Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moed is om dié ding te doen waarvoor jy bang is. Daar kan nie sprake wees van moed sónder vrees nie, maar dis die wete dat iets ánders belangriker is as vrees.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (4)
Dr Gustav Norval
DPT-entstof
Dit word geggee op 2 maande, dan weer op 4 maande, 6 maande, 15-18 maande en weer op 4-6 jaar.
Die DPT-entstof (SmithKlineBeecham Co.) bestaan uit ‘n mengsel van kinkhoes- (pertussis), witseerkeel- (difteria) en tetanustoksoiëd antigene (DPT= Diptheria-Pertussis-Tetanus) in ‘n mengsel van aluminiumfosfaat, natriumchloried, natriumhidroksied, formalien, soutsuur, skaaprooibloedselle, gliserol, varkpankreas-proteïen en timerosal. Die kinkhoesentstof was in die 1950’s op Britse kleuters getoets en ten spyte van die feit dat 42 babas epilepsie ontwikkel het, was DPT goedgekeur en op groot skaal vervaardig en toegedien. Die kinkhoeskomponent van die eerste DPT-entstof het dooie bakterieë bevat wat verantwoordelik was vir heelwat probleme soos onomkeerbare breinskade en selfs dood (Pediatrics:vol.1{4} 1948), erge neurologiese komplikasies, verstandelike vertraging, selfs verlamming by kinders (Lancet:Maart 1950), asook erge konvulsies (spasmas en sametrekkings) (Jnl. of Pediatrics:47, 1955) en “infantile myoclonic seizures” (Jnl. of Pediatrics:50, 1957). Volgens die NS:Febr.1987 het die eerste kinkhoesentstof (vervaardig deur die Wellcome Foundation) gelei tot gevalle van neurologiese skade soos die geval toe 14-maand-oue Johnnie Kinnear in 1971 teen kinkhoes geënt was: hy het skielik erge onomkeerbare breinskade opgedoen en is ‘n koolkop, inkontinent en kan nie praat nie. Hy moet gevoer, gebad en aangetrek word.
Maar hy was maar een van talle slagoffers. Britse ouers het in die 1960’s verneem dat talle geënte kinders soortgelyke breinskade opgedoen het en ‘n uitgebreide ondersoek was daarna geloots. Dokters Ross en Miller het in hul verslag gemeld dat slegs een uit elke 100,000 kinders breinskade opgedoen het. Die Britse regering het die kans as weglaatbaar klein beskou en massa-immunisasie het onverhinderd soos voorheen voortgegaan. In die 1970’s het die Britse regering die kinkhoes-inentingsprogram tydelik op ys gesit en daarmee het die kinkhoes-verwante sterftetempo afgeneem. Toe die inentingsprogram in die 1980’s weer hervat was, het probeleme weer opgeduik.
In die VSA het daar ook gevalle van breinskade by kinders wat teen kinkhoes geënt was voorgekom en dit het daartoe gelei dat ouers miljoene dollers kompensasie in 30 hofsake oor ‘n 5 jaar tydperk ontvang het in die dae toe VSA-wette farmafirmas nog aanspreeklik gehou het vir die veiligheid van hul produkte. Ongelukkig het die toedrag van sake later drasties verander, soos ons later sal sien. Prokureur McDowell het talle eise teen die farmafirmas Wyeth, Lederle en Connaught Laboratories gehanteer en sy kommentaar was dat hulle in weerwil van die feit dat hulle vir 20 jaar geweet het dat kinkhoes-entstof skade veroorsaak, hulle nogtans voortgegaan het om dit te bemark. Hulle wou ook nie ‘n minder skadelike kinkhoesentstof bemark nie: “The drug companies own documents mention reports of adverse reactions, such as brain damage, deaths, seizures and shock, dating from the 1940’s up to the present. The papers also show that, in the 1960’s, the drug companies began to develop a pertussis vaccine that would be less likely to cause side effects” (Miller). Maar die veilger entstof het nie op die mark verskyn nie.
Die gesondheidsbewuste Sweedse regering het darenteen ouers in Swede ingelig oor die risiko’s wat kinkhoesentstof inhou en meeste ouers het daarteen besluit. ‘n Britse pro-entstof groep het die Swede gewaarsku dat ‘n ontploffing van kinkhoes die land sou tref, maar volgens Kallings (van die Sweedse Nasionale Bakteriologiese Laborotorium) het daar net een sterfte voorgekom. In die vroeë 1980’s het Japannese entstofvervaardigers ‘n bakterie-vrye kinkhoes-entstof vervaardig en beweer dat dit onskadelik is. Maar, is die nuwe generasie DPT-enstowwe werklik so veilig of loop ons kinders ‘n risiko om daardeur beskadig te word?
DPT kan die volgende probleme by kinders veroorsaak:
* “parapertussis”:
Kinkhoes slaan soms toe by kinders wat reeds daarteen geënt was. Die kinkhoes wat verskyn nadat ‘n kind een of meer keer daarteen geënt was, word nou “parapertussis” genoem. In 1993 het ‘n kinkhoes-epidemie die kinders van Cincinnati getref: hiervan was meer as 80% van die kinders onder 5 jaar oud daarteen geënt. Volgens die Jnl. of Medicine: Julie 1994, is die kinkhoes-entstof nie van veel waarde nie: “more than 80% of cases in a recent epidemic occurred in children who had received regular doses of the shot.”
‘n Kinkhoes-epidemie het in 1995 onder Russiese- en Europese kinders uitgebreek wat voorheen teen kinkhoes geënt was en kastig immuun daarteen moes wees. Die WGO het die uitbraak as “an international public health emergency” beskou. Kinkhoes-entstof het ook gemaai onder Australiese Abbo-kinders: “in the early 1970’s, 50% of the Aborigine children were dying a few weeks after receiving a DPT shot. The culprit was the pertussis part of the vaccine, which was posing a special danger to children with impoverished diets” (Miller). Volgens die Australian Nurses Jnl.: Des. 1977 hou die toediening van DPT ‘n risiko in veral by kinders op ‘n lae vitamien-C dieët en dit is dan wanneer die entstof die kind se immuunstelsel karnuffel. Dit kan so erg wees dat ‘n kind daardeur gedood kan word.
- sogenaamde “wiegiedood”
Die verskyning van die gevreesde wiegiedood (“cot death”/of “Sudden Infant Death Syndrome”/ SIDS) het die mediese wêreld dronk geslaan en baie ouers het gevrees dat hul baba ‘n slagoffer kon wees. Babas ondervind sonder ooglopende rede asemhalingsprobleme en sterf dan skielik en onverklaarbaar. In Engeland alleen sterf daar 40 babas per maand (of 2 per duisend babas) en dit is die hoofoorsaak van sterftes by kinders onder 6 maande. In die VSA sterf 5,000-10,000 babas van 2-4 maande jaarliks aan wiegiedood, gewoonlik 4-21 dae na inenting (google: “Dispelling Vaccination Myths”). Japannese gesondheidswerkers het reeds in 1979 agtergekom dat daar ‘n verband is tussen SIDS en DPT-enstof. Die Japannese het toe verbied dat DPT aan kinders onder 2 jaar gegee word en daarna het die voorkoms van SIDS in Japan drasties gedaal. Die Japannese regering het egter die verpligte toediening van enige enstowwe in Japan in 1994 gestaak. In die VSA word kinders net na geboorte gepos met DPT ten spyte van die Japannese se bevinding dat DPT lei tot SIDS in party babas.
Ene Dr. Screibner (van Australië) het babas gemonitor voor en na DPT-inenting en waargeneem dat DPT die baba se asemhaling vir weke na enting beïnvloed: asemhaling is vlak en onreëlmatig en by tye staak dit soveel so dat party resussitasie benodig! (Miller). Dr. Lindgren (‘n pediater van Oslo University) het ook ‘n definitiewe verband tussen SIDS en DPT-entsof gevind. Maar dit is te begrype dat DPT-vervaardigers op die bewerings sou reageer en hulle het heftig teruggekap. Skielik het wetenskaplikes mediese joernale vol geskryf oor die oorsake van SIDS en volgens die Pasteur Instituut is nikotien die sondebok. Hulle gee ouers wat rook die skuld vir wiegiedood. Ander meen SIDS is ‘n aangebore harttoestand, terwyl “lethal child abuse”, en verkeerde slaapposisie ook vir SIDS blameer word. Volgens die NS: April 1999 is: “the consensus that the majority of cot deaths are due to unexplained but naturally occurring events” en is dit die gevolg van onbekende oorsake. Alles behalwe DPT word geblameer en daarom sal die farmafirmas nooit DPT onttrek van die mark nie, want dit bring baie dollers in en op die koop sneuwel ‘n paar useless eaters.
* Allergieë:
DPT-entstof word ook geblameer vir allergiese reaksies wat by baie kinders gesien word. Dr. MR. Odent skryf dat kinders wat kinkhoes-entstof kry, ses keer meer vatbaar vir asma-aanvalle is as kinders wat dit nie gekry het nie (Jnl. American Medical Assosciation: vol.272/8, 1994). Sowat 4% van kinders ly aan een of ander vorm van allergie soos asma, hooikoors en voedselallergie (teen neute, melk ens.). Jare gelede was allergie by kinders ‘n rare verskynsel. Net na die nuwe generasie entstowwe op die mark verskyn het, was Amerikaanse klinieke oorval met klagtes van allergiese reaksies by kinders. Dit is veral die kinkhoesgene in DPT wat hiervoor verantwoordelik is en soveel as 11% van geënte kinders aantas. In teenstelling daarmee, kom allergieë net in 2% van ongeënte kinders voor (Jnl. Am. Med. Assoc., Aug 1994, p. 592).
Daar is twee maal soveel asmalyers by kinders wat DPT gekry het as by kinders wat dit nie gekry het nie (Jnl. Manipulative Phys. Ther. Vol. 23(2), 2000. Die Epidemiology Jnl. (vol8 van 1997) skryf dat soveel as 23% van geënte kinders asma, en op tot 30% ander allergiese toestande ontwikkel en dat allergieë bykans onbekend is by kinders wat nie ingeënt is nie. Volgens Marchant kan sommige allergiese reaksies fataal wees, veral die wat stuiptrekkings en anafilaktiese skok veroorsaak (NS:Febr.2001). En die voorkoms van allergieë en asma skyn te verdubbel elke 10 tot 20 jaar (New Engl. Jnl.of Med:April 1989). Tot die farmafia se voordeel natuurlik.
* breinskade:
Volgens die NS:Febr.2002 lei die pertussis-deel van DPT moontlik tot breinskade en daarom het Swede die toedien van pertussis-entstof so ver terug as 1979 nie-verpligtend gemaak. Baie meer kinders sterf aan DPT-komplikasies as aan kinkhoes self en dit word beweer dat DPT 100 keer gevaarliker is as die siekte (google: “Dispelling Vaccine Myths”). Kinkhoes was aan die afneem voorat DPT op die mark verskyn het en die siekte is sederdien nog steeds met ons. Miller dokumenteer in sy boek gevalle van kleuters wat breinskade ure of dae na die toedien van DPT-entstof opgedoen het. Sommige kinders het verstandelike vetraging of serebrale verlamming opgedoen en sommige babas het epileptiese aanvalle ontwikkel na die toedien van DPT. Vervaardigers kap terug en sê: “fever from the DPT vaccine may trigger one of these seizures. These kids already had underlying problems and DPT was the first fever-producing insult that occured to the child. It wasn’t the vaccine that caused the brain damage, it was the fever from the vaccine.” Vertel dit aan die moeders wie se babas breinskade opgedoen het of wat tot honderde epileptiese aanvalle per dag kry.
Dr. Murphy (Pediatric Neurology, Milwaukee Children’s Hospital) wys daarop dat daar oorweldigende bewyse bestaan wat dui op ‘n verband tussen kinkhoesenstof en die voorkoms van epilepsie onder kinders: “there is just overwhelming data that there is an association between the pertussis vaccine and seizures. I know it has influenced many pediatric neurologists not to have their own children immunized with pertussis.” Dr. Menkins, voormalige hoof van die Pediatric Neurology UCLA staaf die bewering: “you have permanent, irreversible brain damage.” Die voorkoms van epilepsie en sametrekkings na DPT-inenting kan soveel as in 1 in 300 gevalle gesien word.
Daar is ook ander vorms van breinskade wat kan volg na die toedien van DPT se kinkhoes-deel, soos byvoorbeeld infantiele encephalitis (breinontsteking) en bakteriese infeksies soos meningitis (virus-breinvliesontsteking). In Swede en Japan word kinkhoes-entstoftoediening tot 2 jaar oud uitgestel om probleme soos hierdie uit te skakel (vergelyk die DPT-toediening op 2 maande oud in die VSA) en daarom het Swede en Japan gevolglik ook die laagste kindersterfte-syfers in die wêreld.
In 1993 het die DPTH-entstof (‘n kombinasie van DPT en Haemophilus-griepkieme) verskyn en binne 2 jaar was daar die volgende rillers in Amerika gerapporteer: 175 kinders moes hospitaal toe, 56 het konvulsies gehad, 78 is opgeneem, 17 het blywende skade getoon en 35 het gesterf. Meeste kinders was jonger as een jaar, 50% het reaksies getoon binne 24 uur na toediening en 80% binne 48 uur na toediening van die entstof. Sommige kinders het sowaar twee dosisse ontvang, selfs nadat hulle teen die eerste dosis gereageer het! (Miller). Dit is kwakkery op sy beste!
* ADHD:
Dit blyk dat daar ook ‘n verband bestaan tussen DPT en die voorkoms van kindergedragsprobleme, hiperaktiwiteit en ADHD (“attention-deficit hyperactivity disorder), alles toestande wat op tot 20% van skoolgaande kinders aantas (Jnl. American Med. Association: Mei, 1988 en sien ook google: “National Vaccine Information Centre”).
Die kans vir skade na inenting met DPT beloop sowat 1 in 1,750 (google: “Dispelling Vaccination Myths”), maar die kans dat die kind witseerkeel, kinkhoes of klem-in-die kaak sal kry as hy/sy nie daarteen geënt word nie is baie minder as 1:1,750. Dit is ‘n feit dat siektes soos kinkhoes, voordat entstowwe gewild geword het, besig was om af te neem en dit was veral waar van witseerkeel: daar was ‘n 90% afname in die siekte voordat DPT op die mark verskyn het (google: “Vaccinations may be Rx for Disaster”). Wat het ons nou in plek daarvn? Dokters rapporteer sowat 10,000 gevalle van DPT-entstofskade per jaar in die VSA, asook sterftes en permanente immuun- en neurologiese probleme. Volgens die CDC sterf daar in die VSA slegs 10 kinders per jaar aan kinkhoes, teenoor die 1,000 sterftes a.g.v. DPT-entstofskade. Dit dui daarop dat die entstof 100 keer meer skade as die siekte self doen! Feite soos hierdie word van Jan Publiek weerhou en verdraai en aangebied asof entstowwe onontbeerlik is vir lewe. En intussen maak big business megadollers uit die naïewe useless eaters.
Vervolg…(5)