NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons maak so maklik geloftes teenoor die HERE. Soms is daardie geloftes onverskillig soos Jefta in Rigters 11. Hy het groot hartseer veroorsaak omdat hy nie deeglik gedink het wat hy die HERE belowe het nie. 'n Gelofte is so 'n ernstige saak dat ons baie seker moet wees hoe God daaroor oordeel sodat ons in ons gewete verseker is dat ons niks onbesonne aanpak nie – die breek van 'n gelofte teenoor God bring ernstige gevolge.

AAN GOD DIE EER!

Hannes Ollewagen

Ps. 81:1-17

“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.” (:8).

Daar is deur die genade van die Here jaarliks nog volksgenote wat getrou die Gelofte van Bloedrivier nakom. Die Gelofte wat ons voorouers gemaak het dat ons hierdie dag van oorwinning jaarliks as ‘n dankdag en soos ‘n Sabbat sal deurbring en op hierdie wyse die eer en roem van oorwinning aan God sal laat toekom.

Daar is ongelukkig ook baie mense wat allerhande verskonings probeer formuleer waarom hierdie dag nie eerbiedig hoef te word nie. Ons hoor byvoorbeeld gereeld dat mense van mening is dat ons voorouers nie namens ons hierdie besluit kon neem nie. Hulle kon nie namens ons aan God ‘n Gelofte maak en hul nageslag hierdeur bind nie. Feit is dat hulle kon. En hulle het. Daar is baie dinge wat ‘n mens doen, goed en sleg, wat op jou nageslag en hul latere nakomelinge ‘n invloed uitoefen. Jy het tog geen sê gehad in wat jou naam behoort te wees nie en jy aanvaar hierdie besluit van jou ouers eenvoudig as ‘n keuse wat hulle moes maak. Jy het geen sê gehad in die erfporsie wat vir jou nagelaat is nie, maar jy protesteer nie te veel daarteen dat iemand ‘n gunstige besluit geneem het om vir jou ‘n erflating te laat toeval nie.

Dit is tog vir my opvallend dat dit vir sekere mense so ‘n bittere sware las is om hierdie Gelofte te eerbiedig en na te kom. Dit is mos alreeds ‘n teken dat daar baie, baie groot fout in so ‘n persoon se geestelike lewe is. Wanneer dit vir ‘n mens ‘n las en swarigheid is om aan God dank en eer toe te bring is jou geestelike lewe nie op ‘n gesonde standaard is nie. Dit is tog vir enige ware gelowige ‘n voorreg om aan God dank en eer toe te bring.

Ons is vinnig om God se voorspoed en seën te verwag. Ons is ongelukkig ook vinnig met verskonings wanneer ons herinner word aan die eerbied en gehoorsaamheid wat ons aan Hom verskuldig is. Kyk rondom u. Luister na mense se gesprekke en hul denkwyse in ons tyd. Dit is vir baie mense verbysterend dat dinge so sleg gaan in ons land. Baie mense wonder hoe dit moontlik is dat ‘n God van liefde kan toesien dat mense so swaar kry. Baie mense wonder hoe dit moontlik is dat ‘n God van orde kan toesien dat ‘n land so in chaos verval. Hierdie vrae laat baie mense se geloof dalk skipbreuk ly. Is God by onvermoë om te red? Die antwoord is eerder dat mense God daarvan weerhou om sy verlossing te bewerk. In plaas daarvan dat ons in diepe ootmoed na God se raad, verlossing en redding vra, is ons besig om die een plan na die ander sonder Hom te smee. “Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.” (Ps. 81:12&13). Hoe lank wil ons die ellende aanskou wat ons eie planne waarin ons gedurig wandel, oplewer?

Daar is sekerlik baie mense onder ons wat terugdink en terugverlang na die dae van rustigheid, voorspoed en vrede. Die dae waarin ons kinders naby ons was en nie in vreemde lande ‘n heenkome gaan soek het nie. Die dae waarin ons Vaderland bewonder is eerder as wat dit die bespotting van die wêreld was. Die dae waarin misdaad ‘n skaarste was en werksgeleenthede as algemeen beskou is. Die dae waarin ordelikheid en rustigheid in ons Vaderland welkom was terwyl chaos en wanorde ongewenste gaste was wat gou met hardheid verwyder sou word. Die dae waarin kinders in die skole opgevoed is en nie met drek tot in hul siel besoedel is nie. Dit was dalk die dae waarin die meerderheid van ons volk nog vir die Here onse God gewillig was. Die dae waarin ons dit nog as ‘n prioriteit en voorreg beskou het om te bou aan hierdie huis van God waartoe ons voorouers hulself en hul nageslag verbind het.

Daar is so ‘n groot hoeveelheid volksgenote wat eenvoudig nie meer aan God die eer bewys wat Hom toekom in die betaling van ons Geloftes nie. En tog verwag ons dat God ons noodkrete en bedes om hulp moet eerbiedig? Daar is so ‘n groot hoeveelheid volksgenote wat eerder in selfsug aan hul eie koninkryke bou omdat dit belangriker is as ons roeping as ‘n volk om aan hierdie volkshuishouding van Hom te bou. Dit is vir ons belangriker om in mense se oë geëer te word as om die eer van God te ontvang. En dan wil ons God verwyt en huil wanneer hierdie self opgerigte koninkryke inmekaar tuimel.

Ek en u moet in hierdie tyd opnuut herinner word aan die feit dat ons Gelofte om aan God die eer van die oorwinning by Bloedrivier te gee nie alleen op een dag in die jaar ons verantwoordelikheid is nie. Dit eis van ons om daagliks deur ons lewens aan Hom eer toe te bring. Dit eis van ons om ons eie koninkryke opsy te skuif en nie elkeen net vir sy eie huis te hardloop nie, maar om gesamentlik aan hierdie volkshuishouding ter plaatse te bou; hierdie huis tot sy eer waartoe ons voorsate hulself en ons as hul nageslag verbind het. As God se eer vir ons belangrik is, sal ons nie tevrede kan wees met hierdie toestand waarin hierdie huis verval het nie. As ons eie gerief, ongeërgdheid en selfsug swaarder weeg, sal ons dit seker maar in hierdie toestand laat. Die nakoming van ons volk se Gelofte op 16 Desember van elke jaar, maar ook op elke ander dag van die jaar, is sekerlik ‘n aanduiding van hoe hoog ons God se eer in ons lewens stel.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1028 gaste aanlyn