NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE... want die HERE sal nie vir ewig verstoot nie – Klaagliedere 3

GEE AAN DIE HERE WAT HOM TOEKOM

Hannes Ollewagen

Spr. 3:1-35

Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. (:9&10).

Ons hoor gedurig van moeilike ekonomiese tye. Ons hoor heeldag en aldag hoedat mense kla dat hulle nie met hulle geldjies uitkom nie. Ons hoor gereeld dat mense murmureer oor die regering wat ons almal beroof met hoë belastings terwyl daar bykans geen sinvolle aanwending van hierdie belastingfondse te bespeur is nie. n Regering wat soos n sprinkaanplaag alles opeet wat hy kan opspoor. Dink maar hoedat hierdie heidense regering n eens florerende Evkom tot bankrotskap opgeëet het. En die tyd sal my ontbreek as ons moet praat oor die talle ander organisasies wat op n stadium nie eens aan ekonomiese swaarkry kon dink nie en vandag bankrotskap in die gesig staar.

Daar is baie van ons volksgenote wat aanvoer dat hulle nie n tiende van hul inkomste aan God kan afstaan nie, omdat hulle alreeds nie met hulle geldjies uitkom soos dinge tans staan nie. Ek bedoel, nadat die kinders se sporttoere, ons DSTV vir die maand en al die kos en drankies vir ons partytjies betaal is, mis ons alreeds een of twee debietopdragte by die bank wat onbetaald terugkom. En as ek darem n R100 of R 200 in die kollekte bordjie gooi, kan ek myself troos dat ek soos die arm weduwee aan God gegee het dit wat ek gehad het om te gee.

Ons besef dit dalk nie, maar om n tiende van ons inkomste aan God af te staan, is n geweldige voorreg. En dit versterk ons verhouding met Hom tot n baie groot mate, omdat dit ons afhanklikheid van sy troue sorg in ons diepste wese verstewig. Wanneer ek met n opregte en dankbare hart my tiende aan God afstaan en vertrou dat Hy altyd in die toekoms vir my sal voorsien (soos wat die arm weduwee gedoen het) bewys ek eer aan Hom. Ek eer Hom met dankbaarheid en ek eer Hom omdat ek my vertroue op Hom stel en nie op my eie vermoë nie.

Ek waarborg u vandag dat God diegene eer wat Hom eer. Hy sal in der ewigheid, nooit as te nimmer nie,n persoon wat Hom eer en liefhet in die steek laat nie. U kan verseker weet dat selfs wanneer u in tye waar dit noustrop gaan dit wat reg is aan God afstaan, Hy ongetwyfeld vir u in u behoeftes sal voorsien. God stel voormelde belofte self in die woorde van Mal. 3:10:Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle n oorvloedige seën sal uitstort nie. God nooi die mens uit om Hom op die proef te stel probeer dit en kyk of Ek n God is wat My Woord gestand doen!

Die Here spreek ook in Maleàgi 3 sy weersin uit dat sy volk se kinders Hom van die tiendes van hul inkomste beroof. Let mooi op die woorde wat die belofte in vers 10 voorafgaan bring die HELE TIENDE na die skathuis. Mag n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! (:8&9). Ons versuim om ons tiende aan God af te staan, is in sy oë dieselfde as wanneer iemand iets van ons steel Hy stel dat ons Hom beroof deur nie dit wat reg is aan Hom af te staan nie. En ons weet self hoe ongelukkig ons voel en onstuimig ons gees is wanneer iemand van ons steel. Kan ons dan nog steeds nie verstaan dat n God van liefde toelaat dat ons land in so n chaotiese toestand verval nie? Waarom ywer Hy nie vir ons nie? Ek wonder met hoeveel ywer ek en u sal optree en hoeveel guns ek en u sal bewys aan n persoon wat ons beroof...

Daar is baie mense wat die gawe van die arm weduwee gerieflikheidshalwe verdraai om te probeer voorhou dat God nie werklik n tiende van ons inkomste eis nie, maar net dit wat ons aan Hom wil afstaan. Hierdie is n uiters onkundige en oppervlakkige vertolking van God se Woord. n Deeglike ondersoek na God se Woord sal u goed laat verstaan hoe kosbaar hierdie insetting in God se oë is. Hierdie arm weduwee het eintlik baie meer as net n tiende afgestaan sy het alles wat sy op daardie stadium gehad het aan God afgestaan in die vertroue dat Hy vir haar sal voorsien. Sy het dit nie met n swaarmoedige hart, uit dwang of met diepe bekommernis gedoen nie, maar met dankbare en opregte geloofsvertroue. En só kosbaar was dit in Christus se oë dat Hy sy dissipels geroep en haar as voorbeeld vir hulle gestel het –‘n verdere bewys dat Hy beïndruk was met die weduwee se nakoming van hierdie insetting van God en dit boonop met die regte gesindheid. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het n blymoedige gewer lief. (2 Kor. 9:7). God het n blymoedige gewer lief of ons aan God of aan ons naaste gee ons gesindheid moet reg wees!

Onthou hoedat ook ons Here Jesus Christus self tydens sy lewe op aarde gemaan het dat ons aan God sy regmatige deel moet afstaan. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. ... (Mark. 12:17).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1053 gaste aanlyn