NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet oppas om die betrokkenheid van die duiwel as verskoning vir ons sonde te gebruik. Al is dit hy wat ons verlei, is dit nog altyd ons skuld dat ons aan sy verleiding toegee.

LEEF YWERIG MET ‘N LEWENDE GELOOF

Hannes Ollewagen

2 Petrus 1:3-21

“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak;  want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.”(:10)

Die gedeelte in vers 10 herrinner ons daaraan dat ons gedurig besig moet wees met ons verhouding met God en ons geloofslewe op ‘n deurlopende grondslag moet versterk.  Hierdie lewenswyse sal tot die behoud en versterking van ons geloof dien wat ons van struikeling sal bewaar.

Die opskrif van die gelese gedeelte, nl. “Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring”, is opsommend van ‘n groot boodskap wat deur die hele Nuwe Testament verkondig word.  Die boodskap dat ons geloof nie maar bloot in woorde bely kan word nie, maar dat ons gedryf moet word deur ‘n opregte liefe en dankbaarheid teenoor Jesus Christus om ons geloof uit te leef.  Ons moet dit wat ons met ons mond bely uiteraard dan ook met ons dade vertoon en uitleef!  Dit is seker maklik om te beweer jy glo in Jesus Christus, maar om soos Hy te probeer leef, is ‘n ware uitdaging – ‘n lewenslange uitdaging en strewe vir elke ware gelowige in Hom.  Die feit dat Hy volmaak is en ons tydens ons aardse bestaan nimmer soos Hy sal kan wees nie, moed ons egter nie moed laat verloor nie;  omdat ons sy voorbeeld grootliks kan nastreef!  Ons lees in vers 3 dat sy goddelike krag ons alles geskenk het wat tot die lewe en godsvrug dien.  Hierdie krag van ons lê in ware kennis van die Woord (Jesus Christus) wat dit vir ons duidelik stel dat ‘n gesonde geloofslewe nie moontlik sal wees sonder gereelde, opregte studie van die Woord nie.  In laasgenoemde sal ons sy stem hoor, sy grootste beloftes vind en daardeur sal ons deelgenote kan word van die goddelike natuur, m.a.w. deur ware kennis van die Woord sal ons gedryf word om Jesus se voorbeeld vir ons lewens na te streef en te probeer uitleef.

Ons lees in verse 5 – 8 van die vordering wat ons moet maak in ons geloofslewe en dit begin daarin dat ons nie met ‘n trae hart en gesindheid ons geloof moet beoefen nie.  Ons moet ywerig wees in ons geloof en werke.  Ons moet by die geloof wat ons met ons mond bely, die deug (werke) voeg wat daarby pas en ons mondelinge geloofsbelydenis derhalwe bevestig.  Dit sal my nie veel baat wanneer ek die beste werke doen, maar vergeet waarom ek dit doen nie en daarom is dit onontbeerlik om deurgaans ons kennis van die Woord te verbreed om deur Hom geleer, gelouter en geskaaf te word.  Dit is belangrik om te leer om selfbeheersing in jou lewe toe te pas, want ‘n man wat sy eie gees nie kan beheer nie, sal moeilik die versoekings en aanslae van die bose kan weerstaan.  In tye wat ons deur ons Leidsman geskaaf en gelouter word, sal die lydsaamheid om ons beproewing te deurstaan onontbeerlik wees.  Ons weet dat ‘n mens eers ‘n boom deeglik moet snoei om die beste drag daaruit te kry en derhalwe moet ons met lydsaamheid ook die snoeitydperke in ons lewens deurstaan, want dit is ‘n voorvereiste vir die godsvrug wat gelewer moet word in ons lewens.

Wanneer ons die mees ywerige geloofslewe leef en die mooiste dade verrig en ware godsvrug dra, moet dit natuurlik gekroon word met die goue gebod van God – die broeder- en naasteliefde!  Die grootste ywer, die mees prysenswaardige dade en mooiste belydenis, sal ons niks baat wanneer die liefde ons ontbreek nie.  Ons weet dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself, maar dit kan soms uitdagend wees, veral wanneer daar nie aan my persoonlike verwagtinge voldoen word nie.  Ons moet egter nastreef om ons naaste met die volmaakte liefde lief te hê wat gedryf word deur ons liefde vir ons Meester, Jesus Christus.  Wanneer ons ons naaste liefhet uit ‘n liefde vir Hom, is sy liefde besig om waarlik volmaak te word in ons lewens, want dan het ek lief met ‘n opregte liefde en nie met ‘n verwagting om te ontvang nie.

Dit is van kardinale belang dat ons besef dat daar nêrens melding gemaak word dat ons die bose en die verkeerde ook in ons geloofslewe moet liefhê en akkomodeer nie en dus moet ons nie deur humanistiese dwalinge van stryk gebring word nie.  Ons moet verseker dat die deugde van ons Christelike geloof by ons aanwesig is en deur geloof en harde werk in ons toeneem sodat ons nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus gelaat word nie.  Wanneer ons ywerig ons geloof in Hom uitleef, sal daar min plek vir die bose in ons lewe wees en daar sal selfs min ruimte wees vir valse skuldgevoelens veroorsaak deur dwaalleraars wat beweer dat alles en almal op die aardbodem liefgekry en aangehang moet word (selfs die satan en sy vernietigingswerk).

Die woorde in vers 9 stel dit vir ons onomwonde dat enige persoon wat die kennis van die Woord het, maar nie ‘n lewe leef wat daarby inskakel nie, dringende ondersoek in sy lewe moet instel na die opregtheid van sy geloof en die ware dankbaarheid teenoor Jesus Christus vir die reiningsoffer van sy sondes.  “...want hy by wie hierie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1336 gaste aanlyn