NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Probeer so lewe dat die begrafnisondernemer jammer sal wees die dag as jy sterf.

NIE VERGEEFS SAL ONS WAG

Hannes Ollewagen

Hebreërs 6:1-20

Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het. (:13-15).

God het aan Abraham verskyn en aan hom beloof dat n groot nageslag vir hom gebore sou word. Abraham en sy vrou was al op gevorderde leeftyd en steeds kinderloos; daarom het hierdie belofte onwaarskynlik gelyk. Nietemin het Abraham in God geglo. Sara het egter mettertyd ongeduldig geraak en die voorstel gemaak dat Abraham by haar slavin sou ingaan. En hierdeur is Ishmael gebore. Hierdie situasie het later onaangename gevolge ingehou toe Sara by Abraham aangedring het om Ishmael en sy moeder, Hagar, van hulle af weg te stuur.

 

Alhoewel Abraham dalk voor die geboorte van Isak God se werk probeer aanhelp het omdat hy ongeduldig geraak het, het hy ook daardeur geleer om op God te wag. Die dag toe God aan Abraham die bevel gegee het om hierdie geliefde seun van hom, Isak, te gaan offer; het hy geduldig op God se ingryping gewag. Hy het nie weer allerhande planne probeer smee om God te help om hom te help nie. Ons kan vasstel uit sy antwoord aan Isak dat God vir Homself die lam vir die offer op Moría sal voorsien dat hy in sy gees op God se hulp in hierdie saak gehoop, vertrou en gewag het!

Daar sou uit hierdie groot nageslag wat God uiteindelik aan Abraham geskenk het ook n man gebore word wat verstaan het om op die Here te wag! Hierdie man wat met geduld op die Here gewag het, is ook eindelik deur Hom tot koning in Israel verhef. Dit was selfs nadat Samuel vir Dawid as koning oor Israel gesalf het en aan hom te kenne gegee het dat God vir Saul as koning verwerp het dat Dawid steeds op die Here gewag het om sy koningskap te bevestig. Dawid het by meer as een geleentheid die kans gehad om Saul se lewe te neem wat sy koningskap dadelik sou bevestig. Tog het hy dit nie gedoen nie, maar geduldig op die raad vandie Here gewag. Dit is met goeie reg dat hierdie liefling in die oë van God ons uit die Psalms kan leer om op die Here te wag. Wag op die HERE! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE! (Ps. 27:14).

Verstaan ons nog in n gejaagde lewe met soveel kitsoplossings om op die Here te wag? Kan ons nog die Woord bestudeer en wanneer ons dit as n geheel oordink verstom staan oor die volmaaktheid van God se Raad? Hy wat reeds deur die woorde van Abraham in Gén. 22:8:En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir n brandoffer voorsien, my seun. ... vir ons profeteer van sy Goddelike Raadsplan wat eeue later eers vervul sou word en waarop sy volk so lank moes wag. “...Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh. 1:29).

Benewens die goeie en volmaakte insettinge van die Here wat ons uit sy Woord leer, is daar vir ons soveel kosbare beloftes wat ons ons eie moet maak en waarop ons moet wag. Sal ons lewens nie veel anders daaruitsien as ons opnuut leer om op die Here te wag nie? In plaas daarvan dat ek doen soos ek dink goed is en na die Here vra eers wanneer my planne skeefloop, sal ek dalk begin om Hom in al my weë te ken en op sy raad en leiding te wag. Ons sal dalk met meer erns bid en nie maar terloops sake in my gebede noem waarin ek raad nodig het net om op te staan en in elk geval te doen soos ek wil sonder om op die Here te wag nie.

Die Here se tyd is wel nie ons tyd nie. Maar tog is die Here nooit te laat nie. Dink gerus aan Abraham wat op die punt was om sy seun te offer toe God net betyds ingryp. Maria en Martha het ook gedink dat Jesus te laat aandag aan hulle versoek geskenk het om na hulle te gaan toe Lasarus siek was. Dit is tog duidelik wat Martha se gevoel was. Hy is klaar dood en nou is dit te laat. As U hier gewees het, sou hy nie gesterf het nie. Maar as Hy vroeër daar was sou Hy hom nie uit die dood kon opwek nie!

Ons maak maklik in ‘n “gejaagde” lewe en wêreld die denkfout om te dink dat God nie vir ons tyd het nie net omdat ons eintlik nie vir Hom tyd het nie. Laat staan die gejaag na verganklike dinge en maak tyd vir die HERE. Maak genoeg tyd vir Hom – tyd om met Hom te praat, tyd om na Hom te luister, tyd om na Hom te soek en ook tyd om op Hom te wag!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 948 gaste aanlyn