NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Meestal roem ons op onsself wanneer ons groot hoogtes bereik het. Eintlik weet ons dat die Here daardie talente en vermoëns aan ons geskenk het maar ons dink nie veel daaraan nie en word graag voor ander mense vereer. God sê in Exodus 28 aan Moses om met die kunsvaardige mense te reël om vir Aäron heilige klere te maak waarin hy die Priesteramp sal beklee; en dan maak God dit duidelik wie daardie kunsvaardige mense is: ...wat Ék met die gees van wysheid vervul het..." Laat ons deurentyd die eer aan God gee vir al ons prestasies, dit kom Hom toe.

STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 22

’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament

Die Evangelie van Matteus

Anita Joubert

Matteus 22:1-14 Om hierdie woorde van Jesus goed te verstaan, moet ons dit nie as een gelykenis sien nie, maar as twee. In verse 1 tot 10 vertel Jesus ’n verhaal wat presies ooreengestem het met normale Joodse gebruike. Wanneer die uitnodigings vir ’n groot huweliksfees uitgestuur is, het dit nooit die presiese datum en tyd vermeld nie. Wanneer alles gereed was, is die slawe uitgestuur met die finale oproep dat die gaste die geleentheid moet kom bywoon. Die koning in hierdie vertelling, het dus baie lank gelede al sy uitnodigings uitgestuur. Dit het eers gebeur toe die finale oproep gekom het, dat sommige genooides die uitnodiging geweier het; en dit was baie swak maniere en ’n baie groot belediging vir die koning. Net soos in die gelykenis van die boere en die wingerd, is hierdie een ook ’n direkte aanklag teen die Jode. Hulle is die gaste wat baie lank vantevore reeds genooi is, en toe die tyd aangebreek het, geweier het om te kom, en die slawe mishandel en doodgemaak het. Die gevolg was dat God sy uitnodiging aan die nie-Jode gestuur het, wat nooit enige uitnodiging na sy koninkryk verwag het nie. 

Hierdie gelykenis herinner ook vir ons as Christene deur die afgelope twee duisend jaar, aan drie belangrike aspekte van ons Christelike lewe:

  1. Die fees wat op ons wag, gaan net so wonderlik, vrolik en genotvol wees as ’n huweliksfees. As ons die uitnodiging weier, dan mis ons die grootste vreugde wat daar ooit kan wees.
  2. Die dinge wat ons doof maak vir God se uitnodiging, is nie noodwendig slegte dinge nie. In die gelykenis het een man ’n stuk grond gaan koop, ’n ander het na sy werkplek toe gegaan. Die tragedie van die lewe is dat ’n mens so besig kan wees met aardse dinge, dat van die ewige lewe vergeet word.
  3. God se uitnodiging is een van genade. Hulle wat van die straathoeke af bymekaar gemaak is, sou nooit vir een oomblik ’n uitnodiging kon verwag nie. Hulle het dit nie verdien nie, maar dit het gekom van ’n vrygewige Koning wat met ope arms en ’n hart wat oorloop van liefde, in sy groot genade, hulle bymekaar gemaak het.

In verse 11 tot 14 kry ons ’n tweede gelykenis. Hierdie gelykenis bring die nodige balans vir die eerste een wat Jesus vertel het. Die eerste gelykenis gaan oor die oop deur. Ons lees van die nie-Jode en die sondaars wat bymekaar gemaak is. Dit is waar dat die deur oop is vir elkeen; maar wanneer mense kom, moet hulle ’n lewe saambring wat soek na die liefde en genade wat hulle ontvang het. Genade is nie net ’n geskenk nie; dit is ’n groot verantwoordelikheid. Ons kan nie meer lewe soos voorheen wanneer ons vir Jesus Christus ontmoet het nie. Ons moet geklee word met ’n nuwe vorm van reinheid en barmhartigheid.

Die gelykenis het niks te doen met die klere wat ons aanhet wanneer ons God se teenwoordigheid opsoek nie, maar dit het alles te doen met die gesindheid waarmee ons dit doen. Ons moet altyd geklee wees met ’n kledingstuk van verwagting, van nederige afhanklikheid, van geloof en eerbied.

Matteus 22:15-22 Tot hiertoe het ons gesien dat Jesus op die aanval was. Hy het drie gelykenisse vertel wat openlik en direk op die ortodokse Joodse leiers gemik was. In Matteus 21:28-32 is die Joodse leiers uitgebeeld deur die seun wat eers ingestem het om sy vader se versoek uit te voer, en dit toe nie gedoen het nie. In die gelykenis van die boere en die wingerd (Matt 21:33-46), is hulle die slegte boere, en in die koninklike feesmaal (Matt 21:1-14), is hulle die gaste wat so swak gemanierd was om nie op te daag nie.

Ons sien nou dat die Joodse leiers met ’n teenaanval kom. Hulle vra hulle vrae in die openbaar, en hulle doel was dat Jesus Homself moes inkrimineer en dat die mense dit moes hoor. Hulle vraag was baie goed deurdink. Palestina was ’n beleërde land en dit was ’n warm punt van bespreking onder die inwoners of hulle belasting aan die Romeinse Regering moes betaal, of nie. Die Jode is baie onredelik belas, en dit was vir hulle ’n bitter pil om te sluk.

Die Fariseërs se vraag aan Jesus was ’n strikvraag. As Hy sou sê dat die Romeinse Regering hulle onwettig belas, dan sou hulle Hom onmiddellik aan die Romeinse amptenare rapporteer en Hy sou in hegtenis geneem word. Sou Jesus sê dat dit wettig was dat die Regering hulle so belas, dan sou die mense vir Hom kwaad wees. Die Jode was nie net opstandig omdat hulle belasting moes betaal, soos wat mense maar gewoonlik daaroor voel nie. Hulle het godsdienstige redes gehad waarom hulle gevoel het dat hulle nie belasting aan die keiser kon betaal nie. God was hulle enigste Koning, en om die koningskap van ’n aardse koning te erken, was ’n belediging vir God.

Wat Jesus ook al sou antwoord, dit sou moeilikheid veroorsaak het. Ons kan die erns van hierdie aanval sien deurdat die Fariseërs en die Herodiane saamgesweer het om vir Jesus vas te vra. Hierdie twee partye was gewoonlik bitterlik vyandig teenoor mekaar. Die Herodiane was die party van Herodus, die koning van Galilea, wat sy mag aan die Romeine te danke gehad het. Hulle verskille was egter vir daardie oomblik vergete in hulle gemeenskaplike haat en begeerte om vir Jesus te elimineer. Toe Matteus sy Evangelie geskryf het in 80 tot 90 n.C., was die tempel al verwoes (70 n.C.) deur die Romeine. Na die verwoesting van die tempel, het die Romeinse Regering die Jode gedwing om die geld wat hulle altyd as tempelbelasting betaal het, aan die tempel van Jupiter in Rome te betaal. Dit was ’n geweldige bitter pil vir die Jode om te sluk.

Jesus vra om ’n denarius te sien. Die keiser se afbeelding was daarop. Elke keiser wat die troon bestyg het, het vir homself ’n geldstuk laat druk met sy afbeelding daarop. Op Jesus se vraag oor die eienaar van die muntstuk, antwoord die Fariseërs dat dit aan die keiser behoort. Jesus antwoord hulle met sy unieke wysheid: “Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort (vers 21). Jesus het nooit reëls en regulasies neergelê nie, maar beginsels. Hierdie een is ’n baie belangrike een.

Elke Christen leef in ’n land waarin hy of sy burgerlike verantwoordelikhede het. Christene is egter ook burgers van ’n hemelse koninkryk, en wanneer die burgerskap van hierdie twee koninkryke bots, dan mag hulle niks te doen hê met enigiets wat teen God se wil is nie. Die permanente waarheid wat Jesus egter hier neerlê, is dat Christene terselfdertyd goeie burgers van hulle land, asook goeie burgers van die koninkryk van die hemel moet wees.

Matteus 22:23-33 Na die Fariseërs se aanval op Jesus, neem die Sadduseërs nou hulle kans waar. Hulle was die ryk, aristokratiese groep. Daar was nie baie van hulle nie, en hulle het in ’n beherende hoedigheid gefunksioneer. Die hoëpriesters was gewoonlik Sadduseërs. Polities was hulle baie inskiklik en hulle het graag met die Romeinse Regering saamgewerk om hulle eie voorregte te beskerm. Die Sadduseërs was tradisioneel in hulle Joodse godsdiens, maar het hulle baie deur die Griekse denke laat beïnvloed. Hulle het die eerste vyf boeke van die Ou Testament as gesagvol aanvaar, maar glad nie die profetiese en poëtiese boeke nie. Dit is dan ook die rede waarom hulle nie die lewe na die dood wou aanvaar nie, want volgens hulle kon dit nie uit die eerste vyf boeke van die Bybel bewys word nie. Die bewyse van die Fariseërs, wat weer baie sterk daaraan geglo het, was nie vir hulle aanvaarbaar nie.

Hulle kom nou na Jesus toe met ’n vraag wat, soos wat hulle geglo het, die opstanding uit die dood as absurd sou bewys. Daar was ’n Joodse tradisie wat die leviraatshuwelik genoem is. Of dit werklik in die praktyk streng nagekom is, is te betwyfel. Daarvolgens was ’n man wat kinderloos gesterf het, se broer verplig om met die weduwee te trou en kinders vir sy broer by haar te verwek. Indien hy sou weier om dit te doen, is hy baie sleg behandel en veroordeel. Lees dit gerus in Deuteronomium 25:5-10. Die Sadduseërs veronderstel nou so ’n situasie waar daar sewe broers was wat elkeen kinderloos gesterf het. Hulle vraag is: “Met die opstanding dan, wie se vrou sal sy wees?” (vers 26).

Jesus se antwoord lê weer eens ’n beginsel neer. Enigeen wat die Skrif ken en bestudeer, weet dat die vraag irrelevant is. Die hemel is nie ’n eenvoudige voortsetting van die lewe hier op aarde nie. Daar gaan ons nuwe en veel groter verhoudings hê, as hierdie fisiese verhoudings wat ons op aarde het. Hy gaan dan ook voort om hulle hele lering oor die opstanding af te breek. God staan reg deur die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Ou Testament, bekend as “die God van Abraham, Isak en Jakob”. Hy kan nie ’n God van lyke wees nie. Hy is die God van die lewendes.

Die skare was verstom om te hoor met hoeveel gesag Jesus hierdie aanvalle van sulke gesiene mense hanteer en geantwoord het.

Matteus 22:34-40 Hier in Matteus se vertelling van die gebeure klink dit asof die Fariseër wat vir Jesus die vraag gevra het, dit ook weer as ’n aanval bedoel het. In Markus se vertelling is die atmosfeer egter heel anders (Mark 12:28-34). In vers 34 sien ons dat daar ’n heel goeie verstandhouding tussen Jesus en die Fariseër was. Jesus het met sy antwoord, die volledige definisie van ons geloof vasgelê:

  1. Ons moet God liefhê. Jesus haal Deuteronomium 6:5 aan. Dit is die woorde waarmee elke Joodse diens in ’n sinagoge, tot vandag nog, geopen is. Dit is ook die eerste sin wat elke Joodse kind uit sy kop moet leer. Dit beteken dat ons aan God ’n totale liefde moet gee. ’n Liefde wat al ons emosies moet domineer, ons gedagtes moet rig en ons aksies moet beheer.
  2. Die tweede gebod is ’n aanhaling uit Levitikus 19:18. Die volgorde van die gebooie is belangrik. Dit is eers wanneer ons God liefhet, dat ons ander mense kan liefhê. Mense is gemaak na die beeld van God (Gen 1:26-27), en daarom is dit vir ons moontlik om hulle lief te hê.

Matteus 22:41-46 Ons het telkemale gesien dat Jesus geweier het dat sy volgelinge Hom as die Messias verklaar, voordat Hy vir hulle kon leer wat Messias beteken. Die mees algemene titel van die Messias wat sou kom, was die “Seun van Dawid”. Daaragter het die verwagting gelê dat daar eendag ’n groot prins uit die stam van Dawid sou kom wat die vyande van Israel sou vernietig en die volk in oorwinning oor baie nasies sou lei. Hulle het aan die Messias gedink in terme van nasionalistiese, politieke en militêre mag en glorie.

Ons sien hier nog ’n poging van Jesus om daardie misopvatting te verander deur vir die Fariseërs te vra: “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” (vers 41). Omdat Hy geweet het dat hulle sou sê dat Hy die Seun van Dawid sou wees, haal Jesus aan uit Psalm 110:1. Almal het hierdie woorde as ’n Messiaanse profesie gesien. Waarom sou Dawid dan sy eie seun “Here” noem? Die hele punt van die argument is dat die Messias nie die “Seun van Dawid” is nie. Hy is Dawid se “Here”.

Die korrekte beskrywing vir Jesus is dus nie die “Seun van Dawid” nie, maar die “Seun van God”. Sy Messiasskap lê nie in Dawidiese oorwinnings nie, maar in Goddelike en opofferende liefde. Jesus maak hier sy grootste aanspraak: As die Seun van die lewende God het Hy gekom om God se liefde vir mense aan ’n kruis te demonstreer.

Daar moes sommige van die mense wat na Hom geluister het, gesnap het wat Hy sê. Hulle moes die vreemde gevoel gehad het dat hulle die stem van God gehoor het, en vir ’n sekonde God se gesig gesien het, deur na hierdie man voor hulle, Jesus Christus, te kyk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2402 gaste aanlyn