NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die duiwel versoek nie ongelowiges en sondaars wat alreeds aan hom behoort nie. En as jy 'n gelowige is kan Satan jou nie dwing om enigiets te doen nie. Hy kan net voorstelle maak.

HOU HOM IN ERKENTENIS

Hannes Ollewagen

Rom. 1:18-32

“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:” (:28).

Besef ons die verskriklikheid van hierdie teksgedeelte? Hoe verskriklik moet dit wees om deur God aan die ongeregtigheid oorgegee te word! Maar sal God werklik so iets doen? Dit klink soveel anders, so in teenstelling, met die hedendaagse teologie dat God niks anders as goed aan mense doen nie.

Geliefdes, dit is waar dat God die mens as sy skepsels liefhet. En dit is waar dat Hy graag wil hê dat alle mense tot kennis van die waarheid moet kom en eindelik gered moet word.

“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3&4).

Hierdie begeerte in God se hart oorskadu egter nie sy karakter van heiligheid en regverdigheid nie. Hierdie begeerte in God se hart maak nie dat Hy aan Homself ontrou raak nie.

Die liefde van God asook sy heiligheid, regverdigheid en trou word vir ons só volmaak in Jesus Christus geïllustreer. So diep is God se liefde vir die mens en sy begeerte dat die mens gered moet word dat Hy bereid is om sy enige, geliefde Seun in ons plek te offer. \

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:16).

Eweneens sien ons God se regverdigheid daarin dat die sonde nie ongestraf gelaat word nie. God eis dat die sonde gestraf moet word. Ons sal nêrens in die Woord leer dat God die mens so liefgehad het dat Hy maar net gemaak het asof Hy nie sien dat hulle sonde doen nie. Hy het nie gemaak asof Hy nie Adam en Eva se ongehoorsaamheid gesien het nie. Hy het nie gemaak asof Hy nie Dawid se owerspel en moord raakgesien het nie. En op dieselfde wyse is ons sondes ook nie vir Hom verborge nie. Dit is die rede waarom onse Here Jesus Christus aan die vloekhout moes hang. God het die straf wat ek en u verdien in antwoord op ons ongeregtighede op Hom laat neerkom!

“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jes. 53:5).

In antwoord op onse Here Jesus Christus se gehoorsaamheid om Homself aan God te offer, het God Hom verhef om aan sy Regterhand te sit. Hy het aan Hom ‘n Naam bo elke naam gegee. God eis van elke skepsel om aan Hom die erkenning te gee wat God aan Hom toegestaan het. God eis van elke skepsel om voor Hom neer te val en te erken dat Hy alleen ons tot heiligheid kan lei! God eis dat ons Hom in erkentenis moet hou. Maar die mens van ons tyd het dwaas geword. Die talle teologiese dwalinge verblind mense. Daar word verkondig dat God jou liefhet en aanvaar net soos jy is. Indirek word daar geïmpliseer dat jy nie Christus se genade en bloed nodig het nie! Dit gee daartoe aanleiding dat mense nie meer streef na ‘n lewe van heiligmaking voor God nie en dit lei weer op sy beurt daartoe dat God nie meer in erkentenis gehou word nie. Dit maak vir my nie saak wat God van my wil hê nie is eintlik die antwoord wat van die mens uitgaan.

God waarsku die mens teen wat oor hom sal kom wanneer hy God nie meer in erkentenis hou nie. Wanneer die mens nie meer omgee oor wat vir God belangrik is nie. God waarsku dat Hy diesulkes aan hul eie begeerlikhede sal oorgee. In menslike terme – “Jy is mos jou eie god – dien jou eie begeertes na hartelus!” O, geliefdes – getuig die eienskappe van vandag se mens nie tot watter groot mate God die mensdom aan sy eie slegte gesindheid oorgegee het nie! Is daar ‘n tekort in ons dae aan manne wat met manne skandelikheid bedrywe en aan mense wat doen wat nie betaam nie? Het ons ‘n tekort aan hoerery, boosheid, hebsug, nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid, kwaadsprekers en haters van God?  

Geliefdes, God waarsku diegene wat weier om Hom in erkentenis te hou dat hulle die dood verdien. En God praat hier van die ewige dood – ‘n lewe in verlatenheid van God. Dit is die deel van hulle wat die dood van Christus Jesus tot versoening van sondes nie in erkentenis hou nie, maar met minagting behandel!

“As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?” (Heb. 10:28&29).

Ek en u sal moet besluit of ons aan God die nodige erkenning in ons lewens sal gee en of ons eerder daarna smag om deur hierdie wêreld wat God nie in erkentenis hou nie erken en geëer wil word. Ek wil u egter daaraan herinner dat die prys wat elke mens gaan betaal wanneer hy God nie in erkentenis hou nie in menslike terme onberekenbaar is. Daar is niks, absoluut niks – geen hoeveelheid rykdom, roem, eer of gemak – wat hierdie wêreld u kan bied wat daarvoor sal kan vergoed nie! Luister na hierdie vermaning van God uit Markus 8:36 & 37 en hou God in u lewe in erkentenis!

“Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?”

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1240 gaste aanlyn