slaag nie daarin nie en is moeg en uitgeput. Jesus se uitnodiging is aan almal wat gedaan is in hulle soeke na die waarheid. Job se vriend Sofar het vir hom gevra: “Kan jy begryp wie God werklik is?” (Job 4:7). Jesus het daarop aanspraak gemaak dat die uitputtende soeke na God in Hom, Jesus, geëindig het. Hy gee Homself aan diegene wat rein van hart is.

Vir die ortodokse Jode was godsdiens ’n baie swaar las gewees. Jesus het gesê: “Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie ’n vinger verroer om dit te dra nie” (Matt 23:4). Jesus nooi ons om sy juk op ons skouers te dra want sy juk is sag en sy las is lig. Die Griekse woord wat met “sag” vertaal is, is chrēstos. Dit beteken ook goedpassend. In Palestina is die osse se jukke met hout gemaak. Die osse moes gemeet word, sodat die jukke goed kon pas en nie die dier se nek skaaf nie. Daar bestaan ’n legende dat Jesus die beste osjukke in die hele Galilea gemaak het. Dit mag wees dat daar bokant die deur van sy skrynwerkerswinkel,’n advertensiebord was waarop geskryf was dat die jukke wat Hy maak, goed gepas het.

Jesus het met hierdie woorde bedoel dat die lewe wat Hy aan ons gee, nie ’n las sal wees wat te swaar is om te dra nie. Die taak wat Hy vir elkeen van ons het, is gemeet om by ons te pas. Waarvoor God ons ookal wil gebruik, dit is geskik vir ons vermoëns en behoeftes. Die las wat Jesus op ons lê, is nie lig omdat dit ons niks gaan kos nie, maar dit is lig omdat ons dit met liefde doen. Liefde maak die swaarste las lig.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2391 gaste aanlyn