VERWOERDMAAND

ONDER WELKE JUK IS U?

Hannes Ollewagen

2 Kor. 6:11-18

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My n volk wees. (:14&16).

Ons lees in vers 17 uit die gelese gedeelte van die bevel van afsondering van dit wat onrein is. Sou dit beteken dat ek myself in my huis moet opsluit en soos n kluisenaar moet leef sodat ek nie met slegte dinge in aanraking kom nie? As ek dit sou doen sou ek mos n lamp wees wat onder n maatemmer geplaas word in plaas daarvan dat my lewenslig helder oor ander sou skyn.

 

Die opdrag is duidelik dat ek my lewenswandel , my hart, siel en gees vir God sal heilig, oftewel myself sal afsonder. Dit beteken dat ek myself daaraan sal toewy om God se wil in my lewe na te streef om op hierdie wyse aan Hom diensbaar te wees. En sodoende sal ek aan sy juk trek eerder as om in dieselfde juk as ongelowiges te trek. Die juk van Jesus is immers veel ligter as die harde juk van ongeregtigheid wat jou uiteindelik in die grond in sal dryf en totaal sal afmat. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siel; want my juk is sag en my las is lig. (Matt. 11:28-30).

Hierdie vriendelike uitnodiging ten spyt, is daar soveel mense wat verkies om in die juk van ongeregtigheid te trek. Trouens, daar is deesdae soveel getroue kerkgangers wat gereeld eredienste bywoon en in alle opsigte baie godsdienstig is, maar in hul handelinge ywerig aan die juk van ongeregtigheid saamtrek. Hiermee bedoel ek dat hulle die dinge in ons samelewing bevorder wat uitdruklik deur die Woord van God verbied word deurdat hulle aan hierdie verkeerde praktyke deelneem omdat dit in die samelewing aanvaarbaar geword het. Die feit dat die samelewing dit aanvaar beteken nie dat dit vir God aanvaarbaar geraak het nie!

Dink maar hoeveel gelowige jongmense al in intieme liefdesverhoudings betrokke raak sonder dat hulle in die eg verbind is. Egskeidings en hertrou is eintlik al so algemeen soos rook, drankmisbruik en pornografie asof dit ook nie eintlik so erg is nie. En hoeveel mense is besig om gewoond te raak aan praktyke van omkopery en bedrog omdat dit nie n vreemde verskynsel in ons samelewing is nie? U moes seker self al die frustrasie beleef van mense wat afskeepwerk lewer teen n onbillike hoë tarief omdat gierigheid en hebsug al deeglik in hul lewens gewortel is, maar hulle sal darem Sondag n deeltjie daarvan as n offergawe afstaan.

Ek wonder hoeveel kerkmense saam met ongelowiges aan die juk trek om die Sabbat te ontheilig en tot enige gewone dag gelyk te stel? Dit is mos so gerieflik om Sondag na kerk gou by die supermark aan te doen. Ek dink ons sal sidder om te sien hoeveel mense uit die kerk kom waar hulle die lof van die Here besing het om hul voor die televisie neer te vly waar hulle na programme kyk waarin sy NAAM onophoudelik gelaster word–‘n oortreding waarvoor die doodstraf opgelê is in Moses se tyd. (Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. ... En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig. Lev. 24:11,13&14).

Daar is dan nie net kerkmense nie, maar selfs sogenaamde predikers wat ywerig aan die juk van ongeregtigheid trek deur regverdiging te probeer vind vir heidense praktyke soos tatoeëring. Daar word nie net geywer vir verhoudings tussen mense van dieselfde geslag nie, maar ook dat diesulkes as leraars mag dien. En die hoeveelheid vroue wat deesdae na teologiese fakulteite gestuur word om die predikante van die toekoms te word, is n bewys van mense se totale onkunde van die ware God wat ook die rol van die vrou in die Woord baie, baie duidelik stel. En hierdie rol is nie om te heers oor die man nie, laat staan nog oor n gemeente!

Die opdrag van die Here aan sy kinders is duidelik moenie met hierdie mense saamgaan nie! Ons is egter steeds in die wêreld hoewel nie van hierdie wêreld nie. En die feit dat God ons hier benede vir sy doel wil gebruik, is tog duidelik uit die gebed van Jesus in Joh. 17:15-18: Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in u waarheid, u woord is die waarheid. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

Ons sal nie na behore aan die juk van Jesus kan trek terwyl die juk van die wêreld op ons skouers rus nie. U sal uself daarom ook vandag die vraag moet afvra watter juk op u skouers rus? As dit n swaar juk is wat u tot in u siel vermoei en totaal uitput ten spyte van die feit dat daar soveel ander rondom u is wat saam met u daarin trek, moet u dalk tot besinning kom en besef dat dit nie die juk is waaronder n ware gelowige moet wees nie.

Ons as n gelowige Afrikanervolk hier aan die suidpunt van Afrika verkeer in ons tyd weereens in n baie moeilike situasie. Maar as ons tesame ons krag inspan en ons daarop toespits om in die regte juk te trek deur die juk van Christus op te neem, sal ons ongetwyfeld weer hierdie wa deur die drif getrek kry onder leiding van Hom wat ons daartoe roep.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1331 gaste aanlyn