Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die simboliek van die brandoffer en spysoffer in die Ou Testament soos deur God self voorgeskryf gedoen moes word, het volledige betekenis aan skuldbelydenis gegee: Die kop van die dier wat geoffer is het die setel van die mens se denke verteenwoordig; die gewaste binnegoed die mens se diepste innerlike; die dier se pote die mens se hande en voete wat aan God gewy moet word; ook mag daar geen suurdeeg in 'n spysoffer wees nie wat bedekte motiewe sou verteenwoordig; ook geen heuning nie want dit was verteenwoordigend van opgesmuktheid. Die soenoffer aan God moes dus in alle opsigte opreg, rein en volledig gebied word. Wat verstaan ons in hierdie moderne tye nog van soveel opregtheid?
KRITIEKE VELDBRANDE TANS IN WATERBERGE ... (2)
As u nog nie weet van die verskillende metodes wat die ANC-regime gebruik om blanke boere van hulle plase af te forseer nie, beloof hierdie artikel om vir u baie interessant te wees. Het u geweet dat daar nie-regeringsorganisasies (NGO’s) bestaan om die sogenaamde ‘African Wild Dogs’ te ‘beskerm’? WWDI (Waterberg Wild Dog Initiative) en EWT (Endangered Wildlife Trust) is twee sulke selfaangestelde nie-regeringsorganisasies wat uit Amerika befonds word en hulle openlik daarvoor beywer om al die plase in die Waterberg Biosfeer in een reservaat saam te snoer deur alle wilds- en beesheinings te laat sak. Dié NGO’s verkondig wyd en syd dat die honde al meer as 100 jaar in die omgewing voorkom, terwyl daar families is wat al vir meer as drie geslagte inwoners van die area is wat onder eed kan getuig dat die honde nie daar was nie en eers ongeveer tien tot 15 jaar gelede daarheen gebring is, let op, ‘gebring’ is in die tyd wat die ANC ons land onwettig op ‘n skinkbord gekry het. Hierdie leuen word deursigtig wanneer daar met van die ouer swart werkers daar gesels word. Hulle weet goed watter lede van die gemeenskap daarvoor verantwoordelik was.
Die boer mag nie aan hierdie wildehondtroppe raak nie want dit is hoog op die lys van bedreigde spesies geplaas. Geen jag op hulle is toegelaat nie, inteendeel, hy mag hulle tydens die “denning”-seisoen wat drie maande duur, nie eers van sy plaas af verwilder nie en die boer word verplig om tydens daardie maande elke gevaar vir die honde van sy plaas te verwyder. Dit sluit ook in gif wat uitgesit word vir jakkalse in lamseisoen.
In elke trop is daar ń alfa-teef met ń GPS-halsband waarvolgens die NGO’s ń boer van die honde se teenwoordigheid op sy grond verwittig. Indien die boer nie aan hierdie vereistes voldoen nie, word hy aanspreeklik gehou vir enige skade aan die wildehonde.
Maar wanneer dit die boer is wat enorme skade ly as gevolg van die honde se jag op teel/stoetdiere, kan Natuurbewaring in Limpopo glo niks daaraan doen nie, ook nie die honde verskuif nie omdat die wildehond-getalle in reservate glo reeds te hoog is. Tydens wintertyd jag die honde twee maal per dag op die plaas waar hulle oorwinter. Daar is al wildsboere in so ń mate deur die honde geruïneer dat hulle hul boerdery moes opgee. As die honde teeldiere sou vang kan ń trop maklik R60 000 tot R100 000 per nag opvreet!
Die boere doen alles in hul vermoë om voor te bly om heinings te versterk en herstel wat deur wild wat voor die honde probeer uitvlug, verniel word maar dit word tans ‘n onhoudbare toestand.
Ten laaste wil Gelofteland sy lesers vra om asseblief vir hierdie reeds beproefde boere te bid. Asof die regering se aanslag op hulle nie reeds meer as genoeg is nie, heers daar tans ontsettende droogte en is daar nie veel oor vir weiding nie. Nou word hierdie gebiede ook deur brandstigting geteister – in waarheid is daar geen twyfel aan die motiewe en die organisasies daaragter nie maar soos u hierbo gelees het, is daar niks wat die boere daaraan kan doen nie. Ons doen ‘n beroep op almal wat hiervan kennis neem, om ons hemelse Vader gereeld te pleit vir verligting vir die diere en hulle eienaars in hierdie gebiede. Mag ons regverdige God in die hemel elke pleitdooi hoor en sy kinders genadig wees!
(Ons kan ongelukkig nie die beloofde video plaas nie maar u het die prentjie hierbo nou voor oë.)