NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene het groot rede om altyd vol vreugde en blydskap te wees. Ons het sedert die uitstorting van die Heilige Gees die Here altyd by ons, en daarby kan ons met vreugde uitsien na die wederkoms van Christus. Dit is onvanpas vir jou as Christen om beswaard deur die lewe te gaan.

LIEFDE IS KRAGTIG!

Hannes Ollewagen

1 Pet. 4:1-19

“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.” (:8).

‘n Rare verskynsel in ons samelewing – liefde. Die mense word mos deur die vermaaklikheidswêreld van die dag geleer wat “liefde” is. ‘n Oppervlakkige, oënskynlik opwindende gevoel tussen twee mense waarin elkeen se selfsugtige geluk en begeertes belangrik is. ‘n Situasie waarin die res van die wêreld nie bestaan nie en nie in ag geneem hoef te word nie. Daar is nie sprake van opoffering, selfvernedering, diensbaarheid en vergewensgesindheid, m.a.w. ware liefde, nie.

Liefde is dan ook sekerlik die een deugde wat in die Woord van God nie genoeg beklemtoon kan word nie. Die Here leer vir ons dat liefde vir God en ons naaste die fondament van die wet en die profete is. “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:40). Paulus bevestig hierdie woorde van Christus Jesus in sy brief aan die Galásiërs. “Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Gal. 4:14).

Dit val ons vreemd op wanneer Jesus sê dat Hy ons ‘n nuwe gebod gee om mekaar lief te hê. “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” (Joh. 13:34). Dit terwyl die gebod om mekaar lief te hê nie eers in die Nuwe Testament begin leer word nie. God het hierdie gebod alreeds in die wet wat Hy deur Moses aan die mens gegee het, ingeskryf. “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” (Lev. 19:19). Maar Hy leer ons ‘n nuwe gebod om nie ons naaste soos onsself lief te hê nie, maar lief te hê soos Hy ons liefgehad het. Dit wil sê met ‘n opofferende, selfvernederende, onbaatsugtige, dienende liefde. Ons moet mekaar liefhê soos wat Hy aan ons die voorbeeld van liefde gestel het.

In die eerste brief van Petrus word dit gestel dat ons mekaar vurig moet liefhê en dat hierdie liefde ‘n menigte sondes sal bedek. Die toestand van ons volk getuig van ons gebrek aan hierdie Goddelike liefde wat die Here by ons wil sien. Hierdie liefde wat deur sy Gees in ons harte gewerk word, want ons as mense is nie in ons vleeslike swakheid in staat tot hierdie opregte liefde nie. Ons is in die vlees te selfsugtig, te eiegeregtig, gesteld op ons eie eer en belang eerder as om die wil van God te doen. En God se Gees skenk ons ‘n gees van liefde en selfbeheersing. “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1:7).

Dink maar hoedat Jesus teen God kon protesteer oor die vernederende dood wat Hy moes sterf, maar die goddelike liefde in Hom het Hom daarvan weerhou. Indien hierdie liefde van God in ons harte was, sou ons kerke in die toestand gewees het waarin dit is? Indien hierdie liefde van God in ons harte was, sou ons net die vervalle toestand van ons volk kon aanskou sonder dat dit ons pla? Indien hierdie liefde van God in ons harte was, sou ons so gedurig baklei het soos wat ons doen of sou ons mekaar kon vergewe en met lankmoedigheid teenoor mekaar optree? “Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” (Kol. 3:13&14).

Ons is gou om te vra hoedat God kan toelaat dat ons as ‘n volk vandag so verneder, verarm, verkneg en vermoor word. Het Hy ons dan nie lief nie? Die vraag sny egter twee kante toe. Hoe wil ons op sy liefde aanspraak maak terwyl ons dade van ons liefdeloosheid teenoor God getuig? Hoe durf ek sê dat ons liefdeloos teenoor God is?! Stel die Woord dit nie dat as ek liefdeloos teenoor my naaste staan, getuig dit van my liefdeloos teenoor God nie? “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.” (1 Joh. 4:8). “As iemand sê: Ek het God lief en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?” (1 Joh. 5:20). “En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar, Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (Matt. 25:40).

Ons pleit gereeld voor God om ons volk se sondes te vergewe en ons uit hierdie ellendige toestand waarin ons verkeer te verlos. Maar het ons reg om God om vergifnis te vra en te verwag dat Hy ons in liefde moet aansien en vergewe wanneer ons weier om mekaar in liefde aan te sien en te vergeef? Kan ons verwag dat Hy ons moet liefhê terwyl ons nie daarna streef om mekaar lief te hê volgens die voorbeeld van Christus nie? Stel die Here dit nie uitdruklik vir ons in sy Woord dat Hy ons aan pyniging sal oorgee indien ons mekaar nie volgens die voorbeeld van Christus vergewe nie? “En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (Matt. 18:34&35). “Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.” (Jak. 2:13).

Die wapen van liefde is ook in ons volk se vryheidstryd baie, baie kragtiger as wat ons besef. Ons kan dit opneem teen ons vyand in plaas daarvan om die wapens teenoor mekaar op te neem.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 976 gaste aanlyn