NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het sóveel om oor dankbaar te wees deur Jesus Christus wat ons 'n ware lewe geskenk het deur al ons sondes op Hom te neem, dat ons nie net 'n tiende van ons geld en tyd verskuldig is nie maar ons hele lewe aan Hom behoort te wy, in alles wat ons dink, sê en doen.

HOE OM NIE DOOD TE GAAN NIE

Dr. Michael Greger

WAAROM DIE NUWE BOTTERGIER?

“Botter is terug”.   "Beëindig die oorlog teen botter".   "Botter: Die nuwe gesondheidskos"...   Dit is oral in die media. Wat gaan aan met botter?

Reeds aan die einde van 2008 het die wêreldwye suiwelbedryf 'n vergadering in Mexikostad gehou en planne gemaak om "die negatiewe impak van melkvet deur reguleerders en mediese professionele persone te neutraliseer". Daarna het hulle wetenskaplikes gevind wat saam met hulle sou werk en instansies wat hulle van befondsing sou voorsien om "navorsing" uit te voer wat die publiek die verband tussen versadigde vet en siekte nie sou laat glo nie. En sedert die begin van 2009 het ons artikels gesien en mediaberigte gehoor wat gebaseer is op baie wankelrige wetenskap wat die voordele van versadigde diervette bevorder.

Vroeg in 2014 het navorsers data van verskeie van die swak navorsingswerke gekombineer, en 'n referaat is gepubliseer wat berig dat geen beduidende verband tussen versadigde vet en hartsiektes gevind is nie.

Soos ons kon verwag, het die hoofstroommedia hierdie nuus gegryp en daarmee gehardloop. Dalk was hulle ook omgekoop soos onlangs met die Covid-kabaal toe hulle aanhoudend valse inligting berig het. Verskeie wetenskaplikes – en selfs sommige van die verslagskrywers self – het egter kommer uitgespreek oor die talle foute in die verslag en het gewys waar verkeerde getalle uit baie van die oorspronklike studies getrek is. Baie wetenskaplikes het gevra vir terugtrekking van die foutiewe inligtingstuk maar natuurlik het dit op dowe ore geval want die Geldmag was agter hierdie opvoering.

Verder was daar verskeie studies beskikbaar wat getoon het dat diëte laag in versadigde vette die voorkoms van hartaanvalle en beroertes verminder maar natuurlik nie by hierdie analise betrokke was nie.

Doelbewuste groot vet verwarring is geskep deurdat diëte wat ryk is aan botter dikwels vergelyk is met ongesonde laevet diëte wat uit verwerkte voedsel bestaan. Dit is soos om jou duim met 'n baksteen te slaan, teenoor om jou hele hand met 'n baksteen te slaan. Sekerlik, om net my duim te slaan, sou 'n bietjie beter wees, maar as ek 'n keuse gehad het, sou ek liewer albei scenario's vermy.

Die referaat wat hierbo genoem is, het ook nagelaat om aan te spreek wat mense wat hul inname van versadigde vette verminder, eerder dan verbruik. Dit was ‘n doelbewuste strategie want wanneer versadigde vet met gemorskos vervang word, is dit baie maklik om te sien hoe die vermindering van versadigde vetinname geen gesondheidsvoordele sal inhou nie. In die Time-artikel waarna in die begin van hierdie artikel verwys is, het die skrywer afgeroomde melk, margarien, aandeterolletjies en nie-vet slaaisous gelykgestel aan 'n laevet dieet. In vergelyking met hierdie baie patetiese voorbeeld van 'n laevet-dieet, is dit maklik om botter goed te laat lyk.

Vir jare het duisende navorsingwerke getoon dat 'n dieet gebaseer op vrugte, groente, volgraan, 'n matige hoeveelheid neute en sade, en 'n minimale hoeveelheid verwerkte voedsel, voorkomend is teen hartsiektes, kanker, diabetes, vetsug en kognitiewe agteruitgang.

Heel, plant-gebaseerde voedsel is wat die mens nodig, dis eenvoudig. Maar dit sal seker 'n taamlik vervelige storie vir Time wees.

Hier is net 'n paar voorbeelde van navorsing wat getoon het wat diervette aan jou kan doen:

Volgens 'n verslag van die Archives of Neurology benadeel oormaat cholesterol geheue, taal, oriëntasie en ander breinfunksies.

Harvard-navorsers het 'n voornemende ontleding van 90 655 premenopousale vroue van 26 tot 46 jaar gedoen en vasgestel die inname van diervet gedurende premenopousale jare word geassosieer met 'n verhoogde risiko van borskanker. ’n Verhoogde risiko is nie geassosieer met die eet van plantaardige vette nie.

International Journal of Obesity het berig oor 'n deursnit-studie wat getoon het hoe minder diereprodukte in die dieet, hoe minder gewig is oor 'n tydperk van 5 jaar opgetel.

In 2009 het die Adventiste Gesondheidstudie wat meer as 60 000 mans en vroue betrek het, bevind dat die voorkoms van diabetes by individue op 'n plantgebaseerde dieet 2,9% was, vergeleke met 7,6% by nie-vegetariërs.

In die Lifestyle Heart Trial het Ornish bevind dat 82% van pasiënte met gediagnoseerde hartsiektes wat 'n plantgebaseerde dieet gevolg het (wat 10% van kalorieë van vet, 15% tot 20% van proteïen en 70% tot 75% van koolhidrate toelaat, en minder as 5 mg cholesterol per dag) het 'n beduidende afname van arteriosklerose na een jaar gehad. Drie-en-vyftig persent van die kontrolegroep het progressie van arteriosklerose getoon.

Na 5 jaar het stenose in die plant-gebaseerde groep afgeneem. Die kontrolegroep het 'n progressie van stenose ervaar.

Plant-gebaseerde dieet het verminderde risiko van kardiovaskulêre siekte en totale sterfte by volwassenes bewys.

Die Advieskomitee vir Dieetriglyne het bevind dat plant-gebaseerde diëte geassosieer word met 'n verminderde risiko van kardiovaskulêre siektes en sterftes in vergelyking met nie-plant-gebaseerde diëte.

Die koue feite:

Maak nie saak wat jy op TV, die internet, in boeke of in tydskrifte sien nie, studie na studie het getoon dat dierlike vette – insluitend botter – skadelik vir die gesondheid is. Sommige navorsing toon dat die vervanging van dierlike vette met plantolies ryk aan poli-onversadigde en mono-onversadigde vette die risiko van baie siektes verlaag, maar die beste opsie is om soveel olie as moontlik uit die dieet uit te skakel. ALLE olies is 'n verfynde/verwerkte produk en veroorsaak verskillende mates van inflammasie.

Wat moet ek eet!?!

Ons sal goed doen om oor te leun na 'n dieet wat gebaseer is op heel, plantvoedsel. Dit is belangrik om plantvette te eet, gebruik daarom avokado of hummus op brood (om ten minste die botter of margarien te vervang). Of eet sommer skoon avokado enige tyd! Alle heel groente en vrugte wat olieryk is soos olywe en avokado asook neute en sade veroorsaak nie die inflammasie wat die uitgeparste olies doen nie. So werk dit ook met vrugte en groente: moenie die sappe uitdruk nie, dit is waar die sure is. Eet die heel vrug of groente want die vesel is die alkaliese deel wat in volmaakte harmonie met die suur is net soos God dit bedoel het in Genesis 1:

11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.

12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle *voedsel wees.

Dit is dus die groente EN die vrugte, neute en sade, wat God aan die mens as voedsel gegee het. As die mens dit nie ten dode toe verwerk het nie en heel bly gebruik het, sou daar moontlik geen siektes ontstaan het nie.

Ter afsluiting, onthou wat die boek Daniël beskryf oor Daniël en sy drie vriende wat ná hulle ontvoering na ‘n vreemde land, geweier het om die koning se ryk maaltye te aanvaar:

5 En die koning het vir hulle *’n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan *voor die koning kan dien.

6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, *Hanánja, Mísael en Asárja.

8 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met *die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.

9 En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

10 En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?

11 Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja aangestel het:

12 Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink;

13 laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.

14 Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel.

15 En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.

16 So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.

En die Woord sê Daniël was mooi van aangesig.

Daar het u dit!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1170 gaste aanlyn