NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daarom gaan ons met die oë gevestig op God die donker toekoms sonder vrees tegemoet.     Al weet ons nie wat die toekoms inhou nie, weet ons vir seker in Wie se hand dit is.   Die toekoms is so helder soos God se beloftes want die toekoms behoort aan Hom.   En waar ons gaan, is Hy by sy kinders: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (22)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

JOSUA

LES 1

ISRAEL TREK KANAäN BINNE

Jos 1-5

1.   Voorwaarts mars!

Ná die dood van Moses is Josua beveel om die beloofde land binne te trek.  Hy het van God ʼn waarskuwing sowel as ʼn belofte ontvang.   Hulle sou van God elke plek waarop hulle trap as woongebied ontvang  (Deut.11:24).  Op daardie tydstip was dit die grootste ryksgebied wat Israel ooit gehad het.   Salomo s’n sou egter ʼn bietjie groter wees (1 Kon 4:21).  So ook die ryksgebied van ʼn latere Makkabeërvors in die intertestamentêre tyd (die tydperk tussen Malèagi en Mattheűs).

Daarna het Josua die opmarsbevel aan die volksopsigters oorgelaat wat stiptelike gehoorsaamheid beloof het.  God het egter ook ʼn waarskuwing aan die Israeliete gerig - elke wederstrewige sou gedood word.   Daarna het ʼn gees van opgewondenheid in die laer geheers.  Israel was gereed om sy erfenis in besit te neem!

2.   Die twee verkenners

Josua het twee verkenners na Jerigo gestuur om dit te verken.  Toe die koning van Jerigo van hulle verneem, is hulle deur Ragab, die eienares van die herberg waar hulle tuis was, versteek.   Hierdie herberg het maar ʼn slegte naam gehad en was heelwaarskynlik ook as ʼn bordeel bedryf.  Dit was egter in die stadsmuur ingebou sodat ongewensdes vinnige kon pad gee as dit nodig was.

Ragab het die verkenners weggesteek sodat die koning se wagte hulle nie kon kry nie.   Sy was strenggesproke ʼn volksverraaier wat deur God se beskikking tot Israel se redding gekom het.  Ragab het heelwaarskynlik van Israel se trek deur die Skelfsee en die vernietiging van die twee konings gehoor en die verkenners uit vrees vir haar en haar geliefdes se veiligheid gehelp.  God het dit egter so beskik (Hebr.11:31; Jak.2:25).  Sy word later selfs in die geslagsregister van Christus opgeneem! (Mt.1:5).

Die verkenners het haar plegtig beloof om haar en haar geliefdes se lewens te spaar.  Al wat sy moes doen, was om die rooi tou waarmee sy hulle teen die muur laat afsak het as uitkenteken aan die venster te bind.   Daarna het die verkenners Jerigo verlaat en Josua oor die paniekstemming in die stad ingelig.

3.   ʼn Wonderwerk by die Jordaanrivier

Toe Josua by die Jordaan aankom, was dit ʼn bruisende watermassa.  Die sneeu wat op die Hermon gebergte gesmelt het, het die water sterk laat afkom.  God het dit egter laat terugtrek sodat Israel, net soos by die Skelfsee, op droë grond kon deurtrek (Ps.114:3).  God het by die uittog uit Egipte sowel as die intog in Kanaän dieselfde wonder gedoen.   Hy het ʼn watermassa teruggehou.   Die hoofstuk wat dit beskryf, stem ʼn mens tot onrus.  Dis vol spanning en opdragte.

Nadat die laaste priesters met die verbondsark deur die Jordaan is, het die water weer voortgevloei.  Daarna het die Israeliete twee klipstapels van 12 groot klippe elk ter herdenking van die wonder op die oewer opgerig.   Hulle eerste rusplek was Gilgal op die oostelike grens van Jerigo.   Daar het hulle ʼn tweede hoop klippe as ʼn gedenkteken opgestapel.

4.   Die groot besnydenis en pasga

Die Amoriete en Kanaäniete het van die wonderwerk verneem en besluit om die Israeliete liefs met rus te laat.  Dit het laasgenoemdes die kans gegee om twee groot plegtighede af te handel - die besnydenis en die viering van die pasga.  Dit was die twee sakramente van die Ou Testament.

Feitlik alle mans is by die besnydenis betrek omdat diegene wat oor die Jordaan getrek het, feitlik almal in die woestyn gebore is en derhalwe nooit die voorgeskrewe verbondsteken ontvang het nie.   God wou met Israel ʼn nuwe begin maak.  Deur die besnydenis is die verbond wat deur die ongehoorsames geskend is, herstel.   Daarom het Josua messe van klip laat maak en die besnydenis laat uitvoer.  Daarna het die volk in die laer gebly totdat almal genees was.

Daarna is die tweede groot plegtigheid afgehandel - die pasga.  Israel het die voorgeskrewe ongesuurde brode geëet (Ex.12:18-20) asook gebraaide koring.   Dit was die eerste opbrengs van die land Kanaän.   Daarna het die manna ophou val.

5.   Josua maak hom gereed

Net voordat Josua die beloofde land in besit geneem het, het God by geleentheid baie ernstig met hom gepraat.  Hy moes vir geen oomblik dink dat die verowering van die beloofde land deur sy eie toedoen of krygsvernuf sou geskied nie.  Die volk sou sien en weet dat God kragtig optree.

Toe Josua later by Jerigo kom om die situasie uit ʼn militêre oog te bekyk, was die stadspoorte juis uit vrees vir ʼn vyandige aanval gesluit (Jos.6:1).  Terwyl hy nog daaroor gewonder het, het ʼn onbekende man met ʼn ontblote swaard skielik by hom gestaan en hom as die engel en leërowerste van God bekend gestel (Mt.26:53).   Wat ʼn wonderlike troos was dit nie vir Josua om die hemelse opperbevelhebber wat vir Israel teen die vyand sou optree, persoonlik te kon ontmoet nie!

Daarna het Josua dieselfde bevel as ʼn Moses van ouds onvang om sy skoene uit te trek (Ex.3:5).  Toe hy in eerbied voor God neerval, het hy van God bevele ontvang hoe om Jerigo te laat val.  Dit sou nie deur wapengeweld wees soos wat hy gedink het nie.   Josua moes die verbondsark rondom die stad dra en ramshorings op ʼn gegewe tyd blaas.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1673 gaste aanlyn