Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die meeste mense wonder wat die geheim van gelukkig wees is, in die allesdaagse rondom hom. Jy kan nie die vreugde wat jy aan iemand anders gee deur iets mooi aan hom te sê of te doen, beleef sonder om self daardie gelukkige gevoel te ervaar nie – vandaar die spreekwoord dat dit saliger is om te gee as om te ontvang!
GELDMAG SOEK SA SE RYKDOMME
"'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika soos dié van dr HF Verwoerd, wat beskik het oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword en moes hy vermoor word sodat Johan Vorster, wat reeds deur die Geldmag onderrig was, kon saamwerk totdat ‘n swart regering sou oorneem wat dit uiteraard baie maklik vir die Geldmag sou maak om Suid-Afrika te dreineer van sy rykdomme."
Suid-Afrika en die Sowjetunie beskik oor die grootste voorrade aan minerale rykdom wat daar in die wêreld te vinde is. Die olierykdom van die Arabiere sou in die 2lste eeu vervang kon deur die minerale rykdom van die Suid-Afrikaanse subkontinent.
Suid-Afrika beskik oor die wêreld se grootste afsettings van platina, chroom, mangaan, vanadium, vloeispaat, andalusiet en groot hoeveelhede van antimoon, asbes, lood, diamante, ystererts, mika, steenkool, koper, nikkel, fosfa titaan, uranium, vermikuliet, sink en sirkonium.
Delfstowwe waarvan Suid-Afrika genoeg het vir eie behoeftes en ‘n gedeelte ook vir uitvoer, is bariet, berilliu, veldspaat, grafiet, gips, kaolien, kieselgoer, korund, sout, vuurklei, tieroog en ander halfedelstene asook silwer en tin.
Die Tweede Vryheidsoorlog het nie lank na ontdekking van die omvangryke goudvelde in Transvaal uitgebreek nie. Destyds in die Britse aanval is gebruik gemaak van leuens oor sogenaamde menseregte vir die Britse inwoners in ons land soos stemreg ea. Vandag is die voorwendsel vir die aanval "apartheid", 'n woord wat die Geldmag en sy liberale media uitgedink het terwyl bitter min buitelanders weet wat dit werklik beteken en net aanvaar dat dit ‘n woord vir onvergeeflike misdaad is. Dieselfde stryd duur onverpoosd voort oor ons ondergrondse rykdom.
Die VSA het dit reeds jare gelede duidelik gemaak dat Suid-Afrika se lewering van grondstowwe lewensnoodsaaklik is vir die bestaan van die hele wêreld en dat effektiewe beheer in en oor Suid-Afrika en Zimbabwe net so 'n effektiewe kartel van minerale stowwe sou kon vorm soos die oliekartel van die OPUL-lande.
Vyf hoofminerale verleen aan suidelike Afrika 'n sleutelposisie in die voorsiening van onontbeerlike grondstowwe aan die vrye wêreld. Dit is chroom, die metale van die platinagroep, mangaanertse, asbes en goud. Van genoemde het chroomerts die grootste betekenis omdat daar geen plaasvervangers is in die produksie van roesvrye staal nie. Daarsonder kan geen motore vir moderne spuitvliegtuie of vir kruisermissiele gebou word nie. Verder word dit op groot skaal gebruik in die petrochemiese industrie, in kragsentrales, in kernreaktors, in die bou-industrie en in ander industrievertakkings.
Die invloedryke navorsingsinstituut The Heritage Foundation het in een uitgawe van sy publikasie geskryf: "Daar bestaan geen twyfel nie dat die (Amerikaanse) ekonomie nou en in die toekoms veel meer afhanklik sal wees van buitelandse invoere van nie-vloeibare minerale as van olie."
Die Verenigde State se kamer van mynwese het in Augustus 1981 in 'n publikasie geskryf: "Geeneen van die vernaamste industrie-nasies buite die Oosblok besit enige eie chroomreserwes nie. Inderdaad is daar net twee lande, Suid-Afrika en Zimbabwe, waarin byna die hele chroomvoorraad te vinde is". In suidelike Afrika kry 'n mens dan ook 96% van chroomerts ter wêreld.
Soos die bekende Duitse koerant "Welt am Sonntag" in 'n spesial uitgawe in Mei/Junie 1986 geskrywe het, is Suid-Afrika se aandeel as die Weste se grondstofvoorrade in persentasiesyfers soos volg:
- mangaanerts 93
- platina 83
- vanadium 61
- chroomerts 58
- goud 63
- vloeispaat 46
- diamante 29
- sirkonium 19
- antimoon 17
- uraan 16
Die aandeel van Suid-Afrika plus dié van die Sowjetunie aan die wêreldreserwes bedra in persentasies die volgende:
- mangaan 94
- platina 85
- goud 70
- chroom 70
- vanadium 65
Wat die edelmetale platina en goud betref asook die staalveredelaars mangaan, chroom en vanadium sou die wêreld afhanklik word van Moskou. Vandaar ook die vyandskap van die VSA teen Rusland.
Met al hierdie feite voor oë kan ons wonder hoe dit moontlik is dat regerings in Wes-Europa en Noord-Amerika onder hierdie omstandighede ons destyds met die instelling van totale ekonomiese sanksies teen die Republiek Suid-Afrika kon dreig. Hulle sou hulle eie fabrieke daardeur nie net afsny van die mineraallewerings van Suid-Afrika wat vir die tegnologiese ontwikkeling van hulle eie volkshuishoudings en vir hulle verdedigingsvermoë absoluut noodsaaklik is nie, maar ook van die grondstoflewerings van die meeste ander lande van suidelike Afrika, aangesien hulle uitvoerroetes vir die grootste deel deur Suid-Afrikaanse hawens gaan.
Dr. Antony Sutton skryf in sy boek The War on Gold: "Die grondliggende oorsaak vir die aanval op Suid-Afrika het min te doen met hulle rassemaatreëls of dié oor binnelandse sake. Dit is bloot propaganda vir die stryd vir goud. Vir elkeen moet dit duidelik wees dat 'n Kissinger, wat onverskillig is oor vervolging van polities andersdenkendes in die Sowjetunie, skaars geraak sal word deur ontbrekende stemreg vir Swart Suid-Afrikaners".
Professor Sutton voeg hierby: "Die stryd om goud het uitgegaan van Wallstraat se hoëfinansmanne. Ons kan hier net aanduidings gee van die ongelooflike gekonkel van hierdie finansiële establishment en die geinteresseerde leser se aandag vestig op die betrokkenheid van Wallstraat by die Bolsjewistiese rewolusie van 1917, asook hulle voortdurende militêre en ekonomiese hulp aan en beskerming van die Sowjetunie en hulle strewe na 'n "nuwe wêreldorde" (naamlik dollar-imperialisme onder Wallstraat-heerskappy) waardeur die USSR niks anders sou wees as 'n tegniese en finansiële kolonie van die VSA nie". (Sien ook "Wall Street and the Bolshevik Revolution" van Antony C. Sutton).
'n Mens kan begryp dat 'n enkele geldsisteem wat vir die hele wêreld tot eenheidsisteem verander is, 'n belangrike voorvereiste is vir die "Nuwe Wêreldorde". Dit beteken dat eers 'n volledige kontrole oor al die grondstowwe van die wêreld — en veral van goud — onder die beheer van 'n supra-nasionale wêreldorganisasie (die VVO) die voorafgaande voorwaarde daarstel vir 'n gesentraliseerde wêreldheerskappy.
Waarom? Omdat rykdom (m.a.w. grondstowwe) in die hande van diegene wat dit besit, mag beteken vryheid en onafhanklikheid, veral as die skatte maklik vir goud inruilbaar is. Die soewereiniteit van 'n nasie en sy onafhanklikheid, is dus 'n kwessie van sy mag en besit.
Alle pogings om die wêreld in 'n sosialistiese wêrelddiktatuur of "Nuwe Wêreldorde" (soos die VVO verkies om dit uit te druk) te verander, is gekonsentreer op die ondermyning van alle nasies se soewereiniteit, om hulle te beroof van elke moontlikheid van weerstand teen inlywing in die "Nuwe Wêreldorde".
Die vroeëre koloniale gebiede en feitlik alle lande van die Derde Wêreld is vandag de facto in besit van die internasionale superkapitaliste, wat aan hulle miljarde van waardelose papierdollars leen, terwyl die volk dit met die rykdom van hulle bodemskatte moet terugbetaal. Die hele "ontkolonialisering" was dan ook niks anders nie as 'n beplande skuif op die skaakbord van internasionale kapitaalgroepe om beheer oor hierdie lande te verkry.
So het hulle twee vlieë met een klap doodgeslaan en gelyktydig die weg van hierdie lande na die afhanklikheid van die "Nuwe Wereldorde" voorberei.
'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika soos dié van dr HF Verwoerd, wat beskik het oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword en moes hy vermoor word sodat Johan Vorster, wat reeds deur die Geldmag onderrig was, kon saamwerk totdat ‘n swart regering sou oorneem wat dit uiteraard baie maklik vir die Geldmag sou maak om Suid-Afrika te dreineer van sy rykdomme.
'n Korrupte swart kommunistiese regering sou uit die sogenaamde bevrydingsbewegings aan die bewind kom met behulp van verraderlike Afrikaner-leiers en só spoedig (veral vir verryking van die leiers) groot lenings aanneem en daarvoor die bodemskatte van Suid-Afrika aan die geldmagte van Wallstraat verpand.
Dit is ook die rede agter die skynbaar irrasionele toestaan van miljarde-bedrae se krediete aan feitlik alle lande in die wêreld, krediete wat werklik aan hulle opgedring word en in baie gevalle nooit sal kan terugbetaal word nie — maar dit is juis die geheime plan daaragter.
Dit berus nou wel nie op goeie sakebeginsels nie, maar die geheim daaragter word duidelik as 'n mens weet dat die regerings hierdie reuselenings waarborg en dat hulle belastingbetalers dit dus aan die banke sal moet terugbetaal. Die internasionale bankiers is nou wel geweteloos, maar seer sekerlik nie eenvoudig en dom nie. As pand vir terugbetaling kry hulle aanspraak op die lenerlande se bodemrykdomme of toekomstige oesopbrengste of ander ekonomiese bates van die lande. Hulle word daardeur baas oor daardie lande, wie se regerings hulle dan beheer.
Generaal-luitenant Sir William Butler, bevelvoerder oor die Britse magte in Suid-Afrika kort voor die uitbreek van die 2de Vryheidsoorlog, het die media se aandeel hierin genoem “....'n kolossale sindikaat vir die sistematiese verspreiding van valse berigte wat beheer hieroor uitoefen." Dit wat hy waargeneem het, was vir hom so walglik dat hy uit sy pos bedank het. Intussen het alles daarvan geêskalleer, van die media-leuens tot die korrupsie van die swart regime wat dit vir die Illuminati met sy seekatarms moontlik maak om sy suiers in elke faset van ons landsindustrie in te kry en daaruit te suig wat hy kan in die hoop dat die verwagte ineenstorting onder die onkapabele swart regering binnekort ‘n totale oorgawe aan die Geldmag sal meebring.
Die wêreldwye oorlog teen die Republiek van Suid-Afrika kan net teen hierdie agtergrond begryp word.
Hoofbron: Verraad teen Suid- Afrika deur Klaus D. Vaqué