NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Red my van my vyande HERE! By U skuil ek – Ps 143:9

‘N SAGMOEDIGE KONING

Hannes Ollewagen

Matt. 21:1-11

“Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.” (:5).

Onse Here Jesus Christus stel vir ons so ‘n wonderlike voorbeeld met sy intog in Jerusalem. Sy nederigheid en sagmoedigheid raak ‘n mens diep. Hy wat die Seun van God, die Allerhoogste van die heelal is, verhef Homself nie by elke geleentheid wat hom voordoen nie. Nee, op nederige en sagmoedige wyse ry Hy Jerusalem op die rug van ‘n esel binne om hiermee die woorde van die profeet Sagaria in vervulling te bring.

“VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.” (Sag. 9:9).

Hierdie optrede van Jesus Christus dwing tog enige gelowige tot ‘n diep introspeksie. Dit laat ons vir ‘n oomblik in verwondering sit oor die absoluut bewonderenswaardige nederigheid van hierdie Jesus Christus – ons Koning. Dit laat ons skaam voel wanneer ons besef dat ons so deur die wêreld se begeerlikhede bekoor word. Ons wil tog so maklik soos die wêreld ons grootheid en krag aan mense ten toon stel. Ons wil tog so graag aan die wêreld rondom ons ons prestasies en rykdom ten toon stel om daardeur hulle bewondering vir ons te wek. Ja, so graag wil ons onsself in die oë van die wêreld groot maak en vergeet ons maklik dat so ‘n grootheid menigmaal baie gering in God se oë is.

“Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (1 Sam. 16:7).

Ons spandeer so maklik meer krag en ywer daaraan om in die oë van die wêreld groot te wees as om die voorbeeld van onse Here Jesus Christus na te volg.  

Ek dink dat ons die waarde van nederigheid in God se oë heeltemal onderskat. Dit is ongetwyfeld ‘n eienskap wat vir God baie, baie kosbaar is. Dink maar by hoeveel geleenthede Jesus Christus Homself verneder het ten einde aan sy dissipels ‘n voorbeeld van nederigheid te stel. Hy is nie in weelde in die luuksste herberg van daardie tyd gebore nie, maar in ‘n stal in ‘n krip neergelê. Ja, daar is selfs van ons hier wat seker op Hom hieroor sou neersien. En dan ook by sy intog in Jerusalem toon Hy sy nederigheid. Ons dink aan die geleentheid waar Jesus die voete van sy dissipels gewas het. Ons dink daaraan hoedat Hy selfs bereid was om die mees vernederende dood te sterf.

“...en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.” (Fil. 1:8).

En dit alles het Hy gedoen alleen omdat dit in God se oë aanneemlik was – ongeag wat mense se reaksie hieroor sou wees.

Die aanneemlikheid van Christus se diensbaarheid en nederigheid in God se oë word vir ons in die brief aan die Filippense bevestig.

“Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is,sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,”. (Fil. 2:9&10).

Jesus Christus het saam met die voorbeeld van nederigheid ons ook in woorde teen selfverheffing gewaarsku en tot nederigheid gemaan.

“Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.” (Luk. 14:11).

So het God ook reeds in die tyd van Israel Sy volk deur die mond van die wysste koning wat die wêreld ooit gesien het die waarde van nederigheid geleer.

“Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.” (Spr. 15:33).

Geliefdes, ek wil u vanoggend daartoe maan om te besin hoe u lewe in ons tyd daaruitsien. Ek wil vra dat u mooi daaroor dink of die smet van hierdie wêreld nie aan u kleef om die begeerlikhede daarvan na te volg nie. Is u dalk ook besmet met die bekoorlikheid van hierdie wêreld en probeer u soos die wêreldlinge om te ywer om in mense se oë groot en aanneemlik te wees? Of begeer u, geliefde broeder en suster in Jesus Christus, om ook soos Johannes uit te roep dat Hy meer moet word en ekself al minder?

Ek wil u daartoe roep om die nederigheid en sagmoedigheid van onse Here Jesus Christus na te volg en uit te leef. Die wêreld waarin ons leef het ‘n dringende nood hieraan en hierdie deugde is seer aanneemlik in God se oë. Ons as gelowiges wat glo in die Here Jesus Christus wat ons skoongewas het van die besoedelde kleed van sonde van hierdie wêreld, behoort ons volgens die vermaning te oorklee met die nuwe mens wat in Christus Jesus geskape is. Die is hierdie mens wat ‘n skoon lewenskleed aangetrek het. ‘n Kleed wat met onder andere liefde, nederigheid en sagmoedigheid aanmekaargewerk is.

“Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.” (Kol. 3:12).

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 771 gaste aanlyn