Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelukkig is jy, o land (Suid-Afrika!) as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie. – Prediker 10:17... O weë!

ONS LAND TREUR !

DIT IS TOG PRESIES HOE DIT NOU GAAN

Hannes Ollewagen

Hoséa 4:1-19

“Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.” (:2&3).

Ons aanskou met ons eie oë wat rondom ons in ons land aangaan en tog weier ons om te sien! Ons sien daagliks hoedat ons volksgenote aangeval, beroof, verkrag en vermoor word. Ons sien hoe bloedbad aan bloedbad raak. Ons sien met ons eie oë hoe ‘n dorpie soos Coligney in die Wes-Transvaal bykans verwoes word en tog verkies ons om nie te sien nie. Is ons dan só verblind en bedwelmd deur die hoereerdery met Mammon en die sportgod, vermaak en selfbeheptheid, of gee ons regtig net só min om?

Nou wat moet ek dan nou doen, sal u seker vra? Ek is maar net ‘n geringe individu wat weinig aan ons situasie en nog minder aan ‘n ander se situasie kan verander. U sien al hierdie ongeregtighede rondom u plaasvind en kan ek vir u vra of u al soveel moeite gedoen het as om vanaand op u knieë voor God te gaan en hierdie sake in gebed na Hom te neem of was selfs dit te veel moeite?

Sien, ons is vinnig om te kla en te murmureer, maar so traag om na die raad van God te luister. Hoe lank sal ons aanhou om te poog om slim plannetjies te beraam ten einde hierdie ellendige toestand van ons volk te probeer beredder? Hoeveel nuwe gebedsdae sal gereël word en hoeveel nuwe “dinamiese en kragtige organisasies” sal gestig word om ons eie heil te probeer bewerk? Hoeveel pogings van skeefgetrekte versoening sal nog van stapel gestuur word net om te verhinder dat ons nie tot stilstand kom om die regsaak met ons God uit te maak oor die trou, liefde en kennis tot God wat nie meer bestaan nie? (:1).

Nie te lank gelede nie was dit nog algemene praktyk dat kinders se skoolonderrig ‘n Christelike grondslag sou hê. Dit is vandag maar die uitsondering wanneer ouers dit ‘n prioriteit maak om toe te sien dat hul kinders ‘n grondige kennis van God ontwikkel en dat hul liefde vir Hom toeneem. Dit was net ‘n paar dekades gelede dat ons volk nog troue bewaker was oor die erfenis van ons vaderland wat ons uit God se hand ontvang het. Ons was boonop bereid was om hierdie erfenis met goed en bloed te verdedig. ‘n Gesin is vandag maar net die uitsondering as daar nie ten minste één van die gesin alreeds in oorsese lande ‘n ander heenkome gaan soek het nie. Dit was maar net meer as ‘n eeu gelede dat ons moedertaal deur die genade tot volle ontwikkeling gekom het. En vandag, as die derde jongste taal op die wêreldranglys gerangeer, is ons as sprekers van hierdie taal besig om dit te vernietig teen dieselfde tempo as wat vreemde volkere ons kosbare vaderland tot in die afgrond plunder.

Wat lê aan die grondslag van hierdie volksvernietigende kanker? Hoséa 4:6 stel dit vir ons onomwonde in die volgende woorde: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;...”. Aan welke kennis het ons gebrek? Is dit staatkundige of politieke kennis, ekonomiese kennis, kennis van die wetenskap of kennis van watter ander terrein wat ons te gronde laat gaan? Dit is ‘n gebrek aan kennis van God! Ons volk ken die Here nie omdat ons nie meer vir Hom tyd maak nie en tog verwag ons dat Hy telkens tot hulp gereed moet staan wanneer ons ons vingers klap. Wanneer ons fouteer, sê ons mos vinnig dat die kerk ons nooit beter geleer het nie, om sodoende onsself te verontskuldig! Nou het die kerk dan jou Bybel gekonfiskeer – kon jy nooit self daaruit lees nie? Of dalk was jy een van daardie lidmate wat so min in die kerk was dat die kerk jou maar weinig kon leer. Wanneer die kerk wel vermaan en teregwys, wil mense hulself dikwels opruk en sommer summier uit die kerk padgee waar hul berispe word. “Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis!” (:4).

Enige persoon wie se oë nie vir die werklikheid gesluit is nie sal baie duidelik kan sien dat die nag in ons land alreeds vêr gevorder het. Die vraag is natuurlik of ons volk die krag, kennis en vermoë het om uit hierdie ellende op te staan? Die antwoord hierop is ongetwyfeld – NEE! Die versekering wat ons egter het, is dat God se krag telkens in swakheid volbring word en dat alhoewel ons nie meer die krag het om onsself te red en op te rig nie, ons situasie vir God steeds nie onomkeerbaar is nie. Dit beteken egter nie dat ons op ons louere kan rus en geen verantwoordelikheid hoef te aanvaar nie.  

U verantwoordelikheid is om die HERE opnuut te soek en u kennis van Hom te verbreed. Smyt tog daardie Hollywood-satanskassie (televisie) met sy onnodige bloedvergietende tonele en onsedelike en sielsverrottende inhoud uit u huis om weer plek te maak vir die huisaltaar in u huis. U kan nie verwag dat die televisie u kind moet leer en hy dan Bybelse sedes sal uitleef nie!

Leer om die Here vir u beskerming te vertrou en om Hom te dank vir die goeie gawes aan u geskenk – ook daardie moeilike tienerkind wat Hy aan u toevertrou het. God kan aan julle die wysheid gee om hom/haar in hierdie moeilike tye reg op te voed, maar u sal vir daardie wysheid moet vra! “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.” (Jak. 1:5).

Ruil u naweeksport vir ‘n gesonde tyd van gemeenskap saam met ander gelowiges wat tot opbou en versterking van u geestelike lewe sal wees. Onthou dat geld ‘n middel is wat gebruik moet word om u behoeftes te dien en dat u nie veronderstel is om u geld te dien nie – wees tevrede met dit wat u het. Hou op om naywerig te wees teenoor ‘n ander en uself teen ander se prestasies en welstand te meet en dit gedurig te probeer oortref. Die tyd wat u verkwis om u prestasie of welstand teen ander te meet kon beter aangewend wees deur te fokus op waar u ‘n behoeftige van hulp kan wees – en glo my dat daar genoeg volksgenote is wat hulpbehoewend is!

In die ooglopende slegte situasie waarin ek en u onsself bevind, is ons behoud ons vertroue op God Drie-enig en dit sal verstewig word wanneer ons kennis van Hom vermeerder. Mag ons die regte besluit maak om Hom nie te verwerp nie, maar daarenteen met Hom vrede te sluit en na te streef om Hom te vereer eerder as om dit na te laat. Sou ons regte optrede Hom welbehaaglik wees, mag ons dalk die voorreg hê om nie so vêr in die toekoms nie, ook ons eie nageslag te sien streef na ‘n lewe tot verheerliking van sy Naam.

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1879 gaste aanlyn