NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra dikwels waar sal ons krag vandaan kom om al die pyn, droefheid en lyding in ons lewens te oorleef? Ons laat God hierdeur so krageloos lyk, en dit net omdat ons so skraal in ons eie verwagtings is. Onthou dat jy nie met jou ontoereikende krag iets hoef uit te rig nie, jy beskik ook God se krag, ongelooflik groot, dieselfde krag waardeur Jesus uit die dood opgewek is: opstandingskrag, ook vir jou om telkens weer op te staan uit jou pyn.

OPPAS VIR DIE MISLEIDING

Hannes Ollewagen

2 Thessalonicense 2:1-17

Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. (:3&4).

Daar is in ons dae geen tekort aan godsdienstige bewegings nie. Dit is net jammer dat die minderheid van hierdie bewegings hul met die waarheid besig hou. Die samelewing van ons tyd is baie verward en talle mense sal op die vorige stelling dieselfde vraag as Pilatus wou stel –“Wat is waarheid?.

 

Die godsdienstige bewegings wat myns insiens die grootste aftrek kry, is daardie bewegings wat kitsoplossings voorhou. Daar is n vinnige manier om gesond te word. Daar is n maklike manier om die ewige saligheid te verkry. Daar is n vinnige manier om geluk en rykdom te vind. Daar is n vinnige manier om van al jou probleme ontslae te raak. Die meeste van hierdie bewegings het dan ook ten minste een gemene deler en dit is dat die mens sentraal in hul godsdiensoefening staan. Die mens word as só belangrik beskou dat die mens met sy probleme, sy behoeftes, en sy begeertes die middelpunt van hierdie godsdiensoefening word.

Die ware soeke na die waarheid en na God se wil word op die agtergrond geskuif. Inteendeel, die mens is die een wat basies aan God links en regs opdragte uitdeel om hier gesond te maak en daar rykdom te skenk en hier dit te doen en daar dat te doen. In hierdie tipe godsdiensoefening maak die mense hulself skuldig aan oortreding van die eerste gebod deurdat hulle n valse afbeelding van Christus Jesus vir hulself maak wat vir hulle aanneemlik is. En in dié proses word die heilige Woord waarin die ware beeld van Christus openbaar word opsy geskuif. Dit moet plek maak vir hierdie eiesinnige beeld van Christus wat ek vir myself geskep het.

Dit is daarom ook nie dit vreemd vind dat hierdie bewegings wat die Woord van God op die agtergrond skuif leringe verkondig wat nie Skriftuurlik is nie. En wat anders is dit as om te doen wat die satan alreeds in die tuin van Eden gedoen het? Die satan het by die mens twyfel gesaai oor die opdrag wat God gegee het en daarna deur sy listigheid die mens mislei om aan God ongehoorsaam te wees. En as ons dalk vergeet het sonde is niks anders as ongehoorsaamheid aan God nie. Sonde is nie wat vir die meerderheid onaanvaarbaar is nie, maar wat vir God onaanvaarbaar is. Ons lees in vers 4 van ons gelese gedeelte dat die teëstander homself sal verhef bo al wat God genoem word. Hy sal m.a.w. homself die reg aanmatig om leringe te leer wat direk teen God se Woord indruis omdat hy homself nie aan God se gesag onderwerp nie.

Onse Here Jesus Christus het vir ons ook teen misleiding gewaarsku terwyl Hy as mens op die aardbodem gewandel het. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! En hulle sal baie mense mislei. (Matt. 24:4&5). En ons word gewaarsku dat hierdie misleiding haarfyn sal wees. Dit sal in sommige gevalle selfs reg lyk. Hierdie misleiding sal verder ondersteun word deur allerhande tekens en wonders wat die bonatuurlikheid daarvan sal onderstreep. ...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, ... (2 Thess. 2:8&9). Maar ons moet onthou dat daar n verskil tussen bonatuurlik teenoor Goddelike krag en wonders is nie alle bonatuurlike dinge is uit God se krag of wil nie. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Matt. 7:22&23).

Die Here leer ons ook uit verskeie dele van die Woord waarom hierdie afval sal plaasvind en waarom mense wat dalk op n stadium op die regte weg in die geloof was, sal ontspoor. Ons lees in 2 Thess. 2:10 dat die verleiding n gevolg is van n gebrek aan liefde. Hierdie mense ontspoor omdat hulle nie die liefde vir die waarheid in hul harte het nie. ...omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En hoeveel meer duidelik wil ons dit geleer word dat die suiwerste vorm van waarheid die Woord van God is? Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. (Joh. 17:17).

Indien daar n liefde vir die waarheid in u hart is, sal u die waarheid koester. Maar indien hierdie liefde vir die waarheid in u hart ontbreek, is die kanse baie goed dat u sal toelaat dat allerhande veranderinge van die waarheid u sal welgeval. Enigeen wat u nie na die Woord toe lei nie is besig met misleiding. En hy wat mislei word, sal die ewige koninkryk van God nie ingaan nie omdat God dit duidelik stel dat daar net een Weg na saligheid is. Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Joh. 14:6).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1084 gaste aanlyn