NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet oppas om die betrokkenheid van die duiwel as verskoning vir ons sonde te gebruik. Al is dit hy wat ons verlei, is dit nog altyd ons skuld dat ons aan sy verleiding toegee.

DIE STRYD OM DIE TROON (9)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Stryd om die Troon

DIE ARAMESE AANSLAE

Oorloë, roof- en plundertogte van die Siriërs

Ek is die profeet Elisa.  Ek het veel meer te doen gehad met die buitelandse aanslae van die heidennasies teen Israel, as Elia, my geëerde voorganger.  In die regeringstyd van koning Jerobeam van die Noordryk, het die Siriërs aan die noordoostekant van Israel ‘n selfstandige nasie geword, met Damaskus as hul hoofstad.  Gedurende Omri en Agab se regering het hierdie duisende Arameërs ‘n groot bedreiging vir die veiligheid van Israel geword.

Benhadad II, die koning van die Arameërs, was ‘n verwaande en bombastiese aanvoerder van sy volk.  Hy was jaloers op Israel en op alles wat die volk en die koningshuis besit het.  Toe trek hy met sy duisendtalle op na Samaria om te gaan toets of die stad se verskansings en mure sy aanslag kan weerstaan.

Benhadad het ‘n paar boodskappers na koning Agab binne in die stad gestuur om vir hom te sê dat hy gekom het om al Agab se rykdom, al sy goud en silwer en al sy mooi vroue en kinders vir hom te vat.  Koning Agab het groot geskrik en ewe beleefd laat weet dat dit maar goed so is; Benhadad kan dit alles en nog meer kry.  Toe swel die Arameër van oormoed en laat weet dat Agab dit nie hoef te stuur nie; hy sal dit alles self kom haal en vat wat hy wil hê.

Dit was vir Israel se bang koning ‘n bietjie te veel.  Hy het sy raadgewers bymekaar geroep.  Hulle het hom aangeraai om tog nie aan die heiden se eis toe te gee of vir sy dreigemente te skrik nie.

Toe Benhadad hierdie boodskap ontvang, het hy nog kwaaier geblaas.  Hy het gedreig om die stad in puin te lê en gespog dat as elkeen van sy duisende soldate maar net ‘n handjievol stof hiervandaan wegdra, sal daar niks van Samaria oor wees nie!

Die Here wou nie hê dat sy volk so verneder word nie.  ‘n Neerlaag teen die vyand sou vir Agab sy verdiende loon gewees het vir al sy ongeregtigheid, maar sy tyd daarvoor het nog nie gekom nie.  God het Hom oor Israel ontferm.  Hy het met ‘n profeet vir Agab laat weet dat hy daardie groot menigte van Arameërs in sy mag gaan oorgee.  Hy moet net ‘n paar honderd dapper jong polisiemanne op die voorpunt van die aanval plaas.

Agab het dit gedoen.  Toe hy daardie dag die stad verlaat en met ‘n leer van 7 000 man en 232 dapper jongmanne op die voorpunt, op die vyand afstorm, het hy Benhadad en sy duisende onverhoeds betrap.  Die Arameër was besig om met 32 van sy vername koninklike beamptes in die tente rond te lê en drink, toe sy wagte hom vertel dat daar soldate uit Samaria kom.  Hy het bevel gegee dat hulle lewendig gevang moes word, maar is kort daarna ontnugter toe Agab se vurige oorlogsmasjien op hulle toesak en dood en verwoesting begin saai. Die duisende Arameërs het holderstebolder begin vlug.  Benhadad self het ‘n perd in die hande gekry en daarop die aftog geblaas.  Hy en sy duisende is beslissend verslaan.  Hy het na sy hoofstad, Damaskus teruggetrek om sy wonde te gaan lek en nuwe wraakplanne teen Agab en Israel te smee.

Die Here het die profeet weer gestuur om Agab te waarsku om sy leër nog verder te versterk, want die koning van Aram beplan om die volgende jaar weer ‘n aanval te loods.  Sy raadgewers het hom aangeraai om Israel in die vlaktes aan te val, omdat hulle gedink het Israel word deur “berggode” beskerm.

Benhadad het die volgende jaar weer met ‘n geweldige groot leër uit Sirië suidwaarts getrek om Israel in sy hoofstad te gaan aandurf. Maar hierdie keer was Agab daarop voorbereid.  Hy het hulle dadelik tegemoet getrek.  Die twee magte het oos van die Galilese See, naby die Jarmoekrivier en die Golanhoogte, by Afek teenoor mekaar te staan gekom. Die Here het weer aan sy volk gedink.  Hy het met die profeet wat Hy reeds twee keer na Agab gestuur het, vir hom laat weet:  “Omdat die Arameërs sê dat Ek ‘n berggod is en nie ‘n god van die vlaktes nie, gaan Ek hierdie hele groot menigte in jou mag oorgee.  Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”

Die geveg het na sewe dae losgebreek en in ‘n klinkende oorwinning vir Israel geëindig.  Hulle het 100 000 voetsoldate van die Arameërs  op een dag verslaan.  Die res het in die stad Afek ingevlug. Toe hulle by die stadsmuur kom, het dié op hulle ingeval en nog 27 000 gedood.

Benhadad het in die stad rondgevlug, saam met ‘n paar van sy raadsmanne.  Van hulle het toe rouklere aangetrek en hulle aan Agab gaan oorgee en gesê dat Benhadad hom aan die koning van Israel onderwerp.  Hy vra dat sy lewe gespaar moes word.  Koning Agab was baie in sy skik toe hy hoor die magtige Benhadad van Aram smeek onderdanig om asiel.  Hy het hom laat haal en hom sy broer genoem en ‘n vriendskapsverdrag met hierdie slinkse vyand van sy volk gesluit.

Toe praat die Here weer ‘n keer deur ‘n profeet met Agab:  “Omdat jy die man wie se lewe Ek geëis het, vry laat weggaan het, sal jou lewe in die plek van sy lewe kom en jou volk in die plek van sy volk.”  Maar Agab het na al die waarskuwings van die Here nie tot sy sinne gekom nie.  Hy het net briesend kwaad geword vir die man van God en humeurig en ontstemd vanaf die slagveld teruggery na sy paleis in Samaria.

Intussen het die opkoms van ‘n nuwe wêreldmag plaasgevind.  Dit was die Assiriërs van Ninevé.  Hulle het onder hulle koning Salmaneser III, ‘n bedreiging vir Sirië-Damaskus en vir Israel geword.  Agab en Benhadad kon nou hulle gekombineerde mag teen die nuwe vyand monster.  Maar gedurende die drie jaar wat hulle saamgeveg het, het “vriend” Benhadad plekke wat aan Israel behoort het, soos Ramot in Gilead, beset en vir homself toegeëien.

Intussen is Salmaneser se magte in 853 vC in hul suidwaartse beweging deur Agab en Benhadad se gekombineerde leër by Orontesrivier in Noord-Sirië gestuit.  Die slag het by Karkar plaasgevind. Ten spyte van sy neerlaag, beweer die grootpraterige Salmaneser dat sy Assiriërs soveel van die Israeliete en Arameërs doodgemaak en in die rivier gegooi het, dat hulle droogvoets oor ‘n brug van lyke die rivier oorgesteek het!  En tog het hulle na die slag teruggetrek en vyf jaar lank weggebly.

Dit het vir koning Agab van Israel geleentheid gegee om teen sy bondgenoot, Benhadad van Aram, wat hom herhaaldelik in die rug gesteek het, op te tree.  Die Siriese koning het nie sy ooreenkoms met Agab nagekom nie en was na die slag van Karkar in besit van die waardevolle Ramot in Gilead.

Agab en Isébel se dogter Atalia was getroud met Joram, die seun van koning Josafat van Juda.  Dit het uitgeloop op vrede en vriendskap tussen Noord- en Suid-Israel.  Agab het vir sy swaer Josafat gevra dat Juda hom moet help om Ramot in Gilead weer van die Arameërs te bevry.  Koning Josafat was gewillig om Juda se weermag saam met Israel s’n in ‘n oorlog teen die Siriërs in te stoot.  Maar as ‘n gelowige koning wat nie graag teen die wil van die Here gehandel het nie, het hy vir Agab aangeraai om eers die Here te raadpleeg voordat hulle die Arameërs aandurf.  Agab het alle profete wat hy in die hande kon kry, laat bymekaarmaak en hulle na Samaria ontbied.  Daar het 400 van hulle opgedaag.  Die meeste van hulle was wat hy self aangestel het.

Die twee konings het buite die poort van Samaria op ‘n dorsvloer op hul koninklike stoele gesit, met die klomp profete voor hulle. Dié was aanhoudend besig om te “profeteer” dat die konings maar die oorlog teen die Arameërs of Siriërs kan begin, dat hulle sal wen en Ramot in Gilead weer sal herower.

Koning Josafat het hierdie uitspraak nie heeltemal vertrou nie en vra vir koning Agab of daar dan nie nog ‘n profeet van die Here is wat geraadpleeg kan word nie.  Agab het toe teen sy sin die profeet Miga laat haal.  Hy het vir hulle gesê die Here het ‘n leuengees deur die monde van die profete laat praat om die konings om te haal om oorlog te maak.  Koning Agab gaan in hierdie stryd sneuwel en Israel gaan leierloos verstrooi word en die oorlog verloor.  Hulle het nie vir Miga geglo nie en het hom in die tronk gestop.

Die twee konings het ooreengekom dat Josafat in sy koninklike mondering geklee, op sy strydwa aan die geveg moet deelneem, terwyl Agab homself as ‘n gewone soldaat sal vermom en saam met sy manne die aanval loods.

Benhadad het vir sý manne gesê:  “Moenie julle tyd mors met Israel se gewone soldate nie.  Kyk uit vir koning Agab, want ons moet hom in die hande kry!”

Toe die twee strydmagte uiteindelik teen mekaar te staan kom, was die enigste koninklike figuur wat die Arameërs gewaar het, koning Josafat van Juda.  Hulle het in groot getalle op hom afgestorm en sy manskappe kon hom ter nouernood red en hom met sy strydwa buite die gevegsterrein bring.

Die Arameërs het gesien dat hulle hul vergis het.  Hulle het die koning van Israel nêrens gewaar nie.  Toe skiet een van hulle sommer ‘n peilskoot in die rigting van Israel se strydwaens, onbewus daarvan dat sy peil die koning van Israel sussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat getref het.  Hy het sy drywer beveel om die perde om te ruk en hom uit die geveg uit te bring.

Die Arameërs het meedoënloos aangeval en die gewonde koning het besef dat hy hom nie geheel en al moet onttrek nie, maar dat hy op sy strydwa moet bly staan, om sy soldate aan te moedig en hulle moreel te versterk.  Maar Israel en Juda se strydmagte was aan die verloorkant.  Hulle kon die heel dag lank nie daarin slaag om die Arameërs terug te dryf en Ramot in Gilead weer te verower nie.

Koning Agab het laatmiddag in sy strydwa gesterf.  Toe die nuus dat die koning dood is, die vegtendes bereik, het hulle moedeloos omgespring en al vegtende voor die Arameërs uit na hulle tuistes teruggekeer.

Die koning se wa het teen die aand in Samaria aangekom. Die buikplank van die wa het vol bloed geloop en dit is na die dam van Samaria geneem, waar die prostitute hulle gewoonlik gewas het.  Daar is die bloed afgespoel en het die rondloperhonde dit opgelek.

Die jarelange vyandskap tussen Israel en Aram het nie geëindig met die dood van koning Agab nie.  Gerurende die regering van sy seun Joram van 853 vC het invalle en strooptogte voortdurend plaasgevind.  Benhadad III het Israel geteister deur Aramese bendes oor die grens te stuur om strooptogte te onderneem.

Die Here het nie toegelaat dat hierdie heidennasie ons volk totaal oorrompel nie.  Hy het gereeld aan my, Elisa, bekend gemaak wanneer en waar die Arameërs gaan toeslaan, sodat ek vir koning Joram kon laat weet om hulle te verras en die aanval betyds af te slaan.  Dit kon koning Benhadad nie verklaar nie.  Hy het al sy generaals vir ‘n krygsraadsitting in Damaskus bymekaar geroep.

“Hier is ‘n verraaier onder julle!  Ek wil weet wie van julle dra nuus aan oor ons troepebewegings aan die koning van Israel.”

Almal was verbaas en ontsteld, totdat een van hulle sê:  “U Majesteit, ek kan u verseker dat hier geen verraaier onder ons is nie, maar ek het gehoor dat daar in Israel ‘n profeet is met die naam van Elisa.  Hierdie man weet alles.  Hy kan glo vir die koning van Israel alles vertel wat u hier in u slaapkamer praat.  Dit is hy wat vir hom vertel langs watter paaie ons optrek en waar ons hulle gaan aanval.”

Hierdie nuus het vir Benhadad vasberade gemaak om my in die hande te kry.  Hy het spioene uitgestuur om vas te stel waar ek my bevind het en ‘n sterk leër met perderuiters en strydwaens uitgestuur om my te gaan vang.  Ek het my toe in die stad Dotan bevind.  Ek en my bediende Gehasi was in ‘n herberg tuis. Toe hy vroeg een oggend opstaan en buite kom, sien hy die Aramese leër en strydwaens rondom die stad.  My liewe ou slaaf het hom lam geskrik en na my toe gestorm.

“Ag meneer, wat gaan ons nou maak?”

“Moenie bang wees nie, Gehasi.  Dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.”

Ek het gebid dat die Here sy oë moes oopmaak sodat hy kon sien.  Meteens was die berge  rondom ons vol perde en strydwaens van vuur.

Die Arameërs het dit natuurlik nie gesien nie en het met ‘n juigkreet op ons afgestorm toe hulle ons gewaar.  Ek het gebid dat die Here hulle moes blind maak en dit het oombliklik gebeur.

“Vir wie soek julle?” vra ek.

“Vir Elisa die profeet.”

“Nou kom agter my aan, dan lei ek julle na die man wat julle soek.”

Hulle was so gretig om my in die hande te kry, dat hulle werklik die stuk of 25 kilometer vanaf Dotan na Samaria al agter my en Gehasi aangestruikel het.  Ons het die klomp blindes netjies deur die poort van Samaria gelei tot op die groot plein in die stad.  Toe het ek weer gebid dat die Here hulle moes laat sien waar hulle was.  Hulle het met verbasing en skrik ontdek dat hulle ons gevangenes was.

Koning Joram wou weet of hy hulle almal moes laat doodmaak, maar ek het gevra dat hulle feestelik onthaal moes word voordat ons hulle laat gaan.  Daarna het die dankbare, skaam Arameërs Samaria verlaat met die belofte dat hulle ons land nooit weer sou binneval nie.

Na verloop van tyd was al hulle mooi beloftes weer vergete.  Benhadad III het maar weer toegelaat dat Aramese bendes strooptogte oor die grens uitvoer en roof en plunder so ver as wat hulle trek.  By een so ‘n geleentheid het hulle ‘n jong meisie gevang en saamgeneem na Damaskus.  Sy is daar in diens geplaas van die vrou van Naäman, die hoof van die Aramese leër.  Toe hy ontdek dat hy melaats was, het die lewe vir hom geen betekenis verder ingehou nie.  Maar die meisie het vir hulle vertel dat meneer Naäman genees kon word indien hy by my in Samaria kon uitkom.  Hy is toe met ‘n brief van sy koning Benhadad III, wat aan koning Joram gerig is, daar weg.  In die brief vra hy dat Joram vir Naäman moet gesond maak.

Koning Joram was baie ontsteld toe hy die brief ontvang.  “Wat dink hierdie man?  Ek is mos nie God wat mense kan laat sterwe of lewendig maak nie!  Hoe kan ek sy melaatsheid gesond maak?  Hy soek net skoor met my; dis wat daar agter steek.”

Ek het vir hom laat weet dat hy Naäman na my toe moet stuur, sodat hy kan sien en weet dat daar ‘n profeet in Israel is. Toe Naäman opdaag, het ek vir hom met gehasi laat weet dat hy hom sewe maal in die Jordaan moet gaan was; dan sou hy gesond en rein wees.

Naäman het vererg van ons af weggery.  By die Jordaan het sy diensknegte hom omgepraat om tog maar in die water in te gaan.  Na die sewende keer was hy gesond.  Hy het net daar weer omgedraai om my te kom bedank.  Hy het vir my goud en silwer en stelle klere aangebied as vergoeding, wat ek geweier het om te aanvaar.

Maar my liewe ou dienskneg Gehasi het van begeerte gebrand toe hy al die skatte sien.  Toe die Arameër weer op pad was, het Gehasi hom agternagesit en vir hom gesê ek vra tog asseblief 34 kg silwer en twee stelle klere vir twee manne wat daar by my aangekom het.  Naäman het hom dubbel soveel gegee.  Vir sy valsheid, hebsug en leuens het die Here vir Gehasi met Naäman se melaatsheid gestraf.

Na al die goedheid en guns wat ons aan die klomp blinde Arameërs bewys het, en nadat die Here hulle generaal se melaatsheid genees het, het ons gedink dat hulle nou sou skaam kry en Israel met rus sou laat.  Maar Benhadad III het met begerige oë bly kyk na die vrugbare gebied naby Ramot in Gilead, waaruit die Siriërs (Arameërs) die Israeliete verdryf het en waar koning Agab gesneuwel het.

Benhadad het besluit om Israel weer aan te val.  Hy het met ‘n geweldige groot leërmag suidwaarts getrek.  Koning Joram, Agab se seun, is betyds deur sy verkenners gewaarsku dat die Siriërs of Arameërs in aantog was.  Joram het hulle met ‘n sterk toepemag tegemoet getrek en in die omgewing van Ramot in Gilead slag gelewer en verbete weerstand gebied. Maar Benhadad se hordes was onkeerbaar en Joram moes al vegtende terugval na die skuilings van sy hoofstad Samaria.

Benhadad het met sy legioene laer getrek in die bosse van die laagte onderkant die heuwel van Samaria.  Hy het hom klaargemaak om die stad te beleër, totdat hy sou oorgee.  Die Arameërs se boogskutters het die stad elke môre tot op trefafstand genader en gevegte aangeknoop met Israel se boogskutters, wat op die hoë stadsmuur verskans was.  Die Arameërs het gewoonlik die slegste daarvan afgekom, want hulle pyle wat opwaarts getrek het, het hul trefkrag verloor en meesal teen die hoë muur vasgeslaan, terwyl ons skutters van bo af verderf onder die vyand gesaai het.

Benhadad was nie haastig om die stad te verower nie.  Hy het geweet dat Samaria nie maklik met geweld ingeneem kon word nie.  Koning Omri, Joram se oupa, het die stad op ‘n baie strategies geskikte terrein op die plato van die berg laat bou, wat dit vir ‘n vyand bitter moeilik maak om hom stormenderhand te verower.  Daarom het die Aramese koning besluit om die stad te beleër totdat die voedselvoorrade opraak en dit Joram dwing  om oor te gee.

Benhadad het hom met sy hele leërmag in hul honderde tente agter die heuwel in die bosse gerieflik ingerig, om heerlik te ontspan en piekniek te hou, want in sy laer was daar geen gebrek aan lewensmiddele nie.  Ons wagte het elke dag van uit die uitkyktoring in die stad gesien hoe wavragte kos vir die vyand aangery word.  Afdelings van die vyandelike leër het gereeld rondom die stad gepatrolleer en gesorg dat niemand van buite of van binne af  deurglip nie.

Ons voedselvoorraad in die stad het feitlik heeltemal opgeraak.  Die bietjie wat daar nog was, is teen fabelagtige pryse verkoop.  Die kop van ‘n donkie, wat ons mense nooit geëet het nie, is naderhand vir byna ‘n kilogram silwer verkoop en ‘n klein skeppie van ‘n minderwaardige brousel wat ons altyd “duiwemis”  genoem het, het naderhand 57 gram silwer gekos.  Die rydiere het verhonger, want hulle voer het opgeraak.

Op ‘n dag het koning Joram op die stadsmuur gestap, toe ‘n vrou voor hom neerval en uitroep:  “Help my heer Koning, o help my tog!”  Hierdie vrou het saam met ‘n ander vrou gebly. Elkeen van hulle het ‘n seuntjie gehad wat saam met hulle honger gely het.  Toe dit te erg word, het hulle hierdie vrou se kind geslag en geëet.  Nou wil die ander vrou nie haar kind ook gee om geslag en geëet te word nie.

Koning Joram het van ontsteltenis sy klere geskeur toe hy dit hoor.  Toe pak hy die skuld van al die ellende op die Here en neem hom voor om my, as profeet van die Here, nog daardie selfde dag te laat doodmaak..  Hy het saam met sy adjudant by my huis aangestap gekom en gesê:  “Kyk watter ellende het die Here oor ons gebring.  Hoe kan ek nog op die Here hoop?”

“Koning Joram, op die Here kan jy altyd hoop.  Sy genade is oorvloedig, selfs oor jou wat Hom nie wil dien nie en agter nuttelose afgode aanloop, soos wat jou pa Agab gedoen het.  Maar hoor wat sê die Here oor hierdie onheil wat ons getref het:  Môre hierdie tyd sal die mense vir elf gram silwer vyf kilogram meel of nege kilogram gars kom koop, hier in die poort van Samaria.”

Ek sien toe dat die vertroueling van die koning, die adjudant wat hom ondersteun, hom vir my vererg.  Hy kyk my met ‘n grynslag aan en sê:  “Ag profeet, moet tog nie sulke onsin praat nie!  Jy weet tog net so goed soos ek dat dit nooit kan gebeur nie, al maak die Here wat jy aanbid, ook vensters in die hemel.”

Ek het hom met medelye aangekyk, want ek het geweet wat gaan gebeur.  Ek sê toe maar net vir hom:  “Jy sal dit met jou eie oë sien, maar nie die voorreg hê om self daarvan te eet nie.”

Dit het hom so woedend gemaak dat hy die koning aan die arm gegryp het en hom weggelei het na die paleis.

Daardie nag het koning Benhadad en sy duisende Arameërs heerlik in hul tente lê en slaap.  Meteens het almal wakker geskrik van ‘n groot gedruis en harde lawaai, soos wanneer honderde strydwaens en perde op die beleërde stad afstorm.  Benhadad en sy verskrikte offisiere het gedink dat die konings van die Hetiete en Egipte met strydwaens, perde en ‘n groot leër opgedaag het om die koning van Israel en Samaria te kom ontset.

Die skrikbevange Arameërs het alles net so gelos, tente, perde en donkies en holderstebolder vir hul lewens gevlug.  Hulle was só desperaat om weg te kom dat hul kledingstukke en ander artikels wat hulle inderhaas gegryp het om saam te neem, oral langs die pad weer neergegooi het toe hulle nie vinnig genoeg kon wegkom nie.

Daar was vier honger melaatse manne buite die stad wat daardie nag besluit het om vir die Arameërs te gaan kos vra.  Hulle het die kamp verlate aangetref.  Nadat hulle vir hulself genoeg kos, klere, goud en silwer uit die tente versamel het, het hulle hul ontdekking in die stad gaan bekend maak.

Koning Joram was bang dat dit ‘n set van die vyand was om hulle uit die stad te lok en dan aan te val, maar toe dit na ondersoek blyk dat die vlugtende Arameërs al deur die Jordaan op pad na Damaskus toe was, is die volk toegelaat om met sakke en kruike deur die stadspoort na die verlate kamp te beweeg om die ryk buit te gaan insamel.  Die gedrang het so groot geword dat die koning sy adjudant beveel het om die verkeer in die poort te reël.

Ek het die verbasing op sy gesig gelees toe hy sien dat die Here vensters in die hemel gemaak het en hoe die mense terugkom met kruike vol meel en sakke vol gars, maar dat hy nie self daarvan gaan eet nie, want hy kon die voortbeurende massa uit die stad nie beheer nie.  Toe hy struikel en val, het die stroom eenvoudig oor hom beweeg en hom platgetrap.

So het die Here Samaria gered van oorgawe aan die Aramese koning Benhadad, wat die stad beleër het in die regeringstyd van koning Joram.  Dit was die laaste keer wat hierdie Siriese koning, Benhadad III vir Israel soveel ellende besorg het met sy strooptogte en aanvalle in die oostelike gebiede van die land.  Onderwyl hy baie siek gelê het in sy paleis in Damaskus, het die Here my daarheen gestuur om vir hom ‘n opvolger te gaan salf.  Daarmee het ek ‘n opdrag uitgevoer wat die Here vroeër vir Elia gegee het en wat nou op my skouers geval het.

Daar in Damaskus het ek toe vir Hasael, die hoofgeneraal van die Aramese leër tot koning gesalf.  Ek het vir hom gesê ek weet watter kwaad hy die Israeliete nog gaan aandoen..  “Jy sal hul vestings in vlamme laat opgaan, hul jongmanne doodmaak, hul kindertjies verpletter en hul swanger vroue oopsny.”

Die volgende môre, nog voor my vertrek uit Damaskus, het hierdie Hasael na sy koning se siekekamer gegaan, ‘n bedsprei geneem en dit in water klam gemaak.  Hy het dit oor Benhadad se kop getrek en hom versmoor.  Toe het hy sy vors wat hy vermoor het, as koning opgevolg en met ‘n nuwe vlaag strooptogte, skermutselings en aanvalle teen Israel begin.

Israel was reeds baie verswak deur die groot aantal moorde wat Jehu laat pleeg het en wat veel binnelandse onrus veroorsaak het. In sy tyd het Hasael daarin geslaag om die gebied oos van die Jordaan, die hele Gilead waar die stamme van Gad, Ruben en Manasse gewoon het, te verower.  Hasael het ook na Gad toe opgeruk, dit aangeval en ingeneem.  Daarna het hy koers gekies na Jerusalem, om die hoofstad van die tweestammeryk te gaan aanval.  Die jong koning Joas, wat op sewejarige ouderdom koning van Juda geword het, het al die skatte en gewyde gawes en goud wat hy in die hande kon kry, aan Hasael betaal om hom van Jerusalem af weg te hou, wat toe darem gebeur het.

Jehu se seun en opvolger, Joahas, het die ergste onder Hasael se aanslae gely.  Die Siriër het Joahas se leër feitlik vernietig en in stof vertrap, sodat hy net 50 ruiters, 10 strydwaens en 10 000 voetsoldate oorgehad het.  Sy seun Joas – nie Joas van Juda nie – het hulle drie keer verslaan, maar sodra Hasael daarna sy hordes weer reggeskommel het, het hy Israel weer bedreig.

Na Hasael is die Arameërs deur Resin aangevoer.  Hy het met die Noordryk vrede gesluit en saam met koning Peka teen Jerusalem opgetrek om die stad te beleër en in te neem.  Die goddelose koning  Agas van Juda het toe hulp gesoek by die Assiriese koning, Tiglat-Pileser.  Agas het hom met ‘n groot hoeveelheid goud en silwer uit die tempel  omgekoop om hom uit die hande van Israel en Aram te red.  Die Assirër het aan koning Agas se noodkreet gehoor gegee en aan sy versoek voldoen.  Hy het teen Damaskus op-getrek en die stad verower en die klomp Siriërs na Kir toe weggevoer en hulle koning Resin doodgemaak.

Dit was die finale val en einde van die Aramese ryk, wat vanaf Damaskus honderde jare lank die twee koninkryke van Israel en Juda soveel hoofbrekens besorg het.  Maar nou het daar saam met Tiglat-Pileser die nuwe wêreldmag van die Assiriërs op die horison verskyn. Die Assiriërs was ‘n geruime tyd lank reeds besig om noord van die Eufraat aan die Tigris, met Ninevé en Assur as hoofstede, ‘n groot bedreiging te word vir die Siriërs of Arameërs, maar later ook vir Israel.   Die Here het hulle na die Arameërs, as ‘n roede gebruik om sy volk mee te straf en hulle terug te ruk uit die nodelose afgodediens waarin hulle telkens verval het.  Maar Israel en sy konings het hardnekkig voortgestrompel op pad na die afgrond en geweier om dit te verlaat.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 775 gaste aanlyn