NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Martin Luther het by geleentheid gesê dit is die allerbeste teken wanneer as antwoord op ons gebede, skynbaar die teenoorgestelde gebeur. Net soos dit ook geen goeie teken is as in antwoord op ons gebede alles na wense verloop nie. Daarom gaan God teen ons gedagtes in sodat dit lyk of Hy ná ons gebede nog meer toornig op ons is as voor ons gebede. Dit doen Hy alles slegs omdat dit in sy aard is om eers tot niet te maak wat in ons is voordat Hy ons sy gawes skenk.

SUID-AFRIKA TOT STILSTAND?

Hierdie artikel kom uit die jongste Nuusbrief van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging.

Tydens die afgelope drie jaar word Suid-Afrika al meer gedryf na ‘n politieke en ekonomiese ramp. Onluste word al hoe meer ‘n vorm van georganiseerde terrorisme. Sprake van rewolusies en voorspellings daarvan word al meer in die openbaar genoem. “We are not going to start at 8 in the morning, the 20th starts at 12 at midnight, by the time the people wake up, everything is happening.” – Julius Malema, EFF leier wat die nasionale stilstand vir 20 Maart 2023 aankondig.

Die EFF het in 2022 baie sulke toetslopies in Johannesburg gehad, maar dit was nie deur ’n groot aantal ondersteuners bygewoon nie. Met die 20 Maart 2023-opstand, wou die EFF die hele land tot ‘n nasionale stilstand dwing, briewe is by besighede deur EFF lede afgelewer wat vereis dat besighede nie op die 20e Maart funksioneer nie. Die doel van die opstand, volgens die EFF, was om Cyril Ramaphosa uit die leierstoel te kry, om beurtkrag te stop, en om die leë beloftes van die ANC aan te spreek.

Ramaphosa se onlangse oorwinning in die ANC verkiesing/ herstrukturering is egter nie toevallig nie, veral nie met die geweldige vuur waarin hy homself bevind met Eskom-probleme en die Phala-Phala skandaal nie. Net voor die verkiesings in 2022 is Ramaphosa na die VS vir ‘n besoek aan Joe Biden. The Star skryf: “The highly placed sources believe that Ramaphosa may have travelled to the US to seek a favor from Biden and the CIA to help him win the much-contested election.”

In die 2021 munisipale verkiesings het die ANC-verteenwoordiging in ‘n aantal dorpe in Natal soos o.a Newcastle teen Team Sugar SA verloor, ‘n nuwe party wat onlangs kop uitgesteek het met die Natal-onluste in Julie 2021. Die EFF probeer hulself op die voorgrond  teen Ramaphosa plaas as hulle die Phala-Phala skandaal as ‘n wantroue-element teen Ramaphosa gebruik, dit terwyl Julius Malema in sy onlangse toespraak sê: “It’s nothing personal against Cyril Ramaphosa, personally he’s a very good guy.” Die ANC het ook onlangs, in Februarie 2023, ‘n klomp koalisies met die EFF op munisipale gebied in Transvaal (Gauteng) aangegaan en is tans besig om te onderhandel vir sleutelposisies in die Oos-Rand (Ekurhuleni). Ook is hulle besig om van DA-verteenwoordigers in Transvaal ontslae te raak – Thembinkosi Nciza, Transvaal Sekretaris van die ANC sê aan Radio 702, dat hulle fokus nou geplaas is om die DA-regering en burgermeester van Oos-Rand (Ekurhuleni) uit hulle poste te kry – “Immediately after we will agree on what must happen, but of course whatever must happen must not disadvantage any party. We are negotiating in good faith with the Economic Freedom Fighters and other political parties.”

Dit is dan duidelik, dat die sogenaamde teenstand van die EFF teen die ANC en Ramaphosa deel van ‘n politieke spel is. Nadat Rivonia Circle, ‘n "Think Tank"-organisasie, ‘n opname van 2,000 geregistreerde stemmers gedoen het, skryf Eyewitness News dat die ANC se ondersteuning met meer as 50% kan val. Dit dui daarop dat Suid-Afrika oppad is na ‘n nasionale koalisie-regering in 2024. Hulle noem ook dat die DA se ondersteuning baie swak lyk. Terwyl beurtkrag, werkloosheid, bedrogsake en skandale gebruik word vir stemme in 2024, sê Amanda Qithi, Eskom se woordvoerder in Transvaal (Gauteng) – “The vandalism and theft have extended to include pylons, whose tower members are often stolen by criminal elements, resulting in steel structures collapsing and posing extreme danger to members of the public.”

Eskom sê dat hulle infrastruktuur afgebreek en gesaboteer word. Eskom-bestuurders sê aan BusinessTech, dat Eskom se probleme nie noodwendig net ’n gebrek aan vaardighede en onbevoegdheid is nie, maar ook ‘n probleem van kriminele elemente soos diefstal en sabotasie insluit. Hulle gaan verder deur te sê dat Eskom-bestuurders nooit die SAW-soldate gevra het om stasies op te pas nie, en beweer dat dit ‘n mors van tyd en geld is, en dat die sabotasie van Eskom gemotiveer is deur politiese elemente. Nuusblad, Aljazeera skryf op hulle webwerf, dat Ramaphosa se “State of Disaster” aangekondig is om die land se kragprobleem te hanteer en om onrus onder burgers te bedaar. Volgens die Oxford woordeboek is die betekenis vir die aankondiging van ‘n rampstoestand as volg: “A situation of national danger or disaster in which a government suspends normal constitutional procedures in order to regain control” en “A declared state of emergency allows the Premier to immediately make any desired regulations to secure public order and control.” Dit is moontlik dat die ANC, deur middel van wetteloosheid, onderduimshede, chaos en plundering aan bewind kan bly, solank as wat hulle die voertuig van die wêreld-elite bly.

Die EFF en Team Sugar SA, saam met nog ander radikale rewolusionêre bewegings, is moontlik die hand met die spies van die ANC om die onluste, optogte en onstabiliteit in Suid-Afrika te versnel en die ANC in die leierstoel te hou. Op 10 Februarie 2023 is Ramaphosa se toespraak in die parlement ontwrig toe die EFF die verhoog bestorm het met plakkate en slagspreuke om die rus te verstoor.

Is dit ‘n voorspelling en ‘n aanduiding van wat in die nabye toekoms wag?

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 847 gaste aanlyn