NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom gaan jy kerktoe?   Omdat jy dit as jou plig ag?  Omdat dit ’n goeie gewoonte is?  Ons lees dat Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan.  Gaan jy dalk om vriende by die kerk te sien en self gesien te word soos die Fariseërs?   Of gaan jy kerktoe omdat jy lief is vir jou kerkgenootskap?   Hoeveel gaan Sondae kerktoe omdat hulle Jesus liefhet en ’n behoefte het om Hom te aanbid?   Dis die enigste geldige rede vir kerkgang want daardeur sê jy: “Ek wil soos Jesus wees”.

SUIWER DIE HARTE . . .

…WANT ONS DIEN ‘N JALOERSE GOD

Hannes Ollewagen

Jak. 4:1-12

“Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?” (:5).

“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!” (:8).

Dit is duidelik uit God se Woord dat Hy min tyd het vir ‘n dubbelhartige man. Getrouheid, eerlikheid en opregtheid is alles eienskappe wat in God se oë kosbaar is. ‘n Dubbelhartige persoon het nie hierdie eienskappe nie. Ons word selfs in Jakobus 1 geleer dat die gebed van ‘n persoon wat dubbelhartig is nie vir God aanneemlik is nie. “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” (Jak. 1:7&8).

Dubbelhartigheid en huigelary is pasmaats. En God het vir al twee ewe min tyd. “...met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.” (Ps. 12:3). “Valse lippe is vir die HERE ‘n gruwel, maar Hy het ‘n welbehae in die wat getrou handel.” (Spr. 12:22). “LȆ dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;” (1 Pet. 2:1).

Die HERE verwag van ons om opreg en eerlik met mekaar te wees. En nog meer verwag Hy van ons dat ons met Hom ook opreg en eerlik sal wees. Ons is vinnig om Hom ons Vader te noem, omdat ons graag aan God wil dink as ons Vader wat aan ons goed wil doen en vir ons wil gee wat ons van Hom vra. En dit is goed. Maar wanneer dit by die eerbied kom wat ons aan Hom verskuldig is, verdof die Vader-figuur vir ons ‘n bietjie. Eerlikheid en respek loop hand aan hand. En hierdie dinge is onontbeerlik in eerbetoning. Dit sou beteken dat as ons God as ons Vader aanbid ons ook aan Hom eer verskuldig is. Dit sou derhalwe impliseer dat ons opreg en eerlik ook met God moet wees.

Die gemiddelde mens van vandag se individualistiese ingesteldheid het tot gevolg dat elke mens elke situasie tot sy eie optimale voordeel vir homself probeer reël. En hierdie individualistiese lewensbeskouing trek deur tot mense se godsdiensoefening. Dit is waarom soveel mense God wel wil aanbid, omdat hulle in die proses verwag om seën van Hom te ontvang - en nie noodwendig omdat hulle Hom liefhet nie. Dít is wanneer ‘n mens ‘n “louwarm” godsdiens beoefen wat vir God nie aanvaarbaar is nie.“Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” (Open. 3:16).Ek sal daardie verordeninge van God nakom wat vir my aanvaarbaar is, maar daardie dinge wat ek nie wil onderhou nie sal ek eenvoudig “verskoon” deur los Bybel versies uit verband aan te haal om my verkeerdheid te “regverdig”. Maar ek sal nie daarvan wegkeer nie.

Dit is tragies om hierdie “afgewaterde godsdienstigheid” onder ons volk te moet aanskou. Ek sal “saambly” as sonde veroordeel en erken dat dit in God se oë verkeerd is. Wanneer my eie kinders egter besluit om “saam te bly”, sal ek vir hulle probeer verskonings uitdink of myself verontskuldig van my verantwoordelikheid om hulle tot die teendeel te vermaan en tereg te wys. Dit is mos ‘n gemaklike verskoning dat hulle nou “oud genoeg is” om hul eie besluite te neem. Jou kind word nooit so oud dat hy/sy nie meer in die hel kan beland omdat hulle die rug op God keer nie!!! En as dit u nie traak nie weet ek nie of u enige liefde in u hart het vir u kind nie.Ek sal egskeiding veroordeel totdat my kind die verkeerde besluite gemaak het en nie meer die gevolge wil dra van verkeerde besluite nie. Ek sal dan eerder saam met my kind te kere gaan hoe sleg die ander persoon is as om hulle daarop te wys dat wat deur God saamgevoeg is deur geen mens geskei mag word nie. “...Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Matt. 19:6).

Ons kan God nie net in daardie dinge dien wat vir ons “gerieflik” is om te onderhou nie. Wanneer ons die ware God Drie-Enig aanbid, eis Hy van ons ‘n onverdeelde trou aan Hom.“Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders. . .” (Ex. 20:5).“Maar Josua het aan die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is ‘n heilige God, Hy is ‘n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie. As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.” (Jos. 24:19&20).

Getrouheid aan Hom beteken om sy Woord met trou te gehoorsaam. Wanneer die Here ons verbied om voor ander gode te buig en hulle te aanbid, sluit Hy die satan in. Het ons al ooit daaraan gedink dat wanneer ons die satan eerder as God gehoorsaam dat ons ons voor die voete van satan neerbuig eerder as voor ons heilige God wat in eerbied aanbid, gedien en geëer moet word?

Dit is haas tyd dat ons ag gee op die wekroepe van God om ons tot Hom te keer. Mag Hy na ons kyk en mense sien wat van hierdie punt af hul hande reinig en Hom bid om deur sy Heilige Gees ons harte te reinig tot ‘n ongeveinsde en opregte liefde vir Hom. En dit sodat sy Gees in ‘n rein hart die ereplek kan inneem en met jaloersheid bewaak waarvoor Hy baie duur met sy bloed betaal het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 982 gaste aanlyn