NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat ‘n politieke beleid van inval of verdwyn geen oplossing bied nie, beskerm ‘n wyse leier altyd sy minderheidsgroepe.  Vyf wolwe en een skaap kan tog nie om ‘n tafel gaan sit en stem wat hulle vir aandete wil hê nie!

KROTOA - DIE LEUENS OOR VAN RIEBEECK

Die ware Jan van Riebeeck en Eva Krotoa

deur Marthinus van Bart (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

In 'n pseudo-dokumentêre TV-rolprent, Krotoa, wat in Suid-Afrika bekend gestel is, word die Suid-Afrikaanse geskiedenis skandalig verwring. Die rolprent draai om die persoonlikhede van Jan van Riebeeck en die Koina-diensmeisie Krotoa (Eva) (c. 1642–1674), wat Maria van Riebeeck in die 1650’s aan die Kaap die Goeie Hoop as 'n jong tiener n diens geneem het om die gesin se kamerbediende en kinderoppasser te wees.

Maar wie was hierdie mense werklik: Kommandeur Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 as leier van 'n gevolg vakmanne van Nederland, na die Kaap gekom om 'n halfwegstasie vir die Nederlandse handelskepe te stig wat met die Verre-Ooste handel gedryfhet. Hy het met sy vrou, Maria, en hul kinders in 'n vesting wat die Nederlandse bouers uit klei en klip gebou het, die Fort die Goeie Hoop, aan die voet van Tafelberg tuisgegaan. Die taamlik beknopte klein geboutjie was die voorganger van die latere ruim en stewig, met klip geboude Kasteel die Goeie Hoop, vandag een van Kaapstad se bes bewaarde argitektoniese erfenisse.

Jan van Riebeeckhet opdrag van die direkteure van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in Nederland gekry om in vrede met die inheemse inwoners saam te leef, ruilhandel vir slagvee met hulle aan te knoop en om groentetuine en vrugteboorde vir die verbygaande Nederlandse skeepsbemannings aan te plant. Die doel was nie om die Kaap te beset en daarvan 'n Nederlandse kolonie te maak nie. Van Riebeeck en sy vrou is versigtig vir hierdie taak gekies: Hulle was geleerde, voorbeeldige en godsdienstige mense.

In die rolprent Krotoa, wat tans in Suid Afrika draai, word die waardige beeld van Jan van Riebeeck op 'n kru manier afgebreek, deurdat hy valslik as 'n misdadiger uitgebeeld word. Dit beskryf hom as 'n manlike chauvinis, egbreker, pedofiel, kinderverkragter, en grondrower.

Deur voor te gee dat die uitbeelding “maar net simbolies (‘metafories’) is,” probeer die regisseur die kwetsende lasterlikhede verskans agter “digterlike vryheid” of “romantisering”. In regisseur Roberta Durrant se eie woorde (soos aangehaal op www.channel24.co.za):

“There’s no concrete evidence that that [dat Van Riebeeck 'n kinderverkragter was] happened other than supposition. In terms of the rape, it was a very complicated moment in the film. And hopefully it comes across, but theirs was a complicated relationship and we chose to make it that way . . . But we hope that people see in the rape ametaphor. We want to look at the rape in terms of an attraction to a country and a place by the Dutch, and howthey ultimately settled here and they tookthis as their place. And it was a brutal occupation, in the sense that the Khoi people were displaced, a lot of them did die, and there were the Dutch- Khoi wars, and land was taken.”

Die ware karakter van Jan van Riebeeck

Uit Het Daghregister, kommandeur Van Riebeeck se amptelike dagboek wat hy self in veerpen-en ink by gehou het, skryf hy dat die Koina-meisie Krotoa 'n buitengewone taal-aanleg gehad, Nederlands gou baasgeraak het en dat sy naas haar huislike pligte ook as tolk kon optree tussen haar Koina-mense, die Strandlopers van die Goringhaikonastam, onder hoofman Herry en die Cochoqua (Saldanhars) onder kaptein Oedasoa, enersyds, en die kommandeur. Hy gee haar ook krediet vir haar hulp aan hom om 'n Nederlandse glossarium van Koina-woorde saam te stel.

Van Riebeeck het agteroor gebuig omin vrede met die nomadiese Koina aan die Kaap die Goeie Hoop te leef, en met ruilhandel albei partye te bevredig. Hy het herhaaldelik gekeer dat sy onderdane hulle op Koina-bendes wreek, wat hul beeswagters vermoor, hul tabaklande kaalgestroop, hul toerusting gesteel, hul vee geroof en hul wonings aan die brand gesteek het. Selfs Van Riebeeck se plaashuis aan die hang van Duiwelspiek is deur die Koina tot op die grond afgebrand.

Dit was eers toe hy en sy volgelinge deur algehele uitwissing bedreig is, dat hy tot wapenweerstand teen die aanvallers toegetree het.

Van Riebeeck was 'n geniale mens wat onder meer op wetenskaplike wyse sy ingewinde kennis van die inheemse mense, plante en diere opgeteken het, in 'n tyd toe daar geen boekstawing daaroor bestaan het nie.

Met die hulp van Krotoa het hy byvoorbeeld die Koina-name van die Koina-stamme en die van die Kaapse fauna en flora gefonetiseer, en so die eerste kennis-ensiklopedie oor Suid-Afrika ingelui. Hy het die Kaap van 'n onherbergsame woesteny in 'n lowerryke Eden omskep, en die Kompanjiestuin, as net een voorbeeld daarvan, staan vandag steeds daar as stille getuienis vir 'n regdenkende grondlegger en pionier vir die vestiging van 'n Christelike beskawing in 'n chaoties-heidense

Donker Afrika.

Al Van Riebeeck se geskrewe dokumente word in die Kaapse, Amsterdamse en Den Haagse argiewe bewaar, en is reeds deur die Tanap-projek, 'n samewerkingsprojek tussen die Kaapse Argief en die VOC-argiewe in Nederland, getranskribeer en elektronies in 'n rekenaar-databasis vasgelê. Dit is via die internet vir enigeen toeganklik. Niemand kan die verskoning opper dat hy of sy nie die waarheid aangaande Van Riebeeck geweet het nie.

Die Van Riebeecks was net tien jaar aan die Kaap, en toe hulle in 1662 na die Ooste (Batavia) vertrek het, het Krotoa agtergebly. Net voordat hulle vertrek het, is sy op 3 Mei 1662 deur 'n besoekende leraar van die Gereformeerde Kerk, ds. Petrus Sibelius, in die kapel van Fort die Goeie Hoop as Eva gedoop. Twee jaar later, op 26 April 1664, het Eva met een van die VOC se soldate aan die Kaap, Pieter van Meerhoff, oorspronklik van Kopenhagen, getrou. Hy was 27 jaar oud en Eva 21. Hulle het drie kinders gehad en het op Robbeneiland in 'n mooi huis met 'n fraai tuin gewoon, aangesien Van Meerhof die poshouer (opsigter), tronkbewaarder en boer – met varke, skape, beeste en pluimvee – van die eiland was.

In 1668 is hy ten tyde van 'n slawekoop-ekspedisie na Madagaskar vermoor, vermoedelik in opdrag van die Britse slawehandelaars wat 'n monopolie op die slawehandelsbedryfdaar en aan die kus van Oos-Afrika gehad het.

Krotoa die kranksinnige alkoholis

Op 30 September 1668 het Eva en haar kinders Robbeneiland verlaat en weer in Kaapstad gaan woon, maar sy het haar kinders verwaarloos en in drankmisbruik en seksuele losbandigheid verval.

Geeneen van die hubare witmans aan die Kaapwou met haar trou nie, en ook haar eie Koina-stam het haar verwerp omdat sy haar met die witmense en hul Christelike geloof vereenselwig het.

Eva is van 1669 af as kranksinnige (vermoedelik weens die nagevolge van die oormaat drank en geslagsiektes) op Robbeneiland aangehou, waar syop 27 Julie 1674 op 32 jarige ouderdom dood is. Haar oorskot is in Die Kasteel die Goeie Hoop se kerkie, Die Ark, onder die plank-oordekte grondvloer begrawe. Later is dit twee keer verskuif, steeds binne die Kasteel se terrein. Haar laaste rusplek was in die Groote Kerk se begraafplaas aan die noordekant van die kerk. Vandag is hierdie perseel oordek met teer, en is daar 'n steeg tussen die kerkgebou en die Groote Kerk-sakesentrum.

Eva se kinders – 'n vierde is buite-egtelik deur 'n onbekende rondslaper verwek – is aanvanklik deur die Vryburger Jan Reyniersz en sy gesin aangeneem en versorg. Later is twee, Pieternella en Solomon, in die pleegsorg van Bartholomeus Borns en sy gesin geplaas, en is hulle na Mauritius geneem toe Borns daarheen verplaas is,

Pieternella het in 1709 as 'n geleerde en verfynde, getroude vrou na die Kaap teruggekeer en het 'n voorbeeldige lewe in die wit gemeenskap gelei.

Dr. J. Celestine Pretorius het 'n insiggewende biografiese hoofstuk oor Krotoa, “Tussen twee wêrelde: die verhaal van Eva van Meerhoff”, geskryf vir haar boek Al laggende en pratende – Kaapse vroue in die Sewentiende en Agtiende Eeu, Human & Rousseau, Kaapstad, 1998. Dalene Matthee se deeglik nagevorste roman Pieternella van die Kaap is gegrond op die lewe van Pieternella van Meerhoff, en dr. Dan Sleigh, wêreldkundige historikus oor die VOC-tydperk en hoogaangeskrewe opvoedkundige, se bekroonde roman Eilande handel oor Krotoa en haarmense in die tyd van die VOC.

In hierdie betroubare boeke, soos ook in die talle outentieke geskiedkundige bronne oor die VOC-tydperk, is hoegenaamd geen verwysing na enige vorm van seksuele misdryf of kriminele pedofilie wat Van Riebeeckmet enige Koina-kind ofwit kind sou gepleeg het nie.

Geen klad op bekwame Van Riebeeck se naam

Ook is daar geen sweem van waarheid in die implisering van sy kwansuise ontrouheid aan sy vrou Maria nie en hy het hom nooit skuldig gemaak aan enige skandelike gedrag wat sy waardige amp as goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop sou aantas nie.

Daar bestaan voorts geen outentieke boekstawing in die noukeurige oorspronklike VOC dokumentasie oor Jan van Riebeeck, dat hy ooit 'n buite-egtelike verhouding met enige vrou aan die Kaap, Nederland of in Batavia sou gehad het nie.

Seksuele misdadigheid en ook homoseksualisme was in die VOC-tydperk met die dood strafbaar. Enige vorm van misdadigheid of onwaardige gedrag van watter aard ook al deur 'n VOC-amptenaar sou tot sy summiere ontslag uit VOC-diens gelei het.

In sy lang en indrukwekkende loopbaan as VOC amptenaar het Jan van Riebeeck van krag tot krag gegaan totdat hy in Batavia aan koors beswyk het.

Luidens die verskeie onbetwisbare biografiese is Krotoa kort na die aankoms van die Van Riebeecks aan die Kaap in die Van Riebeeck-huishouding onder Maria se leiding en toesig opgeneem. Maria het haar saam met haar kinders onderrig, ook in Bybelkunde laat katkiseer, en in die Gereformeerde Kerk laat doop. Krotoa het volgens Kerklike gebruik vir gekerstende heidinne 'n Bybelse naamgekry. Sy is na Eva, die eerste vrou van die Skepping, genoem.

Johan Antoniszoon van Riebeeck (1619–1677) was 'n hegte gesinsman wat sy vrou en kinders met die grootste liefde, respek en deernis behandel het.

Die gelukkige en Godvresende gesin het saam in die klein fortjie met sy min leefruimte gewoon. Dit sou onmoontlik vir Jan gewees het om onder daardie maatskaplik-huislike omstandighede, enige onbetaamlikhede met die Koina-kind te pleeg. Maria was die hele tyd daar, besig met die versorging en opvoeding van haar kinders, klein en groot. Krotoa is as een van die gesin behandel.

Jan was 'n verfynde, uiters voorbeeldige en bekwame goewerneur, skeepsdokter, eggenoot en gesinsman. Sy karakter as volwasse persoonlikheid en sy adelike herkoms was onbesproke.

Voor hul koms na die Kaap was daar pogings van sy mededingers om die pos van opperkoopman in Batavia, om hom te beswadder met bewerings oor private handel wat hy glo vir sy eie sak sou gepleeg het.

Die beskuldigings is deur die VOC se regslui ondersoek, en geen getuienis kon gevind word dat hy hom daaraan skuldig gemaak het nie. Sy luisterryke loopbaan (hy was later ook president van Malacca en sekretaris van die goewerneurgeneraal, raad van Indië, en ook die van sy seun Abram, opperkoopman van Batavia en goewerneur van Nederlands Oos-Indië) getuig van die geestesgesonde, onbesproke karakters en inbors van die Van Riebeecks en dat albei deur die direkteure van die VOC, die Here XVII, hoog aangeslaan en vertrou is.

Die VOC het by hooggeplaasdes geen oortreding, hoe ligtelik ook al, oor die hoof gesien nie. Summiere ontslag en ander kwaai strafmaatreëls was die enigste antwoord daarop.

C. Louis Leipoldt, mediese dokter, joernalis, skrywer en digter, het deurtastende navorsing oor Jan van Riebeeck se opvoeding, opleiding en loopbaan as skeepsmedikus gedoen. Dit is in sy boek Jan van Riebeeck: Die Grondlegger van 'n blanke Suid-Afrika, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad, 1936 (Ons Geskiedenis-Serie) opgeneem.

Leipoldt ondersoek selfs die beskuldigings van Jan se vyandigemededingers oor die beweerde private handel, en bevind, as duiwelsadvokaat, dat dit 'n beuselagtigheid sou wees indien dit ooit waar sou gewees het.

Watter positiewe gevolge die skeppers, vervaardigers en finansiers met hierdie rolprent beoog is nie duidelik nie. Beswaddering van taal en kultuurgroepe en hul ikone kan net tot vervreemding en vyandskap tussen alle gemeenskappe lei. Enwanneer ingeligtemense dit sien gebeur en daaroor swyg, sterk hulle die kwaaddoeners in hul kwaad. 'n Verdeelde huis kan nie bly voortstaan nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4050 gaste aanlyn