Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al opgemerk hoeveel wysheid kom outomaties van mense wat 'n vaste geloof in God koester? En hoe dieper daar in die werking van die menslike verstand gedelf word, hoe meer tekens vind ons van die wysheid van Hom wat dit geskep het. Dan word dit 'n lewenswyse om verstandig te wees en uiteindelik is gesonde verstand om dinge te sien soos hulle werklik is en dinge te doen soos hulle gedoen behoort te word.
REGSE VERRAAD - DEEL 7
Inleiding
In 1994 het die “regse” leiers van die Afrikaner Volksfront in samewerking met hul (nog minder) regse generaals die gladde oordrag van ons politieke mag aan ‘n Swart meerderheidsregering bewerkstellig. Deur skielik handomkeer om te swaai en hulle te verbind tot presies die teenoorgestelde waarvoor hulle hul ondersteuners opgeroep het, het die generaals en die Mulder-broers verseker dat ‘n vreedsame oordrag van mag na die Swart massas kon plaasvind. Hulle bedrogvolle optrede het dit moontlik gemaak dat die oorgawe-proses van die Nasionale Party enduit gevoer kon word sonder dat dit ontwrig is deur ontstoke Blankes wat hierdeur uit hul eiendom en politieke mag verkul is.
NI agente het ons uitverkoop
Dit is reeds in die vorige aflewerings onomwonde bewys dat die omgekoopte leiers van die Volksfront hul kiesers mislei en verraai het. Hulle is agente wat keurig met die hand uitgesoek is. Hulle verbintenis met die duistere magte wat die ondergang van die Afrikanervolk ten doel gestel het sal met verloop van tyd deur die volle ontplooiing van die geskiedenis al duideliker aan die lig gebring word. Die rol van IDASA deur sy Conservative Dialogue Program is reeds onomstootlik bewys. Daardeur is duidelik aan die lig gebring dat leiers wat deur hul volgelinge vertrou is besig was om onheil teen hul eie mense te bedink en te bewerkstellig. Vir ‘n pot lensiesop het hulle hul eie mense verraai – soms bloot net ter wille vir die eer van hul meerderes. Die rol van die Intelligensiedienste hierin sal ook meer en meer ontbloot word. Die befameinligtingsman, generaal Tienie Groenewald, se alomteenwoordigheid in die uitspeel van hierdie grootste verraad teen die Afrikanervolk spreek reeds boekdele oor die betrokkenheid van NI en selfs ook van ander internasionale intelligensiedienste.
Verloop van tyd sal verraaiers uitwys
Die wiel draai stadig maar seker. Gekonkel in die duister kom eindelik aan die lig. Veral wanneer die versluierde hand van die magtige media nie meer die misdadige verraadshandelinge verbloem nie. Laat die boodskap aan hulle wat ons volk in 1994 help uitverkoop het ondubbelsinnig wees – daar is geen versagtende omstandighede vir hoogverraad nie. En laat ook diegene wat hul nou weer daaraan skuldig maak om ons volk opnuut te mislei dit helder voor oë gestel word – geen genade sal betoon word by skuldigbevinding aan hoogverraad nie. Dié mees laakbare daad – om jou eie mense te verraai, hulle bedrieglik onder voortgesette dwingelandy te laat hou, hulle te verhinder om hulself vry in hul Vaderland te betuig – daardie daad verdien die doodstraf. Geen ander daad is só totaal liefdeloos teenoor jou naaste nie.
Verligte Aksie almal skuldig aan hoogverraad
In terugskoue kan vandag sonder enige twyfel verklaar word dat die NP-regering in aanloop tot 1994 doelbewus gekapituleer het voor ‘n onkapabele ANC bende, dat hulle boedel oorgegee het aangesien dit hulle vooropgestelde doel was om die Afrikaner uit te verkoop. FW de Klerk het oor sy voete geval om die ANC alles te gee wat hulle sou eis en meer. Hy en die ganse Verligte Aksie wat die toe reeds verloopte Broederbond en Nasionale Party gekaap het en die meesterbrein was agter die plan wat tot die vernietiging van Blank Suid-Afrika sou lei, behoort van hoogverraad aangekla te word. Dit lys is lank maar sluit die volgende name in: John Vorster, Nic Diederichs, Magnus Malan, prof Johan Heyns, prof Tjaart vd Walt, prof. Willie Esterhuysen, Jannie Geldenhuys, Constand Viljoen, Kobie Coetzee, Adriaan Vlok, Barend du Plessis, Hendrik Schoeman, Tim du Plessis, Wim de Klerk, Roelf Meyer, Piet Koornhof, Mike Louw, Chris Heunis, Fanie Botha .....
So ook die Volksfront-leiers
Die leiers van die Afrikaner Volksfront en die Vryheidsfront is net so skuldig aan hierdie verraad van die NP-regering omdat daardie uitverkoping nie volvoer sou kon word sonder die kritieke rol wat hulle gespeel het nie. Hulle het hul volgelinge bedrieglik mislei deur voor te gee dat hulle die NP-regering se uitverkoping probeer stuit, maar het toe juis die instrument geword waardeur daardie uitverkoping gladweg kon plaasvind. Hulle geheime gekonkel met die ANC wat sy neerslag in die Afrikaner Akkoord gevind het was die manier waarop hulle enige vorm van regse verset teen oorgawe van mag bemiddel het.
Afrikaner Akkoord hou geen heil vir ons volk in nie
Wanneer hierdie geskiedkundige feite in oënskou geneem word, slaan dit mens met stomheid dat daardie selfde dokument, die Afrikaner Akkoord, die eindproduk van die grootste bedrog teen ons volk, nou weer opnuut aangegryp word deur “regse” leiers. Dat dit boonop deur hulle aangebied word as die wyse waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verkry! Dit maak natuurlik absoluut geen sin nie. Dié verraadsdokument, produk van geheime gekonkel tussen die ANC en “regse” leiers moet nou weer die Afrikaner se heil bewerk. Dit was die sluwe slenter waarmee Afrikaners in 1994 die veelrassige demokratiese proses ingelok is, want deur middel daarvan sou die Afrikaner ‘n waarborg op ‘n Volkstaat hê. Dis presies 30 jaar later – waar is daardie volkstaat?
Waarom weer met dieselfde Akkoord bedrieg?
Die bedrieërs wat nou opnuut die Akkoord vir dieselfde rede probeer aanbied is opnuut besig om u te mislei. Daar sal in die volgende 30 jaar ook niks daarvan kom nie. Dié impotente dokumentjie was immers van meet af aan net ‘n weerligafleier met geen toepassings- of implementeringsmag nie. Dit is inderdaad nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Net so min as wat die “regse” leiers in 1994 daarmee ‘n volkstaat wou bewerkstellig, net so min is die spulletjie wat dit tans aandryf ernstig met die daarstel van ‘n Volkstaat. Die rede waarom hulle nou weer inderhaas planne maak om die Afrikaner met hul futiele oefeninkies besig te hou is omdat hulle daarop staat maak dat die mense se politieke geheue te kort is om te besef dat hulle nogeens, en boonop met die selfde truuk, gevang word.
Hierdie verraad belemmer ons vryheidstrewe
Dit is dus ‘n pertinente stelling dat die top-leiding van die “regse” leiers wat hul tans weer bemoei met die opdis van die Afrikaner Akkoord as middel tot daarstelling van ‘n Volkstaat, net soos diegene wat dit in 1994 gedoen het, agente is van die vyande van die Afrikanervolk. Hulle tree op in belang van die magte wat die Afrikaner vyandiggesind is. Die doel is om die Afrikaner in die onderhewige posisie waarin hy hom tans bevind, te hou. Daarom bied hulle ‘n “oplossing” in die vorm van die Afrikaner Akkoord aan. Die geskiedenis sedert 1994 het egter ondubbelsinnig bewys dat deur dié Akkoord geensins ‘n Volkstaat beding kan word nie. Dit is dus oneerlik en ook oneerbaar om die Afrikaner opnuut op daardie dwaalspoor te lei. Waarom weer ‘n plan opdis wat reeds klaaglik misluk het? En laat daar geen twyfel wees nie – diegene aan die topleiding weet waarmee hulle besig is. Net soveel as wat die Mulders, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg en andere geweet het dat hulle bedrieg en mislei, net so goed weet hierdie manne dit.
Volkstaat kan nie Selfbeskikking bewerkstellig nie
Ons het voorheen verwys na die onsinnigheid daarvan om politieke mag af te staan. Dat die rede vir die benarde posisie waarin ons volk hom tans bevind, die direkte gevolg daarvan is. Dit is dus dan ook net logies om te redeneer dat alleen die herwinning van politieke mag die antwoord tot herstel sal wees. En dit is dan die rede waarom die Afrikaner Akkoord heropgedis word – want dit sal kwansuis lei tot die daarstel van ‘n Volkstaat waar die Afrikaner weer selfbeskikking (politieke mag oor sy eie) sal hê. In die vorige aflewering is breedvoerig bewys dat die mag wat die Afrikaner in daardie volkstaat – wat basies ‘n groot munisipale area gaan wees – uiters beperk is. Dat hulle deurentyd steeds aan die grille en giere van die Swart meerderheidsregering uitgelewer sal wees, aan wie hulle steeds belasting sal betaal, aan wie se wette hulle steeds onderhorig sal wees. Is dít selfbeskikking? Ander (boonop volksvreemdes) besluit steeds oor jou – dis tog geen selfbeskikking nie.!
Wie bewerkstellig nuwe misleiding, maak hul skuldig aan verraad?
En dit weet Tabok en Boermedia en die nuutgestigte Volkskrag – die “nie-politiese” organisasie wat dié hoogs politiese kwessie gaan dryf. Wie sal weet watter van dié manne nou saamwerk met Nasionale Intelligensie en selfs daarvoor vergoeding ontvang om ons mense te mislei, en watter van die volgende name is slegs misleide meelopers wat nie besef dat dit ‘n bedrogspul is waaraan hulle meewerk nie. Die name van die betrokkenes moet maar genoem word – die geskiedenis sal eendag die oordeel vel: Louis Smuts, Willie Cloete, Koot van der Ryst, Francois van der Merwe, Danie Wessels, Jann Schlebush, Andries Breytenbach, Robert Stoltz, Henk van de Graaf, Tiaan Theron, Bernard Coetzee, Tewie Wessels, Willem Petzer, Franz Jooste, Steyn von Rônge, Jurg Prinsloo, André Smit, prof. Andries Raath. Hierdie lys is ver van volledig, maar sluit die meeste hooffigure in.
Nasionalisme mag nie weer in die sand geloop word nie
Ons mag hierdie nuwe verraad nie langer verduur nie. Dit mag nie weer toegelaat word nie. Die rede waarom dit juis nou weer aan die gang gekry word is die feit dat daar onder Afrikaners opnuut ‘n nuwe vlaag van Nasionalisme aan die ontwaak is. Dit word die duidelikste onder die Afrikaner-jeug bemerk. Nie alleen is hulle keelvol vir die feit dat hulle oral tweede viool moet speel teen onkapabele andersrassiges nie, hulle vra ook: waarom word ons eens trotse volk verkneg en staan ons onder dwingelandy van ‘n ras wat hierdie eens trotse land tot in die afgrond in bestuur, besteel, geplunder en vernietig het. Hulle vra: waarom is hierdie land waarvoor ons voorgeslagte met sweet en bloed betaal het nie meer onder ons beheer nie. Waarom word ons uitgedruk asof ons hier indringers is – terwyl die land ons eiendom is! Daarmee saam is die sterk tendens te bespeur dat ons volksgenote weer erns maak met die geloof, dat hulle hul al sterker verbind voel aan die Gelofte en dat hulle teruggryp na die tyd toe ons as volk in nabye verhouding tot ons God gestaan het.
Akkoord-verraad moet nasionalisme neutraliseer
Hierdie nuwe ontwaking van die nasionalisme is wat daartoe aanleiding gee dat dieselfde invloede wat bewerk het dat ons politieke mag in 1994 weggegee word, nou ook weer aan die werk spring om hul agente te aktiveer vir hierdie nuwe misleiding. Hierdie magte wil seker maak dat hulle op die ou resep van praat na regs (asof jy die volksaak dien), maar doen in die geheim na links (tot nadeel van die strewe van die herstel van ons vryheid) om sódoende die belang van ons volksvyande te dien. Die volk waarvan die nasionalisme aan die ontwaak is word deur die retoriek van “Selfbeskikking” en “’n eie Volkstaat” rondom jou vergader, sodat daardie vloedgolf van nasionalisme soos in 1994 effektief geneutraliseer kan word deur dit in die “regte” rigting te bestuur. Al die volksgenote se entoesiasme, ywer, harde werk en swaarverdiende rande word gestort in ‘n onhaalbare droom. Die uitkoms daarvan is reeds deur hierdie verraaiers bedink en beplan. Op die mees kritieke tydstip, wanneer daadwerklike optrede vereis word, verdwyn hierdie leiers net soos die groot Wenparty, die KP, van ouds. Dan is ons mense opnuut verslae en ontmoedig en is die slag nogeens geslaan vir die vyande van ons volk – deur “leiers” wat voorgegee het dat hulle die volksaak gedien het.
Verraaiers gaan alles in werk stel
Ons volk se politieke geheue is wel kort, ja. Maar hulle is nie bobbejane nie. En dit gaan baie harde werk en groot media-dekking verg om nogeens ‘n groot deel van ons volk mislei te kry. Daarom sal ons sien hoe hulle volkstaat-strewe selfs deur die volksvyandige Joodse media belug sal word – net soos wat Orania, Solidariteit en Afriforum, sogenaamde volksorganisasies, gereelde mediadekking ontvang.
Bestudeer self die feite – moet nie weer mislei word nie
Dit kan ook verwag word dat die gewone hantering van kritiek teen hul bose planne toegepas sal word. Ons sien reeds dat dit so toegepas word selfs met hierdie reeks artikels – hulle swyg daaroor soos die graf asof niks daarvan ooit gesê is nie. Maar wanneer dit rugbaar genoeg word en dié manne deur hul eie ondersteuners daaroor gekonfronteer word, wanneer dit nie meer doodgeswyg kan word nie, dan diskrediteer hulle die organisasies waarvandaan daardie kritiek en ontbloting van hul duistere motiewe kom, en huil hulle oor die ewige dwarstrekkers wat altyd net op die kantlyn sit en kritiseer, want self dra hulle dan kwansuis niks by tot die vryheidstryd nie. U as leser word egter opgeroep om die magdom feite en bewyse wat in hierdie reeks artikels aangebied is self te bestudeer, dit te toets aan die waarheid en dan u eie intelligente afleidings te maak.
Verwerp die verraad!
Te lank het ons toegelaat dat hul vernietigende konkelwerk ons volk skade berokken. Mag ons hierdie maal met die Genade van Bo hierdie misleiers se verraderlike rol ontbloot, nog voordat hulle hierdie nuwe misleidingsaksie behoorlik van die grond af het. Mag die Afrikaner Akkoord - wat ontwerp is om ons volk se verknegting in sy eie land te verleng - met die minagting verwerp word wat dit verdien. Mag ons as Afrikanervolk, die wettige eienaars van die Republiek van Suid-Afrika, nie berus in die terugbedel van ‘n stukkie van ons land, nadat ons politieke seggenskap oor ons eiendom ons deur verraad ontneem is nie. Die land is ons land! Ons Godgegewe erfenis. Ons sal biddende bly vir die herstel van ons vryheid in ons Vaderland – geen bedrieglike plan om ons te laat skik vir ‘n klein stukkie daarvan sal ooit deur ons aanvaar word nie!