Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is ‘n Japannese spreekwoord wat lui: Val sewe keer, maar staan agt keer op. Ja, dis nie hoeveel keer die ou lewe jou platslaan nie, maar hoeveel keer jy opstaan. Moet nooit sê dat iets bokant jou vuurmaakplek is nie. Maak eerder jou vuurmaakplek hoër!
VERSAMEL ONS UIT DIE NASIES!
Kriewelkop
Elke dag hoor ons van nog blankes wat wreed en barbaars om die lewe gebring is – soos vandag weer in die nuus. Waarom hou dit aan en aan? Waarom gaan dit so sleg met die Afrikanervolk onder die hand van hulle haters wat oor hul heers? Waarom in die eerste plek het hierdie volk in dié posisie beland? Waarom lees ons elke dag van nog moorde, verkragting en barbaarse aanvalle op ons volksgenote? Wat is die ooreenkoms van ons Afrikanervolk met die volk Israel van destyds? Ons sal verbaas wees as ons moeite doen om dit na te lees.
Die antwoorde is voor die hand liggend:
- Ons het, net soos hulle, die wonderwerke van God in ons geskiedenis vergeet, dinge soos die Geloftes wat ons aan Hom gemaak het;
- ons verag ons geestelike leiers wat die ware Woord verkondig en maak nie meer onderskeid tussen die dwaalleraars wat ons volk verlei, en die geestelike leiers wat God vir ons beskik het nie;
- en wanneer ons God wel aanbid doen ons dit soos óns dit graag wil doen op allerhande onwaardige wyses in plaas van in groot eerbied voor Hom te kom;
- ons bedryf saam met die heidende Sondaghandel sonder om 'n oog te knip;
- ons vertel leuens;
- ons vloek;
- ons bedrieg mekaar in besigheid;
- ons sieklike geskinder van mekaar en ons liefdelose selfverheffing;
- en ons walglike lus na losbandige gesprekke en films, is maar net 'n paar voorbeelde van hoe ver ons van God gedwaal het.
Van die mees patetiese gesigte is ons reeds verarmde blankes wat met 'n laaste paar sent in lang rye staan om lottokaartjies te koop en só op die geluksgodin vertrou in plaas van op God. Lyk dit nie maar net soos Israel destyds toe hulle so ver van God gedwaal het nie?
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het na elke terugval in die gruwelikste sondes. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baiekeer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het – net soos wat met die Afrikanervolk gebeur het. Die toorn van die HERE het hieroor ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku in hulle gekry – dieselfde met ons volk. Daarom het Hy Israel in die hand van die heidene oorgegee en, sê Ps 106 "...hulle haters het oor hulle geheers, en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig." Klink dit bekend in verband met ons eie haglike situasie?
God se genade is baie groot en Hy verwerp niemand wat na Hom terugkeer nie. Hy wag dat die stukkende Afrikanervolk net soos Israel in Ps 106 weer sal uitroep: "Verlos ons HERE, ons God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof! Geloofd sy die HERE, die God van Israel (en van die Afrikanervolk), van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!"
Die twee redes waarom God hierdie volk dan sal red bly dieselfde as met Israel: Hy sal medelye met ons hê wanneer ons Hom opreg aanroep, want Hy is 'n God van liefde en barmhartigheid; en Hy sal sy heilige Naam grootmaak sodat dat hele wêreld kan sien watter magtige God Hy is wanneer Hy met groot krag sy kinders in Suid-Afrika kom uitred. Dan kan ons saam met Dawid uitroep: "Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!"