Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nadat die Fariseërs Jesus probeer versoek het met die vraag of hulle belastings aan die keiser behoort te betaal, het Hy hulle geantwoord: 'Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom'. Want die keiser se kop was op die muntstuk en kon hy maar sy regverdige deel kry. Nou is die vraag of ons aan God betaal wat Hom toekom: nie net ons tiendes in geldvorm nie, maar Hy vra ook 'n tiende van ons tyd in diens van Hom. Maar in die lig daarvan dat alles aan God behoort, maak dit sin dat jy met dít wat Hy aan jou toevertrou het, sal doen wat Hy wil hê en nie wat jý wil hê nie.
TRUMP BY ‘N WATERSKEIDSLYN
Ons het pas verneem dat Israel besig is om wetgewing in te stel om Christene uit te roei – ‘n eeu-oue ideaal wat nou momentum begin kry. Daar is besluit op 1-2 jaar tronkstraf vir persone wat die Bybelse Evangelie verkondig of selfs net met ander daaroor praat. Hierdie verloop gaan ‘n interessante wending neem wanneer Amerika daarop moet reageer.
Waarom dit ‘n warm kluitjie vir Trump behoort te wees, is oor sy eie offisiële aanneming van die Judaïsme twee jaar gelede – intussen verkondig hy sy “Christenskap” vanaf talle openbare verhoë wanneer die publiek hom in ‘n hoek daaroor plaas. Sy algehele beeld straal egter nie die eienskappe van ‘n opregte gelowige in Jesus Christus uit nie – inteendeel, sy openbare optredes vertoon heelwat van sy arrogante selfliefde en oordrewe selfvertroue.
Trump is ook nie bekend vir ‘n man wat by sy standpunte hou nie. Sy oordrewe “vredesaankondiging” bluf mens nie as jy na sy optredes in die verlede oplet nie. In ‘n voorbeeld tydens die Biden-regime het Trump die Demokrate gekritiseer omdat hulle bomme op Jemen gegooi het. Jy hoef dit nie te doen nie, het Trump gesê, jy kan probleme oor die telefoon oplos. Nou is dit Trump wat Jemen bombardeer!
Diegene wat oor buitelandse sake dink, kom tot die gevolgtrekking dat dié bombardering net nog 'n Trump-guns aan Israel is – want Trump en die Israeliese president is groot vriende. Dit help nie om die moorde in die Oekraïne te probeer stop net om moorde in Jemen te begin en om die moorde in Gasa en teen die klein oorblyfsel van die Wesoewer voort te sit nie. Wat vertel dit van Trump se se selfgeskepte beeld as “vredeskepper”? Is Trump dan net gedeeltelik vir vrede, afhangende van ligging?
Trump se bombardement op Jemen kan in iets groter verander – Trump se nasionale veiligheidsadviseur het gesê dat Washington moontlik Iranse oorlogskepe kan begin bombardeer. Hy het nie die punt daarvan verduidelik of die gevolge aangespreek nie. Die strydlustigheid wat die Trump-regime uitstraal, bevraagteken Trump se opregtheid oor vrede, en nie net in die Oekraïne nie. Inderdaad, die manier waarop Trump die Oekraïne-onderhandelinge hanteer het, het die situasie aangeblaas. Die Oekraïne-konflik is Washington se gevolmagtigde oorlog met Rusland, en dit is hoe Rusland dit verstaan. Na dese word Trump se groot vredesveldtog in geheel bevraagteken want dit bly by praat een ding maar doen ‘n ander ding.
Suksesvolle onderhandeling moes tussen Trump en Poetin plaasgevind het. In plaas daarvan het Trump met Zelensky vir 'n tydelike wapenstilstand probeer onderhandel en daarna vir Poetin gedreig as hy nie wil saamwerk nie. Deur dit te doen, het Trump Poetin probeer forseer tot samewerking, kwalik 'n manier om vertroue op te bou. Soos almal behoort te weet, ook Poetin, is daar geen ooreenkoms as een kant daartoe gedwing word nie.
Intussen moet Trump eerder 'n blaaskans vat, ophou praat oor hoe hý dinge wil doen en liewer uitvind hoe om sy poging vir die herstel van Amerika beter georganiseer te kry. Ook moet hy ophou om homself as die “vredesregter” voor te doen en baie goed dink voordat hy iets sê oor Israel se nuwe wetgewing oor hulle verbod op Christenskap want as hy deur die publiek in ‘n hoek gedruk word om te antwoord, gaan daardie antwoord ‘n waterskeidslyn wees wat alle vrede in sy land tot niet kan maak!