NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe – Neh 39:6

KOOP DIE TYD UIT

Hannes Ollewagen

Efésiërs 5:1-21

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. (:15-17).

Ek het net nie tyd daarvoor gehad nie. Hierdie is nogal woorde wat n mens in ons tyd gereeld hoor. En is dit nie ironies nie? Soveel dinge in die lewe word uitgevind en verbeter om vir ons tyd te spaar en tog het ons al minder tyd. Hoe is dit moontlik? Dit gebeur omdat ons toelaat dat soveel onnodige en nuttelose dinge in hierdie lewe ons kosbare tyd in beslag neem. Wat baat die vier ure wat u vanaand voor die duiwelsdoos (televisie) deurbring u nou eintlik in hierdie lewe?

Tyd is die een kommoditeit waarvan almal in hierdie lewe (wat die lewe gespaar word) ewe veel van kry. n Dag in die lewe van die president van n land het nie n enkele sekonde meer as n dag in die lewe van n boemelaar in sy land nie.

Die geheim lê egter daarin hoe elke een van ons hierdie kosbare tyd van ons benut. En hoe hierdie tyd van ons benut word, word bepaal deur ons prioriteite in hierdie lewe. n Geldgierige persoon sal n oormaat van sy tyd daaraan spandeer om rykdom na te jaag. n Sport fanatikus sal n oormaat van sy tyd aan sport wy. n Persoon wat aan dobbelary verslaaf is, sal ure van sy tyd voor n dobbelmasjien verkwis. En so kan die lys aangaan.

Die vermaning uit ons gelese gedeelte word in die brief aan die Kolossense herhaal. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. (Kol. 4:5). Dit is dus vir ons duidelik uit God se Woord dat dit belangrik is dat ons ons tyd reg aanwend. Dit impliseer dat ons ons prioriteite agtermekaar moet kry. Hoe is dit dat die een man met n gesin en wat 10 ure per dag werk tyd het om in die aand saam met sy gesin Godsdiens te hou en hulle in die weë van die Here te onderrig en die volgende persoon in soortgelyke omstandighede het nie tyd nie? Dit waarheid van laasgenoemde sal eintlik as volg uitgedruk word –“het nie lus nie. En dit is omdat dit vir die een persoon n prioriteit is en vir die volgende persoon nie.

Wanneer die Woord ons leer dat ons die tyd moet uitkoop en dat God n prioriteit in ons lewens moet wees, sou dit beteken dat ek die hele dag moet sit en Bybel lees? My verhouding met God is dan vir my die hoogste prioriteit en daarom moet ek die hele dag met die dinge van die Here besig wees? Ek gaan daarom die hele dag net Bybelstudie doen. Allermins is dit wat Hy verwag. Ons moet die tyd uitkoop om die Here te dien. Ons moet die tyd uitkoop om vir die Here te leef. Die grondslag hiervan lê inderdaad daarin dat ons gereeld (oggend en aand) sal tyd maak om voor die Here stil te raak en in gebed met Hom te praat. En ook dat ons deur sy Woord onderrig en leiding sal ontvang. Hierdie is egter eerder die vertrekpunt as die eindpunt. Ek moet vandaar gaan om dit wat ek uit sy Woord geleer het te gaan leef en te gaan doen. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. (Jak. 1:22). God verwag van ons nie maar n blote kennis van geloof nie, maar n lewe van geloof.

n Boer wat nie sy landerye bewerk nie moenie verbaas wees as dit deur allerhande onkruid oorgeneem word en hy uiteindelik as n gevolg van sy luiheid sy plaas verloor nie. Dit maak nie saak hoe hard hoeveel van sy voorsate op daardie plaas gewerk het nie. Indien hy nie sy verantwoordelikheid opneem en nakom nie sal al die vorige geslagte se harde werk tot niet gaan. En die geskiedenis sal teen hom getuig as die onverskillige luiaard wat n skandvlek op sy familie se naam was. Dit is ewe waar van n volk. Indien ons geslag nie ons verantwoordelikheid in ons volkslewe vir ons voortbestaan gaan opneem nie het ons geen reg om te murmureer wanneer ons erflating tot niet gaan nie. Ons kan nie daarin roem dat voorgeslagte van eeue gelede baie Godvresende mense was en daarom verwag dat ons God se guns in ewigheid sal geniet terwyl ons nie ons verantwoordelikheid teenoor Hom nakom nie. Ons kan nie elke dag te sleg wees om tyd aan God af te staan en saam met ons gesin huisgodsdiens te hou en dan een maal per jaar in miljoene wil saamtrek en dink dat ons groot getalle God sal beïndruk om Hom tot ons te wend nie. Ten spyte van talle pogings deur ketters van ons tyd om mense anders te oortuig, is die waarheid dat die Heilige en Drie-enige God van hemel en aarde Homself nie laat verneder en reduseer tot n God wat met kitsoplossings werk op die mens se bevel nie.

Ons moet dalk in ons besige lewens waarin ons tog so min tyd het net vir so n paar minute regtig stil raak en baie, baie mooi oor die volgende besin Is dit verstandig om die minimum tyd te spandeer aan my en my naaste se sieleheil terwyl dit n invloed sal hê op die bestemming waar ek ongetwyfeld die maksimum (ewigheid) tyd eindelik gaan deurbring? Solank as wat ons asem in ons het, het ons deur God se genade nog tyd wat ons kan uitkoop moenie hiermee onverskillig en roekeloos handel nie, want daar is geen terugbetalings (refunds) nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1005 gaste aanlyn