NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself (Prediker 10:12)." Sien ons nie elke dag in hierdie land hoe waar die Bybel hierin is nie!

EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (8)

Hanan Viljoen

Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?

Seeskulpe bo in die berge!?

Ek het 'n tyd gelede 'n paar geologie boeke bekom waarin verskeie foto's van seediere se fossielopeenhopings verskyn. Hierdie opeenhopings bestaan hoofsaaklik uit fossiele van seediertjies en skulpe. Voorbeelde van hierdie skulp- en seedier- "begraafplase" het ek ook persoonlik bo in die Drakensberge naby Winterton gesien. Die feit dat die skulp- en seedierfossiele, wat op 'n stadium onder die seewater was, nou bo in die berge is sê vir ons dat dit saam met die aardkors boontoe 'opgedruk' moes gewees het. Wetenskaplikes glo dat hierdie fossiele wat bo in die berge is, saamgehang het met die plooiing of vouing van die aardkors wat deur die vloedwaters van Noag se vloed versag was. Dit is interessant om te weet dat seediere- en skulp-begraafplase ook by die pieke van Mount Everest in Tibet en China gevind word. Dit is meer as 8000 meter bo seëspieël, en ongeveer tweemaal so hoog as die hoogste bergpieke in Suid-Afrika! Verdere voorbeelde van hierdie 'plooiberge'  is die Andes-gebergtes in Suid-Amerika, die Rocky Mountains in Noord-Amerika, en die Drakensberge in Suid-Afrika. Die enigste manier waarop die fossiele daar kon kom was toe die aarde onder water was tydens die vloedvan Noag, en toe die aardlae daarna deur kragtige verbuiging geplooi was.

Sjimpansees en Evolusie

Daar word vandag baie gepraat en geskryf oor die sjimpansee en die mens wat glo so eners is! Hierdie enersheid tussen die sjimpansee en die mens is volgens sommige evolusioniste 'n bewys daarvan dat die mens en die sjimpansee gemeenskaplike voorouers gehad het! Ander mense wat beïnvloed is deur Darwin se idees sal miskien sê dat die enersheid bewys dat die mense van die aap afstam! Of dit wel so kon gebeur het, gaan vir jou duidelik word uit die volgende dele van hierdie reeks.

'n Bekende professor in Dierkunde en Insektekunde aan een van ons universiteite, het onlangs oor die program Monitor van RSG gesê: "Die sjimpansee verskil minder as 2% van die mens"! Hiermee word die indruk geskep dat die sjimpansee feitlik die gelyke van die mens is. Is dit so? Of is dit 'n poging om die leuen van evolusie te bevorder?

Kom ons gaan bietjie dieper in op die saak van die sjimpansee en die mens.

Sê nou maar ons het 'n universiteit iewers in die wêreld waar twee tale onderrig word. Ons noem die twee tale, sê nou maar Taal A en Taal B. Taal A is 'n baie moeilike taal om verskeie redes. Dit kan byvoorbeeld 'n buitengewone groot woordeskat hê, of dit kan ook baie moeilik wees om die skrif van die taal te bemeester.

Taal B wat ook aan dieselfde universiteit onderrig word, is ook baie moeilik, maar darem nie heeltemal so moeilik as Taal A nie. Kom ons sê Taal B is net 2% makliker. Sou die universiteitsowerheid dit kon oorweeg om 'n baie slim sjimpansee aan te stel om hierdie tweede taal aan studente te doseer? "Belaglik", sou jy sê. "Geen sjimpansee is enige menslike taal magtig nie." Ure en ure se pogings om vir sjimpansees taal te probeer aanleer het in teleurstellings geëindig.  Hulle kan wel soos honde en ander diere sekere menslike woorde koppel aan sekere dinge binne hulle leefwêreld, maar hulle kan nie in 'n geselskap deur middel van 'n taal met die mens 'n lopende gesprek voer nie. Om dus te sê 'n sjimpansee verskil net twee persent van die mens, net omdat hulle sekere liggaamlike eienskappe het wat soos die mense s'n is, is om nie met die ander feite oor die sjimpansee en die mens rekening te hou nie . Anders gestel, om die 'klein verskil' in sekere liggaamlike opsigte as bewys voor te hou dat die mens en die aap gemeenskaplike voorouers kon gehad het, is om die absolute verskil tussen aap en mens te ignoreer. Wat moet ons dit noem? Is dit dalk 'n poging van mense wat self mislei is om ander mense ook te mislei? Vir my lyk dit so!

Kom ons kyk 'n bietjie na die kilometer-wye verskille tussen die mens en die sjimpansee. Of miskien moet ons eerder begin by die ooreenkomste tussen aap en mens. Vir seker is daar ooreenkomste. Mense en sjimpansees het albei arms en bene en hande wat min of meer op dieselfde manier skarnier en werk. Elkeen het ook 'n brein en 'n liggaam met 'n skelet. Sou dit egter enigsins met die werklikheid rekening hou as ons sê dat omdat die mens en die aap ledemate het, en 'n brein, en 'n liggaam, hulle minder as 2% van mekaar verskil?

Kom ons vra nog 'n paar verdere vrae. Tem hulle wilde diere? Komponeer hulle simfonieë? Sing hulle en maak hulle musiek? Stuur hulle vuurpyle maan toe? Doen hulle navorsing? Beoefen hulle filosofie? Ontwerp en bou hulle geboue? Doen hulle orgaanoorplantings? Skilder hulle, en het hulle 'n aanvoeling vir die estetiese? Beoefen hulle wiskunde? Aanbid en prys hulle God as hulle wonderlike Skepper? Ons sou nog duisende ander hemelsbreë verskille tussen aap en mens kon aandui. Om dan nog verder soos die professor die oggend oor Monitor te sê: "Die mens ís 'n aap..." doen oneer aan dié God wat die mens na sy Beeld geskep het!

Vir my lyk dit dat om te sê dat die aap minder as 2% van die mens verskil, min of meer dieselfde is as om die volgende te sê: "Die beste en verste gevorderde armhorlosie ter wêreld verskil net 2% van die blikdekseltjie wat ons van die visblikkie afsny en in die asblik in die kombuis gooi. Die visblikdekseltjie en die horlosie is immers albei van metaal gemaak." So 'n redenasie, sal jy sekerlik saamstem, maak geen sin nie want dit ignoreer alle ander feite oor die dekseltjie en die horlosie wat saak maak.

Waar lê die werklike verskil tussen aap en mens? Vir seker is dit bo alles dáárin, dat God die mens "na sy Beeld en na sy gelykenis gemaak het" – Genesis 1 vers 26. Onder alle lewende, geskape dinge is die mens heeltemal uniek en in 'n ander klas. Hy het ook 'n ewige siel omdat God in sy neus die asem van die lewe geblaas het – Genesis 2 vers 7. Die mens se intelligensie en sy ander vermoëns oortref dié van die slimste aap duisend kere. Miskien moet ons eerder sê dat hulle gladnie vergelyk kan word nie!

Gevolgtrekking

Onthou die stelling van die professor –dat die mens en die aap net 2% verskil. Daar word dus gesuggereer dat die mens 98% dieselfde as sjimpansees is. As ons egter na die werklike reuse verskille tussen die mens en die sjimpansee kyk wat hierbo aangetoon is, dan is dit duidelik dat ons die syfers eerder moet omdraai en sê: Die mens is 98% verskillend van die sjimpansee en dalk minder as 2 % eenders. Daar is ook goeie wetenskaplike redes o mte glo dat solank as ons aarde bestaan, die verskille tussen aap en mens dieselfde sal bly. Dié redes sal ons in die volgende aflewering bespreek.

DNS (Engels DNA) en Evolusie...vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 820 gaste aanlyn