Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hulle wat nie met hul daaglikse brood alleen tevrede is nie maar met 'n onbeteuelde hebsug na grenslose besittings jaag, en dan nietemin God met bede aanroep vir hul daaglikse brood, doen niks anders nie as om Hom te bespot. Want om te bid vir dinge wat hulle eintlik verfoei – die eenvoudige daaglikse brood – is huigelagtig.
REËNBOOGLAND (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Rooi John Hunter en die Engelse (2)
Die boere in die buitedistrikte en op die grens, het ons hoofbrekens besorg. Hulle was gedurig oorhoops met die Swart stamme wat sporadies oor die grens gebars het en groot verwoesting aangerig het. Daar het verskeie oorloë plaasgevind, waar ons verplig was om teen die Swartes op te tree om hulle weer oor die grens te kry. Dit was alles te veel vir hierdie boere. Hulle het gesê hulle kon dit nou nie meer met ons en die Swartes uithou nie. Baie van hulle het hul waens gepak en noordwaarts begin trek. Naderhand was dit ‘n Groot Trek.
Ons het hulle probeer keer, want hulle wegtrekkery het die kolonie se noord- en oosgrens feitlik weerloos gelaat. Maar hulle was nie te keer nie. Die een trek het op die ander gevolg. Hulle het gesê hulle trek liewer die wildernis in as om nog langer onder ons Britse verdrukking te krepeer. Nou ja, daarmee het hulle die sekerheid van Engelse beskerming en handhawing van wet en orde versmaai en verruil vir ‘n lewe van ‘n half-barbaarse be-staan tussen duisende moorddadige Swartes, wat hulle almal kon uitwis. Ons was bang dat dit kon gebeur nadat hul leier, Piet Retief en sy manne in Februarie 1838 in die Zoeloekoning se kraal vermoor is en ‘n paar honderd van hierdie Trekkers in die Tugelavallei om die lewe gebring is, maar toe hulle ander leier, Andries Pretorius, by Bloedrivier duisende van hierdie Zoeloes laat doodskiet en die res wat gevlug het, agternasit om hulle almal uit te wis, het ons geprotesteer. Die chaos in Natal moes ‘n end kry en wet en orde gehandhaaf word. Daarom het ons die Republiek wat hulle daar gestig het, in 1843 geannekseer. Toe trek hulle weer. Die vroue het gesê hulle loop liewers kaalvoet oor die Drakensberg terug as om ooit weer onder Britse gesag te staan.
In die Vrystaat waarheen die meeste van hulle getrek het, was daar baie gou die grootste onenigheid en warboel, sodat ons ook daar moes ingryp om wet en orde te herstel. Ons het die hele gebied geannekseer en dit die Orange River Sovereignty genoem. Ons het met Mosjes, die Basoeto-kaptein en met Adam Kok, die Griekwa-hoof, verdrae gesluit en hulle betaal om in hulle gebiede wet en orde te handhaaf. Die Trekkers wat daar gewoon het, wou nog minder onder hierdie inboorlinge se gesag staan as onder ons Engelse s’n. Goewerneur Harry Smith was genoodsaak om hulle in 1848 by die slag van Boomplaas te onderwerp en tot orde te roep.
Maar die onrus en probleme het daarna nie opgehou nie, want al die inwoners van die gebied, die Voortrekkers, die Basoeto’s, die Griekwas en van ons Engelse wat daar woonagtig was, het naderhand só oorhoeks met mekaar gelê, dat ons Kaapse regering nie meer met hulle raad geweet het nie en in 1854 die hele Vrystaat maar vir die Voortrekkers gegee het om hulle begeerde Republiek daar te stig.
Twee jaar vantevore het ons alreeds die Oorvaalse gebied aan hulle afgestaan, waar hulle leiers, Andries Pretorius en Hendrik Potgieter, die Transvaalse Republiek opgerig het. Ons regering in Engeland was op hierdie tydstip al baie onwillig om nog langer groot onkoste aan te gaan vir die bestuur van hierdie gebiede noord van die Oranjerivier. Daardie kwaai Voortrekkerleier, Hendrik Potgieter, het glo gesê hy trek die binneland in, weg van ons af, “want waar die see is, is die Engelse.” Daar in die Oorvaalse gebied waar hy hom gevestig het, het hy met ‘n wrede en harde hand teen Moselekatse, die Matebele-hoof opgetree, toe hy hom by verskeie plekke soos Vegkop, Mosega en Kapain heeltemal verpletter het, sodat Silkaats met ‘n klein klompie vlugtelinge na Bulawayo moes uitwyk. Ons regering aan die Kaap was nie in staat om iets tot beskerming van die inboorlinge van Transvaal te doen, soos wat ons in Natal en die Vrystaat gedoen het nie en het toe maar in 1852 besluit om aan hierdie Trekkers in Transvaal, wat hulle self nou Boere begin noem het, onafhanklikheid toe te ken en in 1854 ook aan dié in die Vrystaat.
Maar as ons ooit gedink het dat ons nou ontslae was van al die probleme wat ons met die Vrystaat gehad het, het ons ons deeglik vergis. Die Vrystaat het ‘n uitgerekte oorlog teen Mosjes gemaak en hom uit hulle gebied uitgedryf tot binne in sy vesting by Thaba Bosigo. Dit het van 1855 af verskeie kere gebeur. In 1869 was die Vrystaters se president Brand op die punt om Mosjes se mag heeltemal te breek. Die Basoetohoof het baie dringend vir ons gevra om hom tog te beskerm, wat goewerneur Wodehouse toe gedoen het. Daarna het ons in 1871 Basoetoland maar geannekseer en by die Kaapkolonie gevoeg. Toe kon ons Mosjes baie beter teen die Vrystaatse Boere beskerm, alhoewel die Basoeto’s toe skielik nie daarvan gehou het om Britse onderdane te word nie.
Die Sandrivierse en Bloemfonteinse Konvensies wat aan die Boere in Transvaal en die Vrystaat onafhanklikheid gegee het, was twee van die min foute wat ons Engelse staatslui ooit begaan het, maar dan moet ek toegee dat hulle nie kon weet dat daar twaalf jaar later in Vrystaatse gebied ontsaglike ryk diamantvelde ontdek sou word nie. Ook aan die wesgrens van Transvaal was dit die geval. Ons kon nooit toelaat dat die arme ou Vrystaatse Republiekie, wat nog nie eers sy kinderskoene behoorlik aangetrek het nie, met daardie fortuin heengaan nie. Dit sou die magsewewig in Suid-Afrika heeltemal versteur het en buitendien was dit dringend noodsaaklik dat die sterkste moondheid in Suid-Afrika beheer oor die diamantvelde moes uitoefen.
Ons het gesorg dat die onpartydige Keate-uitspraak die diamantvelde aan Niklaas Waterboer toeken en daarna het ons die gebied net eenvoudig gaan annekseer en by die Kaapkolonie gevoeg. Later het ons regering in Engeland die Vrystaat ruim vergoed vir die verlies van sy diamantvelde, deur aan hom die buitengewone groot bedrag van £90 000 te betaal.
Deur die Keate-uitspraak het ons ook in besit gekom van Transvaal se diamantvelde, daar op sy wesgrens. Daarna wou die Boere nie meer vir MW Pretorius as hulle president hê nie. Hulle het gesê hy het hulle saak oor die diamantkwessie swak verdedig. Hy is sommer ‘n ou dom Boer. Hulle kies toe vir ds Burgers van Hannover as president.
Daarna het dit nie goed gegaan in Transvaal nie. Ons was baie bekommerd toe ons sien hoe hierdie Boere-republiek stadigaan in ‘n groot warboel versink met die onbekwame president Burgers aan die spits. In Noord-Transvaal het die Swart opperhoof, Sekoekoenie, vir hom tande gewys en Burgers was nie in staat om hom tot orde te roep nie. Volgens ons mening was die land bankrot. Die Boere het erken dat hulle geen geld gehad het nie en tog wou Burgers ‘n spoorlyn bou van Pretoria na Delagoabaai, om met die Portugese te kan handeldryf. Die geld daarvoor het hy in Europa probeer leen en hope spoorwegmateriaal aangekoop en dit na Lourenço Marques verskeep, waar dit gelê en oproes het. Ons het maar voortdurend subtiele propaganda teen hom in Transvaal losgelaat en daarin geslaag om hom ongewild by sy eie mense te maak. Indien hy met sy spoorwegplanne sou slaag en vir die Boere ‘n florerende handel met die buiteland via die Portugese hawe kon opbou, sou ons Britse ekonomiese belange groot skade gely het.
Ons was spyt dat die Liberale Regering van Gladstone so maklik aan Transvaal en die Vrystaat onafhanklikheid toegeken het. Dit was ‘n terugslag vir die ontwikkeling van ‘n sterk Engelse koloniale ryk. Maar in 1874 het die Konserwatiewe Tories van Disraeli aan bewind gekom en die minister van kolonies, lord Carnarvon, se groot ideaal was om die vier Suid-Afrikaanse state, die Kaap, Natal, Vrystaat en Transvaal in ‘n federasie onder ons vlag te verenig. Daarom het ons aanhoudend vir Transvaal ingeprent dat hy bankrot was en dat die opstandige Bapedies van Sekoekoenie hul veiligheid bedreig en dat die Zoeloes onder Cetshwayo op die punt staan om saam met die Swasies die land binne te val en dat dit veel beter sou wees om saam met Natal en die Kaap in ‘n federasie te wees. Ons het gemeen dat die Vrystaat weens sy gedwonge isolasie dan vanself sou volg.
Ons het aan die hele wêreld verkondig dat die meerderheid van die Boere in Transvaal vír ‘n federasie met ons Engelse kolonies was. Of hulle dit geglo het, is ‘n ander saak. Ons het ook verswyg dat ons eie Kaapkolonie glad nie geneë was om met die ander state te federeer nie. Maar lord Carnarvon wou dit deurdryf en stuur toe vir Shepstone in 1877 om Transvaal te gaan annekseer. Nadat hy ‘n paar maande daar was, beweer hy dat die meerderheid van die Boere vír anneksasie was en toe doen hy dit op 11 April 1877.
Die Boereleiers, soos Paul Kruger, dr Jorissen en Piet Joubert, het twee maal hier in Londen teen die anneksasie kom protesteer, maar ons het hulle geen hoop gegee nie. Ons het ons misreken met dié hardnekkige Boere, want drie jaar later het dit tot ‘n gewapende opstand gelei, wat hulle hul “Eerste Vryheidsoorlog” ge- noem het. Ongelukkig is ons militêre mag onder sir George Colley by Majubaberg onkant gevang en deur Piet Joubert se kommando verslaan.
Intussen het Gladstone se Liberale Party weer groot opgang hier in Engeland gemaak en aan bewind gekom. Dit was die einde van lord Carnarvon se federasieskema. Ons het ook nie verder teen die Boere geveg nie en hulle hul onafhanklikheid in 1881 weer teruggegee.
Vyf jaar daarna was ons baie spyt dat ons dit gedoen het, want toe word daar in Transvaal aan die Witwaters-rand die rykste goudneerslae ter wêreld ontdek en dit was tog sommer vir almal dadelik duidelik dat hierdie ontsaglike rykdomme tog nie in die hande van die armsalige ou Boererepubliekie gelaat kon word nie en dat ons spoedige beheer daaroor moes verkry. Buitendien was ons Britse prestige en trots nog bitter gekrenk oor die skandelike neerlaag wat ons troepe in 1881 by Majuba teen hierdie Boere gely het. Daar het vir ons Britse ryk net één ding oorgebly: Majuba moes gewreek word en ons moes volkome beheer oor die goudvelde verkry. Ons causis belli vir oorlog teen die Republiek was die griewe van al die uitlanders aan die Rand teen Paul Kruger en sy regering.
Ons het twee uiters bekwame manne gehad wat die kuns verstaan het om die oorlogsgees aan te blaas. Dit was Joseph Chamberlain, die Minister van Kolonies en sir Alfred Milner, wat as Hoëkommissaris en Eerste Minister van die Kaap, vir die uitlanders aan die Rand moes help om die verskriklikste griewe teen die Republiek te ontwikkel. Toe ons hulle nou goed opgesweep het, het ons in 1896 van Rhodesië se kant af ‘n inval na Johannesburg laat maak deur dr Jameson, wat ongelukkig misluk het. Daarna het ons troepesametrekkings op die grense van die Republiek geplaas. Dit was net een te veel vir die Boere en die begeerde oorlog het uitgebreek.
Ek wil nie veel oor die verloop en besonderhede van hierdie driejarige oorlog, wat die Boere hulle Tweede Vryheidsoorlog noem, uitwy nie. Maar ons Engelse leërleiding word van ‘n paar verskriklike dinge beskuldig wat ek tog wil weerspreek. Alhoewel ons die Boere se twee hoofstede reeds vroeg in die oorlog ingeneem het en gedink het dat die oorlog toe verby was, was ons verstom om te ontdek dat dié hardnekkige Boere maar net aanhou veg en veg en veg. Daar was naderhand geen ander raad nie as om hulle huise te verbrand, hulle kosvoorrade te vernietig en hulle vroue en kinders in konsentrasie-kampe te plaas. Daarna het die wêreld verkondig dat ons 27 000 van hulle daar vermoor het en dat ons die Swartes teen hulle opgestook en bewapen het om saam met ons te veg. Ek wil darem eerlik wees. Indien ons nie al hierdie dinge gedoen het nie, twyfel ek of ons die oorlog ooit sou gewen het.
Na 1902 het ons ons nie meer baie ernstig met die twee nuwe kolonies bemoei nie. Ons het in besit gekry wat ons wou gehad het. Hulle rehabilitasie en ontwikkeling was maar bysaak. Die oorlog het ons te veel gekos en hulle moes maar self die puinhope weer opbou. Alfred Milner het probeer om hulle kinders in die skole te verengels, maar dit het nie veel gehelp nie. Maar twee van hulle gewese generaals het baie gedoen om hulle met ons Britse owerheid te versoen. Ons het hulle selfregering gegee en hulle het in 1910 met al vier kolonies ‘n Unie van Suid-Afrika gestig. Ons het hulle toegelaat om dit onder hulle eie vlag te doen.
Onder die bekwame leiding van hierdie gewese Boeregeneraals, Botha en Smuts, het Suid-Afrika ontwikkel tot ‘n waardige lid van ons Britse gemenebes van nasies. Die land het hulp van onskatbare waarde met sy deelname aan die twee wêreldoorloë aan ons Engelse en Geallieerde kant gelewer. Maar die meerderheid van hierdie Afrikaners het hulle nooit versoen met ons Britse oorheersing nie. Hulle vryheidsideaal is deur hul leiers, Hertzog, Malan, Strydom en Verwoerd aanhoudend aangeblaas, sodat hulle in 1961 vir hulle die Republiek van Suid-Afrika gestig het. Dit was ‘n groot terugslag vir ons Britse Statebond, want daarmee het ons ‘n baie waardevolle lid verloor. Ekonomies was dit ‘n ramp vir ons Moederland, wat daardeur ontsê is van al die kos-bare grondstowwe wat ons soveel jare lank uit hierdie kolonies van ons geput het.
Na 1961 het ons stryd teen die Afrikaners ‘n nuwe fase binnegegaan. Vanaf 1806 was die teenwoordigheid van die Hollandse Vryburgers, later Voortrekkers, wat Boere genoem is en toe Afrikaners geword het, ‘n do-delike struikelblok in die pad van ons Britse Empire se belange in Suid-Afrika. Met hulle republiekwording het ons gevaar geloop om heeltemal uit suidelike Afrika uitgedruk te word. Daarom moes ons noodgedwonge hierdie Afrikaners met hulle Republiek skadeloos stel. Ons het hulle beleid oor die Swartes daarvoor gebruik en vir die hele wêreld vertel hoe vreeslik hulle hierdie arme inwoners van die land verdruk en hulle alle menseregte ontsê. Die wêreld het saam met ons daarop aangedring dat hulle aan die miljoene Swartes volle burgerregte moet toeken. Toe al ons agitasies, propaganda en breinspoeling nie die gewenste resultate bereik nie en ons met ontsteltenis waarneem dat hierdie Afrikaner-republiek van krag tot krag voortgaan en reeds besig was om die magsewewig in suidelike Afrika in sy guns te vestig, het ons sy leier, dr Verwoerd, laat vermoor en met hierdie daad die verdere geskiedenis in ons guns gedraai.
Sy opvolgers was onder ons beheer. Hulle het sistematies die apartheidstrukture afgebreek en die land in 1994 sonder slag of stoot aan ‘n Swart terroristiese regering oorhandig. Nou is ons pad weer rooskleurig skoon ter verwesenliking van ons grootste ideaal, naamlik ‘n Engelstalige éénwêreldregering. Ons, die Illuminati of internasionale geldmag, kan nie meer van wêreldoorheersing gekeer word nie.
Swart...vervolg