NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebed verander sake.   Moses het gebid en die see het voor hom oopgegaan.   Elia het gebid en vuur uit die hemel het op Karmel neergedaal.   Sarel Cilliers het gebid en die barbare is verslaan.   Ja, die sterkste gelowiges is hulle wat in die geloof bid.

VLUG VIR DIE AFGODERY

Hannes Ollewagen

1 Kor. 10:14-22

“DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.” (:14).

Paulus gee aan die Korinthiërs ‘n opdrag om van afgodediens af weg te vlug. Ons vind ‘n soortgelyke vermaning in 1 Joh. 5:21 – “My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.”

Ons maak maklik die fout om te dink dat hierdie vermaninge maar aan die gemeentes van daardie tyd gerig was. Wanneer dít ons uitgangspunt is, sal ons onsself die vraag moet afvra wat van ons belydenis word dat die Skrif die Heilige en Lewende Woord van God is. Spreek elke woord en elke teksvers in God se Woord nie steeds vandag ook tot elke ware gelowige nie? Die Woord van God spreek inderdaad steeds tot elke gelowige wat die Gees van die waarheid ontvang het om hierdie Woord van God aan te neem. En daarom moet ons ag gee op elke vermaning uit God se Woord en dit ter harte neem!

Ons maak maklik die fout om te dink dat afgodery iets is wat net in minder ontwikkelde volke te bespeur is. Ons hou onsself mos nie besig met allerhande voorvadergeeste of die maak en aanbidding van beelde en dies meer nie. Afgodery is egter nie beperk tot die maak en aanbidding van beelde nie. Die Woord van God leer ons onteenseglik dat ongehoorsaamheid aan God ter wille van iets anders op afgodery neerkom. Ons word geleer dat ons God bo alles moet liefhê en dus moet ons gehoorsaamheid aan Hom seëvier. Ons moet die Here onse God alleen dien! “…Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Luk. 4:8).

Alhoewel ons onsself dalk nie besig hou met die maak van beelde en onsself daarvoor neerbuig nie moet ons aan onsself die vraag stel of ons wel besig is om die Here onse God met ywer te dien. Is dit regtig vir ons belangrik om te doen wat in die oë van die Here mooi, aanneemlik, reg en welgevallig is? Is dit regtig vir ons ‘n prioriteit om God se hart te verbly?

Daar is soveel dinge in vandag se lewe wat ons harte van God afvallig maak. Daar is soveel dinge wat ons eerder aanhang, waarin ons eerder vreugde soek, waaraan ons eerder ons toewyding skenk as aan die diens van ons HERE. Dit is soveel lekkerder om op die Sabbat te lê en sekulêre en sinlike vermaak te geniet as om die moeite te doen om my deur God se Woord te laat onderrig. Ek werk darem mos nie, maar ewe min is ek besig om my op hierdie dag in God te verlustig. Dit is vir ander weer lekker om op die Sabbat hulle week se inkopies te doen – dit is mos lekker tyd wat die gesin saam kan deurbring. Ons kry nie in die week hiervoor tyd nie. En ons eie tyd gaan ons nie hiervoor afstaan nie – “God sal mos verstaan”. Ek wonder of ek met opregte eerlikheid kan sê dat God na my kan kyk op hierdie dag en tevrede sal wees, bly kan wees oor dit wat Hy sien?

Baie mense sal dit as belaglik beskou wanneer ek stel dat u besig is om Mammon te vereer wanneer u verkies om u onderneming op die dag van die Here te bedryf. Maar wat is so belaglik hieraan? Dit is tog ‘n eenvoudige gevolgtrekking! Daar is ‘n keuse aan wie u eerder gehoorsaam wil wees – God moet gehoorsaam word wat aan die mens die insetting gegee het om die Sabbat te onderhou. Andersyds moet in ongehoorsaamheid aan God se insetting gehoor gegee word aan die begeerte van Mammon. En is ons nie ‘n dienskneg van die een aan wie ons kies om gehoorsaam te wees nie? “Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie – òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” (Rom. 6:16). Ek vra dan weer – Word ons nie beveel om God alleen te dien nie? Ek wonder of ek met eerlikheid kan sê dat God na my kan kyk op hierdie dag en tevrede kan wees, bly kan wees oor dit wat Hy sien?

Die afgodsbeeld van humanisme word in ons tyd dalk nog met meer ywer as Mammon vereer. Daar is selfs predikante vandag vir wie hul eie eer en aansien belangriker is as die eer van God! In gehoorsaamheid aan hierdie afgod word God se instelling van die huwelik geskend, want dit is mos belangriker dat aan JOU EIE sondige begeertes voldoen word as dat aan God se insettinge voldoen word. In gehoorsaamheid aan hierdie afgod sal u geen probleem hê om ander mense in saketransaksies te na te kom en te benadeel nie, want daar is mos NET EEN wese op hierdie aarde wie se belang gedien moet word.

Dit is vir die jong meisies deesdae meer belangrik om die aandag van soveel as moontlik mans te geniet as om te doen volgens God se wil. En daarom het hulle geen wroeging daarmee om die opdrag uit God se Woord te verontagsaam ter wille van hulself nie. “SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.” (1 Tim. 2:9&10). Dink julle regtig dat julle God met julle verleidende kleredrag beïndruk? Indien nie kan julle dan met alle eerlikheid sê dat dit vir julle belangrik is om te doen wat in God se oë reg is en dat dit vir julle belangrik is om Hom te dien?

Geliefdes, laat ons ook hierdie vermaning uit God se Woord met die nodige erns aanneem en deeglike ondersoek in ons lewens instel. Hulle wat hierdie vermaning ignoreer en hulself met hul afgodery besig hou wanneer die Here besluit om onverwags terug te keer aarde toe, sal die ewigheid nie ingaan nie! “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.” (Open. 21:8).

Daar is nie ‘n plek vir afgodedienaars in die koninkryk van ons Here nie. Hy is dit waardig om in heiligheid en eer aanbid en gedien te word – ons het die voorreg om aan Hom hierdie eer te bewys. Laat ons die Here onse God aanbid en Hom alleen dien!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3095 gaste aanlyn