NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy kan geen verdriet van jou afskuif asof dit jou nie aangaan nie. Jy kan leed en bekommernisse nie vermy nie, jy moet moet daardeur gaan na nuwe rus en vreugde.

WANDEL IN SY SPORE

Hannes Ollewagen

1 Johannes 2:3-17

“Hy wat sê dat hy wat in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het.” (:6).

Dit is mos nou ‘n onmoontlike opdrag wat God vir ons hier in sy Woord gee? Hoe kan enige een van ons soos Christus leef? Ek bedoel, Hy is immers God en daarom het Hy vlekkeloos en sondeloos hier op aarde geleef. Dit is tog nie vir enige van ons moontlik om dit te doen nie.

Dit is inderdaad nie moontlik vir enige mens om sondeloos te leef nie. Ons lees net in die vorige hoofstuk van 1 Johannes dat enigeen wat homself as sondeloos beskou, ‘n leuenaar is. “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.” (1 Joh. 1:8). Maar tog word ons beveel om te wandel soos wat Hy gewandel het? Ons word herinner dat ons in Hom moet bly omdat ons daardeur sy lewensvoorbeeld kan navolg. Dit is wanneer ons in Hom bly dat ons gehoorsaam aan God leef. Dit is wanneer ons in Hom bly dat ons in nederige ootmoed voor God leef. Dit is wanneer ons in Hom bly dat ons ook in ons lewens vrug oplewer waardeur sy Naam verheerlik word. “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.” (Joh. 15:4).

 

Maar wat beteken dit om in die Here te bly? Dit is tog dat ons verkies om met Hom gemeenskap te hê. “Hy wat my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.” (Joh. 6:56). Dit is dat ons begeerte na Hom sal wees. Ons begeerte sal wees om Hom te behaag. Ons sal sy Woord gedurig ondersoek en deur gebed tot Hom nader sodat ons kan poog om ons lewens na sy Wil te skik. Dit is dat ons ons lewensvreugde in Hom sal vind eerder as om dit op allerhande wyses hier op aarde te soek. Dit is dat Hy ons verlustiging sal wees. Dit is dat ons in nederigheid aan God gehoorsaam sal wees in alles wat Hy ons oplê soos wat Jesus Christus aan God die Vader gehoorsaam was. Dit is dat ons die gebooie van God in ons harte bewaar. Ons behoort dit te beskerm teen die aanslae van die satan wat sal poog om hierdie skat uit ons harte te steel. Maar omdat dit vir ons so uiters kosbaar is, sal ons dit koester en beskerm ten alle koste om ons gemeenskap met Hom, die nabyheid van sy Gees, te koester.

Dit is vir ons maklik om oor die navolging van Jesus Christus te praat. Dit is egter moeiliker om werklik daardie pad agter Hom aan te loop. Dit is moeilik om elke dag ons kruis op te neem en agter Hom aan te stap. “EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.” (Luk. 9:23). Ons laat dikwels ons kruis onaangeraak op sy plek. Ons raak dikwels verdwaald. Ons word verlok en bekoor deur dinge van die wêreld wat vir ons so interessant en begeerlik lyk. Die grootsheid van die lewe, ons eie strewes en prestasies, ons eie gerief en aansien lei telkens daartoe dat ons ons absolute gehoorsaamheid aan God onse Vader op die agtergrond plaas sodat ons eie begeertes en wil voorkeur kan geniet. Ons doen presies waarteen die Woord ons waarsku in 1 Joh. 2:15-17:”Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is – die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe – is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”

Die feit dat ons besef dat geen mens sondeloos voor God is nie is nie ‘n verskoning dat ons nie die pad van heiligmaking in die voetspore van Christus moet navolg nie. Hy het nie gekom om regverdige, sondelose mense hier op aarde te kom opspoor en hulle as “goeie mense” hemel toe te neem en die orige in hul sondige toestand te los om te vergaan nie. “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Luk. 5:32). Hy het nog minder gekom om aan sondaars te kom vertel dat hulle rustig in hul sondes kan voort leef! Maar veel eerder om hulle van hul sonde te bekeer. Hy het gekom om die sonde van die wêreld weg te neem! “…Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!.” (Joh. 1:29). Hy wil sondaars weg lei uit ‘n lewe van sonde. Hy wil sondaars weg lei van hul sondige lewensweg wat na die verderf lei en hul die weg wys wat na die lewe lei. Hy nooi ons daarom uit om agter Hom aan te loop in hierdie lewe omdat Hy die weg na saligheid ken. Daarom kan ek vandag vir u met volle versekering sê – Volg Hom, want Hy is die weg, die waarheid en die lewe. “…Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” (Joh. 14:6).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 836 gaste aanlyn