NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek mag nooit die lente van my jeug verkwis deur tyd te verspil nie; ek sal ryk saad saai om te blom wanneer ek 'n man is, en vrugte dra wanneer ek oud is – nog is my jeugjare die seisoen vir vreugde en liefde, maar my ryp jare dié van wysheid en insig.

DIE STRYD OM DIE TROON (8)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Stryd om die Troon

OPPAD NA DIE AFGROND

Die volk word deur konings tot afgodediens verlei

Ek is Elia, die profeet van die Here.  Hy het my geroep en gebruik om die volk van Israel ernstig te waarsku op ‘n tydstip in hul geskiedenis toe hulle konings met gruwelike afgodediens hulle verlei het om saam met hulle hiermee teen die Here te sondig.

Hierdie wegdwaal van God en sy gebod het sommer vroeg al in koning Salomo se tyd plaasgevind, toe hy vir sy uitlandse vroue aanbiddingsplekke opgerig het waar hulle hul afgode kon dien.  Hulle het vir Salomo verlei om die Here naderhand nie meer met soveel toewyding te dien soos koning Dawid nie. Hy het begin om self die afgode te aanbid.  Daarom het die Here die koningskap van hom afgeskeur en vir Jerobeam koning oor tien van die twaalf stamme gemaak.

Jerobeam was by uitstek die koning wat die afgodediens in Israel gevestig het en die volk verlei het om saam met hom te sondig.  Hy het twee kalwerbeelde laat maak, die een in Bet-El opgestel en die ander een in Dan.  Hy het onheilige heiligdomme op die hoogtes gebou en daarvoor sy eie priesters aangestel.  Op een van sy feesdae bring hy ‘n offer op die altaar wat hy in Bet-El opgerig het.  Toe hy bo-op die altaar staan om die offer aan die brand te steek, verskyn daar meteens ‘n profeet uit Juda wat uitroep:  “Altaar, altaar, só sê die Here:  Daar sal uit die nageslag van Dawid ‘n seun gebore word met die naam Josia, en hier op jou sal hy die priesters van die hoogtes slag wat op jou offers bring en hier op jou sal mensbene verbrand word!” Hy het ook voorspel dat die altaar uitmekaar sou ruk.

Jerobeam het sy hand na die profeet uitgesteek en vir sy helpers geskree:  “Gryp hom!”  Sy hand het verstyf; hy kon hom nie weer terugtrek nie.  Die volgende oomblik bars die altaar uitmekaar en Jerobeam smeek die profeet om tog te bid dat sy hand weer moes herstel.  Hy het dit gedoen en dit het gebeur.

So het die Here vir koning Jerobeam gewaarsku om nie met sy afgodediens voort te gaan nie, maar hy het daarin volhard en Israel saam met hom laat sondig.

In Juda het Rehabeam se seun Abia, nadat hy die troon bestyg het, dieselfde sondes as sy pa gedoen, maar die Here het tog vir hom ‘n nakomeling gegee ter wille van sy voorvader Dawid.  Sy seun Asa het die tempelprostitute uit die land verban en die afgodsbeelde verwoes. Hy het sy ouma se walglike Asjerabeeld stukkend gekap en in die Kedrondal gaan verbrand.  Koning Asa was sy hele lewe lank getrou aan die Here.

In Israel het Nadab sy pa Jerobeam as koning opgevolg.  Hy het nie lank geleentheid gehad om hom te besoedel met die afgodediens wat sy pa ingestel het nie, toe hy deur die goddelose Baesa vermoor word..  As koning het Baesa ook Jerobeam se pad geloop en Israel laat sondig.  Die Here het hom gewaarsku.  Sy goddelose seun Ela het net soos sy pa die Here uitgetart met hulle afgodsbeelde.

Ela het homself een aand in die paleis in Tirsa gesit en dronk drink toe Simri, een van sy strydwadrywers inkom en hom vermoor.  Hierdie Simri het dadelik nadat hy homself koning gemaak het, begin om al wat van Baesa se familie oorgebly het, dood te maak.  Hy was skaars ‘n week lank met sy duiwelswerk besig, toe sy krygshoof Omri die stad kom beleër en Simri homself om die lewe bring deur die paleis op hom af te brand.

Gedurende die twaalf jaar wat Omri koning van Israel was, het hy sy afgode met hart en siel gedien.  Hy was slegter as al sy voorgangers.  Hy het dieselfde verderflike pad as Jerobeam geloop en Israel laat sondig, onderwyl hulle die Here met hul afgodsbeelde uitgetart het.

Omri se seun Agab het na hom koning geword.  Hy het twee en twintig jaar lank geleentheid gehad om Israel meer as al sy voorgangers op die verderflike pad van afgodery te lei.  Hy het met die heidense Sidoniese prinses Isébel getrou en saam met haar het hy die afgod Baäl gedien en hom aanbid.  Hy het in Samaria ‘n tempel vir Baäl gebou en daarby ‘n afgodsaltaar en ‘n gewyde paal opgerig.  Hy het meer gedoen om die Here uit te tart as al die konings van Israel saam voor hom.

Om al die afgodseremonies en orgies behoorlik uit te voer, het Isébel 450 Baälpriesters uit haar land ingevoer.  Maar vir die verering van die vrugbaarheidsgodin Asjera, is nog 400 “profete” gebruik.  Vir hierdie 850 afgodsdienaars is huise gebou in Samaria.  Hulle het ‘n koninklike lewensonderhoud geniet onder die sorg van Israel se heidense koningin.  Sy het  die volk onder wie sy ingetrou het, verag en nie ‘n snars vir hulle welsyn omgegee nie.

Isébel was nie net alleen die stukrag agter die afgodery van Israel in Agab se regeringstyd nie.  Sy het ook die ware profete van die Here vervolg en hulle laat vermoor.  Maar Obadja, wat as hofmaarskalk in Agab se paleis gedien het, het die profete altyd van die koms van Isébel se sluipmoordenaars gewaarsku.  Sy het nietemin baie van hulle om die lewe laat bring, maar Obadja het 100 profete veilig in ‘n grot weggesteek en hulle daar van voedsel voorsien.

Toe het die Here my daar van my woonplek af in Tisbe geroep en my ‘n baie kort boodskap gegee wat ek aan Agab moes gaan aflewer in sy paleis in Samaria.  Ek het gegaan en in sy troonsaal voor hom gaan staan en vir hom gesê:  “Koning Agab, ek kom net vir jou sê, so seker as wat die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, dat in die volgende paar jaar daar in die land geen reën of dou meer sal val nie, behalwe as ek, Elia so sê!”  Toe het ek weggestap.

Die droogte wat die Here my laat aankondig het, het baie gou voelbaar geword, want die vroeë reëns het nie geval nie en die stortreën of winterreën het weggebly, asook die laatreëns.  Die tuine en landerye het verdroog, die gras van die veld het verdor en die vee se weiding het heeltemal opgeraak.

Om my teen die wraaksug van Isébel te beskerm, het die Here my na die spruitjie Krit gestuur, waar nog water was om te drink.  Ek het snags in die rantjies langs die spruitdal in ‘n klein grot geskuil.  Bedags het die kraaie vir my kos gebring.

Die ou spruitjie se water het na ‘n jaar opgedroog en om my te beveilig teen Isébel se soektogte na my deur die hele land, het die Here my landuit gestuur na Sarfat in Fenisië, waar Hy ‘n arm weduwee beveel het om vir my te sorg.  Hierdie gelowige vrou het dit gedoen en die Here het gesorg dat haar meel en olie nie opraak nie. Toe haar seuntjie siek word en sterf, het die Here my in staat gestel om hom weer op te wek.

Die derde jaar van droogte het traag verbygesleep.  Koning Agab kon skaars meer sy duisende trek- en rydiere aan die lewe hou. Hy en Obadja het inspeksiereise deur die land onderneem, maar nêrens meer bruikbare weiveld of ‘n lopende fontein ontdek nie.

Die Here het op ‘n goeie dag daar in Sarfat weer met my gepraat en gesê:  “Gaan na Agab toe.  Moenie langer vir hom wegkruip nie.   Ek wil dit weer in die land laat reën.”

Ek het gegaan en toe ek naby Samaria kom, het ek vir Obadja raakgeloop.  Ek het hom gestuur om vir Agab te gaan roep.  ‘n Rukkie later het hy met sy hele gevolg by my opgedaag.  Toe hy my sien, skree hy woedend vir my:  “Is dit jy, jou beroerder van Israel?  Ja, dis jy wat die dood oor die hele land bring!”

Ek het vir hom gesê:  “Dis nie ek wat die dood oor Israel bring nie.  Jy weet goed dis jy en jou familie.  Julle het die gebooie van die Here verontagsaam en julle dien die Baäls.  Roep vir my die hele Israel bymekaar op Karmelberg.  Die 450 profete van Baäl en die 400 van Asjera, wat van Isébel se tafel af eet, moet ook daar wees.”

Hy het uitvoering gegee aan my opdrag.  Dit was duidelik dat hy oorgee met die hoop dat wat ook al verder gaan gebeur, die droogte tog net gebreek moet word.

‘n Paar dae later was die hele volk besig om te voet en op karretjies en maer rydiere na Karmel op te ruk.  Die tentjies het oral op die plein van Jisreël teen die voet van die berg verrys.  ‘n Endjie laeraf het die spruit Kison nog water gehad uit ‘n standhoudende fontein.  Teen die helling het ‘n aantal groot klippe rondgelê.  Daar was ‘n altaar van die Here wat deur die Baälaanbidders verwoes is.

Agab het met sy koninklike gevolg opgedaag, asook die Baälprofete en die Asjerapriesters van Isébel.  Sy was nie daar nie.

Toe ek op die hoogte by die klippe gaan staan, het die volk in ‘n groot massa om my saamgepak.  Toe ek begin praat, het die Here my stem met weerklank oor die menigtes gestuur, sodat almal kon hoor:  “Hoe lank gaan julle nog aanhou om op twee gedagtes te hink?  As die Here God is, volg Hom, maar as dit Baäl is, volg hom!”

Daar het ‘n gemompel gevolg.  Toe gaan ek voort:  “Ek het alleen oorgebly as profeet van die Here, maar hier sit vanmôre nie minder nie as 450 Baälprofete.  Ons gaan vandag vasstel wie die ware God is, die Here, of Baäl.  Bring nou vir ons twee bulle.  Hulle kan vir hulle een uitkies en opsny en op die hout van hulle altaar uitlê, maar dit nie aan die brand steek nie.  Ek sal met die ander bul ook so maak en hom nie aan die brand steek nie.  Dan moet julle tot julle god bid.  Ek sal tot die Here bid.  Hy wat met vuur antwoord, Hy is God!”

Daar het ‘n geruis van instemming gevolg. Toe die Baälprofete die bul op hulle altaar lê, het hulle met hulle manewales begin.  Hulle het hulle afgod gesmeek om tog hulle offer aan die brand te steek.  Toe daar niks gebeur nie, het hulle al om die altaar gedans en geskree:  “Baäl, antwoord ons!”  Hulle het beserk geraak en hulself met spiese en swaarde verwond tot die bloed loop.  Teen die laat namiddag toe hulle stokflou gespook was, het ek hulle maar stopgesit.

Daarna het ek ‘n paar jongmanne geroep om my te help om die vernielde altaar van die Here te herstel.  Ek het ‘n sloot rondom die altaar laat grawe, die hout op die klippe gepak, die bul se vleis in stukke gesny en dit op die hout uitgelê.  Ek het kruike vol water uit die spruit laat aandra.  Ons het die hout en die vleis natgegooi en die sloot rondom die altaar vol water gemaak.  Daarna het ek gebid:  “Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit tog vandag bekend word dat U die almagtige God van Israel is, dat ek u dienaar is en dat U my beveel het om al hierdie dinge te doen.  Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U, Here, God is en dat dit U is wat hulle harte weer tot U sal laat bekeer.”

Toe deurklief ‘n helder weerligstraal die lug en verblindende vuurvlamme stort op die altaar neer.  Alles daarop slaan oombliklik aan die brand en die volk staan verstom en kyk hoe die hout en die vleis verbrand en selfs die klippe van die altaar verteer word.  Die water in die sloot het in ‘n stoomwolk in die lug verdwyn en selfs die grond rondom het tot as verbrand.  Die volk het op hulle knieë neergesak en uitgeroep:  “Die Here is God!  Die Here is God!”

Die afgodsdienaars het verwese daar eenkant gestaan.  Die Here het beveel dat hulle gestraf moes word en dat nie een van hulle moes vrykom nie.  Toe ek die teken gee, het die volk hulle gegryp en by die spruit Kison met swaarde om die lewe gebring.

Daarna het ek met my slaaf teen die berg uitgeklim en naby die kruin gaan sit.  Toe daar naderhand ‘n klein wolkie oor die see opkom, het ek geweet die reën is op pad.  Ek het vir Agab, wat nog daar rond getalm het, gewaarsku om te ry.  Hy is in die swaar reën daar weg.

Agab was na hierdie gebeurtenis tydelik ‘n verslae mens, maar hy het sy nodelose afgodery nie afgesweer nie.  Ook het hy kort daarna ‘n aandeel gehad aan ‘n skokkende moord wat sy vrou laat pleeg het.  Toe het die Here my weer na hom toe gestuur om die straf wat op hom en sy huisgesin gewag het, aan te kondig.  Hy het in die vrugbare vallei van Jisreël ‘n stuk grond besit, waar hy op eie koste vir hom ‘n winterpaleis gebou het en genoegdoening geput het uit die kweek van groente op die res van sy grond.

Langs die koninklike eiendom was daar ‘n goedversorgte wingerd wat aan Nabot behoort het.  Dit was erfgrond.  Koning Agab wou graag hierdie grond van Nabot koop, om sy tuine uit te brei.  Toe Nabot weier om van sy erfenis afstand te doen, was die koning grondeloos teleurgestel.  Hy het op sy bed gaan lê met sy gesig na die muur gekeer en nukkerig geweier om iets te eet.  Sy vrou Isébel het haar kinderagtige man getroos en beloof om Nabot se wingerd vir hom te kry.

Sy het ‘n byeenkoms gereël waar Nabot teenwoordig was en waar twee skelms moes uitroep dat Nabot die Here en die koning gevloek het.  Nabot is na buite gesleep en met klippe doodgegooi.

Onderwyl Agab klaargemaak het om Nabot se eiendom in besit te gaan neem, het die Here met my gepraat en my van hierdie jammerlike gebeurtenis vertel:  “Maak jou gereed, want ek wil jou na Agab, die koning van Israel stuur.  Hy is nou by die wingerd van Nabot, wat hy gaan vat het.  Jy moet vir hom sê die Here sê, jy het gemoor en nou vat jy ook nog?  Op die selfde plek waar die honde die bloed van Nabot opgelek het, sal hulle jou bloed ook oplek!”

Ek het Agab tussen Nabot se wingerdstokke gekry.  Hy het my herken en uitgeroep:  “Het jy my gekry, my vyand?”  “Ja,” sê ek, “ek het jou gekry.  Die Here sê omdat jy aanhoudend doen wat verkeerd is in sy oë, gaan Hy ‘n ramp oor jou bring en jou vernietig.  Hy gaan al die mans in jou geslag uitroei.  Omdat jy Hom uitgetart het en omdat jy Israel laat sondig het, sal Hy met jou huis maak soos met die huis van Jerobeam en met die huis van Baesa.  Jou nakomelinge sal almal uitgeroei word.  Die honde sal vir Isébel opvreet by die voorste muur van Jisreël.  Jou familie wat in die stad gaan sterf, sal ook deur die honde opgevreet word en dié wat in die oop veld sterf, sal prooi vir die roofvoëls word.”

Toe Agab dit hoor, het hy vir die eerste keer in sy lewe opregte berou getoon en hom voor die Here verootmoedig.  Daarom het die Here die ramp uitgestel tot na sy dood, maar dit tydens die regering van sy seun oor sy familie gebring.

Sy seun Ahasia wat na hom koning van Israel was, het lustig voortgegaan om Baäl te aanbid, soos sy ma Isébel hom geleer het.  Hy het die Here uitgetart.  Toe hy twee jaar lank koning van Israel was, het hy deur die traliewerk van sy paleis se bokamer geval en homself ernstig beseer.  Toe wou hy vir Baäl-Sebub, die god van Ekron raadpleeg om te hoor of hy sal bly leef.  Die Here het my na hom toe gestuur om te vra of daar dan geen God in Israel is nie en om vir hom te sê dat hy sou sterf.

In die koninkryk van Juda het koning Josafat in die spore van sy pa, koning Asa gevolg.  Hy het die Here gedien en geen afgode ingevoer nie, maar met sy seun Joram was dit anders gesteld. Joram was met Agab en Isébel se dogter Atalia getroud.  Om sy koningskap te beveilig, het hy ses van sy broers laat vermoor. Toe het hy op voorbeeld van die koninklike families van Israel, hul afgodediens met hart en siel bedryf.  Die Here het vir my gesê om vir hom ‘n brief te skryf, dat hy oor al hierdie dinge ‘n groot ramp oor die volk, sy kinders en sy vrouens gaan bring.  Joram sou sterf aan ‘n slepende siekte wat sy ingewande laat uitpeul.  Dit het alles net so gebeur.

Na hierdie jammerlike dood van hom, het sy jongste seun Ahasia ‘n jaar lank die Baäl-aktiwiteite voortgesit, gesteun en aangevuur deur sy ma, Atalia.  Hy is saam met die goddelose koning Joram van Israel deur Jehu om die lewe gebring.  Onderwyl Jehu besig was om al Agab en Isébel se nakomelinge uit te roei, het hy sommer ook al die honderde Baälpriesters en –aanbidders in hulle tempel doodgemaak.  Agab het in een van die botsings met die Arameërs gesneuwel.  Toe die bloed van sy strydwa afgewas is, het die honde dit opgelek.  Isébel het vir Jehu ingewag op die balkon van die paleis in Jisreël.  Sy is dood toe hy haar daar laat afstamp het.  Die honde het haar daar waar sy geval het, opgevreet.  Daarmee was die afgodediens in Israel nog nie uitgeroei nie, want koning Jehu self het daarna jou werklik waar die goue kalwers wat Jerobeam in Dan en Bet-El opgerig het, gaan vereer.

Die konings wat na Jehu die troon in Israel bestyg het, was sonder uitsondering goddeloos.  Hulle het die verfoeilike afgodediens voortgesit.  Jehu se afstammelinge, Joahas, Joas en Jerobeam II was al drie bitter goddeloos.  Jerobeam II se opvolger, Sagaria was net ses maande op die troon, toe hy deur Sallum vermoor is.  Sallum het die troon net ‘n maand lank besoedel voordat hy deur Menahem vermoor is.  Sy opvolger, Pekahia is deur sy adjudant Peka vermoor en hy is op sy beurt weer deur Hosea, die laaste koning van die Tien Stammeryk, om die lewe gebring.

In die suidelike koninkryk van Juda-Benjamin het dit by tye net so sleg gegaan.  Nadat Jehu van Israel vir Ahasia van Juda saam met Joram van Israel doodgemaak het, het Ahasia

se ma Atalia al haar kleinseuns wat  op die troon kon aanspraak maak, vermoor.  Maar klein Joas het ontkom en op 7-jarige ouderdom koning geword.  Hy het die Here gedien en so ook sy seun Amasia na hom,  maar hulle het  nie van die aanbiddingsplekke op die hoogtes ontslae geraak nie.  So was dit ook met Amasia se seun, die goeie en gelowige Asarja, maar wat deur sy afdwaling uiteindelik deur die Here met melaatsheid gestraf is.  Na hom het sy seun Jotam gedoen wat reg was in die oë van die Here.  Maar die volk het nog steeds hulle diere- en wierookoffers op die hoogtes gebring.

Toe word Jotam se seun Agas na hom koning en hy en die volk versink in die afskuwelikste afgodsaktiwiteite, soos offerandes op die hoogtes, op die rante en onder elke groen boom.  Agas het selfs sy eie seun geoffer en hom verbrand.  Maar ‘n ander seun van hom, die vrome Hiskia, het die afgodspraktyke en instellings weer tot niet gemaak.  Hy het die hoogtes verwoes, die klippilare stukkend geslaan en die gewyde pale afgekap.  Hy het selfs Moses se koperslang stukkend geslaan, omdat die volk begin het om dit te vereer.

Al hierdie gruwelike afgodiese praktyke en instellings is egter weer na Hiskia se dood deur sy goddelose seun Manasse ingevoer en bedryf.  Daar is baie onskuldige bloed in Juda en Jerusalem vergiet.  Manasse is as ‘n gevangene na Babel weggevoer, maar hy is toegelaat om weer na Jerusalem terug te keer.  Toe het hy hom bekeer.  Hy het die vreemde gode verwyder en die altaar van die Here weer opgerig.  Maar sy seun Amon wat hom opgevolg het, het sy pa se vroeëre afgodsdiens weer ywerig nagevolg en beoefen.

Sy seun Josia was die laaste vroom koning uit die huis van Dawid.  Hy het Juda en Jerusalem weer van die afgodediens gereinig.  Hy het hulle altaar by Bet-El afgebreek.  Hy het na die Noordryk gegaan, wat toe al deur die Assiriërs weggevoer was, en al die priesters in die afgodshowe in die stede van Samaria geslag.  Hy het hul bene op hulle eie altare verbrand.

Josia se seun Joahas wat hom opgevolg het, het net drie maande geleentheid gehad om Juda se troon weer met sy afgodediens te besoedel, voordat hy weggevoer is na Egipte.  Daarna het die farao vir Eljakim, ook ‘n seun van Josia, koning gemaak en sy naam verander na Jojakim.  Na hom het sy seun Jojagin koning geword.  Hy is na drie maande na Babel weggevoer.  Nebukadnesar het toe ‘n oom van hom, Mattanja, nog ‘n seun van Josia, koning gemaak en sy naam verander na Sedekia.  Hy het elf jaar later in opstand gekom teen Nebukadnesar.  Hy is gevang en na Babel geneem, waar sy seuns voor sy oë geslag is, sy oë uitgesteek is en hy in kettings geboei, gesterf het.

So het die Here nie net Israel se tien stamme deur die Assiriërs laat wegvoer nie, maar ook vir Juda voor sy aangesig weggevee weens die gruwelike sondes waarin die volk en hulle konings volhard het.  Maar sy toorn duur nie vir altyd nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2170 gaste aanlyn