Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die herstel van ’n volk deur sy godsdiens te herstel, is ’n wenresep vir elke volk op aarde; ook vir die Boerevolk. Ons kla graag oor die onreg van die ANC-regering, maar wat het ons volk in hierdie penarie laat beland? Dieselfde ding wat Juda as volk in ’n penarie laat beland het - godsdiensverval. As ’n volk se godsdiens verval, verval die volk.
REËNBOOGLAND (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (2)
2. Boela Komane en die Zoeloes
Net soos ander swart volke in Afrika, glo ons Zoeloes in die voortbestaan van die sterkste een, wat moet baas wees oor die ander. Daarom het Tsjaka, ons eerste groot koning wat die Zoeloenasie gestig het, sommer duisende laat doodmaak en koning Dingaan nog meer, sodat hulle seker kon wees dat niemand hulle gesag kon betwis nie. Die klein stammetjies in die omgewing moes ook uitgewis word, sodat ons Zoeloes oor almal kon koning kraai.
Ons sou seker die sterkste nasie in suidelike Afrika geword het as Moselekatse nie in 1824 weggebreek het en die Matebelenasie gestig het nie. Al het ons Zoeloes daarna, nes die Matebeles, al die ander klein stamme in Natal, die Vrystaat en sover as Transvaal geheel en al uitgeroei, het ons nooit weer so’n gedugte mag gevorm as wat ons onder die gevreeste Tsjaka was nie.
Ons Zoeloemag het al onder koning Dingaan begin agteruitgaan. Die Engelse nasie het ‘n groot aandeel daaraan gehad. Hulle kon jou nooit met rus laat nie. Hulle trek al agter jou aan en bemoei hulle met jou sake. Hulle maak of hulle jou help, maar uiteindelik trek hulle self die meeste voordeel daaruit.
Op ‘n goeie dag in 1835 het daar ‘n Engelsman, ‘n sekere Alan Gardiner, by Umgungunglovo aangestap gekom en vir koning Dingaan gesê hy wil daar sendingwerk kom doen. Hy was glo eers ‘n skeepskaptein. Maar toe bied hy vir Dingaan aan om almal wat hiervandaan wegvlug om straf te ontduik, te laat vang en terug te bring sodat hy hulle kan straf. Dit was maar altyd die doodstraf, want Dingaan het geen ander straf vir ‘n misdadiger geken nie.
Toe dit nie meer vir Gardiner lekker was nie, sit hy weer af Engeland toe en gaan haal nog ‘n ander Engelsman en sê vir Dingaan hierdie Engelsman, Francis Owen, moet nou by ons hoofstat sendeling speel. Dingaan het hom aanvaar.
Gardiner het vir Engeland gevra om asseblief Port Natal te annekseer en die Britse vlag daar te plant. Daar het ‘n stuk of dertig Engelse by die hawe gewoon. Koning Tsjaka het nog vir hulle toestemming gegee om daar te woon en handel te dryf. Toe Engeland nie die plek wou annekseer nie, gaan Gardiner soontoe en vertel vir die handelaars dat hy aangestel is as hulle magistraat. Hulle wou hom nie erken nie en toe het hy maar weer hier by die hoofstat kom rondlê en vir die Koning allerhande stories vertel.
Dit was juis in die tyd toe die Voortrekkers oor die Drakensberge Natal binnegekom het en hulle leier, Piet Retief vir Dingaan kom grond vra het waarop hulle kon woon. Die Engelsman Gardiner het goed geweet van hulle koms. Hy gaan vertel toe vir Dingaan dat Retief en sy mense weglopers is wat van hulle koning af gedros het. Hulle is nie van koning Jors se kinders soos hy en die ander Engelse nie. Hulle is eintlik skelms wat gestraf behoort te word. Hy het vir Dingaan gesê: “O Koning, jy moet tog nooit aan hulle grond afstaan nie. Jy weet tog wat jy doen met die weglopers wat ek altyd vir jou terugbring. Jy moet hulle straf.”
Hierdie Engelsman se stories het vir Dingaan baie agterdogtig gemaak teen Retief en sy manne. Hy wou weet waar Retief hulle eers gewoon het, waarom hulle getrek het, waarom hulle nie anderkant die berg gebly het nie, of hulle baie vee het, waar Silkaats nou is, of hy dood is en of daar baie van sy vee afgeneem is en waarom hulle nie in Silkaats se land gaan woon, terwyl hy nou daar uitgedryf is nie.
Dingaan was bang dat hierdie Boere met hom sou maak wat hulle met Silkaats gemaak het. As Gardiner hom nie so opgesteek het nie, sou hy dalk nie vir Retief en sy manne laat doodmaak het nie en sou die moorde by Bloukrans en Boesmansrivier ook nie plaasgevind het nie. Maar hy het hom misreken met die Boere se leier wat vir Retief opgevolg het. Daardie Andries Pretorius het sy mag gebreek en die dood van Retief hulle gewreek. Daarna is ons Zoeloenasie verstrooi.
Die Engelse het altyd voorgegee dat hulle ons Zoeloes goedgesind is en ons wil beskerm teen ‘n sognaamde “verdrukking” deur die Boere, maar as hulle eie belange bedreig word, maak hulle baie vinnig ‘n handomkeer. Toe hulle in 1878 koning Cetshwayo se grondeise teen Transvaal skielik nie meer wou steun nie, het daar ‘n verskriklike oorlog losgebars. Die Engelse het ons by Isandlwana aangeval, maar daar het oor die 500 van hulle Swart soldate en meer as 800 van die Britte self, dié dag in die stof gebyt. Daarna was ons Zoeloemag vasberade op pad om Natal weer te herower, maar die Engelse het by Rorkesdrif verbete weerstand gebied en ons impi’s toe finaal by Ulundi verslaan. Hulle het koning Cetshwayo gevange geneem en Zoeloeland ver-snipper.
So het ons Zoeloes net soos al die ander swart volke in Afrika, die les geleer dat vriendskap met die Engelse en die hulp wat van hulle ontvang word, net voortduur so lank as wat dit in hulle voordeel is om dit te handhaaf. Dit word vinnig kortgeknip as hulle belange bedreig word. Hulle is net vriendelik so lank as wat hulle kan baasspeel.
Nou hoor ons Zoeloes daar is mense wat dink ons almal in Suid-Afrika moet één groot nasie word waarin al die volke moet opgaan. Ons geskiedenis sê duidelik dat so iets nooit sal gebeur nie, want elke volk in die land wil niks anders wees as wat hy is nie. Ook ons Zoeloes wil nie “baster-Engelse” word nie; ons wil maar net opregte Zoeloes bly.
Jakob Matlala en die Basoeto’s ... vervolg