NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek gaan maar net een maal deur die lewe;
Enige goeie daad wat ek kan verrig of enige welwillendheid wat ek aan my naaste kan betoon, laat ek dit nou doen.
Laat ek dit nie uitstel nie want ek sal nie weer hierlangs verbygaan nie.

ONGEREGTIGHEID VOOR GOD NIE VERBORGE

Hannes Ollewagen

Job 31:1-40

“...as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!” (:33&34).

Job raak in die gelese gedeelte ‘n baie belangrike saak aan, naamlik die mens se reaksie teenoor sonde. Job verwys terug na die eerste geskape mens, Adam, en sy reaksie teenoor sonde. Adam het sy sonde, sy ongeregtigheid teenoor God, probeer verberg. Hy het vir God probeer wegkruip en nadat hy nie hierin kon slaag nie het hy sy eie ongeregtigheid agter Eva probeer verberg.

“En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.” (Gén. 3:12).

God maan die mens van die vroegste tye af alreeds om nie iets vir Hom te probeer verberg nie. Hy maan die mens daartoe om opreg en eerlik met Hom te wees. En so vermaan Hy die mens om sy ongeregtighede nie te probeer verberg of goed te praat nie, maar om dit voor Hom te bely en dit te laat staan.

“Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” (Spr. 28:13).

Hierdie vermaning van God uit Spreuke 28 word in 1 Johannes 1:8-10 verder deur God beklemtoon.

“AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.”

Daar is in ons tyd ‘n menigte valse leraars wat mense onder die indruk probeer bring dat sonde maar ‘n nietigheid in God se oë is. Geliefdes, diesulkes maak God tot ‘n leuenaar en ‘n geweldenaar volgens die getuienis van die Woord. Ek sê dat hulle God tot ‘n leuenaar maak omdat God self in 1 Joh. 1:10 dit stel dat diegene wat meen dat hulle geen sonde het nie Hom tot leuenaar maak. Die bewering dat die sonde ‘n nietigheid is, lê rakelings langs die argument dat ek sonder sonde is – die doel van die argumente is een dieselfde, nl. sonde is iets waaraan ek my nie veel hoef te steur in hierdie lewe nie. ‘n Mens wat hierdie houding jeens sonde het, sal nie enige begeerte na ‘n Verlosser hê nie omdat hulle na eie mening niks het waarvan hulle verlos moet word nie. En daarom dat God ook in 1 Joh. 5:10 stel dat hulle juis hierom Hom tot ‘n leuenaar maak. Hulle impliseer dat God nie die waarheid praat wanneer Hy sê dat Hy sy Seun as ons Verlosser na die aarde gestuur het nie.

“Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.” (1 Joh. 5:10).

Hulle impliseer ook dat God ‘n ongevoelige wreedaard is omdat Hy dan Sy Seun sonder geldige rede oorgelewer het tot ‘n vernederende en pynlike dood. En daarom dat ek dit stel dat hierdie valse leraars God as geweldenaar uitmaak.

Dit behoort tog vir die mens maklik te wees om raak te sien dat hierdie dwaalleer die werk van Satan is. Hy slaag hierin om die mens van God se vergifnis te weerhou. En dit lei daartoe dat hy die mens nie God se genade en barmhartigheid laat ervaar nie. Ja, hy weerhou hulle van daardie onbeskryflike gevoel van liefde, barmhartigheid en genade wanneer die mens in totale onvermoë en bewus van sy eie sondigheid en verlorenheid tog deur God begenadig word. Ja, daar waar die mens in diepe bewustheid van sy ongeregtigheid voor God sit en selfs bereid is om die straf van sy sonde te dra omdat hy weet dat dit sy verdiende loon is, maar eerder die woorde van heil uit 2 Kor. 12:9 aanhoor.

“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, …”

Lê die Woord van God dit nie vir ons duidelik bloot dat die valse leraars wat mense hierdie groot guns, genade en barmhartigheid weerhou eintlik die geweldenaars, wreedaards en leuenaars is nie?!

Geliefdes, hoe lyk u lewe vandag? Is daar in u lewe ook dinge wat u eerder vir God probeer wegsteek omdat u daarvoor skaam is? Wel, al steek u hierdie dinge vir die ganse mensdom weg is dit nie vir God verborge nie. Hy weet reeds daarvan!

“En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (Heb. 4:13).

Dit is alleen die leuen van Satan wat u kan laat glo dat Hy nie hiervan bewus is nie. En hy gebruik hierdie selfde leuen om u te laat glo dat u nie nodig het om u ongeregtigheid voor God hoef te bely nie, want hy wil u gemeenskap met God ontneem! U behoort nie na so ‘n geweldenaar en leuenaar te luister wat ‘n mensemoordenaar is nie, maar eerder van hom af weg te vlug.

U sou dalk vanoggend dink dat u nêrens het om heen te gaan nie omdat u besef dat u God dalk in u lewe met u sondige dade diep bedroef en teleurgestel het. Moenie hierdie leuen van die satan glo nie omdat God dit in die woorde van Lukas 15:10 weerlê.

“So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Jesus Christus sit nie en wag dat volmaakte mense hulself aan hom kom vertoon nie, maar juis om verlore sondaars tot volmaaktheid te lei. Hy het gekom om te soek en te red wat verlore is – moet uself nie vir Hom probeer verberg nie.

“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” (Luk. 19:10).

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 884 gaste aanlyn