NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het jy al gesien wat dankbaarheid aan mense doen? Geen selfsug, geen eie-ek op die voorgrond, geen stryd in jou binneste nie,  dus geen stryd meer tussen mense wat vir mekaar omgee nie. Daar is slegs die allesoorheersende wete dat jy op die regte plek is, ongeag jou omstandighede, en hieroor kan jy verskriklik dankbaar bly!

BITTEREINDERS IN BED MET NEIL DE BEER

WAAROM ONS VYAND ONS BY DIE STEMBUS WIL KRY

Tydens 'n informele kuier van 'n groep jongmense by Majuba gedurende die pas afgelope Majuba-naweek, is die duistere verbintenis van Francois van der Merwe van die Bittereinder-organisasie en Neil de Beer aan die lig gebring. Die vraag moet gestel word: Waarom is die Bittereinders wat jong, konserwatiewe Afrikaners verteenwoordig, enigsins betrokke by die aartsliberalis en voormalige lid van die ANC, Neil de Beer en hul militêre vleuel Umkhonto weSizwe (MK)? Hierdie verraderlike vebintenis is deur Dirk Joubert, jeugleier van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging tydens hierdie gesprek uitgewys. Hier volg die Mediaverklaring wat deur die ANB uitgereik is oor hierdie gebeure:

Mediaverklaring deur ANB namens die ANB Jeug, oor Bittereinders se val en betrokkenheid by stemme-politiek:

‘n Man het die ANB teengestaan en uitgeroep dat die ANB altyd iets te sê het oor ander organisasies en dat die ANB ander organisasies en persone verdag wil maak. Die feit van die saak is egter dat wanneer feite en kommer bestaan, sal die ANB dit ontbloot en bekend maak. Solank ‘n party, organisasie of persoon homself by die waarheid hou, sal die ANB geen belang daarin hê om negatief oor so ‘n party, organisasie of persoon te berig nie, want dan staan hulle saam in dieselfde stryd vir vryheid. Enige party, organisasie of persoon wat homself dus nie by die waarheid skaar nie, is teen die Afrikaner se vryheidstryd.

‘n Gesprek/debat tussen ‘n groep jongmense, Francois van der Merwe en die ANB Jeug, het by die Majubafees 2024 plaasgevind. Dit is daar waar ANB Jeuglede gevra is om die doen en late van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging te verduidelik. Hier volg die verloop van die ANB se ontstaan:

In 2004 stig mnre. Willie van der Grijp, Hendrik de Wet, Johan de Ridder, Jannie Brink, Roelf Martins en Mornay Jansen die Afrikaner Nasionalistiese Beweging. Na ‘n vergeefse stryd om die HNP te suiwer en liberale elemente buite te hou, is die ANB gestig met die doel om ‘n versamelpunt van alle ware Christen-Afrikanernasionaliste te wees. In die proses wil die ANB die Afrikaner geestelik, fisies, ekonomies en polities opskerp, sodat hy paraat sal word om die totale aanslag op sy voortbestaan teen te staan. Dit is die enigste organisasie wat homself nog nooit geskaam het, of hoef te skaam vir sy geskiedenis of identiteit as Afrikaner nie. Waar ander sogenaamde Afrikaner-organisasies en partye met elke windjie van verandering die pad byster geraak het vir rykdom, aansien en persoonlike belang, het die ANB nog altyd die koers gehou en die stryd voortgesit vir die Afrikaner se vryheid, met God-Drie-enig as die fondasie en Christelike Afrikaner Nasionalisme. Deur sy doen en late, hou die organisasie hom by die waarheid, en sal hy onwrikbaar daarby staan.

Ek, Dirk Joubert Jnr., het die ANB se standpunt gehuldig, en dit duidelik gestel dat die oorwinning van ons volk se vryheid nie van binne die bestel gaan kom nie, maar van buite. ‘n Volk herwin nie sy vryheid deur dit van sy vyand te vra nie, en definitief nie deur te doen soos sy vyand vra soos byvoorbeeld om te gaan stem nie.

Ek het aan Francois van der Merwe gesê dat ek vermoed daar het iets meer agter die skerms by Groblersdal gebeur en dat die hele oefening daar, dalk ‘n ander agenda het as om net die twee manne uit die tronk te kry, want die geskiedenis herhaal homself.

Die Groblersdalgebeure gaan oorspronklik oor die saak teen twee manne wat gearresteer is vir aanranding nadat ‘n werker hulle met ‘n panga gedreig en die manne ‘n hond op die werker losgelaat het.

Francois van der Merwe, saam met mnr. Dries Olivier, het ‘n optog gereël om hierdie twee mans by te staan buite die hof, in die vorm van ‘n protes aksie/optog. Na sterk waarskuwings van Generaal Scheepers, dat hul nie óm die hof moet beweeg nie, maar eerder net bly waar hul is, het Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Willem Petzer en Tewie Wessels met mnr. Dries Olivier beraadslaag en in opdrag van laasgenoemde die opdrag van die Generaal verwerp en die polisie bestorm. Francois is egter die enigste een wat dadelik gearresteer is.

Die Bittereinders het toe ook die VF+ verdag gemaak, deurdat eersgenoemde ‘n optog gereël en daarby verklaar het, dat daar geen organisasie of party is wat vir die Afrikaner wil opstaan nie.

Nadat Van der Merwe se borgaansoek afgewys is, wou burgers regoor die land vir hom ‘n protesaksie reël, maar dit is totaal en al van die hand gewys. Daar is gevra dat geen organisasie, party of persoon ‘n protesaksie sal reël nie.

Tewie Wessels, Willem Petzer en Devon Hofmeyer is later egter ook opgeroep om hulself by die polisie te gaan oorgee nadat daar klagtes en sake ook teen hulle gemaak is.

Vier manne in die tronk en niemand mag protesteer of ‘n optog reël nie. Maar hul bankbesonderhede word die wêreld ingestuur vir finansiële steun vir hul borg en regskostes. Wêreldwyd gaan dit in die media uit.

Neil de Beer, selferkende uMkhonto weSizwe (MK) lid, voormalige spioen vir die ANC en persoonlike agent vir Nelson Mandela, haal toe die kollig by Boermedia se lewendige uitsending van die hofsake, met Bheki Cele, minister van die SAP, en die minister van Justisie, Ronald Lamola wat die hofverrigtinge van die Groblersdalsaak bygewoon het. Hier kom De Beer na vore as die enigste persoon, onder die vaandel van sy party, die United Independent Movement (UIM), wat vir hierdie vier manne sal intree. Hy koop vir hulle kos, water en koeldranke, terwyl hulle, soos hy sê, in bloedige hitte in die selle sit en wag vir die hofsaak om voort te gaan.

Die vier mans, Francois, Willem, Devon en Tewie is borg toegestaan en hulle is weer vrygelaat.

Dit blyk dat Neil de Beer doelbewus gekies is om die een te wees wat na vore moes kom en die vier manne kom bystaan. Dit is duidelik dat hy gestuur is om ‘n “leier”-figuur te wees vir misleide Afrikaners wat dan vir hom moet stem in die komende verkiesing.

Francois van der Merwe beweer egter dat hy weet wie en wat Neil se Beer is en was, en het hy stilweg ook verklaar dat hy homself distansieer van die man, en niks met hom te doen wil hê nie. Francois het ‘n Facebook-peiling (poll) gedoen met stemregistrasies. Op die vraag “Vir wie gaan jy stem?” het meer as 40% van Afrikaners wat deelgeneem het aan die peiling, die UIM, Neil de Beer se party, ondersteun.

‘n Vraag aan Francois van der Merwe was toe: “As jy teen Neil de Beer se betrokkenheid in jul sake is, en as daar dan geen agenda of samewerking is tussen die Bittereinders en Neil de Beer nie, waarom maak jy dit nie bekend nie?” Waarop hy geantwoord het dat daar intêrne sake is met Neil de Beer wat hom verhoed om dit te doen. Maar as ‘n mens jouself by die waarheid skaar en geen bande met die UIM of Neil de Beer het nie, dan kan so ‘n uitspraak mos enige tyd gedoen word?

Neil de Beer is ontbloot in 2020 met die BrendanHorner moord, waar De Beer begin video’s maak het waarin hy homself bereid verklaar om as leier vir Suid-Afrika te staan.

Na baie navrae van burgers oor wie De Beer is, het talle geleerdes hom ontbloot as iemand wat nie die suiwer stryd van ons volk se vryheid wil stry nie, maar die droom van Nelson Mandela wil verwesenlik in ‘n reënboognasie-ideologie. Hy vat ook hande met ander partye en organisasies in die Multi Party Charter, om teen die ANC by die stembus te veg.

Die ANB sê: Onder geen omstandighede moet die burgers van Suid-Afrika stem nie! Dit sal legitimiteit gee aan hierdie goddelose, antichristelike bestel, wat onregmatig oor ons aangestel is deur verraaiers, misleiers en oorgeërs! Die ANB sê: Verwerp die bestel en stem vir verset! Jou wegbly stem tel!

As ‘n magdom van Suid-Afrikaanse burgers nie stem nie, bewys dit ‘n mosie van wantroue in die bestel en die ANC regime. Dit sal bewys dat die burgers van Suid-Afrika die ANC en sy bestel verwerp. Deur te registreer en te stem, stel dit die partye wat al vir 30 jaar lank die soustrein ry, op hul gemak, want so word die vertroue in die sisteem bewys.

Op Devon Hofmeyr se Facebook-blad plaas Hofmeyr: “Later vanmiddag vlieg ek af Kaapstad toe waar ek in die komende week verskeie politiese leiers en kern-rolspelers in ons land se politiek sal ontmoet ivm dié jaar se verkiesing.”

Francois van der Merwe het ook aan getuies erken dat Devon Hofmeyr op pad is om ‘n ooreenkoms met Neil de Beer en die UIM te maak, en dat Hofmeyr wil gaan aansluit by die UIM van De Beer,wat verkiesbaar staan in die komende 2024-verkiesing.

Dit is ‘n bewys dat die Bittereinders organisasie geen standvastigheid, beginsels of beleid het nie. Dit is ‘n paar manne wat gestuur word deur hulle meesters in rigtings waar dit hul pas.

In 2023 by die Witkruismonument het Francois van der Merwe met die ANB kom praat, waar hy aan tafel gesit het met die voorsitter van die ANB, mnr Carel van der Grijp, en selfs ‘n donasie van die ANB gekry het om brandstofkostes van die Bittereinders te dek, omdat die ANB op daardie staduim geen verskil of botsing met die Bittereinders gehad het nie.

Daar het Francois erken dat die Bittereinders geen struktuur, beginsels, beleid of grondwet het nie, maar bloot net bestaan om verset te toon en daar waar kameras en publieke oë is, die aandag op hulle te vestig.

Die Bittereindernaam is gegee aan mans en vroue in ons geskiedenis, wat buite die bestel die stryd vir ons volk voortgesit het onder die vaandel van Afrikaner Nasionalisme. Paul Kruger, M.W Pretoruis en Piet Joubert het nie deur die Britse bestel ‘n politieke stryd gevoer vir die Afrikaner se vryheid ná die Britte se onregmatige anneksasie in 1877 nie. Hulle het die volk buite die bestel opgeroep om in verset teen die onregmatige bestel op te tree. Nie binne nie, maar buite en teen!

By die vredesonderhandelings van 1992 en 1994 was dit die verraaiers, oorgeërs en vredepraters wat ons volk se vryheid op vernederende voorwaardes weggee het. Daardie selfde organisasies, partye en persone is vandag nog aktief besig om die voortbestaan van ons volk te bedreig. Dit is teen hierdie organisasies, partye en persone wat die Afrikaner Nasionalistiese Beweging ‘n stryd voer vir ons volk se voortbestaan.

Die vraag is egter nou, (en so blyk dit) is die Bittereinders, Willem Petzer en Tewie Wessels deel van ‘n agenda om misleide Afrikaners en burgers by die stembusse te kry?

In 2014 skryf The Citizen: “SA Voter Apathy Worrying” en skryf The Star: “Change Needed to Fight Voter Apathy”.

Mnr. Jaap Marais het in 2000 gesê: “Hoe groter die getal Blankes is wat weier om aan die verkiesing deel te neem, hoe sterker word die gees van verset en hoe gunstiger word dit om in gemeenskaplikheid teen die vyand te staan en die stryd voort te sit.”

Daar heers groot kommer by die huidige bestel oor die afwesigheid van stemmers. Dit beteken dat burgers hul vertroue in die sisteem verloor het, soos People’s Assembly in April 2018 berig: “It is this trust in political leaders which seems to be lacking.” Dit is waarom die vyand ons by die stembusse wil kry!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1706 gaste aanlyn