NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie...  – Jeremia 23

DIEN HOM IN GEHOORSAAMHEID

Hannes Ollewagen

Handelinge 17:15-34

“Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.” (:23-25).

Die situasie waarmee Paulus op sy reis deur Athénete doen gekry het, is nie heeltemal vreemd in ons tyd nie. Daar is deesdae soveel godsdienstige bewegings dat dit moeilik is om met almal tred te hou. Die meeste van hierdie bewegings se leringe is ongelukkig nie geskoei op die fondament van God se Woord nie. Terwyl vele van hierdie nuwe bewegings ontstaan het uit ‘n herlewing in mense se harte wat in waarheid en met erns na God soek, is dit ook ongelukkig waar dat wanneer daardie beweging goeie stukrag ontwikkel, dit is asof die leiers daarvan se eie leringe, se eie eer en hul eie trots die Woord van God oorskadu. En dan word daaruit allerhande vreemde leerstellings en dogma gevorm. Die Godsdiens ontaard dan in godsdienstigheid.

Ons moet baie, baie mooi verstaan dat God slegs volgens sy eie voorskrif gedien en aanbid behoort te word. Dit maak nie saak hoe aanneemlik, indrukwekkend, emosioneel belaai of glorieryk ons eie pogings lyk nie - as dit nie volgens God se voorskrif geskied nie sal dit Hom nie behaag nie!

Die voorbeelde van mense wat probeer het om dinge te doen wat God moes beïndruk, is volop. Die gemeenskaplike faktor in al hierdie situasies was dat God hierdie mense geleer het dat hulle Hom nie kan beïndruk deur een of ander buitengewone prestasie nie – slegs dat Hy beïndruk word deur sy kinders se opregte gehoorsaamheid. Hy het behae daarin dat ons sy Woord in nederige ootmoed gehoorsaam en nie dat ons moet probeer om Hom met allerhande prestasies te vermaak nie. Ons dink maar aan koning Saul wat beeste en kleinvee van Ámalek gebring het om aan God te offer terwyl God se opdrag was dat Ámalek met die banvloek getref moes word. Hierdie groot offer het God nie beïndruk nie, inteendeel, dit het Hom diep teleurgestel en só mishaag dat Hy Saul as koning verwerp het:

“En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê: Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep.” (1 Sam. 15:10&11). “Daarop sê Samuel:  Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.” (1 Sam. 15:22).

Ons dink ook aan Abraham se lewe voor God. Hy het nie probeer om met een of ander buitengewone prestasie God te beïndruk nie. Hy het net met ‘n opregte hart probeer om God te gehoorsaam en dan het hy God innig lief gehad. En sy liefde vir God is bewys deur sy optrede en sy gehoorsaamheid aan God. Die bewys dat Abraham God beïndruk het deur sy gehoorsaamheid, lê vir ons opgeteken in die woorde van Gén. 22:15-18 .

Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel afen sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.”

Ons lees in Handelinge 13 van die man wat koning Saul se troonopvolger sou word. Hierdie man wat God in Saul se plek gekies het, was nie ‘n hooggeplaaste persoon of iemand wat probeer het om God te beïndruk nie. Maar hy was ‘n man na aan God se hart, omdat hy ‘n man was wat daarna gestreef het om God te gehoorsaam:

“En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, ’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.” (Hand. 13:22).

Die Woord van God stel dit vir ons in geen onduidelike taal dat God ‘n groot behae in gehoorsaamheid het. Hy leer dit alreeds vir die mens deur sy geroepe dienskneg, Moses:

“En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?” En daarna herhaal Hy hierdie waarheid deur soveel profete wat Hy uitstuur om dieselfde waarheid te verkondig:

“Waarmee sal ek die HERE tegemoet gaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoet gaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Sal die HERE ’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:6-8). “Want Ek het ’n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (Hoséa 6:6).

Ten spyte van hierdie baie duidelike onderrigting deur God volhard die mens daarin om langs sy eie weë en op sy eie manier te soek om God te dien. Mag ek en u ook ons eie pogings in ons Godsdiens in oënskyn neem en die vraag eerlik beantwoord of ons God hierdeur gehoorsaam en of ons pogings eintlik maar is om ‘n “indrukwekkende godsdiens” te beoefen. Ons is uiters verwaand as ons dink dat ons iets het om uit ons hand te bied waaraan God dalk ‘n behoefte sou hê. En ons is uiters onkundig in ons Godsdiens indien ons die premie wat God op gehoorsaamheid plaas, gering skat.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1096 gaste aanlyn